Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Algemeen » Koeitjies & kalfies » " my country 'tis of thy people you're dying " deur FANIE OLIVIER
" my country 'tis of thy people you're dying " deur FANIE OLIVIER [boodskap #68128] Sa, 02 November 2002 01:13 na volgende boodskap
Anoniem
Oorspronklik gepos deur: @rogers.com

Fanie Olivier
"my country 'tis of thy people you're dying"
vir n.p. van wyk louw

dit is wat jou land geword het
wat jou mense of hulle wat jou mense was
dit gemaak het:

'n land volgestrooi met kerke
duur duurder duurste kerke
waarin die gemeentes wit kan saamtrek
en kultuurverenigings wat dik
is aan lede, almal handhawers
almal christene en goeie afrikaners
of afrikaners en goeie christene.
daagliks veral sondae loop ons mekaar
tromp-op met holier-than-thou
maar saans as dit nag word
weet ons goed hoe om in die donker te kan knyp.

verder: jou land is met tekens versnipper.
jy het gepraat oor boosheid, oor haat
wat teelkragtig is: ook tekens is
soos konyne soos rotte waarmee ons eksperimenteer.
maar dis nie die heerlike tekens waarvan jy
wou droom nie. wel voortekens, ja,
maar in 'n ander sin: tekenend
van ons mistasting na mens-wees
omdat ons God wou wit maak
en wit God.

o ja! Hy word nog bygesleep
Sy sanksie word bestempel
Sy seën nog afgeroep oor daardie klein
onheilige handelinkies en oor die grotes
waaraan Hy selfs deel sou hê:

op 'n tafel in sy kantoor skuif die Baas
behendig gekleurde blokkies oor
die verdeelde kaarte met sy liniaal 'n stootskraper
wat tradisioneel oordonder oor ander,
hul plakkieplase en hul kleiosplekkies in die son.

die nie-wittes word uitgeskuif
in die vlaktes na die schemes
in boomlose graslose woonbuurte
hervestig teen hulle sin
daar iewers met name soos stinkwater
en limehill wat ruik na gebluste kalk.

ons weer raak meer gevestig verhuis van dié
na daardie beter voorstad. ons motors word twee
of meer; 'n bakkie ook - ons is tog immers Boere!
elke huis het nou naas sy kruis 'n swembad
met dalk 'n kleintjie langsaan vir die kinders en hul maats;
ons gaan teater toe: groot wit geboue
tekenend van die verfyndheid
én van die melaatse wit.

calvinisties skuif ons van mekaar weg
en verder weg ongelyk en gediskrimineerd
omdat ons wat moet praat bang
geword het vir die tirannie van ander
van 'n bang klompie bang
manne en vergeet van die groter
gehoorsaamheid en die vreesloosheid
en die groter genade waarvan jy so graag wou leer.

soms - as ons baie wyn gedrink het en weet
dat ons almal in die vertrek vertrou - waag
ons dit oor moraliteit en oor geregtigheid
en partykeer, laat in die nag, bid ons met heimweë
"laat U wil geskied" en bedoel dit.
want geregtigheid het plek gemaak
vir "wet en orde ongeag ..." en die knuppels
maak 'n kruis voor hulle toesak op 'n kind
wat juis geregtigheid, wat juis moraliteit
wou opdring aan jou land se wit benewelde verstand.

ons, of 'n paar van ons, ken van die bitterheid
die kankeragtige haat wat vreet
aan jou land en sy nie-wit mense.
maar ons bly meestal stil omdat ons weet
dat ons gou stilgemaak kan word
'n lêer gaan word in 'n liasseerkas in 'n groot
kantoor en ons telefone husse met lang ore.
daarom - terwyl ons kan - gaan ons oorsee
en soek 'n blyplek in daai klam klimaat
maar kom dan trug en wag!

God sal Sy oordeel oor die trots
die meerderwaardigheid nie altyd uitstel nie:
dit dui die swart gebalde vuis;
want ek glo amper soos jy die dieper
reg sál seëvier soos in die hemel
so ook in hierdie mensryke paradys.
Re: " my country 'tis of thy people you're dying " deur FANIE OLIVIER [boodskap #68131 is 'n antwoord op boodskap #68128] Sa, 02 November 2002 09:17 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Vusi  is tans af-lyn  Vusi
Boodskappe: 2212
Geregistreer: Februarie 2001
Karma: 0
Senior Lid
Antie - ja. Die Fanie Olivier is aan my bekend. Die se pa was mos by die
"Indiër-universiteit" in Durban (Westville) - en boonop nogal 'n broeder van
formaat. Soveel so dat hy genoeg kontak gehad het dat hy sy seuntjie van
militêre-diensplig kon red.
En, ja - ek sal na sy moraliteit opkyk - die Fanie darem...
Onlangs is hy glo deur sy swartbroers by 'n bosuniversiteit verja - rassisme
is beskore vir slegs die wittes. (Stamverskille word nie onder rassisme
gereken nie...)
Jy weet - hoe meer ek dit waarneem kom ek tot 'n gevolgtrekking dat almal
rassiste is. Wit en swart - en e;lkeen van ons.Maar, jy sal geweeg word oor
hoe jy die mens behandel. Menswaardig of nie.
skryf in boodskap news:3DC3278F.9040703@rogers.com...
> Fanie Olivier
> "my country 'tis of thy people you're dying"
> vir n.p. van wyk louw
>
> dit is wat jou land geword het
> wat jou mense of hulle wat jou mense was
> dit gemaak het:
>
> 'n land volgestrooi met kerke
> duur duurder duurste kerke
> waarin die gemeentes wit kan saamtrek
> en kultuurverenigings wat dik
> is aan lede, almal handhawers
> almal christene en goeie afrikaners
> of afrikaners en goeie christene.
> daagliks veral sondae loop ons mekaar
> tromp-op met holier-than-thou
> maar saans as dit nag word
> weet ons goed hoe om in die donker te kan knyp.
>
> verder: jou land is met tekens versnipper.
> jy het gepraat oor boosheid, oor haat
> wat teelkragtig is: ook tekens is
> soos konyne soos rotte waarmee ons eksperimenteer.
> maar dis nie die heerlike tekens waarvan jy
> wou droom nie. wel voortekens, ja,
> maar in 'n ander sin: tekenend
> van ons mistasting na mens-wees
> omdat ons God wou wit maak
> en wit God.
>
> o ja! Hy word nog bygesleep
> Sy sanksie word bestempel
> Sy seën nog afgeroep oor daardie klein
> onheilige handelinkies en oor die grotes
> waaraan Hy selfs deel sou hê:
>
> op 'n tafel in sy kantoor skuif die Baas
> behendig gekleurde blokkies oor
> die verdeelde kaarte met sy liniaal 'n stootskraper
> wat tradisioneel oordonder oor ander,
> hul plakkieplase en hul kleiosplekkies in die son.
>
> die nie-wittes word uitgeskuif
> in die vlaktes na die schemes
> in boomlose graslose woonbuurte
> hervestig teen hulle sin
> daar iewers met name soos stinkwater
> en limehill wat ruik na gebluste kalk.
>
> ons weer raak meer gevestig verhuis van dié
> na daardie beter voorstad. ons motors word twee
> of meer; 'n bakkie ook - ons is tog immers Boere!
> elke huis het nou naas sy kruis 'n swembad
> met dalk 'n kleintjie langsaan vir die kinders en hul maats;
> ons gaan teater toe: groot wit geboue
> tekenend van die verfyndheid
> 'n van die melaatse wit.
>
> calvinisties skuif ons van mekaar weg
> en verder weg ongelyk en gediskrimineerd
> omdat ons wat moet praat bang
> geword het vir die tirannie van ander
> van 'n bang klompie bang
> manne en vergeet van die groter
> gehoorsaamheid en die vreesloosheid
> en die groter genade waarvan jy so graag wou leer.
>
> soms - as ons baie wyn gedrink het en weet
> dat ons almal in die vertrek vertrou - waag
> ons dit oor moraliteit en oor geregtigheid
> en partykeer, laat in die nag, bid ons met heimweë
> "laat U wil geskied" en bedoel dit.
> want geregtigheid het plek gemaak
> vir "wet en orde ongeag ..." en die knuppels
> maak 'n kruis voor hulle toesak op 'n kind
> wat juis geregtigheid, wat juis moraliteit
> wou opdring aan jou land se wit benewelde verstand.
>
> ons, of 'n paar van ons, ken van die bitterheid
> die kankeragtige haat wat vreet
> aan jou land en sy nie-wit mense.
> maar ons bly meestal stil omdat ons weet
> dat ons gou stilgemaak kan word
> 'n lêer gaan word in 'n liasseerkas in 'n groot
> kantoor en ons telefone husse met lang ore.
> daarom - terwyl ons kan - gaan ons oorsee
> en soek 'n blyplek in daai klam klimaat
> maar kom dan trug en wag!
>
> God sal Sy oordeel oor die trots
> die meerderwaardigheid nie altyd uitstel nie:
> dit dui die swart gebalde vuis;
> want ek glo amper soos jy die dieper
> reg sêl seëvier soos in die hemel
> so ook in hierdie mensryke paradys.
>
Re: " my country 'tis of thy people you're dying " deur FANIE OLIVIER [boodskap #68142 is 'n antwoord op boodskap #68131] Sa, 02 November 2002 15:30 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Anoniem
Oorspronklik gepos deur: @rogers.com

Jonas wrote:

> Antie - ja. Die Fanie Olivier is aan my bekend. Die se pa was mos by die
> "Indiër-universiteit" in Durban (Westville) - en boonop nogal 'n broeder van
> formaat. Soveel so dat hy genoeg kontak gehad het dat hy sy seuntjie van
> militêre-diensplig kon red.
> En, ja - ek sal na sy moraliteit opkyk - die Fanie darem...
> Onlangs is hy glo deur sy swartbroers by 'n bosuniversiteit verja - rassisme
> is beskore vir slegs die wittes. (Stamverskille word nie onder rassisme
> gereken nie...)

Jaaa, Jonas. Dit is dié dat 'n sekere "upper
middle class" Afrikaner van 'n sekere ouderdom
so opgemix is. Hulle pa's was gewoonlik Broeder-
bonders wat in alle soort posisies gesit het weens
hulle broederbondgeit en nie weens hulle intellek
nie, en wat vir hulle seuntjies allerhande soorte
plum possies gekry het. Sien nou maar byvoorbeeld
seker ook Dan Roodt se paadjie. (Lees wat Max du
Preez oor Roodt op Litnet te sê het.)
Maar dit neem nog niks weg van die feit dat die
gedig van iets spreek wat 'n hele klomp mense seker
ondervind het gedurende die apartheidsdae nie - hulle
was bang om te praat van dit wat hulle as basies
sondig in die sisteem gesien het, bang dat hulle
vriende hulle sal kan verklik as hulle enigsins hulle
hartsgevoel openbaar. Weet jy, dat ek die duidelike
gevoel gehad het dat mense senuweeagtig was in 1981
toe ons SA besoek het: dis asof hulle begin wonder het
of ons assosiasies het wat hulle in die moeilikheid
kan laat beland. Afrikaners in die tagtigerjare het
in 'n siek klimaat gelewe. 'n Siek klimaat geskep deur
hulle eie etniese groep. Hulle kan niemand anders
daarvan beskuldig nie. Hulle het op mekaar gespioeneer.

Gloudina
Re: " my country 'tis of thy people you're dying " deur FANIE OLIVIER [boodskap #68143 is 'n antwoord op boodskap #68142] Sa, 02 November 2002 15:36 Na vorige boodskapna volgende boodskap
DD  is tans af-lyn  DD
Boodskappe: 1166
Geregistreer: Junie 2003
Karma: 0
Senior Lid
On Sat, 02 Nov 2002 15:30:05 GMT, "@rogers.com" wrote:

>
>
> Sien nou maar byvoorbeeld
> seker ook Dan Roodt se paadjie. (Lees wat Max du
> Preez oor Roodt op Litnet te sê het.)
>
>
> Gloudina

Max Du Preez, Gloudina, was 'n lid van die ANC selfs nog
voor Ferdi Greyling.

DD
Re: " my country 'tis of thy people you're dying " deur FANIE OLIVIER [boodskap #68145 is 'n antwoord op boodskap #68143] Sa, 02 November 2002 18:38 Na vorige boodskapna volgende boodskap
koos  is tans af-lyn  koos
Boodskappe: 137
Geregistreer: Junie 2003
Karma: 0
Senior Lid
dis regtig nie die moeite werd om te weet wat max en sy trawante te sê het
nie
hulle is gemors en uitvaagsels
moes nooit bestaan het nie
dis regtig nie die moeite werd om te weet wat max en sy trawante te sê het
nie
hulle is gemors en uitvaagsels
moes nooit bestaan het nie
Re: " my country 'tis of thy people you're dying " deur FANIE OLIVIER [boodskap #68146 is 'n antwoord op boodskap #68128] Sa, 02 November 2002 19:13 Na vorige boodskapna volgende boodskap
DD  is tans af-lyn  DD
Boodskappe: 1166
Geregistreer: Junie 2003
Karma: 0
Senior Lid
On Sat, 2 Nov 2002 20:40:27 +0200, "koos" wrote:

> Gloudina
> ek is koos
> heel verstandloos
> as ek so aanhou sien ek dalk my moos
> want dit wat ek sê is heel boos

Voorstel... almal van ons het tog killfiles
dan word ons geplesier
sonder om die aandagtrekkertjie
sy plesier te ontneem
want hy sal dink dat ons dit steeds lees
en eintlik skryf hy dan heel wees:-)

DD
Re: " my volk gaan ten gronde agv 'n tekort aan kennis [boodskap #68147 is 'n antwoord op boodskap #68146] Sa, 02 November 2002 20:02 Na vorige boodskapna volgende boodskap
®Tobie©  is tans af-lyn  ®Tobie©
Boodskappe: 379
Geregistreer: September 2001
Karma: 0
Senior Lid
sy's al seker vir 3 jaar op my 'killfile' :-)
-------------
"DD"
---knip---
>> Gloudina is 'n koos heel verstandloos
---knip---
Re: " my volk gaan ten gronde agv 'n tekort aan kennis [boodskap #68156 is 'n antwoord op boodskap #68147] So, 03 November 2002 08:53 Na vorige boodskapna volgende boodskap
DD  is tans af-lyn  DD
Boodskappe: 1166
Geregistreer: Junie 2003
Karma: 0
Senior Lid
On Sat, 2 Nov 2002 22:02:51 +0200, "Tobie" wrote:

> sy's al seker vir 3 jaar op my 'killfile' :-)
> -------------
> "DD"
> ---knip---
>>> Gloudina is 'n koos heel verstandloos
> ---knip---
>
>

Haai Toooobbs! Moenie so wees nie!
Ek praat van Koos:-)))

DD
Re: " my country 'tis of thy people you're dying " deur FANIE OLIVIER [boodskap #68158 is 'n antwoord op boodskap #68145] So, 03 November 2002 15:31 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Louis Kriel  is tans af-lyn  Louis Kriel
Boodskappe: 3
Geregistreer: Oktober 2002
Karma: 0
Junior Lid
Koos, jy is die gemors hier

"koos" skryf in boodskap news:aq1641$9tj$1@ctb-nnrp2.saix.net...
> dis regtig nie die moeite werd om te weet wat max en sy trawante te sê het
> nie
> hulle is gemors en uitvaagsels
> moes nooit bestaan het nie
> dis regtig nie die moeite werd om te weet wat max en sy trawante te sê het
> nie
> hulle is gemors en uitvaagsels
> moes nooit bestaan het nie
>
Re: " my country 'tis of thy people you're dying " deur FANIE OLIVIER [boodskap #68172 is 'n antwoord op boodskap #68146] Ma, 04 November 2002 00:04 Na vorige boodskap
Sebs  is tans af-lyn  Sebs
Boodskappe: 125
Geregistreer: November 2002
Karma: 0
Senior Lid
hettie geweetie jy kan gediggies skryfie!!!! :o)

"DD" skryf in boodskap news:0m88su0blov0lg0j4f5q320n95sh1un8f9@4ax.com...
> On Sat, 2 Nov 2002 20:40:27 +0200, "koos" wrote:
>
>> Gloudina
>> ek is koos
>> heel verstandloos
>> as ek so aanhou sien ek dalk my moos
>> want dit wat ek sê is heel boos
>
> Voorstel... almal van ons het tog killfiles
> dan word ons geplesier
> sonder om die aandagtrekkertjie
> sy plesier te ontneem
> want hy sal dink dat ons dit steeds lees
> en eintlik skryf hy dan heel wees:-)
>
> DD
>
Vorige onderwerp: Nog een: Vandag is:
Volgende onderwerp: MIV/vigs
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Ma Apr 29 13:59:12 MGT 2024