Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Algemeen » Koeitjies & kalfies » Koste van 'n Staking
Koste van 'n Staking [boodskap #66928] Di, 01 Oktober 2002 11:35 na volgende boodskap
Annette  is tans af-lyn  Annette
Boodskappe: 11114
Geregistreer: Augustus 2003
Karma: 1
Senior Lid
In werklikheid kan die onkoste/verlies aan inkomste wat 'n staking
veroorsaak nooit werklik verhaal word nie.
Wat opmerklik is, is waar sommige fabrieke moes sluit vandag agv die
staking, VW SA glad nie 'n probleem het nie - net omdat die werkers daar nou
weet waar hulle staan as hulle staak - hulle het nie meer werk nie.
Die "rede" vir vandag se staking is glo om beswaar te maak teen die
privatisering van staatsinstansies.
Wat 'n baal strooi.
Miskien moet aan die stakendes deurgegee word presies wat die verskuilde
agendas is, en hoe, presies, die stakendes uiteindelik finansieel gaan baat.
Weereens maar net uitbuiting van die uitbuitbares tot verryking van 'n paar.
Annette
Re: Koste van 'n Staking [boodskap #66933 is 'n antwoord op boodskap #66928] Di, 01 Oktober 2002 16:07 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Wouter Plaasvark  is tans af-lyn  Wouter Plaasvark
Boodskappe: 1004
Geregistreer: Mei 2006
Karma: 0
Senior Lid
Annette
Miskien moet aan die stakendes deurgegee word presies wat
die verskuilde agendas is, en hoe, presies, die stakendes
uiteindelik finansieel gaan baat.

Wouter
Wat reken jy is daardie agendas, Annette?
Volgens Cosatu staak hulle teen privatisering omdat dit
groter werkloosheid gaan veroorsaak, iets waarmee ek
nie oor die langer termyn saamstem nie. Maar op die
kort termyn het hulle 'n punt, die voordeel vir die
stakendes is dus ongelukkig taamlik duidelik.

Annette
Weereens maar net uitbuiting van die uitbuitbares tot
verryking van 'n paar.

Wouter
Dit vind ek 'n baie vreemde stelling. Wie dink jy sal deur die
staking verryk kan word, Annette? Ek sien net verloorders.
Re: Koste van 'n Staking [boodskap #66934 is 'n antwoord op boodskap #66933] Di, 01 Oktober 2002 16:23 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Annette  is tans af-lyn  Annette
Boodskappe: 11114
Geregistreer: Augustus 2003
Karma: 1
Senior Lid
Presies Wouter - die stakendes is almal verloorders - dis nou op die kort en
die lang termyn - baie van hulle kan nie bekostig om die loon prys te gee
terwyl hul staak nie, en ek neem aan 'n paar van hulle sal mettertyd ook hul
werk verloor.
Sal een van die Cosatu manne wat die staking aanwakker hul pos verloor? Sal
een van die aanstigters 'n sent van hul salaris verloor? Ek twyfel.
Ons weet almal dat die privatisringstorie en Cosatu al van lankal af kom -
hoekom die staking nou?
Ek sal bietjie terug moet gaan kyk, maar ek dink daar is al voorheen 'n
staking daaroor gehou.
Sou privatisering al op groot skaal plaasgevind het as die staking nie gehou
was nie?
Glo nie.
Al wat ek weet is dat ons nie nou stakings nodig het nie.
Ons het mense nodig wat kan produseer en hul daaglikse arbeid met 'n gepaste
loon verdien.
Dan praat ons nie eers van firmas wat heelwaarskynlik agv die staking hul
deure permanent sal moet toemaak nie.
Die wêreld daar buite is wreed - as iemand onderneem het om 'n sekere aantal
eenhede op 'n sekere dag te lewer, dan skeel dit die koper min of die
leweransier met 'n staking moes worstel wat niks met sy onderneming te doen
het nie. Die bestelling kan gekanselleer word, en klein ondernemings het net
een so 'n kansellasie nodig om insolvent te gaan.

Annette

"Wouter Plaasvark" skryf in boodskap news:3d99c7d0.0@news1.mweb.co.za...
> Annette
> Miskien moet aan die stakendes deurgegee word presies wat
> die verskuilde agendas is, en hoe, presies, die stakendes
> uiteindelik finansieel gaan baat.
>
> Wouter
> Wat reken jy is daardie agendas, Annette?
> Volgens Cosatu staak hulle teen privatisering omdat dit
> groter werkloosheid gaan veroorsaak, iets waarmee ek
> nie oor die langer termyn saamstem nie. Maar op die
> kort termyn het hulle 'n punt, die voordeel vir die
> stakendes is dus ongelukkig taamlik duidelik.
>
> Annette
> Weereens maar net uitbuiting van die uitbuitbares tot
> verryking van 'n paar.
>
> Wouter
> Dit vind ek 'n baie vreemde stelling. Wie dink jy sal deur die
> staking verryk kan word, Annette? Ek sien net verloorders.
>
Re: Koste van 'n Staking [boodskap #66937 is 'n antwoord op boodskap #66934] Di, 01 Oktober 2002 18:22 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Kobus Pietersen  is tans af-lyn  Kobus Pietersen
Boodskappe: 358
Geregistreer: April 1998
Karma: 0
Senior Lid
Annette skryf in boodskap news:ancij8$d7uvn$1@ID-92016.news.dfncis.de...
> Ons weet almal dat die privatisringstorie en Cosatu al van lankal af kom -
> hoekom die staking nou?

Dis eenvoudig 'n magsvertoning voor die alliansiekongres later vanjaar.
Cosato is op hul knieë.
Die alliansie staan op die punt om te split voor die volgende verkiesing.
Die NNP gaan 'n junior vennoot in 'n daaropvolgende koalisieregering word
saam met die ANC duiwe.
Die PAC gaan die res trek.

Die meeste wit, kleurling en Indiërs sal dan NNP stem om die (volgende)
alliansie opposisie te neutraliseer.
Die arme engelse partye gaan alweer soos altyd regs van die NNP land!

Dan volg ware demokrasie waar minderheidsgroepe buitengewone mag sal hê.
Die probleem is egter dat die koalisie hul hande vol gaan hê met die opposisie
wat uit desperaatheid die grondeis-kaart gaan speel.
(So oor 6-8 jaar vanaf nou)

Die buiteland sal die koalisie egter openlik kan steun, omdat die nie soos
nou in Zim. daarop sal neerkom dat hulle die wittes ondersteun nie. En SA is
'n baie meer belangrike land vir die weste.

Die gevaar is ook dat die valke die daaropvolgende verkiesing kan wen weens
die getalle oorwig van die dan baie verarmdes wat niks kan verloor nie. Dan
kan die land oorspoel word in ongeveer 2010. Net soos Chrisjolette se
Wes-Afrikaanse vriend gesê het.
Maar Vigs en daai manne kan die prentjie ook heeltemal verander.
Re: Koste van 'n Staking [boodskap #66940 is 'n antwoord op boodskap #66937] Di, 01 Oktober 2002 19:22 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Anoniem
Oorspronklik gepos deur: @rogers.com

Kobus Pietersen wrote:

Dan
> kan die land oorspoel word in ongeveer 2010. Net soos Chrisjolette se
> Wes-Afrikaanse vriend gese het.

Man, kan jy dit nou deur jou kop kry dat
"Chrisjolette" daardie stuk van die "Wes-
Afrikaanse vriend" en die reaksionêre
geploeter wat daarin gestaan het, gesteel
het van iemand anders (heelwaarskynlik uit
Rapport of Die Burger of iets wat nog meer
na regs oorhel) sonder dat hy vir die
persoon krediet gegee het.

Die internetspeurder
Re: Koste van 'n Staking [boodskap #66946 is 'n antwoord op boodskap #66934] Di, 01 Oktober 2002 22:21 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Wouter Plaasvark  is tans af-lyn  Wouter Plaasvark
Boodskappe: 1004
Geregistreer: Mei 2006
Karma: 0
Senior Lid
Wat jy hier onder sê maak alles sin, Annette. Maar jy antwoord
nie eintlik my vraag oor wat jy dink die agendas is nie. En glad
nie my vraag oor wie die paar is wat volgens jou verryk sal word nie.

Oor die agendas sal daar natuurlik verskillende opinies wees,
Kobus het reeds 'n interessante opnie gegee. Maar daar is geen
verryking in 'n staking nie. Dit gaan dalk oor die vakbondleiers
se oorlewing en hulle geloofwaardigheid en relevansie, maar
die vakbond word op verskeie maniere verarm in die proses.

Eerstens volg daar soms werkverliese. En werkloses betaal
nie vakbondgelde nie.

Tweedens kan 'n paar firmas sink of die handdoek ingooi.
Nog meer werkverliese. Nog minder inkomste vir die vakbond.

Derdens betaal die vakbond soms enkele van die werkers wie
se families wat anders nie kan oorleef nie en put so sy (gewoonlik
karige) fondse uit. Geen werker word betaal terwyl hy staak nie.

En laastens sluit werkgewers ook dikwels nie-vakbondlede uit as
hulle 'n spesifieke fabriek of tak sluit tydens die staking. Dis om
kostes te spaar, die nie-werkendes wat graag wil werk word dan
ook nie betaal nie. Hierdie werkers raak dikwels erg moerig vir
die vakbond en probeer agterna om die vakbond te ondermyn.
Potensieel nog minder lede en inkomste.

Dis 'n harde wrede besigheid. Hoe langer die staking, hoe
moeiliker is dit vir almal. 'n Besluit om te staak word nie
ligtelik geneem nie, al die vakbonde is al deur die trauma
van stakings. 'n Onsuksesvolle staking kan die vakbond
se ondergang beteken.

So ek kan niemand sien wat enige kans het om verryk te
word nie, ek reken jy het deur jou nek gepraat toe jy gesê
het dis "weereens maar net uitbuiting van die uitbuitbares
tot verryking van 'n paar"?

Wouter

"Annette" skryf in boodskap news:ancij8$d7uvn$1@ID-92016.news.dfncis.de...
Presies Wouter - die stakendes is almal verloorders - dis nou op die kort en
die lang termyn - baie van hulle kan nie bekostig om die loon prys te gee
terwyl hul staak nie, en ek neem aan 'n paar van hulle sal mettertyd ook hul
werk verloor.
Sal een van die Cosatu manne wat die staking aanwakker hul pos verloor? Sal
een van die aanstigters 'n sent van hul salaris verloor? Ek twyfel.
Ons weet almal dat die privatisringstorie en Cosatu al van lankal af kom -
hoekom die staking nou?
Ek sal bietjie terug moet gaan kyk, maar ek dink daar is al voorheen 'n
staking daaroor gehou.
Sou privatisering al op groot skaal plaasgevind het as die staking nie gehou
was nie?
Glo nie.
Al wat ek weet is dat ons nie nou stakings nodig het nie.
Ons het mense nodig wat kan produseer en hul daaglikse arbeid met 'n gepaste
loon verdien.
Dan praat ons nie eers van firmas wat heelwaarskynlik agv die staking hul
deure permanent sal moet toemaak nie.
Die wêreld daar buite is wreed - as iemand onderneem het om 'n sekere aantal
eenhede op 'n sekere dag te lewer, dan skeel dit die koper min of die
leweransier met 'n staking moes worstel wat niks met sy onderneming te doen
het nie. Die bestelling kan gekanselleer word, en klein ondernemings het net
een so 'n kansellasie nodig om insolvent te gaan.

Annette

"Wouter Plaasvark" skryf in boodskap news:3d99c7d0.0@news1.mweb.co.za...
> Annette
> Miskien moet aan die stakendes deurgegee word presies wat
> die verskuilde agendas is, en hoe, presies, die stakendes
> uiteindelik finansieel gaan baat.
>
> Wouter
> Wat reken jy is daardie agendas, Annette?
> Volgens Cosatu staak hulle teen privatisering omdat dit
> groter werkloosheid gaan veroorsaak, iets waarmee ek
> nie oor die langer termyn saamstem nie. Maar op die
> kort termyn het hulle 'n punt, die voordeel vir die
> stakendes is dus ongelukkig taamlik duidelik.
>
> Annette
> Weereens maar net uitbuiting van die uitbuitbares tot
> verryking van 'n paar.
>
> Wouter
> Dit vind ek 'n baie vreemde stelling. Wie dink jy sal deur die
> staking verryk kan word, Annette? Ek sien net verloorders.
Re: Koste van 'n Staking [boodskap #66965 is 'n antwoord op boodskap #66940] Wo, 02 Oktober 2002 18:07 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Kobus Pietersen  is tans af-lyn  Kobus Pietersen
Boodskappe: 358
Geregistreer: April 1998
Karma: 0
Senior Lid
skryf in boodskap news:3D99F6BA.9050003@rogers.com...

> Man, kan jy dit nou deur jou kop kry dat
> "Chrisjolette" daardie stuk van die "Wes-
> Afrikaanse vriend" en die reaksionêre
> geploeter wat daarin gestaan het, gesteel
> het

Kan jy my die publikasiedatum en bladsy nommer gee?
As dit waar is wat jy se gaan ek haar wragtag aangee, want ek like nie 'n
gestelery nie.

Ek ken 'n skerpioen by die internetpolisie.
Re: Koste van 'n Staking [boodskap #66967 is 'n antwoord op boodskap #66965] Wo, 02 Oktober 2002 19:37 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Anoniem
Oorspronklik gepos deur: @rogers.com

Kobus Pietersen wrote:

> Kan jy my die publikasiedatum en bladsy nommer gee?
> As dit waar is wat jy se gaan ek haar wragtag aangee, want ek like nie 'n
> gestelery nie.

Dit was juis die moeilikheid. Chrisjolette
het geen verwysings gegee nie, en mense op
hierdie nuusgroep het gedink dis Chrisjolette
wat dit self geskryf het. Onthou, "Chrisjolette"
gee voor om bruin te wees, met taamlike verhewe
akademiese kwalifikasies, veral in die atoomkrag-
wetenskappe.
Terloops, ek dink nie "Chrisjolette" is
van die vroulike geslag nie. Miskien is
Chrisjolette 'n ene Dave du Plessis. Of
miskien is dit jy.

Gloudina
Re: Koste van 'n Staking [boodskap #66977 is 'n antwoord op boodskap #66946] Do, 03 Oktober 2002 04:28 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Vusi  is tans af-lyn  Vusi
Boodskappe: 2212
Geregistreer: Februarie 2001
Karma: 0
Senior Lid
Waarom ploeter julle op hierdie onderwerp? Dis dieselfde as die
kriminaliteit en misdaad. Dis deur die ANC/SAKP/COSATU begin - onthou
julle - "we will make this country ungovernable...", en, "revolution before
education".
Wat nou gebeur is dat slim sy baas gevang het ...

"Wouter Plaasvark" skryf in boodskap news:3d9a21da.0@news1.mweb.co.za...
> Wat jy hier onder sê maak alles sin, Annette. Maar jy antwoord
> nie eintlik my vraag oor wat jy dink die agendas is nie. En glad
> nie my vraag oor wie die paar is wat volgens jou verryk sal word nie.
>
> Oor die agendas sal daar natuurlik verskillende opinies wees,
> Kobus het reeds 'n interessante opnie gegee. Maar daar is geen
> verryking in 'n staking nie. Dit gaan dalk oor die vakbondleiers
> se oorlewing en hulle geloofwaardigheid en relevansie, maar
> die vakbond word op verskeie maniere verarm in die proses.
>
> Eerstens volg daar soms werkverliese. En werkloses betaal
> nie vakbondgelde nie.
>
> Tweedens kan 'n paar firmas sink of die handdoek ingooi.
> Nog meer werkverliese. Nog minder inkomste vir die vakbond.
>
> Derdens betaal die vakbond soms enkele van die werkers wie
> se families wat anders nie kan oorleef nie en put so sy (gewoonlik
> karige) fondse uit. Geen werker word betaal terwyl hy staak nie.
>
> En laastens sluit werkgewers ook dikwels nie-vakbondlede uit as
> hulle 'n spesifieke fabriek of tak sluit tydens die staking. Dis om
> kostes te spaar, die nie-werkendes wat graag wil werk word dan
> ook nie betaal nie. Hierdie werkers raak dikwels erg moerig vir
> die vakbond en probeer agterna om die vakbond te ondermyn.
> Potensieel nog minder lede en inkomste.
>
> Dis 'n harde wrede besigheid. Hoe langer die staking, hoe
> moeiliker is dit vir almal. 'n Besluit om te staak word nie
> ligtelik geneem nie, al die vakbonde is al deur die trauma
> van stakings. 'n Onsuksesvolle staking kan die vakbond
> se ondergang beteken.
>
> So ek kan niemand sien wat enige kans het om verryk te
> word nie, ek reken jy het deur jou nek gepraat toe jy gesê
> het dis "weereens maar net uitbuiting van die uitbuitbares
> tot verryking van 'n paar"?
>
> Wouter
>
> "Annette" wrote in message
> news:ancij8$d7uvn$1@ID-92016.news.dfncis.de...
> Presies Wouter - die stakendes is almal verloorders - dis nou op die kort en
> die lang termyn - baie van hulle kan nie bekostig om die loon prys te gee
> terwyl hul staak nie, en ek neem aan 'n paar van hulle sal mettertyd ook hul
> werk verloor.
> Sal een van die Cosatu manne wat die staking aanwakker hul pos verloor? Sal
> een van die aanstigters 'n sent van hul salaris verloor? Ek twyfel.
> Ons weet almal dat die privatisringstorie en Cosatu al van lankal af kom -
> hoekom die staking nou?
> Ek sal bietjie terug moet gaan kyk, maar ek dink daar is al voorheen 'n
> staking daaroor gehou.
> Sou privatisering al op groot skaal plaasgevind het as die staking nie gehou
> was nie?
> Glo nie.
> Al wat ek weet is dat ons nie nou stakings nodig het nie.
> Ons het mense nodig wat kan produseer en hul daaglikse arbeid met 'n gepaste
> loon verdien.
> Dan praat ons nie eers van firmas wat heelwaarskynlik agv die staking hul
> deure permanent sal moet toemaak nie.
> Die wêreld daar buite is wreed - as iemand onderneem het om 'n sekere aantal
> eenhede op 'n sekere dag te lewer, dan skeel dit die koper min of die
> leweransier met 'n staking moes worstel wat niks met sy onderneming te doen
> het nie. Die bestelling kan gekanselleer word, en klein ondernemings het net
> een so 'n kansellasie nodig om insolvent te gaan.
>
> Annette
>
>
> "Wouter Plaasvark" wrote in message
> news:3d99c7d0.0@news1.mweb.co.za...
>> Annette
>> Miskien moet aan die stakendes deurgegee word presies wat
>> die verskuilde agendas is, en hoe, presies, die stakendes
>> uiteindelik finansieel gaan baat.
>>
>> Wouter
>> Wat reken jy is daardie agendas, Annette?
>> Volgens Cosatu staak hulle teen privatisering omdat dit
>> groter werkloosheid gaan veroorsaak, iets waarmee ek
>> nie oor die langer termyn saamstem nie. Maar op die
>> kort termyn het hulle 'n punt, die voordeel vir die
>> stakendes is dus ongelukkig taamlik duidelik.
>>
>> Annette
>> Weereens maar net uitbuiting van die uitbuitbares tot
>> verryking van 'n paar.
>>
>> Wouter
>> Dit vind ek 'n baie vreemde stelling. Wie dink jy sal deur die
>> staking verryk kan word, Annette? Ek sien net verloorders.
>
Re: Koste van 'n Staking [boodskap #66982 is 'n antwoord op boodskap #66967] Do, 03 Oktober 2002 06:24 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Annette  is tans af-lyn  Annette
Boodskappe: 11114
Geregistreer: Augustus 2003
Karma: 1
Senior Lid
Nee Gloudina, dis juis nie die moeilikheid nie. Chrisjolette het iets hier
geplaas, en jy het die aantyging gemaak dat dit nie haar eie werk is nie,
maar uit 'n publikasie geneem is, en haar dus van plagiaat beskuldig het.
Nou word jy gevra om jou beskuldiging te staaf, en jy kan dit nie doen nie.
Jou ander ongegronde bewerings hieronder is ook beskuldigings gebore uit jou
onvrugbare verbeelding.
Annette

skryf in boodskap news:3D9B4BDB.1010002@rogers.com...
>
> Kobus Pietersen wrote:
>
>
>> Kan jy my die publikasiedatum en bladsy nommer gee?
>> As dit waar is wat jy se gaan ek haar wragtag aangee, want ek like nie 'n
>> gestelery nie.
>
>
> Dit was juis die moeilikheid. Chrisjolette
> het geen verwysings gegee nie, en mense op
> hierdie nuusgroep het gedink dis Chrisjolette
> wat dit self geskryf het. Onthou, "Chrisjolette"
> gee voor om bruin te wees, met taamlike verhewe
> akademiese kwalifikasies, veral in die atoomkrag-
> wetenskappe.
> Terloops, ek dink nie "Chrisjolette" is
> van die vroulike geslag nie. Miskien is
> Chrisjolette 'n ene Dave du Plessis. Of
> miskien is dit jy.
>
> Gloudina
>
Re: Koste van 'n Staking [boodskap #66984 is 'n antwoord op boodskap #66977] Do, 03 Oktober 2002 06:40 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Annette  is tans af-lyn  Annette
Boodskappe: 11114
Geregistreer: Augustus 2003
Karma: 1
Senior Lid
Jonas, jy maak nie reg nie. Nou beskuldig jy die ANC saam met COSATU, terwyl
die ANC hierdie staking teenstaan.
Daar is niks verkeerd daarmee as hulle die lig sien en hul vorige vergrype
misken en die regte weg volg nie:)))

Vir Wouter: Ek sien die agendas van die leiers van COSATU as persoonlike ,
en nie t.o.v. 'n saak of tot voordeel van hul ondersteuners nie. Elke leier
in COSATU - of die staking geslaagd is of nie - vorder na 'n pos in die
parlement of 'n senior aanstelling waar ook al.
En dit lei na persoonlike verryking, menende 'n groter inkomste en salaris.
Al wat hulle wil hê is openbare blootstelling.

Ek sien die mense staak nou ook oor hoë voedselpryse. Wonder of daar nog
redes vir die staking gaan bykom soos die tyd vorder.
Ek het werklik nie 'n probleem met stakings as dit 'n grondige
verdienstelike saak is, gerig op die besighede van toepassing en beperk word
tot die areas waarop dit van toepassing is nie, en as dit uiteindelik sal
lei tot voordeel van die stakendes nie.
Maar hierdie huidige staking is 'n bol strooi vir al die bg redes.
Annette

"Jonas" skryf in boodskap news:3d9bc797$0$18849@hades.is.co.za...
> Waarom ploeter julle op hierdie onderwerp? Dis dieselfde as die
> kriminaliteit en misdaad. Dis deur die ANC/SAKP/COSATU begin - onthou
> julle - "we will make this country ungovernable...", en, "revolution before
> education".
> Wat nou gebeur is dat slim sy baas gevang het ...
>
> "Wouter Plaasvark" wrote in message
> news:3d9a21da.0@news1.mweb.co.za...
>> Wat jy hier onder sê maak alles sin, Annette. Maar jy antwoord
>> nie eintlik my vraag oor wat jy dink die agendas is nie. En glad
>> nie my vraag oor wie die paar is wat volgens jou verryk sal word nie.
>>
>> Oor die agendas sal daar natuurlik verskillende opinies wees,
>> Kobus het reeds 'n interessante opnie gegee. Maar daar is geen
>> verryking in 'n staking nie. Dit gaan dalk oor die vakbondleiers
>> se oorlewing en hulle geloofwaardigheid en relevansie, maar
>> die vakbond word op verskeie maniere verarm in die proses.
>>
>> Eerstens volg daar soms werkverliese. En werkloses betaal
>> nie vakbondgelde nie.
>>
>> Tweedens kan 'n paar firmas sink of die handdoek ingooi.
>> Nog meer werkverliese. Nog minder inkomste vir die vakbond.
>>
>> Derdens betaal die vakbond soms enkele van die werkers wie
>> se families wat anders nie kan oorleef nie en put so sy (gewoonlik
>> karige) fondse uit. Geen werker word betaal terwyl hy staak nie.
>>
>> En laastens sluit werkgewers ook dikwels nie-vakbondlede uit as
>> hulle 'n spesifieke fabriek of tak sluit tydens die staking. Dis om
>> kostes te spaar, die nie-werkendes wat graag wil werk word dan
>> ook nie betaal nie. Hierdie werkers raak dikwels erg moerig vir
>> die vakbond en probeer agterna om die vakbond te ondermyn.
>> Potensieel nog minder lede en inkomste.
>>
>> Dis 'n harde wrede besigheid. Hoe langer die staking, hoe
>> moeiliker is dit vir almal. 'n Besluit om te staak word nie
>> ligtelik geneem nie, al die vakbonde is al deur die trauma
>> van stakings. 'n Onsuksesvolle staking kan die vakbond
>> se ondergang beteken.
>>
>> So ek kan niemand sien wat enige kans het om verryk te
>> word nie, ek reken jy het deur jou nek gepraat toe jy gesê
>> het dis "weereens maar net uitbuiting van die uitbuitbares
>> tot verryking van 'n paar"?
>>
>> Wouter
>>
>> "Annette" wrote in message
>> news:ancij8$d7uvn$1@ID-92016.news.dfncis.de...
>> Presies Wouter - die stakendes is almal verloorders - dis nou op die kort en
>> die lang termyn - baie van hulle kan nie bekostig om die loon prys te gee
>> terwyl hul staak nie, en ek neem aan 'n paar van hulle sal mettertyd ook hul
>> werk verloor.
>> Sal een van die Cosatu manne wat die staking aanwakker hul pos verloor? Sal
>> een van die aanstigters 'n sent van hul salaris verloor? Ek twyfel.
>> Ons weet almal dat die privatisringstorie en Cosatu al van lankal af kom -
>> hoekom die staking nou?
>> Ek sal bietjie terug moet gaan kyk, maar ek dink daar is al voorheen 'n
>> staking daaroor gehou.
>> Sou privatisering al op groot skaal plaasgevind het as die staking nie gehou
>> was nie?
>> Glo nie.
>> Al wat ek weet is dat ons nie nou stakings nodig het nie.
>> Ons het mense nodig wat kan produseer en hul daaglikse arbeid met 'n gepaste
>> loon verdien.
>> Dan praat ons nie eers van firmas wat heelwaarskynlik agv die staking hul
>> deure permanent sal moet toemaak nie.
>> Die wêreld daar buite is wreed - as iemand onderneem het om 'n sekere aantal
>> eenhede op 'n sekere dag te lewer, dan skeel dit die koper min of die
>> leweransier met 'n staking moes worstel wat niks met sy onderneming te doen
>> het nie. Die bestelling kan gekanselleer word, en klein ondernemings het net
>> een so 'n kansellasie nodig om insolvent te gaan.
>>
>> Annette
>>
>>
>> "Wouter Plaasvark" wrote in message
>> news:3d99c7d0.0@news1.mweb.co.za...
>>> Annette
>>> Miskien moet aan die stakendes deurgegee word presies wat
>>> die verskuilde agendas is, en hoe, presies, die stakendes
>>> uiteindelik finansieel gaan baat.
>>>
>>> Wouter
>>> Wat reken jy is daardie agendas, Annette?
>>> Volgens Cosatu staak hulle teen privatisering omdat dit
>>> groter werkloosheid gaan veroorsaak, iets waarmee ek
>>> nie oor die langer termyn saamstem nie. Maar op die
>>> kort termyn het hulle 'n punt, die voordeel vir die
>>> stakendes is dus ongelukkig taamlik duidelik.
>>>
>>> Annette
>>> Weereens maar net uitbuiting van die uitbuitbares tot
>>> verryking van 'n paar.
>>>
>>> Wouter
>>> Dit vind ek 'n baie vreemde stelling. Wie dink jy sal deur die
>>> staking verryk kan word, Annette? Ek sien net verloorders.
>>
>
Re: Koste van 'n Staking [boodskap #66988 is 'n antwoord op boodskap #66967] Do, 03 Oktober 2002 07:03 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Kobus Pietersen  is tans af-lyn  Kobus Pietersen
Boodskappe: 358
Geregistreer: April 1998
Karma: 0
Senior Lid
skryf in boodskap news:3D9B4BDB.1010002@rogers.com...
> Kobus Pietersen wrote:
>> Kan jy my die publikasiedatum en bladsy nommer gee?

> Chrisjolette
> het geen verwysings gegee nie, en mense op
> hierdie nuusgroep het gedink dis Chrisjolette
> wat dit self geskryf het.

Sy kan mos nie verwysings gee as sy dit self en net hier geskryf het nie? As
dit erens gepubliseer is kan mens dit mos opspoor? Hoekom ontbloot jy nie
haar so nie? Almal dink nog steeds dis sy self wat dit geskryf het, want
niemand het 'n rede om anders te dink nie. Behalwe jy. Is dit nie bloot deur
jou eie siening/ondervinding van ander rasse dat jy dink 'n anderskleurige
kan nie so mooi welsprekend en rasioneel wees nie? Jy het mos tot dusver
gevoel jy moet namens hulle praat, want hulle kan dit nie self doen nie.
Eintlik stem jy dus in jou hart saam met haar dat hierdie neo-rassegelykheid
'n doodloopstraat is.

> Onthou, "Chrisjolette"
> gee voor om bruin te wees, met taamlike verhewe
> akademiese kwalifikasies, veral in die atoomkrag-
> wetenskappe.

En wat van as jy agterkom dat sy wel bruin is? Sal jy dan jou neerhalende
houding oor ander rasse verander, of sal jy liewer dink "nee wat, een
swaweltjie maak nie 'n somer nie" en voortgaan om namens die res te praat?
Haar akademiese agtergrond het haar juis laat besef dat sy opgehou word in
die lewe deur andere.
Re: Koste van 'n Staking [boodskap #66989 is 'n antwoord op boodskap #66977] Do, 03 Oktober 2002 07:05 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Wouter Plaasvark  is tans af-lyn  Wouter Plaasvark
Boodskappe: 1004
Geregistreer: Mei 2006
Karma: 0
Senior Lid
Hoekom reken jy dis 'n geploeter, Jonas?

Die magstryd tussen die ANC aan die een kant en Cosatu/SAKP
aan die ander kant het die potensiaal om meer effek op ons lewens
te hê as die grote gros van onderwerpe waaraan jy tans deelneem.

Dit is 'n onafwendbare stryd, ek dink persoonlik nie dat die
alliansie nou of selfs binne die volgende jaar of twee gaan
verkrummel nie, maar as dit gebeur sal dit ons politieke situasie
totaal verander, met 'n effek op belasting, ekonomiese groei,
ens., ens. Dis daarom 'n onderwerp wat vir my baie relevant is.
Dis nie vergelykbaar met byvoorbeeld die soort geploeter
waarin Gloudina jou gereeld inlok nie.

Wouter

"Jonas" skryf in boodskap news:3d9bc797$0$18849@hades.is.co.za...
Waarom ploeter julle op hierdie onderwerp? Dis dieselfde as die
kriminaliteit en misdaad. Dis deur die ANC/SAKP/COSATU
begin - onthou julle - "we will make this country
ungovernable..." , en, "revolution before education".
Wat nou gebeur is dat slim sy baas gevang het ...

"Wouter Plaasvark" skryf in boodskap news:3d9a21da.0@news1.mweb.co.za...
> Wat jy hier onder sê maak alles sin, Annette. Maar jy antwoord
> nie eintlik my vraag oor wat jy dink die agendas is nie. En glad
> nie my vraag oor wie die paar is wat volgens jou verryk sal word nie.
>
> Oor die agendas sal daar natuurlik verskillende opinies wees,
> Kobus het reeds 'n interessante opnie gegee. Maar daar is geen
> verryking in 'n staking nie. Dit gaan dalk oor die vakbondleiers
> se oorlewing en hulle geloofwaardigheid en relevansie, maar
> die vakbond word op verskeie maniere verarm in die proses.
>
> Eerstens volg daar soms werkverliese. En werkloses betaal
> nie vakbondgelde nie.
>
> Tweedens kan 'n paar firmas sink of die handdoek ingooi.
> Nog meer werkverliese. Nog minder inkomste vir die vakbond.
>
> Derdens betaal die vakbond soms enkele van die werkers wie
> se families wat anders nie kan oorleef nie en put so sy (gewoonlik
> karige) fondse uit. Geen werker word betaal terwyl hy staak nie.
>
> En laastens sluit werkgewers ook dikwels nie-vakbondlede uit as
> hulle 'n spesifieke fabriek of tak sluit tydens die staking. Dis om
> kostes te spaar, die nie-werkendes wat graag wil werk word dan
> ook nie betaal nie. Hierdie werkers raak dikwels erg moerig vir
> die vakbond en probeer agterna om die vakbond te ondermyn.
> Potensieel nog minder lede en inkomste.
>
> Dis 'n harde wrede besigheid. Hoe langer die staking, hoe
> moeiliker is dit vir almal. 'n Besluit om te staak word nie
> ligtelik geneem nie, al die vakbonde is al deur die trauma
> van stakings. 'n Onsuksesvolle staking kan die vakbond
> se ondergang beteken.
>
> So ek kan niemand sien wat enige kans het om verryk te
> word nie, ek reken jy het deur jou nek gepraat toe jy gesê
> het dis "weereens maar net uitbuiting van die uitbuitbares
> tot verryking van 'n paar"?
>
> Wouter
>
> "Annette" wrote in message
> news:ancij8$d7uvn$1@ID-92016.news.dfncis.de...
> Presies Wouter - die stakendes is almal verloorders - dis nou op die kort en
> die lang termyn - baie van hulle kan nie bekostig om die loon prys te gee
> terwyl hul staak nie, en ek neem aan 'n paar van hulle sal mettertyd ook hul
> werk verloor.
> Sal een van die Cosatu manne wat die staking aanwakker hul pos verloor? Sal
> een van die aanstigters 'n sent van hul salaris verloor? Ek twyfel.
> Ons weet almal dat die privatisringstorie en Cosatu al van lankal af kom -
> hoekom die staking nou?
> Ek sal bietjie terug moet gaan kyk, maar ek dink daar is al voorheen 'n
> staking daaroor gehou.
> Sou privatisering al op groot skaal plaasgevind het as die staking nie gehou
> was nie?
> Glo nie.
> Al wat ek weet is dat ons nie nou stakings nodig het nie.
> Ons het mense nodig wat kan produseer en hul daaglikse arbeid met 'n gepaste
> loon verdien.
> Dan praat ons nie eers van firmas wat heelwaarskynlik agv die staking hul
> deure permanent sal moet toemaak nie.
> Die wêreld daar buite is wreed - as iemand onderneem het om 'n sekere aantal
> eenhede op 'n sekere dag te lewer, dan skeel dit die koper min of die
> leweransier met 'n staking moes worstel wat niks met sy onderneming te doen
> het nie. Die bestelling kan gekanselleer word, en klein ondernemings het net
> een so 'n kansellasie nodig om insolvent te gaan.
>
> Annette
>
>
> "Wouter Plaasvark" wrote in message
> news:3d99c7d0.0@news1.mweb.co.za...
>> Annette
>> Miskien moet aan die stakendes deurgegee word presies wat
>> die verskuilde agendas is, en hoe, presies, die stakendes
>> uiteindelik finansieel gaan baat.
>>
>> Wouter
>> Wat reken jy is daardie agendas, Annette?
>> Volgens Cosatu staak hulle teen privatisering omdat dit
>> groter werkloosheid gaan veroorsaak, iets waarmee ek
>> nie oor die langer termyn saamstem nie. Maar op die
>> kort termyn het hulle 'n punt, die voordeel vir die
>> stakendes is dus ongelukkig taamlik duidelik.
>>
>> Annette
>> Weereens maar net uitbuiting van die uitbuitbares tot
>> verryking van 'n paar.
>>
>> Wouter
>> Dit vind ek 'n baie vreemde stelling. Wie dink jy sal deur die
>> staking verryk kan word, Annette? Ek sien net verloorders.
>
Re: Koste van 'n Staking [boodskap #66993 is 'n antwoord op boodskap #66984] Do, 03 Oktober 2002 07:55 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Wouter Plaasvark  is tans af-lyn  Wouter Plaasvark
Boodskappe: 1004
Geregistreer: Mei 2006
Karma: 0
Senior Lid
Annette
Vir Wouter: Ek sien die agendas van die leiers van COSATU as
persoonlike, en nie t.o.v. 'n saak of tot voordeel van hul ondersteuners
nie. Elke leier in COSATU - of die staking geslaagd is of nie - vorder
na 'n pos in die parlement of 'n senior aanstelling waar ook al. En dit
lei na persoonlike verryking, menende 'n groter inkomste en salaris.
Al wat hulle wil hê is openbare blootstelling.

Wouter
Oukei, nou verstaan ek wat jy bedoel. En ek stem deels saam, 'n
staking gaan altyd ook oor die relevansie van die vakbond (en
Cosatu het 'n probleem) en sy leiers. Maar Cosatu en die SAKP
was vanaf dag 1 konsekwent teen die ANC se markgerigte
ekonomiese beleid gekant, veral teen privatisering en GEAR.

Alhoewel ek met jou saamstem oor die ongewensdheid van 'n
staking om politieke oogmerke te bereik, is daardie reg in die
wet verskans. Al wat ons kan hoop is dat die werkers gou
gatvol word en die staking sink. Dit lyk in elk geval of hulle
tipiese wegblypersentasies van slegs 5% tot 7% behaal. Die
ANC sê dis so 1% tot 2% (in die regerings) en Cosatu praat
van 50% tot 60%, wat duidelike disinformasie is en vir my 'n
goeie aanduiding van Cosatu se benoudheid is.

Waar ek van jou verskil, is dat *elke* leier in Cosatu na ander
senior poste vorder. Dis lank al nie meer so nie, deesdae is dit
net vir die heel bestes beskore, myns insiens deel van die ANC
se strategie om Cosatu te verswak, pik die oë uit en los hulle
met swak leierskap.

Die huidige Cosatu-leierskap het al hoe minder kans vir sulke
poste, om 'n paar redes. En hulle weet dit ook, die meeste van
hulle is al baie jare daar. En baie het al uitgetree en is terug na
hulle eie vakbonde of het net in obscurity verdwyn. Die feit dat
hierdie staking vir die ANC die blou bles bliksem in maak gaan
ook nie hulle kanse verhoog vir openbare aanstellings nie.

Maar jy is in die kol met die openbare blootstelling. Ook natuurlik
hulle gepaardgaande beeld by werkers.

En terloops (vir veral Gert Telkomhater se benefit) 'n mens spel
dit Cosatu. As jy 'n akroniem soos 'n naam uitspreek, dan spel
jy dit in klein letters. Soos vigs, laser en Cosatu. Maar as jy die
letters uitspreek, dan hoofletters, soos ANC en SAKP.
Re: Koste van 'n Staking [boodskap #67020 is 'n antwoord op boodskap #66977] Do, 03 Oktober 2002 14:06 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Anoniem
Oorspronklik gepos deur: @rogers.com

Jonas wrote:

> Wat nou gebeur is dat slim sy baas gevang het ...

Jonas, ek wens jy kan bietjie wyer in die
wêreld van die politiek kennis neem. Op
wêreldvlak, in 'n gesonde politieke klimaat,
is daar altyd groot blokke mag - en een
daarvan is wat hulle in Engels "labour" noem.
Dit is die wêreld van die vakbonde, en hulle
het 'n spesiale funksie om te vervul in 'n
gesonde demokrasie. Hulle word gewoonlik as
"links" gesien, maar regerende partye moet
hulle mag in ag neem, en weet waarmee hulle te
doen het, anders kan hulle maar ghoodbaai sê.
In die VSA ondersteun die meeste vakbonde gewoon-
lik die demokrate. In Kanada het ons vakbond-
beweging onlangs hulle bande gebreek met die
NDP ( New Democratic Party) wat volgens hulle
nie "links" genoeg was meer nie. As gevolg daar-
van het die NDP sy relevansie verloor as 'n
sterk derde party in Kanada wat somtyds koalisies
met ander partye kon bewerkstellig.Die vakbond-
beweging in SA en sy alliansie met die SAKP is
gesond. En dit sal ook hopelik lei tot die opbreek
van die ANC as 'n monolitiese party. Het Mbeki nie
al aangedui dat hulle meer aandag moet gee aan wie
lede van die ANC behoort te wees nie? Dws, wil hy
nie die ANC suiwer van kommunistiese denkers nie?
Is ek reg om aan te neem dat daar eintlik taamlik
baie "wit" gesigte in die vakbondbeweging is.

Gloudina
Re: Koste van 'n Staking [boodskap #67022 is 'n antwoord op boodskap #66982] Do, 03 Oktober 2002 14:19 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Anoniem
Oorspronklik gepos deur: @rogers.com

Annette wrote:

> Nee Gloudina, dis juis nie die moeilikheid nie. Chrisjolette het iets hier
> geplaas, en jy het die aantyging gemaak dat dit nie haar eie werk is nie,
> maar uit 'n publikasie geneem is, en haar dus van plagiaat beskuldig het.
> Nou word jy gevra om jou beskuldiging te staaf, en jy kan dit nie doen nie.
> Jou ander ongegronde bewerings hieronder is ook beskuldigings gebore uit jou
> onvrugbare verbeelding.

So jy glo ook Chrisjolette is 'n bruin
vrou met goeie akademiese agtergrond,
lid van 'n kommissie wat besluit waar om
die volgende kernkragstasie te bou? Jy
glo ook dat Chrisjolette aan 'n baie
abstruse Japannese Boeddhiste-kult
behoort wat wil hê dat Japan die gods-
dienstige senter van die wêreld moet
word? Jy dink die persoon, wat sulke
familiêre opmerkings maak oor my man,
is 'n hoogsgeleerde bruin vrou? En as
jy die tyd neem om die artikels te lees
wat "Chrisjolette" plaas, kan jy sien
dat hulle almal van 'n regse reaksionêre
skrywer af kom. Ek sit nog my geld op
Dave du Plessis. Maar ek mag verkeerd wees.

Tant Hessie Poirot
Re: Koste van 'n Staking [boodskap #67068 is 'n antwoord op boodskap #67022] Vr, 04 Oktober 2002 10:50 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Pieter[2]  is tans af-lyn  Pieter[2]
Boodskappe: 95
Geregistreer: September 2002
Karma: 0
Volle Lid
Jy is verkeers , ek weet wie sy is en sy is beslis nie bruin nie

skryf in boodskap news:3D9C52BB.4030107@rogers.com...
>
> Annette wrote:
>
>> Nee Gloudina, dis juis nie die moeilikheid nie. Chrisjolette het iets hier
>> geplaas, en jy het die aantyging gemaak dat dit nie haar eie werk is nie,
>> maar uit 'n publikasie geneem is, en haar dus van plagiaat beskuldig het.
>> Nou word jy gevra om jou beskuldiging te staaf, en jy kan dit nie doen nie.
>> Jou ander ongegronde bewerings hieronder is ook beskuldigings gebore uit jou
>> onvrugbare verbeelding.
>
> So jy glo ook Chrisjolette is 'n bruin
> vrou met goeie akademiese agtergrond,
> lid van 'n kommissie wat besluit waar om
> die volgende kernkragstasie te bou? Jy
> glo ook dat Chrisjolette aan 'n baie
> abstruse Japannese Boeddhiste-kult
> behoort wat wil hê dat Japan die gods-
> dienstige senter van die wêreld moet
> word? Jy dink die persoon, wat sulke
> familiêre opmerkings maak oor my man,
> is 'n hoogsgeleerde bruin vrou? En as
> jy die tyd neem om die artikels te lees
> wat "Chrisjolette" plaas, kan jy sien
> dat hulle almal van 'n regse reaksionêre
> skrywer af kom. Ek sit nog my geld op
> Dave du Plessis. Maar ek mag verkeerd wees.
>
> Tant Hessie Poirot
>
Re: Koste van 'n Staking [boodskap #67071 is 'n antwoord op boodskap #67068] Vr, 04 Oktober 2002 11:19 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Annette  is tans af-lyn  Annette
Boodskappe: 11114
Geregistreer: Augustus 2003
Karma: 1
Senior Lid
Nou is ekke innie wabbeljoe. Wat het die verkeers te doen met nie bruin
nie?:))
Annette - blasserig:)

"Pieter" skryf in boodskap news:3d9d726b$0$18842@hades.is.co.za...
> Jy is verkeers , ek weet wie sy is en sy is beslis nie bruin nie
>
> skryf in boodskap news:3D9C52BB.4030107@rogers.com...
>>
>> Annette wrote:
>>
>>> Nee Gloudina, dis juis nie die moeilikheid nie. Chrisjolette het iets hier
>>> geplaas, en jy het die aantyging gemaak dat dit nie haar eie werk is nie,
>>> maar uit 'n publikasie geneem is, en haar dus van plagiaat beskuldig het.
>>> Nou word jy gevra om jou beskuldiging te staaf, en jy kan dit nie doen nie.
>>> Jou ander ongegronde bewerings hieronder is ook beskuldigings gebore uit jou
>>> onvrugbare verbeelding.
>>
>> So jy glo ook Chrisjolette is 'n bruin
>> vrou met goeie akademiese agtergrond,
>> lid van 'n kommissie wat besluit waar om
>> die volgende kernkragstasie te bou? Jy
>> glo ook dat Chrisjolette aan 'n baie
>> abstruse Japannese Boeddhiste-kult
>> behoort wat wil hê dat Japan die gods-
>> dienstige senter van die wêreld moet
>> word? Jy dink die persoon, wat sulke
>> familiêre opmerkings maak oor my man,
>> is 'n hoogsgeleerde bruin vrou? En as
>> jy die tyd neem om die artikels te lees
>> wat "Chrisjolette" plaas, kan jy sien
>> dat hulle almal van 'n regse reaksionêre
>> skrywer af kom. Ek sit nog my geld op
>> Dave du Plessis. Maar ek mag verkeerd wees.
>>
>> Tant Hessie Poirot
>>
>
Re: Koste van 'n Staking [boodskap #67082 is 'n antwoord op boodskap #67068] Vr, 04 Oktober 2002 18:02 Na vorige boodskap
Anoniem
Oorspronklik gepos deur: @rogers.com

Pieter wrote:

> Jy is verkeers , ek weet wie sy is en sy is beslis nie bruin nie

So vertel vir ons wie "sy" is. Of steel
jy alweer die Pompdonkie se nom de plume,
du Plessis?

M. Poirot
Vorige onderwerp: 2004 se matriekvakke
Volgende onderwerp: Re: I is an Afrikaner
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: So Mei 26 14:52:02 MGT 2024