Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Algemeen » Koeitjies & kalfies » Om deel te word van die meerderheid.
Om deel te word van die meerderheid. [boodskap #67131] So, 06 Oktober 2002 12:37 na volgende boodskap
Chrisjolette  is tans af-lyn  Chrisjolette
Boodskappe: 38
Geregistreer: Junie 2002
Karma: 0
Volle Lid
Een van die geheimsinnigste politieke begrippe wat die afgelope jare
die lig gesien het, is dié van "deelword van die meerderheid". Eers
was dit prof. Willie Esterhuyse wat dit gepropageer het, toe is dit
oorgeneem deur dr. Willem de Klerk, asook mnr. Ton Vosloo. In vandag
se Sondagkoerant skryf Max du Preez weer eens dat die
Afrikanerminderheid se oorlewing afhang daarvan of hulle hul kan skaar
by die meerderheid, en die verdeling tussen "ons" en "hulle" kan
ophef.

Hoe 'n mens te werk gaan as jy reeds "deel is van die meerderheid", is
‘n ander vraag. Maar die onmiddellike probleem van hoe 'n mens
aansluit by die meerderheid, intrigeer my meer.

Die voorstanders van meerderheidsintegrasie is effe suinig met
definisies. Daarom weet 'n mens nie of die meerderheid in etniese,
rasse- of politieke terme gesien moet word nie. Miskien behels dit
iets van aldrie.

Gestel nou 'n lid van ons Bruin-Afrikanerminderheid of selfs `n
blanke-Afrikaner, voel hom- of haarself geneë om deel te word van die
meerderheid. Hoe kom so 'n pelgrim na meerderheidstatus by sy
bestemming uit? Hoe pak 'n mens die reis na die meerderheid aan?

In Kafka se verhaal "Die Verwandlung" verander 'n man in 'n insek, en
sluit sodoende aan by die groot meerderheid van insekte in die wêreld,
maar dit is 'n proses waaroor hy geen beheer het nie. In die geval
van 'n meerderheidspelgrim is dit 'n metamorfose wat hy uit vrye keuse
oor homself uitroep.

Vermoedelik is Afrikanerskap as sodanig nie bevorderlik vir
meerderheidslidmaatskap nie. Mnr. Ton Vosloo het immers gesê dat die
woorde "Afrikaner" en "volk" selfs aanstoot gee. 'n Eerste stap vir
ons meerderheidspelgrim sou dus wees om homself te beskryf as ‘n
"Suid-Afrikaner".

Maar is 'n Suid-Afrikaner wat Afrikaans praat en skryf nie nog steeds
iets van 'n Afrikaner nie? Soos ons gesien het by die Saartjie
Baartman-begrafnis waar al die inheemse volke Engels gepraat het,
behoort elke ware Suid-Afrikaner eerder die Rooitaal sy eie te maak.

In die eerste fase van sy metamorfose het ons meerderheidspelgrim dus
beide Afrikaans en Afrikanerskap afgesweer. Maar is dit genoeg? Het
hy nie nou maar van Afrikaner tot blanke of Bruin Engelssprekende
gevorder nie? As mens kyk na die behandeling wat die blanke Engelse
boere van Zimbabwe te beurt geval het, dan is dit allermins genoeg om
‘n setel in die meerderheidskraal te bekom. Dus behoort ons
meerderheidspelgrim ook ten minste Xhosa aan te leer.

Dit mag 'n moeilike opdrag wees, aangesien die studie van Afrikatale
sedert 1994 blykbaar geweldig afgeneem het. Aan vele universiteite is
sulke departemente gesluit en soos die skrywer Zakes Mda, wat sekerlik
aanspraak kan maak op meerderheidstatus, dit stel, "voel hy gemakliker
in Engels". Maar iewers is daar waarskynlik nog iemand wat Xhosa
doseer, 'n soort oorblyfsel uit die apartheidsjare, en sou ons pelgrim
hom dus kon toerus met 'n kennis van dié taal wat deur die magtigste
etniese groep in die land gepraat word.

Terwyl hy lede van die meerderheid links en regs rondom hom "molo" en
"sala kahle", kan ons persoon met sy dringende behoefte om deel te
word van die meerderheid, gerus vir 'n oomblik asem skep en homself
afvra in welke mate hy suksesvol was. In enkele opsigte het hy
vordering gemaak, want hy is lank nie meer 'n Afrikaner nie, probeer
ook nie Afrikaans in die openbaar praat nie, stuur nie sy kind na ‘n
Afrikaanse skool nie, en praat hy nou al baie Engels en Xhosa, maar is
dit genoeg?

‘n Lid van die meerderheid stem kwalik vir die DA of die
Vryheidsfront. Dus behoort ons meerderheidspelgrim onverwyld ‘n
lidmaatskapkaart van die ANC te bekom. Daar kan geen opregter blyk
van meerderheidswording wees as om lid te word van die ANC nie.
Honderde blanke Engelse intellektuele soos Gloudina het dit reeds jare
gelede besef.

Mnr. Max du Preez het 'n tyd gelede gemeen dat blankes na die swart
woonbuurtes behoort te trek. Intussen woon hy self nog in Melville,
as ek dit nie mis het nie, maar 'n vasberade meerderheidspelgrim sou
nie sy persoonlike veiligheid of dié van sy familie in die pad laat
staat van sy ideaal nie en dus eiendom bekom in Alexandra of Soweto.
Hier mag 'n dilemma ontstaan, want gegoede lede van die meerderheid
verkies inderdaad om in voormalige blanke woonbuurtes te woon, hul
kinders na voormalige blanke skole te stuur, in voormalige blanke
buurte inkopies te doen, ensovoorts. Veral diegene met politieke en
ekonomiese mag wat ons meerderheidspelgrim graag sou wou beïndruk,
woon lank nie meer in swart woonbuurtes nie. Miskien skiet ons
pelgrim dus maar 'n muntstuk op. Kruis, en dis Houghton saam met mnr.
Nelson Mandela, of munt, en dis Soweto saam met mev. Winnie Mandela.
Maar om in Reigerpark of op die Vlakte tussen onse mense te kom bly is
nie eers `n opsie nie.

Slegs 'n naïeweling sou beweer dat meerderheidstatus nie ook iets met
ras te make het nie. 'n Mens mag Engels praat, en selfs Xhosa, in
Soweto woon, maar soos Max du Preez dit stel, beskik jy nog steeds oor
daardie argetipiese teken van minderheidstatus in Afrika, die "wit
vel" of soos ons `n te ligte bruin vel. Hoe nou gemaak? Gelukkig is
daar kitssonbruinmiddels op die mark wat gewoonlik onder Franse
handelsmerke verkoop word, maar 'n mens sal baie daarvan, en dikwels,
moet aansmeer om op straat geredelik as lid van die meerderheid geëien
te word en dan lyk jy eerder goudkleurig as donkerbruin.

Dan is daar nog iets wat mens die geestelike dimensie sou kon noem.
Dit is bekend dat lede van die meerderheid waarde heg aan hul
voorvaders, en rituele daar rondom. Indien ons meerderheidspelgrim
dus werklik wil inpas, sal hy onverwyld ook die naaste sangoma of
injanga moet betrek by sy pogings om te integreer by die numeries
dominante wêreldbeskouing. Hy sal gesien word met 'n bokvelarmband om
sy pols wat hy vir weke nie mag verwyder nie ná hy offerandes gebring
het aan sy voorvaders.

Of miskien behoort hy nie offerandes aan sý voorvaders te bring nie,
want in 'n sekere sin was hulle minderheidsvoorvaders wat boonop die
meerderheid se voorvaders onderdruk het, iets waaroor laasgenoemde
sonder twyfel nog sterk die josie in is. En sover ek verstaan
veroorsaak woedende voorvaders allerlei moleste, waarna hulle gepaai
moet word met nog meer offerandes.

Benewens die afleer van Afrikaans en die aanleer van Engels en Xhosa,
wil dit my voorkom asof ons pelgrim baie beeste sal moet slag alvorens
hy werklik sal kan deel voel van die meerderheid. En as lede van die
meerderheid hom uiteindelik nog op rassegronde verwerp, iets waarvan
daar vele voorbeelde regdeur Afrika bestaan, sou hy tereg kon vra:
was dit alles die moeite werd?
Re: Om deel te word van die meerderheid. [boodskap #67146 is 'n antwoord op boodskap #67131] Ma, 07 Oktober 2002 04:13 Na vorige boodskap
Vusi  is tans af-lyn  Vusi
Boodskappe: 2212
Geregistreer: Februarie 2001
Karma: 0
Senior Lid
C - baie dki vir jou moeite. Dit bevestig wat ek vermoed het. Dit
verduidelik ook waarom 'n klomp mense sulke betreurenswaardige jammergatte
is.
Ek volg die heer Max du Preez. Ek sal steeds wil weet wie die borge was van
sy Vrye Weekblad - dis seker dieselfde instansies wat hom tans borg.
Huursoldate bly huursoldate.

"Chrisjolette" skryf in boodskap news:2cc19bbd.0210060437.355aab92@posting.google.com...
> Een van die geheimsinnigste politieke begrippe wat die afgelope jare
> die lig gesien het, is dié van "deelword van die meerderheid". Eers
> was dit prof. Willie Esterhuyse wat dit gepropageer het, toe is dit
> oorgeneem deur dr. Willem de Klerk, asook mnr. Ton Vosloo. In vandag
> se Sondagkoerant skryf Max du Preez weer eens dat die
> Afrikanerminderheid se oorlewing afhang daarvan of hulle hul kan skaar
> by die meerderheid, en die verdeling tussen "ons" en "hulle" kan
> ophef.
>
> Hoe 'n mens te werk gaan as jy reeds "deel is van die meerderheid", is
> 'n ander vraag. Maar die onmiddellike probleem van hoe 'n mens
> aansluit by die meerderheid, intrigeer my meer.
>
> Die voorstanders van meerderheidsintegrasie is effe suinig met
> definisies. Daarom weet 'n mens nie of die meerderheid in etniese,
> rasse- of politieke terme gesien moet word nie. Miskien behels dit
> iets van aldrie.
>
> Gestel nou 'n lid van ons Bruin-Afrikanerminderheid of selfs `n
> blanke-Afrikaner, voel hom- of haarself geneë om deel te word van die
> meerderheid. Hoe kom so 'n pelgrim na meerderheidstatus by sy
> bestemming uit? Hoe pak 'n mens die reis na die meerderheid aan?
>
> In Kafka se verhaal "Die Verwandlung" verander 'n man in 'n insek, en
> sluit sodoende aan by die groot meerderheid van insekte in die wêreld,
> maar dit is 'n proses waaroor hy geen beheer het nie. In die geval
> van 'n meerderheidspelgrim is dit 'n metamorfose wat hy uit vrye keuse
> oor homself uitroep.
>
> Vermoedelik is Afrikanerskap as sodanig nie bevorderlik vir
> meerderheidslidmaatskap nie. Mnr. Ton Vosloo het immers gesê dat die
> woorde "Afrikaner" en "volk" selfs aanstoot gee. 'n Eerste stap vir
> ons meerderheidspelgrim sou dus wees om homself te beskryf as 'n
> "Suid-Afrikaner".
>
> Maar is 'n Suid-Afrikaner wat Afrikaans praat en skryf nie nog steeds
> iets van 'n Afrikaner nie? Soos ons gesien het by die Saartjie
> Baartman-begrafnis waar al die inheemse volke Engels gepraat het,
> behoort elke ware Suid-Afrikaner eerder die Rooitaal sy eie te maak.
>
> In die eerste fase van sy metamorfose het ons meerderheidspelgrim dus
> beide Afrikaans en Afrikanerskap afgesweer. Maar is dit genoeg? Het
> hy nie nou maar van Afrikaner tot blanke of Bruin Engelssprekende
> gevorder nie? As mens kyk na die behandeling wat die blanke Engelse
> boere van Zimbabwe te beurt geval het, dan is dit allermins genoeg om
> 'n setel in die meerderheidskraal te bekom. Dus behoort ons
> meerderheidspelgrim ook ten minste Xhosa aan te leer.
>
> Dit mag 'n moeilike opdrag wees, aangesien die studie van Afrikatale
> sedert 1994 blykbaar geweldig afgeneem het. Aan vele universiteite is
> sulke departemente gesluit en soos die skrywer Zakes Mda, wat sekerlik
> aanspraak kan maak op meerderheidstatus, dit stel, "voel hy gemakliker
> in Engels". Maar iewers is daar waarskynlik nog iemand wat Xhosa
> doseer, 'n soort oorblyfsel uit die apartheidsjare, en sou ons pelgrim
> hom dus kon toerus met 'n kennis van dié taal wat deur die magtigste
> etniese groep in die land gepraat word.
>
> Terwyl hy lede van die meerderheid links en regs rondom hom "molo" en
> "sala kahle", kan ons persoon met sy dringende behoefte om deel te
> word van die meerderheid, gerus vir 'n oomblik asem skep en homself
> afvra in welke mate hy suksesvol was. In enkele opsigte het hy
> vordering gemaak, want hy is lank nie meer 'n Afrikaner nie, probeer
> ook nie Afrikaans in die openbaar praat nie, stuur nie sy kind na 'n
> Afrikaanse skool nie, en praat hy nou al baie Engels en Xhosa, maar is
> dit genoeg?
>
> 'n Lid van die meerderheid stem kwalik vir die DA of die
> Vryheidsfront. Dus behoort ons meerderheidspelgrim onverwyld 'n
> lidmaatskapkaart van die ANC te bekom. Daar kan geen opregter blyk
> van meerderheidswording wees as om lid te word van die ANC nie.
> Honderde blanke Engelse intellektuele soos Gloudina het dit reeds jare
> gelede besef.
>
> Mnr. Max du Preez het 'n tyd gelede gemeen dat blankes na die swart
> woonbuurtes behoort te trek. Intussen woon hy self nog in Melville,
> as ek dit nie mis het nie, maar 'n vasberade meerderheidspelgrim sou
> nie sy persoonlike veiligheid of dié van sy familie in die pad laat
> staat van sy ideaal nie en dus eiendom bekom in Alexandra of Soweto.
> Hier mag 'n dilemma ontstaan, want gegoede lede van die meerderheid
> verkies inderdaad om in voormalige blanke woonbuurtes te woon, hul
> kinders na voormalige blanke skole te stuur, in voormalige blanke
> buurte inkopies te doen, ensovoorts. Veral diegene met politieke en
> ekonomiese mag wat ons meerderheidspelgrim graag sou wou beïndruk,
> woon lank nie meer in swart woonbuurtes nie. Miskien skiet ons
> pelgrim dus maar 'n muntstuk op. Kruis, en dis Houghton saam met mnr.
> Nelson Mandela, of munt, en dis Soweto saam met mev. Winnie Mandela.
> Maar om in Reigerpark of op die Vlakte tussen onse mense te kom bly is
> nie eers `n opsie nie.
>
> Slegs 'n naïeweling sou beweer dat meerderheidstatus nie ook iets met
> ras te make het nie. 'n Mens mag Engels praat, en selfs Xhosa, in
> Soweto woon, maar soos Max du Preez dit stel, beskik jy nog steeds oor
> daardie argetipiese teken van minderheidstatus in Afrika, die "wit
> vel" of soos ons `n te ligte bruin vel. Hoe nou gemaak? Gelukkig is
> daar kitssonbruinmiddels op die mark wat gewoonlik onder Franse
> handelsmerke verkoop word, maar 'n mens sal baie daarvan, en dikwels,
> moet aansmeer om op straat geredelik as lid van die meerderheid ge�ien
> te word en dan lyk jy eerder goudkleurig as donkerbruin.
>
> Dan is daar nog iets wat mens die geestelike dimensie sou kon noem.
> Dit is bekend dat lede van die meerderheid waarde heg aan hul
> voorvaders, en rituele daar rondom. Indien ons meerderheidspelgrim
> dus werklik wil inpas, sal hy onverwyld ook die naaste sangoma of
> injanga moet betrek by sy pogings om te integreer by die numeries
> dominante wêreldbeskouing. Hy sal gesien word met 'n bokvelarmband om
> sy pols wat hy vir weke nie mag verwyder nie ná hy offerandes gebring
> het aan sy voorvaders.
>
> Of miskien behoort hy nie offerandes aan sê voorvaders te bring nie,
> want in 'n sekere sin was hulle minderheidsvoorvaders wat boonop die
> meerderheid se voorvaders onderdruk het, iets waaroor laasgenoemde
> sonder twyfel nog sterk die josie in is. En sover ek verstaan
> veroorsaak woedende voorvaders allerlei moleste, waarna hulle gepaai
> moet word met nog meer offerandes.
>
> Benewens die afleer van Afrikaans en die aanleer van Engels en Xhosa,
> wil dit my voorkom asof ons pelgrim baie beeste sal moet slag alvorens
> hy werklik sal kan deel voel van die meerderheid. En as lede van die
> meerderheid hom uiteindelik nog op rassegronde verwerp, iets waarvan
> daar vele voorbeelde regdeur Afrika bestaan, sou hy tereg kon vra:
> was dit alles die moeite werd?
Vorige onderwerp: Ou hofsake
Volgende onderwerp: Suidwester Gebonde?
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Do Mei 16 11:43:12 MGT 2024