Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Algemeen » Koeitjies & kalfies » Oor Namakwaland se Blomme
Oor Namakwaland se Blomme [boodskap #6878] Sa, 27 Julie 1996 00:00
Izak Bouwer  is tans af-lyn  Izak Bouwer
Boodskappe: 465
Geregistreer: Januarie 1996
Karma: 0
Senior Lid
Wanneer my pa oor Namakwaland gepraat het,
het hy meestal gepraat oor 'n dorre en onherberg-
same plek, waar hy grootgeword het. Maar soms,
wanneer ek tandpyn het en nie kon slaap nie, het
hy met my op sy rug in die sandpad geloop op
ons eiland daar in die Oranje. Dan het hy vir my
vertel van 'n Namakwalandse haas wat alle soorte
avonture gehad het tussen plate blomme en groen
struike. Ek het altyd gedink die storie van die haas
tussen al die blomme was sommer 'n figment van
my pa se verbeelding. Dis eers toe ek groot was dat
ek uitvind dat Namakwaland werklik somtyds vol
blomme kan staan. Hier is 'n wonderlike gedig oor
so 'n blommeseisoen in Namakwaland:

BLOMMEKYKERS
George Weideman

juliemaand en die familie skryf
sal daar blomme wees vanjaar?
is vooruitsigte goed of sleg?
nooit vra hoe staan die koring
het dit al gereen het die skaap kondisie nie
aljimmers net die blomme

en end Augustus kom die konvooie
uit die kaap die baai en die transvaal
kom kombi's en langslapgatkarre
kom trap gousblom en sporrie snuif
kom bier en braairib in die hand
die kameras die zirr en klik
van kykgat tot by kamieskroon
(tot selfs ouma nie meer kan lag nie)

julle noordwesters is darem gasvry
maar hoe leef julle sonder tv?
't amper vir hom gese dankie ons sien ver genoeg
maar verdee of hy sal verstaan
as ons ver oor die vlaktes na die weste tuur
sien ons hoe wissel kleur op kleur:
bedags strikdassies pietsnot en hongerblom
en die baldadigste geel varkensknol
saans die son pure bontkopdoek
snags die sterre ons eie silwerdoek
vroegskemer sm^ors misroepertjie wat fuuut
die mis stoot oor klaasvakie stout sê sjuut

maar as die blomme vir hulle te veel word
of die water darem te brak, dan pak hulle in
wat die oe sien en die hande kan dra:
here wat sal pam se van die ``karos'' -
wat is dit nou weer? dassie of wildekat?
hoe groen sal ou herbie nie wees nie!
imagine 'n egte ``tonteldoos''! dalk
kan jy die watsenaam - gat, ne? - gat-
skuur vir 'n deurstop vat
en o ja dankievirriewildsbiltong
dis awfulnicevanjulle se my watsievinnigstepad
uit hierdie godverlate gat

somtyds voel mens
jy sien net die bittergousblom
en gifmelkbos
somtyds wil mens bid
kom toemaakmis
kom trek jou sluier
kom maak jou kinders se oe toe
of oostewind
kom waai jou waai
kom waai maar
alles
moerland toe

Hier in Kanada is daar 'n bekende fotograaf wat
gereeld Namakwaland besoek om fotos van die
blomme te neem. Sy naam is Freeman Patterson.
Hy het sy spioene daar, en as dit lyk of dit 'n mooi
jaar gaan wees, dan klim hy op 'n vliegtuig en gaan
kyk die blomme. Een van sy boeke vol fotos oor
Namakwaland is "Garden of the Gods."

Gloudina Bouwer
Vorige onderwerp: SNEEUSTORIES
Volgende onderwerp: DIE AFRIKANER AS BESKULDIGDE
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Di Mei 14 11:25:55 MGT 2024