Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Prosa & poësie » " Om te lewe is onnatuurlik " deur GERT VLOK NEL
" Om te lewe is onnatuurlik " deur GERT VLOK NEL [boodskap #66740] Do, 26 September 2002 00:31 na volgende boodskap
Anoniem
Oorspronklik gepos deur: @rogers.com

OM TE LEWE IS ONNATUURLIK
Eenvoudige spoorwegstories
Gert Vlok Nel

oproep

Goegie was veraf vandag
vandag toe ek hom bel
en vanuit die kruik vertel
heel godse dag gesit en paint sê hy
toe in die kar geklim, toe berg toe gefokkenry
kaalgat vleis gebraai hoog bo iewers oers
by galopping van einders, toringing (w(o(l(k(e
toe in die kar geklim en terug gery
toe veraf geklink vir my.

desember & see

groteske wolke beweeg bo-oor die toneel

ons twee arme spoorwegdôners op hermanus -
dit het die heel eerste aand subkultureel wreed gereën
oral om i army-bivvy. i halwe afstand van ons in mis
het rykes in i fokkenmansioninthesky (in die heelal)
gedine & wine. ek wou nie dat jy kyk & sien nie.
dalk sou hulle brutaal brood drink en vir ons
wyn gee.

dit was ons eerste outing see toe, op 16 & 22.
vanaf beaufort. lift hermanus toe. Attie my broer
en ek. jy't stormy weather gesing in die nag as
bevestiging & vergissing, maar summertime sou
nie beter gedoen het nie. stilte ook nie. sundown
was i moerse comedown. "nag At," het ek gesê.
"Ja"

5-uur het ons verwater & wild op die strand uitgehol,
jeans en truie, saam met windsurfers in wetsuits. dit
was haunting. hemel & fokken aarde toegewrap in wolk. ons
was gou warm. t.s.v. die kak drizzle. ek
wou iets (die oggend) vergestalt in rots of rym
maar het alreeds alles weggegee
aan herhinnering & pyn

om nou, got-jare later, te berg uit vadems donker
trog, vasgenael teen dek en maspaal, vloekende hollander
elke keer wat ek bo-oor kruis, of
ek herrangskik freneties
dekstoele. of preweling. of ek bid tot got, ons hotnotsgot.
of iets At maar dié belowe ek jou At:
rym se moer:

ons het een dag gebly: dit was aand
en natuurlik môre. daar was lig. "dis die 1ste
dag van die res van ons lewe," kon ek sê.
dit was die 2de oggend op die 3de planeet van die son.
ons het verwoed weggehaaik, in triest, na die beaublou
van die kro, en die ekwilibrium van oë. ek ril
by herinnering aan hoe ons gereis het, hoe ons gekyk het
1) ons het gehaaik. 2) ons het onrus gehaal.
een twee drie dis i kak plek die moes ons sing
bo-oor die STEREO van die nice holes of ass wat ons
opgelaai het. in opgeboude kombi. ons het by enige huis geklop.
"kom in" het jan rabie gesê. (lieflike radyse in die hand.)
in die hoek het ettienne leroux soos i soutpilaar gesit, saam met
elizabeth, sy lot. sy blik

was toegetrek. hy't ons en jy't hom nie herken nie.
"ons soek Daan verwey, i pel van ons," het ons gesê.
teen uitgebasterde aand was ons op die plato, in fatale
reën, by matjiesfontein, teen 160 k.p.u. ons kopligte
het getippex oor opgehewe heuwels, vae huise, petite lig.
3) ek onthou vanaand At, vir wat dit was, jou blik:
om te lewe is onnatuurlik.
Re: " Om te lewe is onnatuurlik " deur GERT VLOK NEL [boodskap #66761 is 'n antwoord op boodskap #66740] Do, 26 September 2002 22:02 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Francois Human  is tans af-lyn  Francois Human
Boodskappe: 360
Geregistreer: April 2006
Karma: 0
Senior Lid
sjoe,

ek sal maar eers biki moet gaan slaap en dan weer hierdie ene traai lees :)

--
Groetnis

Francois
skryf in boodskap news:3D925610.6000902@rogers.com...
>
> OM TE LEWE IS ONNATUURLIK
> Eenvoudige spoorwegstories
> Gert Vlok Nel
>
> oproep
>
> Goegie was veraf vandag
> vandag toe ek hom bel
> en vanuit die kruik vertel
> heel godse dag gesit en paint sê hy
> toe in die kar geklim, toe berg toe gefokkenry
> kaalgat vleis gebraai hoog bo iewers oers
> by galopping van einders, toringing (w(o(l(k(e
> toe in die kar geklim en terug gery
> toe veraf geklink vir my.
>
> desember & see
>
> groteske wolke beweeg bo-oor die toneel
>
> ons twee arme spoorwegdôners op hermanus -
> dit het die heel eerste aand subkultureel wreed gereën
> oral om i army-bivvy. i halwe afstand van ons in mis
> het rykes in i fokkenmansioninthesky (in die heelal)
> gedine & wine. ek wou nie dat jy kyk & sien nie.
> dalk sou hulle brutaal brood drink en vir ons
> wyn gee.
>
> dit was ons eerste outing see toe, op 16 & 22.
> vanaf beaufort. lift hermanus toe. Attie my broer
> en ek. jy't stormy weather gesing in die nag as
> bevestiging & vergissing, maar summertime sou
> nie beter gedoen het nie. stilte ook nie. sundown
> was i moerse comedown. "nag At," het ek gesê.
> "Ja"
>
> 5-uur het ons verwater & wild op die strand uitgehol,
> jeans en truie, saam met windsurfers in wetsuits. dit
> was haunting. hemel & fokken aarde toegewrap in wolk. ons
> was gou warm. t.s.v. die kak drizzle. ek
> wou iets (die oggend) vergestalt in rots of rym
> maar het alreeds alles weggegee
> aan herhinnering & pyn
>
> om nou, got-jare later, te berg uit vadems donker
> trog, vasgenael teen dek en maspaal, vloekende hollander
> elke keer wat ek bo-oor kruis, of
> ek herrangskik freneties
> dekstoele. of preweling. of ek bid tot got, ons hotnotsgot.
> of iets At maar dié belowe ek jou At:
> rym se moer:
>
> ons het een dag gebly: dit was aand
> en natuurlik môre. daar was lig. "dis die 1ste
> dag van die res van ons lewe," kon ek sê.
> dit was die 2de oggend op die 3de planeet van die son.
> ons het verwoed weggehaaik, in triest, na die beaublou
> van die kro, en die ekwilibrium van oë. ek ril
> by herinnering aan hoe ons gereis het, hoe ons gekyk het
> 1) ons het gehaaik. 2) ons het onrus gehaal.
> een twee drie dis i kak plek die moes ons sing
> bo-oor die STEREO van die nice holes of ass wat ons
> opgelaai het. in opgeboude kombi. ons het by enige huis geklop.
> "kom in" het jan rabie gesê. (lieflike radyse in die hand.)
> in die hoek het ettienne leroux soos i soutpilaar gesit, saam met
> elizabeth, sy lot. sy blik
>
> was toegetrek. hy't ons en jy't hom nie herken nie.
> "ons soek Daan verwey, i pel van ons," het ons gesê.
> teen uitgebasterde aand was ons op die plato, in fatale
> reën, by matjiesfontein, teen 160 k.p.u. ons kopligte
> het getippex oor opgehewe heuwels, vae huise, petite lig.
> 3) ek onthou vanaand At, vir wat dit was, jou blik:
> om te lewe is onnatuurlik.
>
Re: " Om te lewe is onnatuurlik " deur GERT VLOK NEL [boodskap #66787 is 'n antwoord op boodskap #66761] Sa, 28 September 2002 01:45 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Anoniem
Oorspronklik gepos deur: @rogers.com

Francois Human wrote:

> sjoe,
>
> ek sal maar eers biki moet gaan slaap en dan weer hierdie ene traai lees :)

>> OM TE LEWE IS ONNATUURLIK
>> Eenvoudige spoorwegstories
>> Gert Vlok Nel

Ja, lees hom weer. Ek dink dis een van
sy bestes. Jy verstaan natuurlik wat aan
die einde gebeur het?

Gloudina
Re: " Om te lewe is onnatuurlik " deur GERT VLOK NEL [boodskap #66832 is 'n antwoord op boodskap #66740] So, 29 September 2002 05:32 Na vorige boodskapna volgende boodskap
NoS...[2]  is tans af-lyn  NoS...[2]
Boodskappe: 234
Geregistreer: September 2002
Karma: 0
Senior Lid
Jy moet die een ook darem pos, Gloudina....
------------------------------------------------------------ --------

RITA
Gert Vlok Nel

my tannie het 'n ruk gerou
toe haar lower jeug ophande was.
ek onthou haar in beaufort in 1969.
by die oop venster in die skakelhuis (16)g.h.j.j. vlok: hook-haai
in 1ste laan, spoorwegkamp, beaufort-wes. r.s.a., afrika.aarde.
al die besonderhede het toe en dan kosmies
geëggo, sy't 'n soet life gerook, sy't my gekyk, en
sy't kringe geblaas. uit by die venster, oor die rant.
i stoker in sy stoomenjin het hulle eensydig verby gewaai.

saterdae (en vrydae) het sy begin loop, oos
na die dance-hall by die royal hotel*yyy
onder wriemelende wolke, tussen 2 straatlampe
sou sy 2 skaduwees gooi van wisselende prominensie
met die maan as beleë kontrapunt, soos sy gestap het
verby die vensters van die groot siel. het die aarde
gedraai onder haar voete, soos i boomstomp op rivier, kon sy
die goeie dag inhaal, al oos teen die lot? toe scott mckenzie
haar bla bla blomme & lief, op springbokradio, was
almal alreeds absoluut weg uit s. fransisco
iets was moerse verkeerd. ooms het haar dubbelsinnig gegroet.
tog was sy op pad, sy't een gevoel met die rymlose reën
(haar h's & l's leun soos bloekoms teen die wind
in die croxley-briewe van haar gehuil)
en twee met die skakelhuis, kerk & werk.
of het sy? dit was te bisar vir die hart.

sy't een reën die 7 af-trein gevat, wes.
in die môre vasgemeer in kaapstad met i hangover met i helse
lang ysterankerketting terug in die gestorte nag in. dit was pieng
oggend. woodstock was skoon
vol antagonistiese children of god. terug, oos.
sy't stuwend terug gekom.
i soldaat het haar beaufortstasie
binnegery, daar staan Oupa, akasha-annal op die hart.
en aan sy hand die demoon wat hom bewoon
“daar's my pa,” het sy eenvoudig gesê.
my tannie het geruk 'n rou, straatjie op, straatjie af
sonder verband met enigiets
veral nie noodwendig met enigiets nie.
op 19 moes sy trou.

sy't ver weg gaan bly, soos almal
in i al vaer wordende huis, paleis, pondok, saam met
3 kinders en i treindrywerman met i wrok.
en ook het daar (verskriklik) gebly: geloof, hoop, liefde
maar die grootste hiervan was die hoop
Re: " Om te lewe is onnatuurlik " deur GERT VLOK NEL [boodskap #66894 is 'n antwoord op boodskap #66832] Ma, 30 September 2002 00:19 Na vorige boodskap
Anoniem
Oorspronklik gepos deur: @rogers.com

Ferdi Greyling wrote:

> Jy moet die een ook darem pos, Gloudina....
> ------------------------------------------------------------ --------
>
>
> RITA
> Gert Vlok Nel
>
> my tannie het 'n ruk gerou
> toe haar lower jeug ophande was.
> ek onthou haar in beaufort in 1969.

As jy gereeld genoeg die nuusgroep
besoek, sal jy geweet het dat ek
dié gedig taamlik gereeld in die
afgelope jare gepos het.

Gloudina
Vorige onderwerp: " Die tuinende vissers " deur SHEILA CUSSONS
Volgende onderwerp: " Verknoeide Mirakel " deur HENNIE AUCAMP
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Sa Apr 27 19:50:44 MGT 2024