Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Algemeen » Koeitjies & kalfies » Postapartheidsrassebewussyn
Postapartheidsrassebewussyn [boodskap #66969] Wo, 02 Oktober 2002 21:04 na volgende boodskap
Chrisjolette  is tans af-lyn  Chrisjolette
Boodskappe: 38
Geregistreer: Junie 2002
Karma: 0
Volle Lid
In weerwil van 'n Grondwet wat praat van "nie-rassige en
nie-seksistese waardes", het Suid-Afrika ná 1994 een van die mees
rasbewuste samelewings op aarde geword. Ons beskik oor 'n arsenaal
wetgewing wat in die naam van rassegelykheid 'n vorm van
sosiogeniëring afdwing wat apartheid na 'n vulletjie laat lyk. Die
post-apartheidsrassebewussyn is sekerlik een van die grootste ironieë
van die geskiedenis en die term "nie-rassigheid" in die Grondwet
verteenwoordig 'n vokome oksimoron.

Nie 'n dag gaan verby in Suid-Afrika sonder dat die beskuldiging van
"rassisme" 'n persoon of instansie voor die deur gelê word nie, ek
dink nie eers hier op die ng is daar so dag nie. Volgens die Oxford
Dictionary of Philosophy, kan die wortels van teoretiese rassisme
teruggevoer word na die vyftiende eeu, maar het die term self eers in
die 1930s prominensie verkry om die pseudo-wetenskaplike teorie te
beskryf waarvolgens ras as 'n biologiese bepaler 'n hiërargie tussen
verskillende etniese groepe instel.

In terme van die Oxford-definisie dus, gaan rassisme om die geloof dat
daar 'n natuurlike hiërargie tussen etniese groepe bestaan wat deur
ras bepaal word. Weinig van mnr. Mbeki se kritici of mense op die ng,
wat gereeld deur Gloudina en andere van "rassisme" beskuldig word, pas
waarskynlik in by hierdie omskrywing.

Nietemin word die term hier by ons rondgeslinger met 'n gretigheid wat
aan manie grens. Op enige dag kan mens 'n uitgawe van een van die
Engelstalige koerante wat op swart lesers gemik is, koop en iewers sal
daar 'n artikel of 'n bydrae wees wat kla oor rassisme. Die vraag wat
‘n mens met reg kan vra in Suid-Afrika, is of rassisme nie iets van ‘n
mite is nie.

By gebrek aan 'n gemeenskaplike taal, geskiedenis of kultuur, het ras
en rassisme die funderende mite van die Suid-Afrikaanse regering
geword. Dit is ook hoe mens hul beheptheid met die evolusionêre
biologie en die prehistoriese geskiedenis van die mens moet verstaan.

Nou pas weer skryf president Mbeki in ANC Today dat die mensdom uit ‘n
gemeenskaplike biologiese bron afstam, wat ons almal dus verenig as
"een volk". Die probleem met hierdie gedagte is natuurlik dat dit van
toepassing is op alle lede van die spesie homo sapiens. Waarom moet
ons individuele lande en nasiestate handhaaf indien ons biologiese
afkoms van ons 'n enkele "mensenasie" maak?

Wat hierdie biologiese beheptheid van die Mbeki-regering so gevaarlik
maak, is dat dit 'n veel groter fanatisme in die vooruitsig stel as
byvoorbeel die kommunisme van die twintigste eeu. Kommunisme het
klassegelykheid nagestreef soos wat Gloudina in `n ander thread meld,
terwyl Mbeki en die ANC biologiese gelykheid wil sien.

Gegewe die biologiese diversiteit van die mensdom, verskille in
talente, hetsy fisiek, hetsy intellektueel, lyk dit na 'n saak van
selfs groter onmoontlikheid as die klaslose utopie waarvan Marx en
Lenin gedroom het.

Die hele gedoente rondom Saartjie Baartman waarna Mbeki insgelyks
verwys, speel regstreeks op die biologiese tema. Volgens Mbeki is
Baartman "soos 'n dier" ten toon gestel in Europa, en veral dan in
Frankryk waar die beroemde bioloog Georges Cuvier in haar anatomie en
liggaamsbou belang gestel het. Die punt is egter dat menslike
morfologie en biologiese gewoontes nog altyd groot belangstelling by
ander lede van die spesie uitgelok het. Selfs buiteaardse wesens sou
daarin belang stel as mens die toneel in Kurt Vonnegut se
Slaughterhouse 5 onthou waar miljoene wesens op 'n ander planeet ‘n
gevange menslike paartjie in 'n interplanetêre dieretuin dophou en
baie teleurgesteld is as hulle nie kan waarneem hoe hulle paar nie.

Die belangstelling van die media in die morfologie van filmsterre,
rugbyspelers, en ander openbare figure, asook modetydskrifte,
skoonheidsmiddels, en alles wat met voorkoms te make het, is verwant
aan die rede waarom Europeërs deur Saartjie Baartman gefassineer is.
Boonop was dit in die vroeë dae van evolusieteorie en het Cuvier haar
dus in terme van sy biologiese opvattinge beoordeel.

Om met vandag se kennis 'n oordeel oor Cuvier te vel, is net so
sinloos as om Newton te verwyt dat hy nie geweet het van die bestaan
van kwantumfisika nie. Die perke van Cuvier se vroeg-negetiende-eeuse
insigte kan kwalik opgevat word as tekenend van die rassisme van alle
blankes soos wat Mbeki beweer as hy die aanvang van rassisme in
Suid-Afrika stel op 1652.

Terwyl apartheid 'n vorm van kultuurpolitiek was waar die kulture van
swart en wit volkere gesien is as behorende tot verskillende
paradigmas of wêreldbeskouings, maak Mbeki se politiek al hoe meer
regstreeks gebruik van 'n biologiese register.

Biologiese kragte is van die sterkste wat daar is, want dit het te
make met dinge soos oorlewing en voortplanting. Die mens se
groepsinstink is volgens wetenskaplikes gesetel in die breinstam, wat
evolusionêr terug te voer is na reptieltye.

Dit wat nou in Zimbabwe gebeur, kan ook in biologiese terme ontleed
word, as die resultaat van 'n erge rassebewustheid wat biologiese
identiteit voorop stel. Die postapartheidsrassebewussyn is insgelyks
terug te voer na baie diepgewortelde instinkte in die mens. Dit is
geen rasionele proses nie, en het te make met die keuses tussen "veg,
vlug of eet" wat diep in die onderbewuste uitgeoefen word. Dit mag
wees dat elke nie-swarte in Suid-Afrika op onbewuste vlak reeds
bedreig word deur tekens van biologiese oorheersing en
rassevyandigheid wat op soveel gebiede voelbaar is.

Die toenemende, amper territoriale versugting na mag en uitbreiding
wat by swart politici waarneembaar is, dui ook op 'n vorm van
aggressie wat teer op oerinstinkte in die mens. Dit is daarom dat
Mbeki se biologiese teorieë met hul anti-blanke tiperings wat telkens
uit sy toesprake en geskrifte blyk, so ontstellend is. As Mbeki so
teen die blankes uitvaar, wat gaan van ons arme Bruinmense word? Ons
het nie die geld nie. Die van ons met goeie opleiding en poste is vêr
in die minderheid. Onder apartheid het ons gesuffer en die toekoms
het geen rede om anders te wees nie. Die een onderdrukker het net
plek gemaak vir die volgende.
Re: Postapartheidsrassebewussyn [boodskap #66974 is 'n antwoord op boodskap #66969] Do, 03 Oktober 2002 00:20 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Anoniem
Oorspronklik gepos deur: @rogers.com

Chrisjolette wrote:

Ons beskik oor 'n arsenaal
> wetgewing wat in die naam van rassegelykheid 'n vorm van
> sosiogeniëring afdwing wat apartheid na 'n vulletjie laat lyk. Die
> post-apartheidsrassebewussyn is sekerlik een van die grootste ironieë
> van die geskiedenis en die term "nie-rassigheid" in die Grondwet
> verteenwoordig 'n vokome oksimoron.

Nie alleen steel jy artikels van regse skrywers
nie, maar óf jy óf hulle self kan nie goed spel
nie. En jy word nou plein boring, du Plessis.

Tant Hessie van die Derde Republiek
Re: Postapartheidsrassebewussyn [boodskap #66976 is 'n antwoord op boodskap #66969] Do, 03 Oktober 2002 01:41 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Willie Vorster  is tans af-lyn  Willie Vorster
Boodskappe: 38
Geregistreer: September 2002
Karma: 0
Volle Lid
Want dit het 'n industrie geword wat lewendig gehou word deur mense met
bymotiewe.

Willie

"Chrisjolette" >
> Nie 'n dag gaan verby in Suid-Afrika sonder dat die beskuldiging van
> "rassisme" 'n persoon of instansie voor die deur gelê word nie
Re: Postapartheidsrassebewussyn [boodskap #66979 is 'n antwoord op boodskap #66969] Do, 03 Oktober 2002 04:40 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Vusi  is tans af-lyn  Vusi
Boodskappe: 2212
Geregistreer: Februarie 2001
Karma: 0
Senior Lid
Chrisjolette - jy is heel in die kol. Hoe lank dit mense wat behep is met 'n
skuldgevoel gaan neem om te besef wat aangaan, slaan my dronk.
Wat natuurlik ook interessant is, is hoe daardie "eerbare" groep wat teen
die onregverdighede van apartheid gestry het, nou stil geword het. Dit laat
jou besef dat hulle nie volledig eerlik was of is nie. Die res het die land
verlaat.
Wat Gloudina betref. Steur jou nie aan die ou antie nie. Sy probeer die
indruk skep van die Che van die anti-apartheidstryd - niks kan verder van
die waarheid wees nie.
Terwyl sy die vrugte van apartheid gepluk het, het jy nooit van haar gehoor
nie. Byvoorbeeld, aan die Universiteit van Natal, waar sy vir 'n kort rukkie
was, weet niemand van haar nie.
Vra haar wat het sy werklik gedoen in haar sg. stryd teen apartheid - terwyl
sy in die land was. Of is sy ook maar 'n mostert-na-die-maler? Ek is seker
sy was nie eens 'n lid van die Swartserp-beweging nie - alhoewel die rol
haar goed kom pas....

"Chrisjolette" skryf in boodskap news:2cc19bbd.0210021304.7fec860@posting.google.com...
> In weerwil van 'n Grondwet wat praat van "nie-rassige en
> nie-seksistese waardes", het Suid-Afrika ná 1994 een van die mees
> rasbewuste samelewings op aarde geword. Ons beskik oor 'n arsenaal
> wetgewing wat in die naam van rassegelykheid 'n vorm van
> sosiogeni�ring afdwing wat apartheid na 'n vulletjie laat lyk. Die
> post-apartheidsrassebewussyn is sekerlik een van die grootste ironie�
> van die geskiedenis en die term "nie-rassigheid" in die Grondwet
> verteenwoordig 'n vokome oksimoron.
>
> Nie 'n dag gaan verby in Suid-Afrika sonder dat die beskuldiging van
> "rassisme" 'n persoon of instansie voor die deur gelê word nie, ek
> dink nie eers hier op die ng is daar so dag nie. Volgens die Oxford
> Dictionary of Philosophy, kan die wortels van teoretiese rassisme
> teruggevoer word na die vyftiende eeu, maar het die term self eers in
> die 1930s prominensie verkry om die pseudo-wetenskaplike teorie te
> beskryf waarvolgens ras as 'n biologiese bepaler 'n hiërargie tussen
> verskillende etniese groepe instel.
>
>
>
> In terme van die Oxford-definisie dus, gaan rassisme om die geloof dat
> daar 'n natuurlike hiërargie tussen etniese groepe bestaan wat deur
> ras bepaal word. Weinig van mnr. Mbeki se kritici of mense op die ng,
> wat gereeld deur Gloudina en andere van "rassisme" beskuldig word, pas
> waarskynlik in by hierdie omskrywing.
>
>
>
> Nietemin word die term hier by ons rondgeslinger met 'n gretigheid wat
> aan manie grens. Op enige dag kan mens 'n uitgawe van een van die
> Engelstalige koerante wat op swart lesers gemik is, koop en iewers sal
> daar 'n artikel of 'n bydrae wees wat kla oor rassisme. Die vraag wat
> 'n mens met reg kan vra in Suid-Afrika, is of rassisme nie iets van 'n
> mite is nie.
>
> By gebrek aan 'n gemeenskaplike taal, geskiedenis of kultuur, het ras
> en rassisme die funderende mite van die Suid-Afrikaanse regering
> geword. Dit is ook hoe mens hul beheptheid met die evolusionêre
> biologie en die prehistoriese geskiedenis van die mens moet verstaan.
>
> Nou pas weer skryf president Mbeki in ANC Today dat die mensdom uit 'n
> gemeenskaplike biologiese bron afstam, wat ons almal dus verenig as
> "een volk". Die probleem met hierdie gedagte is natuurlik dat dit van
> toepassing is op alle lede van die spesie homo sapiens. Waarom moet
> ons individuele lande en nasiestate handhaaf indien ons biologiese
> afkoms van ons 'n enkele "mensenasie" maak?
>
> Wat hierdie biologiese beheptheid van die Mbeki-regering so gevaarlik
> maak, is dat dit 'n veel groter fanatisme in die vooruitsig stel as
> byvoorbeel die kommunisme van die twintigste eeu. Kommunisme het
> klassegelykheid nagestreef soos wat Gloudina in `n ander thread meld,
> terwyl Mbeki en die ANC biologiese gelykheid wil sien.
>
> Gegewe die biologiese diversiteit van die mensdom, verskille in
> talente, hetsy fisiek, hetsy intellektueel, lyk dit na 'n saak van
> selfs groter onmoontlikheid as die klaslose utopie waarvan Marx en
> Lenin gedroom het.
>
> Die hele gedoente rondom Saartjie Baartman waarna Mbeki insgelyks
> verwys, speel regstreeks op die biologiese tema. Volgens Mbeki is
> Baartman "soos 'n dier" ten toon gestel in Europa, en veral dan in
> Frankryk waar die beroemde bioloog Georges Cuvier in haar anatomie en
> liggaamsbou belang gestel het. Die punt is egter dat menslike
> morfologie en biologiese gewoontes nog altyd groot belangstelling by
> ander lede van die spesie uitgelok het. Selfs buiteaardse wesens sou
> daarin belang stel as mens die toneel in Kurt Vonnegut se
> Slaughterhouse 5 onthou waar miljoene wesens op 'n ander planeet 'n
> gevange menslike paartjie in 'n interplanetêre dieretuin dophou en
> baie teleurgesteld is as hulle nie kan waarneem hoe hulle paar nie.
>
> Die belangstelling van die media in die morfologie van filmsterre,
> rugbyspelers, en ander openbare figure, asook modetydskrifte,
> skoonheidsmiddels, en alles wat met voorkoms te make het, is verwant
> aan die rede waarom Europeërs deur Saartjie Baartman gefassineer is.
> Boonop was dit in die vroeë dae van evolusieteorie en het Cuvier haar
> dus in terme van sy biologiese opvattinge beoordeel.
>
> Om met vandag se kennis 'n oordeel oor Cuvier te vel, is net so
> sinloos as om Newton te verwyt dat hy nie geweet het van die bestaan
> van kwantumfisika nie. Die perke van Cuvier se vroeg-negetiende-eeuse
> insigte kan kwalik opgevat word as tekenend van die rassisme van alle
> blankes soos wat Mbeki beweer as hy die aanvang van rassisme in
> Suid-Afrika stel op 1652.
>
> Terwyl apartheid 'n vorm van kultuurpolitiek was waar die kulture van
> swart en wit volkere gesien is as behorende tot verskillende
> paradigmas of wêreldbeskouings, maak Mbeki se politiek al hoe meer
> regstreeks gebruik van 'n biologiese register.
>
> Biologiese kragte is van die sterkste wat daar is, want dit het te
> make met dinge soos oorlewing en voortplanting. Die mens se
> groepsinstink is volgens wetenskaplikes gesetel in die breinstam, wat
> evolusionêr terug te voer is na reptieltye.
>
> Dit wat nou in Zimbabwe gebeur, kan ook in biologiese terme ontleed
> word, as die resultaat van 'n erge rassebewustheid wat biologiese
> identiteit voorop stel. Die postapartheidsrassebewussyn is insgelyks
> terug te voer na baie diepgewortelde instinkte in die mens. Dit is
> geen rasionele proses nie, en het te make met die keuses tussen "veg,
> vlug of eet" wat diep in die onderbewuste uitgeoefen word. Dit mag
> wees dat elke nie-swarte in Suid-Afrika op onbewuste vlak reeds
> bedreig word deur tekens van biologiese oorheersing en
> rassevyandigheid wat op soveel gebiede voelbaar is.
>
> Die toenemende, amper territoriale versugting na mag en uitbreiding
> wat by swart politici waarneembaar is, dui ook op 'n vorm van
> aggressie wat teer op oerinstinkte in die mens. Dit is daarom dat
> Mbeki se biologiese teorieë met hul anti-blanke tiperings wat telkens
> uit sy toesprake en geskrifte blyk, so ontstellend is. As Mbeki so
> teen die blankes uitvaar, wat gaan van ons arme Bruinmense word? Ons
> het nie die geld nie. Die van ons met goeie opleiding en poste is v�r
> in die minderheid. Onder apartheid het ons gesuffer en die toekoms
> het geen rede om anders te wees nie. Die een onderdrukker het net
> plek gemaak vir die volgende.
Re: Postapartheidsrassebewussyn [boodskap #66986 is 'n antwoord op boodskap #66969] Do, 03 Oktober 2002 06:54 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Annette  is tans af-lyn  Annette
Boodskappe: 11114
Geregistreer: Augustus 2003
Karma: 1
Senior Lid
Stem ten volle met jou saam Chrisjolette. Frieda Adams het 4 jaar gelede oor
dieselfde onderwerp 'n toespraak gelewer.
Annette

Re: Postapartheidsrassebewussyn [boodskap #67021 is 'n antwoord op boodskap #66979] Do, 03 Oktober 2002 14:11 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Anoniem
Oorspronklik gepos deur: @rogers.com

Jonas wrote:

Byvoorbeeld, aan die Universiteit van Natal, waar sy vir 'n kort rukkie
> was, weet niemand van haar nie.

Ha,ha,ha. So jy het hulle gebel, nè?
Al ooit gekyk in hulle graadlyste. Ek
het drie verskillende grade daar gekry?
Natuurlik onder my nooiensvan. As jy
gelukkig is, is daar in hulle biblioteek
miskien ook nog verhandelings. Ek weet
daar is een by UNISA.

Ou Tante Koba, wat nou moeg raak vir
die Oom se geraas.
Re: Postapartheidsrassebewussyn [boodskap #67040 is 'n antwoord op boodskap #66974] Do, 03 Oktober 2002 21:46 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Anoniem
Oorspronklik gepos deur: Larrikin

"@rogers.com" wrote in
news:3D9B...@rogers.com:

> En jy word nou plein boring, du Plessis.
>
> Tant Hessie van die Derde Republiek
>

Hey, Antie! DD is laaaankal nie meer hier nie - los hom nou yt!
Ek sallie lieg 'ie. Ek kan sien jy mis hom vreeslik - jy soek
agter elke bos na hom, ma' hy's nie meer hier nie. Die Varkie het
hom verdryf. Moenie worrie nie - ek probeer hard om hom terug te
bring. Baai, Antie.
DD kom terug [boodskap #67041 is 'n antwoord op boodskap #67040] Do, 03 Oktober 2002 22:29 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Wouter Plaasvark  is tans af-lyn  Wouter Plaasvark
Boodskappe: 1004
Geregistreer: Mei 2006
Karma: 0
Senior Lid
> En jy word nou plein boring, du Plessis.
> Tant Hessie van die Derde Republiek

Larrikin
Hey, Antie! DD is laaaankal nie meer hier nie - los hom nou yt!
Ek sallie lieg 'ie. Ek kan sien jy mis hom vreeslik - jy soek
agter elke bos na hom, ma' hy's nie meer hier nie. Die Varkie het
hom verdryf. Moenie worrie nie - ek probeer hard om hom terug te
bring. Baai, Antie.

Wouter
Jy is reg dat Chrisjolette nie DD is nie. Maar die plaasvark
verdryf niemand nie, DD het self verdwyn, dit was sy eie keuse.

Die plaasvark sal hom terugverwelkom, dis nou natuurlik as
hy homself identifiseer, hoe sal ek anders seker wees dis hy?
En natuurlik nie weer as 'n ander bekende probeer poseer nie.
Re: DD kom terug [boodskap #67042 is 'n antwoord op boodskap #67041] Do, 03 Oktober 2002 23:26 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Annette  is tans af-lyn  Annette
Boodskappe: 11114
Geregistreer: Augustus 2003
Karma: 1
Senior Lid
DD het vir my vertel hy is op die oomblik nie in staat om ng kontak te kan
maak nie. Hy sou as hy kon, glo.
Annette

"Wouter Plaasvark" skryf in boodskap news:3d9cc4ca.0@news1.mweb.co.za...
>> En jy word nou plein boring, du Plessis.
>> Tant Hessie van die Derde Republiek
>
> Larrikin
> Hey, Antie! DD is laaaankal nie meer hier nie - los hom nou yt!
> Ek sallie lieg 'ie. Ek kan sien jy mis hom vreeslik - jy soek
> agter elke bos na hom, ma' hy's nie meer hier nie. Die Varkie het
> hom verdryf. Moenie worrie nie - ek probeer hard om hom terug te
> bring. Baai, Antie.
>
> Wouter
> Jy is reg dat Chrisjolette nie DD is nie. Maar die plaasvark
> verdryf niemand nie, DD het self verdwyn, dit was sy eie keuse.
>
> Die plaasvark sal hom terugverwelkom, dis nou natuurlik as
> hy homself identifiseer, hoe sal ek anders seker wees dis hy?
> En natuurlik nie weer as 'n ander bekende probeer poseer nie.
>
Re: Postapartheidsrassebewussyn [boodskap #67044 is 'n antwoord op boodskap #67040] Do, 03 Oktober 2002 23:55 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Anoniem
Oorspronklik gepos deur: @rogers.com

Larrikin wrote:

DD is laaaankal nie meer hier nie
Moenie worrie nie - ek probeer hard om hom terug te
> bring

Doen dit nou gerus. Die nuusgroep is nie
dieselfde sonder hom nie. Sê sommer vir hom
hy moet ophou om daardie regse gehanna-hanna
op die nuusgroep te plaas. Die enigste persoon
wat dit lees, is die uwe.

Konstabel Poirot
Re: DD kom terug [boodskap #67086 is 'n antwoord op boodskap #67041] Sa, 05 Oktober 2002 03:19 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Anoniem
Oorspronklik gepos deur: Larrikin

"Wouter Plaasvark" wrote in
news:3d...@news1.mweb.co.za:

> Maar die plaasvark
> verdryf niemand nie, DD het self verdwyn, dit was sy eie keuse.
>
> Die plaasvark sal hom terugverwelkom, dis nou natuurlik as
> hy homself identifiseer, hoe sal ek anders seker wees dis hy?
> En natuurlik nie weer as 'n ander bekende probeer poseer nie.
>

Jy's reg wanneer jy sê dat dit Dave se eie keuse was. Maar soms
raak mens net gatvol van voortdurende snydende aanmerkings and
ongevraagde aanvalle, net omdat iemand dinge op 'n ander manier as
jy doen. En of jy die nou wil aanvaar of nie, jy was die
beweegrede agter sy besluit. Dus kan jy nou sommer baie belangrik
voel... En dan het jy nog die vermetelheid om voorwaardes vir sy
terugkeer te stel?

En ek sien na jy Oom Gert, ons opreggeteelde Dutchman so aangeval
het, en hom probeer spel het, is hy nou ook doodstil. Ons het
verskeidenheid nodig, mense met verskillende opinies en mense wat
nie almal dieselfde dink of optree nie. Dis waarop 'n nuusgroep
floreer. Moenie jou idees op ander lesers probeer afdwing nie -
dit maak hulle gatvol en laat hulle stilweg verdwyn.
Re: Postapartheidsrassebewussyn [boodskap #67088 is 'n antwoord op boodskap #67021] Sa, 05 Oktober 2002 08:03 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Suidwester  is tans af-lyn  Suidwester
Boodskappe: 1579
Geregistreer: Augustus 2003
Karma: 0
Senior Lid
So die antie het ook maar lekker gescore uit die apartheidsvarke se tyd?
Sover ek weet subsidieer die staat ELKE student en waarom het die antie nie
'n beswaar gehad om daarvan gebruik te maak nie?
skryf in boodskap news:3D9C50D0.4050800@rogers.com...
>
> Jonas wrote:
>
> Byvoorbeeld, aan die Universiteit van Natal, waar sy vir 'n kort rukkie
>> was, weet niemand van haar nie.
>
>
> Ha,ha,ha. So jy het hulle gebel, nê?
> Al ooit gekyk in hulle graadlyste. Ek
> het drie verskillende grade daar gekry?
> Natuurlik onder my nooiensvan. As jy
> gelukkig is, is daar in hulle biblioteek
> miskien ook nog verhandelings. Ek weet
> daar is een by UNISA.
>
> Ou Tante Koba, wat nou moeg raak vir
> die Oom se geraas.
>
Re: DD kom terug [boodskap #67093 is 'n antwoord op boodskap #67086] Sa, 05 Oktober 2002 14:20 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Waaierstertmuis  is tans af-lyn  Waaierstertmuis
Boodskappe: 1592
Geregistreer: Oktober 2001
Karma: 0
Senior Lid
Larrikin wrote:

> floreer. Moenie jou idees op ander lesers probeer afdwing nie -
> dit maak hulle gatvol en laat hulle stilweg verdwyn.

Ek stel voor dat as jy 'n probleem met iemand het wat hier deelneem,
of soos dit in jou geval blyk te wees, 'n probleem met die manier
waarop sekere persone hulle opinies hier lig - jy dit met daardie
persoon self opneem in privaat epos. Dit verhoed 'n gedurige,
vervelige moddergooiery hier in die openbaar.
Dankie.
Re: DD kom terug [boodskap #67094 is 'n antwoord op boodskap #67093] Sa, 05 Oktober 2002 15:44 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Anoniem
Oorspronklik gepos deur: @rogers.com

Katryn wrote:

> Larrikin wrote:
Moenie jou idees op ander lesers probeer afdwing nie -
>> dit maak hulle gatvol en laat hulle stilweg verdwyn.

> Ek stel voor dat as jy 'n probleem met iemand het wat hier deelneem,
> of soos dit in jou geval blyk te wees, 'n probleem met die manier
> waarop sekere persone hulle opinies hier lig - jy dit met daardie
> persoon self opneem in privaat epos. Dit verhoed 'n gedurige,
> vervelige moddergooiery hier in die openbaar.
> Dankie.

Ek dink nie Wouter Plaasvark het nodig dat ek
vir hom sy gevegte veg nie. Maar in hierdie
geval wil ek net uitwys dat "Davie Davis" ( of
een van sy ander gedaantes op die nuusgroep) gepos
het asof hy Wouter Plaasvark was. Dit het Wouter
bloedig kwaad gemaak, en ek simpatiseer daarmee.
En Wouter het presies die regte ding gedoen om
te verklaar dat hy die nuusgroep gaan verlaat as
dit voortgaan.
Ek ek verskil van Katryn dat mens verskille
"met daardie persoon self opneem in privaat epos."
Dit, in my eie oë, is onvergeeflik. Wat ons op hierdie
nuusgroep doen, het niks te doen met wat ons in die
private lewe is nie. Enigiemand wat my probeer kontak
om 'n vete per epos voort te sit, sal geignoreer word.
'n Vete op 'n nuusgroep en 'n vete in mens se private
lewe is soos lewe op twee verskillende planete.

Gloudina
USenet etiket - was Re: DD kom terug [boodskap #67095 is 'n antwoord op boodskap #67094] Sa, 05 Oktober 2002 15:59 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Waaierstertmuis  is tans af-lyn  Waaierstertmuis
Boodskappe: 1592
Geregistreer: Oktober 2001
Karma: 0
Senior Lid
"@rogers.com" wrote:

> Ek ek verskil van Katryn dat mens verskille
> "met daardie persoon self opneem in privaat epos."
> Dit, in my eie oë, is onvergeeflik.

Ja, ou tannetrekker - ek gaan nie my tyd mors om WEEREENS aan jou te
probeer verduidelik hoe Usenet etiket werk nie.
Soos jy weet het ek EEN keer aan jou geskryf om te verduidelik dat ek
NIE alterego's hier het soos wat jy my vir 2 jaar van beskuldig het
nie - na jou vieslike antwoord het ek die saak daar gelos.
Punt is, dat dit is hoe dit gedoen word, en jou "onvergeeflikheid" het
swiet blou boggerol niks daarmee te make nie. Dit is Usenet etiket.
Einde van die saak!
Re: USenet etiket - was Re: DD kom terug [boodskap #67096 is 'n antwoord op boodskap #67095] Sa, 05 Oktober 2002 16:35 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Anoniem
Oorspronklik gepos deur: @rogers.com

Katryn wrote:

> Ja, ou tannetrekker - ek gaan nie my tyd mors om WEEREENS aan jou te
> probeer verduidelik hoe Usenet etiket werk nie.
> Soos jy weet het ek EEN keer aan jou geskryf om te verduidelik dat ek
> NIE alterego's hier het soos wat jy my vir 2 jaar van beskuldig het
> nie - na jou vieslike antwoord het ek die saak daar gelos.
> Punt is, dat dit is hoe dit gedoen word, en jou "onvergeeflikheid" het
> swiet blou boggerol niks daarmee te make nie. Dit is Usenet etiket.
> Einde van die saak!

Ek dink jy moet verskoning maak vir die
aantyging dat ek jou 'n "vieslike"
antwoord gegee het. Ek daag jou uit om
my brief aan jou hier te plaas. Sover
ek kan onthou, het ek alleen gevra dat
jy nie aan my epos nie, en dat ek dit
as breek van etiket sien. Ek stel ook
voor dat jy jou eie taal en woordkeuse
in poste wat in die afgelope maand in
my rigting gemaak is, bekyk en sien watter
soort kuberbeeld jy op die nuusgroep skep.

Gloudina
Re: Postapartheidsrassebewussyn [boodskap #67097 is 'n antwoord op boodskap #67088] Sa, 05 Oktober 2002 16:41 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Anoniem
Oorspronklik gepos deur: @rogers.com

Suidwester wrote:

> So die antie het ook maar lekker gescore uit die apartheidsvarke se tyd?
> Sover ek weet subsidieër die staat ELKE student en waarom het die antie nie
> 'n beswaar gehad om daarvan gebruik te maak nie?

Nee, jong, het jy nou al een witmens ontmoet
wat geweier het om nie van die vleespotte van
die wit laer gebruik te maak nie? En is dit nou
een van jou nuwe industrieë om apartheid te
probeer goedpraat, deur die teenstanders daarvan
aan te val?

Tant Hessie van die Spergebied.
Re: USenet etiket - was Re: DD kom terug [boodskap #67100 is 'n antwoord op boodskap #67096] Sa, 05 Oktober 2002 16:54 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Waaierstertmuis  is tans af-lyn  Waaierstertmuis
Boodskappe: 1592
Geregistreer: Oktober 2001
Karma: 0
Senior Lid
"@rogers.com" wrote:

>
> Ek dink jy moet verskoning maak vir die
> aantyging dat ek jou 'n "vieslike"
> antwoord gegee het. Ek daag jou uit om
> my brief aan jou hier te plaas. Sover
> ek kan onthou, het ek alleen gevra dat
> jy nie aan my epos nie, en dat ek dit
> as breek van etiket sien. Ek stel ook
> voor dat jy jou eie taal en woordkeuse
> in poste wat in die afgelope maand in
> my rigting gemaak is, bekyk en sien watter
> soort kuberbeeld jy op die nuusgroep skep.

Whatever....
Re: USenet etiket - was Re: DD kom terug [boodskap #67102 is 'n antwoord op boodskap #67100] Sa, 05 Oktober 2002 17:35 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Annette  is tans af-lyn  Annette
Boodskappe: 11114
Geregistreer: Augustus 2003
Karma: 1
Senior Lid
Hoop jy het daardie woord geskryf met die nodige teatrale gebaar met die
ander hand:)
Annette

"Katryn" skryf in boodskap news:786upuco7ct077tm85p916kov7gp71e5n3@4ax.com...
> "@rogers.com" wrote:
>
>>
>> Ek dink jy moet verskoning maak vir die
>> aantyging dat ek jou 'n "vieslike"
>> antwoord gegee het. Ek daag jou uit om
>> my brief aan jou hier te plaas. Sover
>> ek kan onthou, het ek alleen gevra dat
>> jy nie aan my epos nie, en dat ek dit
>> as breek van etiket sien. Ek stel ook
>> voor dat jy jou eie taal en woordkeuse
>> in poste wat in die afgelope maand in
>> my rigting gemaak is, bekyk en sien watter
>> soort kuberbeeld jy op die nuusgroep skep.
>
> Whatever....
>
Re: USenet etiket - was Re: DD kom terug [boodskap #67103 is 'n antwoord op boodskap #67102] Sa, 05 Oktober 2002 17:48 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Waaierstertmuis  is tans af-lyn  Waaierstertmuis
Boodskappe: 1592
Geregistreer: Oktober 2001
Karma: 0
Senior Lid
"Annette" wrote:

> Hoop jy het daardie woord geskryf met die nodige teatrale gebaar met die
> ander hand:)

Natuurlik!! :-)
Re: USenet etiket - was Re: DD kom terug [boodskap #67104 is 'n antwoord op boodskap #67100] Sa, 05 Oktober 2002 18:40 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Anoniem
Oorspronklik gepos deur: @rogers.com

Katryn wrote:

> "@rogers.com" wrote:
>
>
>> Ek dink jy moet verskoning maak vir die
>> aantyging dat ek jou 'n "vieslike"
>> antwoord gegee het. Ek daag jou uit om
>> my brief aan jou hier te plaas. Sover
>> ek kan onthou, het ek alleen gevra dat
>> jy nie aan my epos nie, en dat ek dit
>> as breek van etiket sien. Ek stel ook
>> voor dat jy jou eie taal en woordkeuse
>> in poste wat in die afgelope maand in
>> my rigting gemaak is, bekyk en sien watter
>> soort kuberbeeld jy op die nuusgroep skep.

>
> Whatever....

Nee, ek gaan nie so maklik weg nie. Ek wil
bewyse hê dat ek 'n "vieslike" brief geskryf
het ( die lede van die nuusgroep kan oordeel)
en ek wil 'n verskoning hê vir daardie aantyging.

Gloudina
Re: USenet etiket [boodskap #67105 is 'n antwoord op boodskap #67104] Sa, 05 Oktober 2002 19:09 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Waaierstertmuis  is tans af-lyn  Waaierstertmuis
Boodskappe: 1592
Geregistreer: Oktober 2001
Karma: 0
Senior Lid
"@rogers.com" wrote:

>
> Nee, ek gaan nie so maklik weg nie. Ek wil
> bewyse hê dat ek 'n "vieslike" brief geskryf
> het ( die lede van die nuusgroep kan oordeel)
> en ek wil 'n verskoning hê vir daardie aantyging.

Ek is wel uiters verveeld op die oomblik, so ek sal maar nog so
bietjie met jou speel.
Ek het jou brief as vieslik ervaar! Soos ek baie van jou
manipulerende getjommel hier op die nuusgroep oor ervaar.
Sien?
Jy moet maar self jou brief hier plaas as jy wil - ek hou nie sulke
strooi op my rekenaar aan nie.
En as jy nou nie wil weggaan nie, is dit nou maar jou saak.
Ek is klaar gespeel vir die dag.
O - terloops - as jy 'n verskoning van MY wil hê, stel ek voor jy
begin eers op jou eie voorstoep skoonveë met al die beskuldigings wat
jy al oor die jare na my kant geslinger het. En al daardie
beskuldigings van jou is verewig in die Usenet argiewe, hoor? Mense
kan selfs jaaaare nadat jy nie eens meer hier deelneem nie, nogsteeds
gaan kyk wat jy alles gesê het teenoor my en ander deelnemers hier wat
oor die jare heen hier deelgeneem het, maar weg is.

Nou ja - gaan in vrede Gloudina. Hoop jy het 'n lekker naweek.
Re: USenet etiket [boodskap #67106 is 'n antwoord op boodskap #67105] Sa, 05 Oktober 2002 20:37 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Annette  is tans af-lyn  Annette
Boodskappe: 11114
Geregistreer: Augustus 2003
Karma: 1
Senior Lid
Wat van 'n lekker doppie om die gesellige Saterdagaand mee af te rond?:))
Annette

"Katryn" skryf in boodskap news:u5dupusdqohc688u7viselji24fp4o33v5@4ax.com...
> "@rogers.com" wrote:
>
>>
>> Nee, ek gaan nie so maklik weg nie. Ek wil
>> bewyse hê dat ek 'n "vieslike" brief geskryf
>> het ( die lede van die nuusgroep kan oordeel)
>> en ek wil 'n verskoning hê vir daardie aantyging.
>
> Ek is wel uiters verveeld op die oomblik, so ek sal maar nog so
> bietjie met jou speel.
> Ek het jou brief as vieslik ervaar! Soos ek baie van jou
> manipulerende getjommel hier op die nuusgroep oor ervaar.
> Sien?
> Jy moet maar self jou brief hier plaas as jy wil - ek hou nie sulke
> strooi op my rekenaar aan nie.
> En as jy nou nie wil weggaan nie, is dit nou maar jou saak.
> Ek is klaar gespeel vir die dag.
> O - terloops - as jy 'n verskoning van MY wil hê, stel ek voor jy
> begin eers op jou eie voorstoep skoonve� met al die beskuldigings wat
> jy al oor die jare na my kant geslinger het. En al daardie
> beskuldigings van jou is verewig in die Usenet argiewe, hoor? Mense
> kan selfs jaaaare nadat jy nie eens meer hier deelneem nie, nogsteeds
> gaan kyk wat jy alles gesê het teenoor my en ander deelnemers hier wat
> oor die jare heen hier deelgeneem het, maar weg is.
>
> Nou ja - gaan in vrede Gloudina. Hoop jy het 'n lekker naweek.
>
Re: DD kom terug [boodskap #67107 is 'n antwoord op boodskap #67086] Sa, 05 Oktober 2002 20:52 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Wouter Plaasvark  is tans af-lyn  Wouter Plaasvark
Boodskappe: 1004
Geregistreer: Mei 2006
Karma: 0
Senior Lid
> Maar die plaasvark verdryf niemand nie, DD het self
verdwyn, dit was sy eie keuse.

Larrikin
Jy's reg wanneer jy sê dat dit Dave se eie keuse was. Maar
soms raak mens net gatvol van voortdurende snydende aanmerkings
and ongevraagde aanvalle, net omdat iemand dinge op 'n ander
manier as jy doen. En of jy die nou wil aanvaar of nie, jy was die
beweegrede agter sy besluit.

Wouter
As Dave glo dit was sy beweegrede, dan aanvaar ek dit. Oor
of ek hom verjaag het, moet ons maar verskil. Ook oor of ek
skuldig was aan "voortdurende snydende aanmerkings en
ongevraagde aanvalle" na sy kant toe. Maar jy kan my geheue
verfris as jy so voel.

> Die plaasvark sal hom terugverwelkom, dis nou natuurlik as
> hy homself identifiseer, hoe sal ek anders seker wees dis hy?
> En natuurlik nie weer as 'n ander bekende probeer poseer nie.

Larrikin
.. En dan het jy nog die vermetelheid om voorwaardes vir sy
terugkeer te stel?

Wouter
Ekskuus, maar waar het ek voorwaardes vir sy terugkeer gestel?
Ek is in geen posisie om dit te doen nie. Wat ek gesê en bedoel
het is dat ek bly sal wees as hy terugkom, want ek geniet oor die
algemeen sy bydraes, en ek is doodernstig as ek dit sê. En dat
ek hom sal verwelkom as hy onder sy eie of 'n bekend variant
daarvan skryf.

Hy het juis gister 'n skerp opmerking hier gemaak, maar omdat
dit onder 'n nuwe naam was, het ek nie gedink dat daar enige sin
in was om hom te verwelkom as hy homself nie identifiseer nie.

Ek het wel destyds 'n groot probleem gehad toe Dave as
Wouter Plaasvark geposeer het en dinge hier geplaas het
asof ek dit sê. Hopelik sal dit nie weer gebeur nie.
Feit is dat hy my destyds effektief hier verjaag het, ek
het geen ander keuse gehad as om toe te kyk hoe hier
arrogante dinge geplaas word asof ek dit geskryf het nie.

Jy is hier die vermetel een, Larrikin. Jy lê woorde in my mond
op 'n erg arrogante en vermetele manier.

Larrikin
En ek sien na jy Oom Gert, ons opreggeteelde Dutchman so
aangeval het, en hom probeer spel het, is hy nou ook doodstil

Wouter
Gert Dutchman Telkomhater het nog telkens sy boodskappe in
sarsies geplaas en tussenin vir 'n tydjie "verdwyn". Net hy sal
weet of en hoe lank hy doodstil is. Maar as ek 'n aandeel in
sy stilte het glo ek eerder dis oor die manier waarop ek sy
leuens oor die totale wanbestuur in Afrikalande en
belastingkoerse uitgewys het. Ek was nie die eerste en ook
nie die enigste wat spelfoute uitgewys het nie. Ek het ook
eerder die effek van slordige spelling by hom probeer tuisbring.

Larrikin
Ons het verskeidenheid nodig, mense met verskillende opinies
en mense wat nie almal dieselfde dink of optree nie.

Wouter
Ek glo ons het dit by uitstek. Nie jy of ek kan dit verander nie.

Larrikin
Moenie jou idees op ander lesers probeer afdwing nie -
dit maak hulle gatvol en laat hulle stilweg verdwyn.

Wouter
Ek hoor wat jy sê en ek sal dit ter harte neem. Maar ek
wonder of my sonde nie eerder is dat ek al verskeie
liegstories hier taamlik brutaal ontbloot het nie? Ek
beplan nie om daarmee op te hou nie. Behalwe as
ek dalk self gatvol word en verdwyn.
Netiket [boodskap #67108 is 'n antwoord op boodskap #67094] Sa, 05 Oktober 2002 21:01 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Wouter Plaasvark  is tans af-lyn  Wouter Plaasvark
Boodskappe: 1004
Geregistreer: Mei 2006
Karma: 0
Senior Lid
Gloudina
Ek ek verskil van Katryn dat mens verskille
"met daardie persoon self opneem in privaat epos."
Dit, in my eie oë, is onvergeeflik.

Wouter
Wat Katryn sê is die algemeen aanvaarde etiket, Gloudina.
Op poslyste en nuusgroepe. Ek sal later Google se stylgids
gaan soek en hier plaas, ek vermoed hulle sê iets daaroor.

Die klomp ongeldige e-pos adresse maak dit wel dikwels
moeilik om direk te skryf, maar dis beslis nie 'n sonde nie.
Re: DD kom terug [boodskap #67109 is 'n antwoord op boodskap #67094] Sa, 05 Oktober 2002 21:05 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Daun Johnson  is tans af-lyn  Daun Johnson
Boodskappe: 1155
Geregistreer: Januarie 2009
Karma: 0
Senior Lid
On Sat, 05 Oct 2002 15:44:44 GMT, "@rogers.com" wrote:

> Katryn wrote:
>
>> Larrikin wrote:
> Moenie jou idees op ander lesers probeer afdwing nie -
>>> dit maak hulle gatvol en laat hulle stilweg verdwyn.

>
> Ek dink nie Wouter Plaasvark het nodig dat ek
> vir hom sy gevegte veg nie. Maar in hierdie
> geval wil ek net uitwys dat "Davie Davis" ( of
> een van sy ander gedaantes op die nuusgroep) gepos
> het asof hy Wouter Plaasvark was.
> Bla Bla Bla Bla Bla Bla
> Bla Bla Bla Bla Bla Bla
>
>
>
> Gloudina

Eerstens baie dankie aan my vriende wat my
vanaand terug het hier en selfs verder gaan
en my verdedig.
Betreffende die beskuldiging hierbo, het ek
dit nie eens nodig gevind om dit uit te spel nie
toe ek met julle vrot water gegooi is..
Eerstens het ek die plaasvark adres met 'n
opsetlike spelfout gedoen waarop Gloudina
my gewys het. Tweedens was die trant van
die brief van so 'n aard (Davie Davis popey
gemaak daarin ondermeer) dat ek dit van enig een
met selfs net 'n bietjie logika verwag het om te sien
dat dit deur myself en nie Wouter geskryf is. Die
verstandelike vermoëns wat nodig was daarvoor
het nie opgeduik nie en ek het dit in my eie aard om,
wanneer ek onskuldig aangeval word, myself nie
spesifiek te verdedig nie maar in eie aanval terug te
skiet.

Presies presies dieselfde insident het gebeur toe
iemand jou, Gloudina, 'n loesing gegee het omdat
jy graag name aan briewe koppel en besluit wie
eintlik die skrywer is. (Ek kan nie presies onthou
wat gebeur het nie, en ek is nie lus vir Google nie,
((beskou dit nie werklik as belangrik genoeg nie))
maar die motivering was iets van die aard) Dit
het my laat onthou hoe lank jy my 'n Johan Potgieter
of so iets genoem het, en dit was presies presies
die regte oomblik vir Johan Potgieter om besoek af
te lê. Weer was dit op 'n komiese manier gedoen en
op 'n manier wat enigeen met common sense kon sien
dat dit van my af is. Dit was gedoen om jou te herinner
aan die tyd wat jy my in Minnesota laat woon het.
Menige van my briewe was tong in die kies geskryf maar
het dit nooit as belangrik geag om 'n aanhef soos in
'Grappie' te maak nie.

Die gevolge daarvan was weer 'n herhaling van die vorige
Aanvalle wat my laat terug skiet het. Elke keer wat ek 'n ander
naam gebruik het, het ek dit vir enige iemand met ietwat
usenet kennis oopgelaat dat dit ek is wat minnehaha speel
of so iets.

Miskien is ek skuldig daaraan dat ek sommige dinge as
vanselfsprekend aanvaar het - soos dat julle moes sien
wat met opset nie diep bedek is nie.

Ek is nie lus om te verduidelik nie maar het dit vanaand as
nodig beskou in die lig daarvan dat hier wonderlike mense
is op hierdie groep. Met die wete dat ek vriende het hier.

Hoe lank het jy die groep probeer oortuig dat Danielle nie
'n vrou is nie, Gloudina? Hoeveel aanvalle het jy geloods
na Bobby&Me? Gaan kyk 'n slag in die spieël en kom
daarvandaan terug en val my weer aan oor onbenullighede.

En dit is so dat dit eintlik Wouter Plaasvark is wat my dik
gemaak het vir die groep. Waarom? Omdat 'n nuusgroep
die mense is wat dit gebruik. Dit is nie die privaat domain
van iemand met 'n ego die grootte van New York nie, of
is dit Johannesburg, wat die grootste stad is in Afrika?
Die vrae en antwoorde word nie verskaf deur FAQ skrywers
of USenet etiket nie nie maar deur die lede en hul begeertes.

Dave Du Plessis
Re: USenet etiket [boodskap #67110 is 'n antwoord op boodskap #67106] Sa, 05 Oktober 2002 21:13 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Daun Johnson  is tans af-lyn  Daun Johnson
Boodskappe: 1155
Geregistreer: Januarie 2009
Karma: 0
Senior Lid
On Sat, 5 Oct 2002 22:37:34 +0200, "Annette" wrote:

> Wat van 'n lekker doppie om die gesellige Saterdagaand mee af te rond?:))
> Annette
>

Miskien nie so gesellig nie Annette, maar 'n aand waar opgekropte
dinge oorgeborrel het. Ekself was meer kras as wat ek wou wees
maar gaan nie 'n slapelose nag daaroor hê nie. Ek beoog ook nie
om aan te gaan met die klipgooiery nie. so lekker slaap aan elkeen:-)

DD
Re: Netiket [boodskap #67111 is 'n antwoord op boodskap #67108] Sa, 05 Oktober 2002 21:20 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Anoniem
Oorspronklik gepos deur: @rogers.com

Wouter Plaasvark wrote:

> Wat Katryn sê is die algemeen aanvaarde etiket, Gloudina.
> Op poslyste en nuusgroepe. Ek sal later Google se stylgids
> gaan soek en hier plaas, ek vermoed hulle sê iets daaroor.
>
> Die klomp ongeldige e-pos adresse maak dit wel dikwels
> moeilik om direk te skryf, maar dis beslis nie 'n sonde nie.

Wel, as elke persoon wat nou 'n kubergrief
ontwikkel op hierdie nuusgroep nou begin
private eposse stuur om die vete voort te
sit, dan sal dit darem 'n gemors wees. 'n
Nuusgroep se dinamiek is sodanig dat dit
'n baie waaghalsiger en treitender en
avontuurlike scenario kan skep, een wat glad
nie in mense se private lewe behoort in te
dring nie. En ek glo dat die oorgrote meerder-
heid van die mense wat op nuusgroepe speel,
met my sal saamstem. As ek elke keer wanneer
jy vir my "jou gat my skat" gesê het, nou in
jou ingevaar het met 'n epos, dan sal beide
ek en jy nie meer op hierdie nuusgroep gewees
het nie.
Om op 'n nuusgroep te speel, het niks met
die werklike lewe te doen nie. Mense wat dit deel
van hulle emosionele lewe maak, het hulp nodig.

Gloudina
Re: DD kom terug [boodskap #67112 is 'n antwoord op boodskap #67109] Sa, 05 Oktober 2002 21:28 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Wouter Plaasvark  is tans af-lyn  Wouter Plaasvark
Boodskappe: 1004
Geregistreer: Mei 2006
Karma: 0
Senior Lid
Dave
Eerstens baie dankie aan my vriende wat my vanaand
terug het hier en selfs verder gaan en my verdedig.

Wouter
Welkom terug Dave. Ek is bly jy is terug.

Dave
Betreffende die beskuldiging hierbo, het ek
dit nie eens nodig gevind om dit uit te spel nie
toe ek met julle vrot water gegooi is..
Eerstens het ek die plaasvark adres met 'n
opsetlike spelfout gedoen...Tweedens was die trant van
die brief van so 'n aard ....dat ek dit van enig een
met selfs net 'n bietjie logika verwag het om te sien
dat dit deur myself en nie Wouter geskryf is

Wouter
Ek het nie 'n behoefte om hierdie weer oop te krap nie,
wat my betref is dit 'n ongelukkige voorval wat verby is.
Maar ek (en ander) het dit anders ervaar, baie mense
lees vinnig en soek nie rede om te wantrou wat geskryf
staan nie. En nuuslesers soos Outlook Express wys nie
e-pos adresse behalwe as jy spesifiek daarop klik nie,
'n spelfout daarin sal dus net deur iemand wat daarvoor
soek opgetel word. As jy sal aanvaar dat dit genuine
vir my 'n helse probleem geskep het, hoef ons nooit
weer daarna te verwys nie, dis dan verby.

Dave
En dit is so dat dit eintlik Wouter Plaasvark is wat my dik
gemaak het vir die groep. Waarom? Omdat 'n nuusgroep
die mense is wat dit gebruik. Dit is nie die privaat domain
van iemand met 'n ego die grootte van New York nie, of
is dit Johannesburg, wat die grootste stad is in Afrika?
Die vrae en antwoorde word nie verskaf deur FAQ skrywers
of USenet etiket nie nie maar deur die lede en hul begeertes.

Wouter
Ek aanvaar dat jy nie van my styl gehou het nie en
klaarblyklik steeds nie daarvan hou nie. Die destydse
voorval het waarskynlik my houding teenoor jou beïnvloed
en dit sal nie meer so wees nie. Of dit iets gaan verander,
sal jy maar self moet oordeel. Ek het nie 'n probleem met
jou nie.

Ek verstaan egter nie jou laaste sin nie, bedoel jy dat
netiket geen rol te speel het nie?
Re: USenet etiket [boodskap #67113 is 'n antwoord op boodskap #67105] Sa, 05 Oktober 2002 21:37 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Anoniem
Oorspronklik gepos deur: @rogers.com

Katryn wrote:

> Ek het jou brief as vieslik ervaar!
> Jy moet maar self jou brief hier plaas

Daar is 'n verskil tussen iets as "vieslik"
ervaar en sê dat 'n brief vieslik is.
Vieslik beteken dat iets vuil en buite die
perke van goeie smaak is. Ek het 'n kort
epos, net 'n paar reëls, geskryf: jou gevra
om nie eposse aan my te stuur nie en dat ek
dink dat private eposse aan mense van wie jy
nie hou nie, etiket breek.Gewone alledaagse
etiket. My brief was skaars drie reëls lank.
Jy probeer my swartsmeer deur te maak asof
dit 'n onsmaaklike tirade was. Ek dink jy is
my 'n verskoning verskuldig.
Ek wens jy wil weer jou eie skrywes in die
argiewe gaan nalees. Of anders net lees wat jy
in die laaste weke geskryf het, uit die bloute,
net omdat jy nie gehou het van die manier waarop
ek met "Chrisjolette" speel nie. Jy is geneig om
jou neus in te steek waar dit niks met jou te doen
het nie. Ek stel voor dat jy my op jou kill file
sit. Ek is nie op hierdie nuusgroep vir jou
vermaak nie. Ek vermaak myself.

Gloudina
Re: USenet etiket [boodskap #67114 is 'n antwoord op boodskap #67110] Sa, 05 Oktober 2002 21:39 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Wouter Plaasvark  is tans af-lyn  Wouter Plaasvark
Boodskappe: 1004
Geregistreer: Mei 2006
Karma: 0
Senior Lid
> Wat van 'n lekker doppie om die gesellige Saterdagaand mee af te rond?:))
> Annette

Dave
Miskien nie so gesellig nie Annette, maar 'n aand waar opgekropte
dinge oorgeborrel het. Ekself was meer kras as wat ek wou wees
maar gaan nie 'n slapelose nag daaroor hê nie. Ek beoog ook nie
om aan te gaan met die klipgooiery nie. so lekker slaap aan elkeen:-)

Wouter
My gevoel ook Dave, slaap rustig.
Ek het jou brief gelees soos jy hom hier verduidelik. En ek
verkies die direkte aanslag, dit verwyder frustrasies.
En weereens welkom terug.
Re: DD kom terug [boodskap #67115 is 'n antwoord op boodskap #67109] Sa, 05 Oktober 2002 21:50 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Anoniem
Oorspronklik gepos deur: @rogers.com

Dave wrote:

> Menige van my briewe was tong in die kies geskryf
> Miskien is ek skuldig daaraan dat ek sommige dinge as
> vanselfsprekend aanvaar het - soos dat julle moes sien
> wat met opset nie diep bedek is nie.

A, nou is my beker vol. Jy is terug!
( Al was jy nooit weg nie.)
Maak nou net my beker vol en vertel vir
almal dat jy Chrisjolette is. (Weet jy,
Dave, ek het nou die grootste respek vir
jou. Veral die stuk oor die Buddhisme.
Hoe het jy dit reggekry?

Van een wat onder net soveel skuilname
soos jy skryf, en wie se naam net so
gereeld beswadder word soos joune,
Jou eie Hessie van Helsdingen.
Re: DD kom terug [boodskap #67116 is 'n antwoord op boodskap #67109] Sa, 05 Oktober 2002 21:55 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Anoniem
Oorspronklik gepos deur: @rogers.com

Dave wrote:

> Die vrae en antwoorde word nie verskaf deur FAQ skrywers
> of USenet etiket nie nie maar deur die lede en hul begeertes.

Presies. Jy slaan die spyker op die kop.
En dis daarom dat jy een van die kleur-
rykste lede van die hierdie nuusgroep is,
wat nou weer drama en komedie verskaf.
En lank na al die kruidjie-roer-my-nietjies
al hulle goed gevat en geloop het, sal ons
nog op die nuusgroep speel.

Hessie van Soekmekaar.
Re: DD kom terug [boodskap #67117 is 'n antwoord op boodskap #67112] Sa, 05 Oktober 2002 22:11 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Daun Johnson  is tans af-lyn  Daun Johnson
Boodskappe: 1155
Geregistreer: Januarie 2009
Karma: 0
Senior Lid
On Sat, 5 Oct 2002 23:28:44 +0200, "Wouter Plaasvark"
wrote:

>
> Wouter
> Welkom terug Dave. Ek is bly jy is terug.

> Wouter
> Ek aanvaar dat jy nie van my styl gehou het nie en
> klaarblyklik steeds nie daarvan hou nie. Die destydse
> voorval het waarskynlik my houding teenoor jou beïnvloed
> en dit sal nie meer so wees nie. Of dit iets gaan verander,
> sal jy maar self moet oordeel. Ek het nie 'n probleem met
> jou nie.
>

Dankie vir jou verwelkoming Wouter. Dit gaan my laat bly:-)
En dankie vir wat jy verder sê. Aanvaar jy maar dat toe ek dit
gedoen het, ek ook verkeerdelik aanvaar het dat almal sal
sien presies wat gebeur het en weet dat ek dit as 'n grap bedoel
het. Indien dit vir jou 'n verleentheid was, is ek jammer daaroor.

> Die vrae en antwoorde word nie verskaf deur FAQ skrywers
> of USenet etiket nie nie maar deur die lede en hul begeertes.
>

> Ek verstaan egter nie jou laaste sin nie, bedoel jy dat
> netiket geen rol te speel het nie?
>
Wat ek hierby bedoel is dat ons nie noodwendig 'n groen
dak se geute moet geel verf omdat die algemene norm dit
as saamsmeltende kleure beskou nie. Indien ALMAL in die
huis saamstem dat ons die geute en mure kan pers maak,
mag ons dit doen.

'Om op 'n nuusgroep te speel, het niks met
die werklike lewe te doen nie. Mense wat dit deel
van hulle emosionele lewe maak, het hulp nodig.'
Hierdie woorde van Tant Hester is ten minste 'n tweede lees
werd. Miskien het sy my in gedagte gehad toe sy so
heel Gloufucias geraak het.

Dave
Re: DD kom terug [boodskap #67118 is 'n antwoord op boodskap #67115] Sa, 05 Oktober 2002 22:21 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Daun Johnson  is tans af-lyn  Daun Johnson
Boodskappe: 1155
Geregistreer: Januarie 2009
Karma: 0
Senior Lid
On Sat, 05 Oct 2002 21:50:49 GMT, "@rogers.com" wrote:

>
> Dave wrote:

> stuk oor die Buddhisme.
> Hoe het jy dit reggekry?
>

Bietjie geplagieer Tant Hes.
En hoe het jy geweet dat ek nie
'n vrou is nie:-)

Dave
Re: Netiket [boodskap #67119 is 'n antwoord op boodskap #67111] Sa, 05 Oktober 2002 22:30 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Wouter Plaasvark  is tans af-lyn  Wouter Plaasvark
Boodskappe: 1004
Geregistreer: Mei 2006
Karma: 0
Senior Lid
Wouter
> Wat Katryn sê is die algemeen aanvaarde etiket, Gloudina.
> Op poslyste en nuusgroepe. Ek sal later Google se stylgids
> gaan soek en hier plaas, ek vermoed hulle sê iets daaroor.

Gloudina
Wel, as elke persoon wat nou 'n kubergrief
ontwikkel op hierdie nuusgroep nou begin
private eposse stuur om die vete voort te
sit, dan sal dit darem 'n gemors wees.

Wouter
Eerder die teenoorgestelde. Dieselfde hoeveelheid
(of minder) pos, en minder mense wat dit lees.
Die keuse is tussen 'n privaat brief en een op die ng.
Jy kan in albei gevalle kies om te swyg, daar is niks
wat sê jy *moet* privaat skryf nie.

Gloudina
As ek elke keer wanneer jy vir my "jou gat my
skat" gesê het, nou in jou ingevaar het met 'n epos,
dan sal beide ek en jy nie meer op hierdie
nuusgroep gewees het nie.

Wouter
Dit sou geen verskil aan my deelname hier gemaak het nie.
En jy sou dit waarskynlik onproduktief gevind het om elke
keer in my in te "gevaar" het, jy sou telkens net nog een
van daardie frases teruggekry het. :-)

Gloudina
Om op 'n nuusgroep te speel, het niks met
die werklike lewe te doen nie. Mense wat dit deel
van hulle emosionele lewe maak, het hulp nodig.

Wouter
Ek dink elkeen aanvaar eerder die ng op sy eie manier.
'n Privaat korrespondensie het sy plek, op sy tyd.
Elkeen gebruik dit ook op sy eie manier.

Maar my enigste punt is eintlik dat daar geen manier
is waarop dit verkeerd of "onvergeeflik" is nie. Google
verwys ook twee keer daarna in hulle stylgids.
Re: DD kom terug [boodskap #67121 is 'n antwoord op boodskap #67117] Sa, 05 Oktober 2002 23:18 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Wouter Plaasvark  is tans af-lyn  Wouter Plaasvark
Boodskappe: 1004
Geregistreer: Mei 2006
Karma: 0
Senior Lid
Dave
Dankie vir jou verwelkoming Wouter. Dit gaan my laat bly:-)
En dankie vir wat jy verder sê. Aanvaar jy maar dat toe ek dit
gedoen het, ek ook verkeerdelik aanvaar het dat almal sal
sien presies wat gebeur het en weet dat ek dit as 'n grap bedoel
het. Indien dit vir jou 'n verleentheid was, is ek jammer daaroor.

Wouter
Ek aanvaar wat jy vra. En die verskoning natuurlik ook.

Ook dat jy die rede is hoekom ek destyds weg was,
dat ek die rede is hoekom jy toe weg was en dat ek
nou ook die rede is dat jy gaan bly :-)

> Ek verstaan egter nie jou laaste sin nie, bedoel jy dat
> netiket geen rol te speel het nie?

Dave
Wat ek hierby bedoel is dat ons nie noodwendig 'n groen
dak se geute moet geel verf omdat die algemene norm dit
as saamsmeltende kleure beskou nie. Indien ALMAL in die
huis saamstem dat ons die geute en mure kan pers maak,
mag ons dit doen.

Wouter
Ja, daarmee sal almal seker saamstem. Google se Posting
Style Guide kan dus net 'n gids wees, nooit 'n voorskrif nie.
Ons besluit self of en watter voorskrifte daar moet wees.
Met die klem op almal of dan algemeen aanvaar.
Re: DD kom terug [boodskap #67122 is 'n antwoord op boodskap #67109] Sa, 05 Oktober 2002 23:58 Na vorige boodskapna volgende boodskap
bobby's girl  is tans af-lyn  bobby's girl
Boodskappe: 139
Geregistreer: Desember 2002
Karma: 0
Senior Lid
"Dave" skryf in boodskap news:dmhupuo2o5lpee5gn32kvak9etr0b7nhio@4ax.com...
> Eerstens baie dankie aan my vriende wat my
> vanaand terug het hier en selfs verder gaan
> en my verdedig.

Welkom terug, Didi! En alhoewel ek nie een van dié was wat jou verdedig het
nie, was ek nog altyd mos een van jou vriende... En ek is sommer baie bly
dat jy ook terug is. Ek stem met Larrikin saam dat ons die verskeidenheid
nodig het, selfs dié wat vals sing!
Re: DD kom terug [boodskap #67123 is 'n antwoord op boodskap #67117] So, 06 Oktober 2002 01:41 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Anoniem
Oorspronklik gepos deur: @rogers.com

Dave wrote:

> 'Om op 'n nuusgroep te speel, het niks met
> die werklike lewe te doen nie. Mense wat dit deel
> van hulle emosionele lewe maak, het hulp nodig.'
> Hierdie woorde van Tant Hester is ten minste 'n tweede lees
> werd. Miskien het sy my in gedagte gehad toe sy so
> heel Gloufucias geraak het.

Nee! Ek het juis nie vir jou in gedagte
gehad nie. Jy het ten minste die speel-
element van die nuusgroep vroeg al ontdek,
selfs al het die speel soms die vorm aange-
neem van skerp politieke aanvalle of die
uitspreek van reaksionere menings.

Tant Hessie van Lekkersing
Re: USenet etiket [boodskap #67126 is 'n antwoord op boodskap #67110] So, 06 Oktober 2002 04:44 Na vorige boodskapNa vorige boodskap
Annette  is tans af-lyn  Annette
Boodskappe: 11114
Geregistreer: Augustus 2003
Karma: 1
Senior Lid
Is dit nou nie wonnerlik hoe dinge uitwerk nie?
Ek het natuurlik nie nog jou opborrelende skrywe gesien toe ek my tong in
die gesellige opmerking gemaak het nie.
Maar dit makie sakie.
Tjorts elkgeval van hierdie kant af.
Hik!
Annette

"Dave" skryf in boodskap news:07lupugibvc9jhlegvhcvf5ig0ttemcad6@4ax.com...
> On Sat, 5 Oct 2002 22:37:34 +0200, "Annette"
> wrote:
>
>> Wat van 'n lekker doppie om die gesellige Saterdagaand mee af te rond?:))
>> Annette
>>
>
> Miskien nie so gesellig nie Annette, maar 'n aand waar opgekropte
> dinge oorgeborrel het. Ekself was meer kras as wat ek wou wees
> maar gaan nie 'n slapelose nag daaroor hê nie. Ek beoog ook nie
> om aan te gaan met die klipgooiery nie. so lekker slaap aan elkeen:-)
>
> DD
>
Vorige onderwerp: Motorspeelgoed
Volgende onderwerp: Produktiwiteitsweek
Gaan na forum:
  
[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Ma Mei 13 18:45:46 MGT 2024