Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Algemeen » Koeitjies & kalfies » SNEEUSTORIES
SNEEUSTORIES [boodskap #6760] Sa, 13 Julie 1996 00:00 na volgende boodskap
Izak Bouwer  is tans af-lyn  Izak Bouwer
Boodskappe: 465
Geregistreer: Januarie 1996
Karma: 0
Senior Lid
Gister, op die "International Hour" van die CBC hier in
Kanada, wys hulle tonele van die sneeu wat in Suid-Afrika
geval het. Op een plek is daar 'n bakkie met 'n hele hoop
sneeu agterop. Ek begin nog lag, toe voel ek 'n traan langs
my wang afloop. Ek weet nie hoekom die beeld my so diep
getref het nie. Die Afrikaner, met die onverwagte wit
kosbaarheid wat uit die lug neerdaal, doen wat enige Afri-
kaner sal doen : laai dit op sy bakkie en gaan wys dit vir
sy mense.
Vir my is dit natuurlik niks snaaks om vragmoters vol
sneeu te sien nie. Die hele winter lank moet hulle sorg dat
die sneeu wat langs die strate opgegooi word deur die sneeu-
ploee nie te veel word en die paaie te nou laat word nie.
Vir plekke in die noordelike dele van Noord-Amerika is
sneeu dus iets wat metodies en wetenskaplik elke winter
behartig word. Dis vir plekke verder suid in die VSA, wat
normaalweg nie sneeu kry nie, dat 'n sneeuval aanvanklike
wonder en vreugde kan bring, maar ook kan lei tot slegte
toestande op die paaie. As die temperatuur net om vriespunt
is, en die ligte sneeuval op die grond smelt en dan weer vries,
dan lei dit tot spieelgladde oppervlaktes, waarop 'n kar geen
kontrole het nie. Ek wonder of sulke kondisies op die paaie
in Suid-Afrika ontwikkel het die afgelope tyd.

Gloudina Bouwer
Re: SNEEUSTORIES [boodskap #6793 is 'n antwoord op boodskap #6760] Ma, 15 Julie 1996 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
lour...  is tans af-lyn  lour...
Boodskappe: 45
Geregistreer: Julie 1996
Karma: 0
Volle Lid
Geen teks in die boodskap nie.
Re: SNEEUSTORIES [boodskap #6794 is 'n antwoord op boodskap #6760] Ma, 15 Julie 1996 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Izak Bouwer  is tans af-lyn  Izak Bouwer
Boodskappe: 465
Geregistreer: Januarie 1996
Karma: 0
Senior Lid
. Op een plek is daar 'n bakkie met 'n hele hoop
>> sneeu agterop. Ek begin nog lag, toe voel ek 'n traan langs
>> my wang afloop. Ek weet nie hoekom die beeld my so diep
>> getref het nie. Die Afrikaner, met die onverwagte wit
>> kosbaarheid wat uit die lug neerdaal, doen wat enige Afri-
>> kaner sal doen : laai dit op sy bakkie en gaan wys dit vir
>> sy mense.
>
> Ja ou sus,
>
> Jy het maar nog die selfde ou Superieure mentaliteit - ...'. So asof alle Afrikaners dieselfde is, almal uit
> dieselfde vel gesny, ge-MASSPRODUCE, stupid. Ry met sy bakkie, dra kakie en
> vellies, dit wil sê eenvoudig. Dit laat my sommer kook, ons is nasie -
> opgemaak uit verskillende mense dommes, slimmes, skelms, goeies ens slegtes
> net soos die engelse, die amerikanes, Xhosas en Zoeloes. Moet ons nie in 'n
> blik wil druk nie, as een ou dink sneeu is fantasties laat hom so dink, maar
> moet dit nou nie om die Afrikaner se nek hang nie.
>
> Se^ maar net.
>
> Lou
>

Ja, vergewe my. Mens val so maklik in 'n politiek-
onkorrekte denk- en gevoelswyse.My opmerking is
miskien ook teken van my laer-middelklas grootword
in Suid-Afrika.
Die aanhef van jou brief is vir my interessant. Ek het
nog altyd die, ook miskien politiek-onkorrekte, opinie
gehad dat daar eintlik nie so 'n ding soos "die Afrikaner"
is nie. Vir my was daar so 'n groot verskil tussen mense
uit die Noordweste van die Kaap (meestal nasate van
nomadiese Afrikaners wat stadig noordwaarts beweeg
het sonder enige politieke motiewe), en mense van by-
voorbeeld die Boland (met hulle Hugenoot-bloed en
Engelse invloed), mense van die Oos-Kaap (met die sterk
Duitse en Engelse en Xhosa-teenwoordigheid) en afstam-
melinge van die Voortrekkers wat in Transvaal beland het,
dat 'n mens amper kon voel dat jy met verskillende nasies
te doen gehad het. Ek het ook gevoel dat in die apartheid-
era hierdie laasgenoemde Transvaalse nasie en sy politieke
agenda vir 'n ruk dominant geword het.( Ek het dit miskien
meer akuut gevoel omdat ek in my laaste jare in Suid-Afrika
in swart skole skoolgehou het, waar 'n mense dag na dag
die instroming van wit Transvalers in die Bantoe-onderwys
sisteem moes waarneem.) Ek neem aan dat die politieke agen-
das van ander Afrikanernasies nou weer 'n bietjie meer aan-
sien geniet.

Gloudina Bouwer

>
Re: SNEEUSTORIES [boodskap #6804 is 'n antwoord op boodskap #6760] Di, 16 Julie 1996 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
lour...  is tans af-lyn  lour...
Boodskappe: 45
Geregistreer: Julie 1996
Karma: 0
Volle Lid
Koos het geskryf :) :
>
> lour...@hipsys.co.za wrote:
>
> >>>
>
> Wat jy hier beskryf is beslis nie die mentaliteit wat Gloudina in die
> nuusgroep openbaar het in die verlede nie.
>
> Let's face it: Vir iemand in Kanada moet dit skreeusnaaks wees om te
> sien hoe iemand in Afrika sneeu op sy bakkie laai.
>
> My mooiste storie oor Afrikaner-tipe kom uit die jare sewentig toe die
> een of ander Karoo-dorpie beweer het 'n UFO het op die skool se
> netbalbaan geland.
> Rapport het natuurlik geskryf daaroor.
> Toe een aand toe is die ligte weer daar in die lug tussen die sterre.
> Toe roep die mense die Polisie. (Natuurlik, wie anders?)
> En wat doen die plaaslike polisieman?
> Hy haal sy dienspistool uit en begin skiet op die UFO!
>
> (Dis soos ek my mense geken het!)
>
> ....Deesdae sal hulle natuurlik nommer een die ANC vir die ligte
> blameer en nommer twee vir niemand anders se nie, 'n foto neem en die
> foto vir baie geld probeer verkoop.

Ok Ok Ek het miskien bietjie oor reageer maar jy doen nou net dieselfde
as wat Gloudina gedoen het - '... mooiste storie oor Afrikaner-tipe kom
...' - tipieer die Afrikaner as 'n groep mense wat maar 'n bietjie
agterlik is, waarby jy nou nie eintlik ingesluit is nie, so asof jy van
die familie wat jy nie eintlik wil ken nie praat - ' Daai spul
agtertangse Janses...'.

En ja, die ANC blameer, hmm, nee eerder die SAUK (sorry SABC Juk Juk
Juk!), wat tog eintlik die defacto regering se spreekbuis is en al die
blerrie TV dinge wat hulle nou weer staat en uitsaai - en soos ek my ou
volkie ken sal ons net daar ons tasies pak vir Perth, weg van all die
onheilige ligte en goeters ( of sal ek sê Canada - sorry Gloudina ek kom
nie dit weerstaan nie).

Cheers
Lou
Re: SNEEUSTORIES [boodskap #6805 is 'n antwoord op boodskap #6760] Di, 16 Julie 1996 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Koos[1]  is tans af-lyn  Koos[1]
Boodskappe: 746
Geregistreer: Januarie 1996
Karma: 0
Senior Lid
lour...@hipsys.co.za wrote:

>>>

Wat jy hier beskryf is beslis nie die mentaliteit wat Gloudina in die
nuusgroep openbaar het in die verlede nie.

Let's face it: Vir iemand in Kanada moet dit skreeusnaaks wees om te
sien hoe iemand in Afrika sneeu op sy bakkie laai.

My mooiste storie oor Afrikaner-tipe kom uit die jare sewentig toe die
een of ander Karoo-dorpie beweer het 'n UFO het op die skool se
netbalbaan geland.
Rapport het natuurlik geskryf daaroor.
Toe een aand toe is die ligte weer daar in die lug tussen die sterre.
Toe roep die mense die Polisie. (Natuurlik, wie anders?)
En wat doen die plaaslike polisieman?
Hy haal sy dienspistool uit en begin skiet op die UFO!

(Dis soos ek my mense geken het!)

....Deesdae sal hulle natuurlik nommer een die ANC vir die ligte
blameer en nommer twee vir niemand anders se nie, 'n foto neem en die
foto vir baie geld probeer verkoop.
Re: SNEEUSTORIES [boodskap #6806 is 'n antwoord op boodskap #6760] Di, 16 Julie 1996 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
lour...  is tans af-lyn  lour...
Boodskappe: 45
Geregistreer: Julie 1996
Karma: 0
Volle Lid
Gloudina het geskryf:
>
>
> Ja, vergewe my. Mens val so maklik in 'n politiek-
> onkorrekte denk- en gevoelswyse.My opmerking is
> miskien ook teken van my laer-middelklas grootword
> in Suid-Afrika.
> Die aanhef van jou brief is vir my interessant. Ek het
> nog altyd die, ook miskien politiek-onkorrekte, opinie
> gehad dat daar eintlik nie so 'n ding soos “die Afrikaner”
> is nie. Vir my was daar so 'n groot verskil tussen mense
> uit die Noordweste van die Kaap (meestal nasate van
> nomadiese Afrikaners wat stadig noordwaarts beweeg
> het sonder enige politieke motiewe), en mense van by-
> voorbeeld die Boland (met hulle Hugenoot-bloed en
> Engelse invloed), mense van die Oos-Kaap (met die sterk
> Duitse en Engelse en Xhosa-teenwoordigheid) en afstam-
> melinge van die Voortrekkers wat in Transvaal beland het,
> dat 'n mens amper kon voel dat jy met verskillende nasies
> te doen gehad het. Ek het ook gevoel dat in die apartheid-
> era hierdie laasgenoemde Transvaalse nasie en sy politieke
> agenda vir 'n ruk dominant geword het.( Ek het dit miskien
> meer akuut gevoel omdat ek in my laaste jare in Suid-Afrika
> in swart skole skoolgehou het, waar 'n mense dag na dag
> die instroming van wit Transvalers in die Bantoe-onderwys
> sisteem moes waarneem.) Ek neem aan dat die politieke agen-
> das van ander Afrikanernasies nou weer 'n bietjie meer aan-
> sien geniet.
>
> Gloudina Bouwer
>

Hmm Gloudina

Goeie punte maar miskien is ons definisie van Afrikaner bietjie
verskillend, en as ek uit jou eerste sneeustorie moet aflei is
dit tog maar dieselfde - europese afkoms, Afrikaans sprekend
(LW: geen politieke beperkinge in my definisie - dus ou Carl van
die ANC, Jaap van die HNP selfs mense van Kanada wat Afrikaans as
huistaal praat pas almal daar in.) - en die meeste mense wat jy
in die tweede noem wat nie by my 'definisie' inpas nie wil in elk
geval nie Afrikaners genoem word nie (behalwe natuurlik nou as
hulle die hel uit ou Jaap en sy mense wil irriteer ;) ). Jy kan
jouself as 'n Xhosa definieer as jy wil maar as jy wit is en
Engels/Afrikaans/Zoeloe praat en nie kultureel as 'n Xhosa
fungeer en al is jy 'n lid van die ANC gaan dit steeds nie van
jou 'n Xhosa maak nie.

Die politieke agenda - die volkie is maar nog net dieselfde -
totaal onbetrokke - Laat Gods water ens. - die seker dat ons
solank as die implimenteerders van die apartheid sisteem kon
gefunksioneer het. Net 'n paar bokke met klokke en die res van
die trop volg waar hulle ookal lei - seker maar die sterk
Calvinistiese, Patriargale opvoeding wat ons almal gehad het.

Jammer as ek bietjie sterk reageer het - maar ek is rerigwaar
gatvol vir die Afrikaner Bashing wat ons elke dag moet sluk.

Laaste, ek wonder of jy nou die spul Afrikaners in die Kaap
probeer vryskeld van die apartheid las - Bleddie spul Valies het
natuurlik weer die hele gemors veroorsaak!! Tut Tut Tut
veralgeemen al weer - 'wit Transvalers'.

Cheers lou
Re: SNEEUSTORIES [boodskap #6807 is 'n antwoord op boodskap #6760] Di, 16 Julie 1996 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Koos[1]  is tans af-lyn  Koos[1]
Boodskappe: 746
Geregistreer: Januarie 1996
Karma: 0
Senior Lid
lourens wrote:

...' - tipieer die Afrikaner as 'n groep mense wat maar 'n bietjie[/color]
> agterlik is, waarby jy nou nie eintlik ingesluit is nie, so asof jy van
> die familie wat jy nie eintlik wil ken nie praat - ' Daai spul
> agtertangse Janses...'. >>>

Nee ek is 100 persent daarby ingesluit.
Daarom is dit vir my so snaaks.
As jy nie deel daarvan is nie, lag jy nie histeries daarvoor nie.
Dan probeer jy dit verstaan en so aan.

Tipe-stories is seker maar deel van hoe ons na die lewe kyk. Daar is
niks verkeerd met dit nie, gegee natuurlik dat dit nie negatief
ingespan word nie. En dit kan - soos enige ander konseptige goed -
op enige wyse ingespan word, om grappe te vertel, te prys op 'n off
beat manier of om sleg rassisties en beledigend te wees.

Daar is rugby-stories byvoorbeeld. En selfs binne rugby, die goed
soos "tipies van 'n voorry het hy hom doodgeskrik toe hy die doellyn
sien.."

'n Rugby-storie uit die jare sewentig.
"Pancho" Steyn was die Maties se voorry. Baie sterk. Tipese voorry
(hoewel 'n HNP-omie van die Paarl hom een aand in die stadsaal op die
verhoog geslaan het dat hy onder die klavier ingeskuif het - dit
was nadat 'n fight op 'n Jaap Marais-vergadering uitgebreek het).
Maties - so gaan die storie - het teen Strand gespeel en baie ver
gewen.
Pancho wou ook 'n drie druk en teen die einde van die game het hy
buite die agterspeler op pad doellyn toe opgeduik en geskreeu vir
die bal wat na hom gepass is en wat hy natuurlik sumier aangeslaan
het.
Na die game het Dok Craven glo die kleedkamer ingestorm en woedend
gevra: "waars daai man! Waars daai man!"
Pancho het sy kop in skaamte laat sak en gese "hier..."
"Nee! Nie jy nie!!" sou Dok Craven toe gese het. "Die bleddie fool wat
die bal na jou gepass het!!!"
Re: SNEEUSTORIES [boodskap #6808 is 'n antwoord op boodskap #6760] Di, 16 Julie 1996 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Koos[1]  is tans af-lyn  Koos[1]
Boodskappe: 746
Geregistreer: Januarie 1996
Karma: 0
Senior Lid
lourens wrote:

natuurlik weer die hele gemors veroorsaak!! Tut Tut Tut[/color]
> veralgeemen al weer - 'wit Transvalers'.>>>

Ja daar is 'n interresante persepsie ten minste, aan die opbou dat
die verkramptes Afrikaners deesdae in die Kaap angetref word en die
Afrikaners wat Afrikane is en demokrasie vinnig leer waardeer in
die Noorde bly.
Re: SNEEUSTORIES [boodskap #6816 is 'n antwoord op boodskap #6760] Wo, 17 Julie 1996 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Koos[1]  is tans af-lyn  Koos[1]
Boodskappe: 746
Geregistreer: Januarie 1996
Karma: 0
Senior Lid
iz...@igs.net (Izak Bouwer) wrote:

het julle twee manlike "birdbrains" vergeet om my eintlike[/color]
> vraag te beantwoord: was die kondisies van die paaie baie
> gevaarlik gedurende die onlangse sneeuval?>>>

BIRDBRAIN!!!!!!!!!
...OK.,..maybe an eagle.....ek sê......

Die paaie: Daar was waarskuwing dat "swart ys" kan vorm, maar ek het
geen nuus opgetel oor ongelukke of groot probleme as gevolg van ys
nie.
Ek dink die sneeu smelt dalk te gou om dit 'n algemene ding te maak.
Die tempearatuur het 'n paar dae na die sneeu weer gestyg na gewone
winter. Op party plekke binne seker 24 uur.
Maar vandag is dit weer so koud.....
Nog 'n koue front.
Dit sneeu weer op plekke.
Die probleem is natuurlik dat ons huise nie gemaak is daarvoor nie. Te
veel gate in die mure en die dakke.
Ons sit heeltyd reg voor die vuur soos 'n goeie Afrika-gesin.
As ek in 'n ander kamer by die PC gaan sit, trek ek twee paar sokkies,
boots, drie T-shirt en twee truie aan en sit 'n warm watersak op my
skoot.
Dan hou ek net so 'n halfuur uit - as dit so koud soos nou en die
sneeu van voorvelede week is.

By the way: In die kommentaar van die toets (rugby) tussen SA en
Australie verlede naweek het die Australiese komentator op 'n tyd
gepraat van "the African scrum". Toe laaik ek dit soooooo baie......:)
Re: SNEEUSTORIES [boodskap #6817 is 'n antwoord op boodskap #6760] Wo, 17 Julie 1996 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Izak Bouwer  is tans af-lyn  Izak Bouwer
Boodskappe: 465
Geregistreer: Januarie 1996
Karma: 0
Senior Lid
O.K. Lourens, jy hoef nie verskoning te maak nie.
Maar in die proses van veralgemeen, en jou objek-
tering daarteen, vind ek waardevolle inligting oor
wat in die koppe van Afrikaanssprekers aangaan.
In hierdie afgelope jare met die Internet en alles
ontstaan daar dan ook nou 'n nuwe verskynsel:
die kuber-Afrikaner. Waarheen dit in die volgende
dekades sal lei, sal ons nog moet sien. Saamhang-
ende met die feit dat SA nou weer aanneemlik is vir
ons wat lank gelede uit SA is weens die apartheids-
beleid, merk ek selfs op dat my kinders (wat nie Afri-
kaans kan praat nie) SA as deel van hulle toekoms-
scenarios begin insluit. Die een, omdat hy 'n Afrikaanse
naam het, word gekies om na SA te gaan vir besigheids-
doeleindes. Nog een beplan 'n MBA by UCT in Kaapstad.
Al vier van hulle droom van verdere vakansies in SA wat
hulle as 'n mooi land leer ken het, vol van mense wat met
dieselfde vreemde aksente as hulle ouers praat. Hulle voel
ook dieselfde trots as hulle sien hoe aan Mandela eer bewys
word in die buiteland.
Terloops, in die proses van argumenteer met mekaar
het julle twee manlike "birdbrains" vergeet om my eintlike
vraag te beantwoord: was die kondisies van die paaie baie
gevaarlik gedurende die onlangse sneeuval?

Gloudina Bouwer
Re: SNEEUSTORIES [boodskap #6840 is 'n antwoord op boodskap #6760] Ma, 22 Julie 1996 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
mar...  is tans af-lyn  mar...
Boodskappe: 59
Geregistreer: Februarie 1996
Karma: 0
Volle Lid
fe...@is.co.za (Koos) wrote:

> lourens wrote:

> > natuurlik weer die hele gemors veroorsaak!! Tut Tut Tut
>> veralgeemen al weer - 'wit Transvalers'.>>>

> Ja daar is 'n interresante persepsie ten minste, aan die opbou dat
> die verkramptes Afrikaners deesdae in die Kaap angetref word en die
> Afrikaners wat Afrikane is en demokrasie vinnig leer waardeer in
> die Noorde bly.

Koos praat kak.
Re: SNEEUSTORIES [boodskap #6855 is 'n antwoord op boodskap #6760] Di, 23 Julie 1996 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
lour...  is tans af-lyn  lour...
Boodskappe: 45
Geregistreer: Julie 1996
Karma: 0
Volle Lid
> fe...@is.co.za (Koos) wrote:
>
>> lourens wrote:
>
>> >> natuurlik weer die hele gemors veroorsaak!! Tut Tut Tut
>>> veralgeemen al weer - 'wit Transvalers'.>>>
>
>> Ja daar is 'n interresante persepsie ten minste, aan die opbou dat
>> die verkramptes Afrikaners deesdae in die Kaap angetref word en die
>> Afrikaners wat Afrikane is en demokrasie vinnig leer waardeer in
>> die Noorde bly.
>
> Koos praat kak.
>
>
>
>
>
>
HE HE HE - Kolskoot Helena - sê hom, lekker as iemand nie wegkruip agter 'n
herhaling van woordeboek woorde nie. Wonderlike woord - kak - nie iffie-fiffie
soos shit nie. Miskien moet ons meer woorde gebruik in die skryf taal en nie
al die hogere woorde nie.

Lou
Re: SNEEUSTORIES [boodskap #6869 is 'n antwoord op boodskap #6760] Do, 25 Julie 1996 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
gal...  is tans af-lyn  gal...
Boodskappe: 191
Geregistreer: Mei 1996
Karma: 0
Senior Lid
Helena het geskryf:
> Koos praat kak.
> Lou het geskryf:
> HE HE HE - Kolskoot Helena - se hom, lekker as iemand nie wegkruip agter 'n
> herhaling van woordeboek woorde nie. Wonderlike woord - kak - nie iffie-fiffie
> soos shit nie. Miskien moet ons meer woorde gebruik in die skryf taal en nie
> al die hogere woorde nie.

Terloops, van die van julle wat nog die alternatiewe literere tydskrif
in Afrikaans, "STET" onthou: daarin het gestaan 'n mooi woord vir KAK,
is "brood stoot", soos in: Verskoon my, ek gaan gou 'n brood stoot..

Ek onthou ook dat die sakeman (en rugbybaas ?) Louis Luyt destyds
aandele in bier gehad het. Toe begin hy ook kunsmis verkoop.
Die boere het toe geseg: As hy blikkies vol pis kan verkoop,
hoekom nie sakke vol kak nie ?

Groete,
(en sakke vol kak) aan die mielieboere, Kalahariboere
die kaapse wynboere, Malmesbury se graanboere, die daggaboere
en spesiale groete aan die kultuurlose en hardegat transvalers.
Re: SNEEUSTORIES [boodskap #6877 is 'n antwoord op boodskap #6760] Vr, 26 Julie 1996 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
lour...  is tans af-lyn  lour...
Boodskappe: 45
Geregistreer: Julie 1996
Karma: 0
Volle Lid
In Article, writes:
> Path: hermes.is.co.za!news.uoregon.edu!news.algonet.se!eua.ericsso n.se!cnn.exu.ericsson.se!newshost.convex.com!newsgate.duke.e du!agate!info.ucla.edu!nnrp.info.ucla.edu!unixg.ubc.ca!nntp. cs.ubc.ca!news.cyberstore.ca!math.ohio-state.edu!cs.utexas.e du!geraldo.cc.utexas.edu!ausnews.austin.ibm.com!ne ws-m01.ny.us.ibm.net!news-s01.ny.us.ibm.net!usenet
> From: gal...@ibm.net
> Newsgroups: soc.culture.south-africa.afrikaans
> Subject: Re: SNEEUSTORIES
> Date: 25 Jul 1996 07:24:23 GMT
> Lines: 25
> Message-ID:
> References:
> Reply-To: gal...@ibm.net
> NNTP-Posting-Host: slip202-135-22-147.sy.au.ibm.net
> X-Newsreader: IBM NewsReader/2 v1.03
>
>
> Helena het geskryf:
>> Koos praat kak.
>>
> Lou het geskryf:
>> HE HE HE - Kolskoot Helena - se hom, lekker as iemand nie wegkruip agter 'n
>> herhaling van woordeboek woorde nie. Wonderlike woord - kak - nie iffie-fiffie
>> soos shit nie. Miskien moet ons meer woorde gebruik in die skryf taal en nie
>> al die hogere woorde nie.
>
> Terloops, van die van julle wat nog die alternatiewe literere tydskrif
> in Afrikaans, "STET" onthou: daarin het gestaan 'n mooi woord vir KAK,
> is "brood stoot", soos in: Verskoon my, ek gaan gou 'n brood stoot..
>
> Ek onthou ook dat die sakeman (en rugbybaas ?) Louis Luyt destyds
> aandele in bier gehad het. Toe begin hy ook kunsmis verkoop.
> Die boere het toe geseg: As hy blikkies vol pis kan verkoop,
> hoekom nie sakke vol kak nie ?
>
> Groete,
> (en sakke vol kak) aan die mielieboere, Kalahariboere
> die kaapse wynboere, Malmesbury se graanboere, die daggaboere
> en spesiale groete aan die kultuurlose en hardegat transvalers.
>
>
Nog 'n goeie een is ' Klei Pomp' - heel beskrywend dink ek

Cheers
Lou
Re: SNEEUSTORIES [boodskap #6879 is 'n antwoord op boodskap #6760] Sa, 27 Julie 1996 00:00 Na vorige boodskap
Koos[1]  is tans af-lyn  Koos[1]
Boodskappe: 746
Geregistreer: Januarie 1996
Karma: 0
Senior Lid
Joan wrote:

>

Dit is waarskynlik die kern van die saak.
Re: SNEEUSTORIES [boodskap #6880 is 'n antwoord op boodskap #6760] Sa, 27 Julie 1996 00:00 Na vorige boodskap
Joan van Zyl  is tans af-lyn  Joan van Zyl
Boodskappe: 4
Geregistreer: April 1996
Karma: 0
Junior Lid
Koos skryf:

>
>> Ja daar is 'n interresante persepsie ten minste, aan die opbou dat
>> die verkramptes Afrikaners deesdae in die Kaap angetref word en die
>> Afrikaners wat Afrikane is en demokrasie vinnig leer waardeer in
>> die Noorde bly.

En Helena antwoord:
> Koos praat kak.
>
> Ek het in die Kaap grootgeword en ons is dikwels deur Transvaalse nefies en
niggies uitgeskel as pienk liberaliste. Nou woon ek in Gauteng en en my swart
kollegas se hulle het vir die eerste keer in jare weer die woord kaffer in die
Kaap gehoor, en hulle voel uiters ontwelkom daar.
Dit ontstel my. Oordryf hulle? Die Kaap was nog altyd die sentrum van liberale
denke. Dalk het die denke deur dekades net bruin mense ingesluit, en dalk het
die oenskynlik veranderende klimaat iets daarmee te doen dat swartmense maar
net die afgelope so tien jaar vir die eerste keer met gemak in die Kaap mag
woon en werk?
>
Re: SNEEUSTORIES [boodskap #6881 is 'n antwoord op boodskap #6760] Sa, 27 Julie 1996 00:00 Na vorige boodskap
Izak Bouwer  is tans af-lyn  Izak Bouwer
Boodskappe: 465
Geregistreer: Januarie 1996
Karma: 0
Senior Lid
>> Ek het in die Kaap grootgeword en ons is dikwels deur Transvaalse nefies en
> niggies uitgeskel as pienk liberaliste. Nou woon ek in Gauteng en en my swart
> kollegas se hulle het vir die eerste keer in jare weer die woord kaffer in die
> Kaap gehoor, en hulle voel uiters ontwelkom daar.
> Dit ontstel my. Oordryf hulle? Die Kaap was nog altyd die sentrum van liberale
> denke. Dalk het die denke deur dekades net bruin mense ingesluit, en dalk het
> die oenskynlik veranderende klimaat iets daarmee te doen dat swartmense maar
> net die afgelope so tien jaar vir die eerste keer met gemak in die Kaap mag
> woon en werk?
>>

Dit is blykbaar ook wat in die VSA gebeur het. Die
Suide is glo nou baie minder verkramp wat ras aan-
betref as die Noorde (veral die Noordooste, daar in
New England se wereld.)
Dit het my so geskok toe ek in die sestigerjare met
Noord-Amerika in aanraking kom, en uitvind hoeveel
van 'n stelsel van apartheid daar was in die Suide.
In 1963 vertel 'n baie ligkleurige swart vrou vir ons
hoe swaar dit vir hulle was om 'n huwelikssertifikaat
te kry in die staat van Maryland, net omdat haar man
baie donker van kleur was, en die mense wou nie glo
dat sy nie wit is nie. (Daar was, tot 1964, 'n wet teen
gemengde huwelike in die staat van Maryland, wat
nou nie eintlik in die suide is nie.)
Ek haat egter nog die meeste die subtiele soort hoog-
hartigheid wat mense van Europese oorsprong hier in
Kanada het teenoor die nie-Europese immigrante en
die "First Nations." Eenkeer het sluwe Duitsers 'n
klomp Oos-Indiers laat betaal om hulle na Kanada te
bring, en hul toe uiteindelik op klein bootjies gelaai en
gese hulle moet nou maar die land self bereik. Hulle is
uiteindelik opgepik deur ons "Coast Guard." Toe moet
jy al die wittes se bekke hoor: "Hulle moes hulle net
terug in die bootjies gesit het, en hulle terugstuur na waar
hulle vandaan gekom het." Ek en my vriendin, wat 'n
Maliseet is, staan so na hulle en luister. Later kon ek dit
nie meer hou nie. "Ja," se ek, "julle kan bly wees dat Pat
se voorvaders nie dieselfde met julle voorvaders gedoen
het, toe hulle in bootjies hier in Kanada aangekom het nie."
Mens is natuurlik nie baie populer as jy sulke dinge praat
nie.

Gloudina
Vorige onderwerp: RE. Atlanta wys vir ons hoe kitsch ens ens ens
Volgende onderwerp: Oor Namakwaland se Blomme
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Ma Mei 13 22:51:42 MGT 2024