Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Prosa & poësie » " Die tuinende vissers " deur SHEILA CUSSONS
" Die tuinende vissers " deur SHEILA CUSSONS [boodskap #66888] So, 29 September 2002 18:59
Anoniem
Oorspronklik gepos deur: @rogers.com

Sheila Cussons
Die tuinende vissers

Twee tuiniers met vier blou oë
een 'n visdam seeblou skaars pupil
I spy with my fishpond eye
dis eintlik hulle ken-oog dié
som die vergroeide gevaarte in pesetas op
- het die siklope hulle etnas gesnoei
visser-tuiniers miskien dat wingerde
wakker oogkorrels teen die hange kon bloei? -
beduie en kla oor die werk en wat dit gaan kos
en stoot - dis Jonasoog - die groen baleine
van die wilgers oop en verdwyn in die harige
buik met 'n ou seelied en 'n visblink skêr.
Vorige onderwerp: " Lied van die lemoen " deur UYS KRIGE
Volgende onderwerp: " Om te lewe is onnatuurlik " deur GERT VLOK NEL
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Do Apr 18 22:27:06 MGT 2024