Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Algemeen » Koeitjies & kalfies » Die Amerikaanse Verkiesing en ander sake
Die Amerikaanse Verkiesing en ander sake [boodskap #6529] Ma, 03 Junie 1996 00:00 na volgende boodskap
Izak Bouwer  is tans af-lyn  Izak Bouwer
Boodskappe: 465
Geregistreer: Januarie 1996
Karma: 0
Senior Lid
Dis nou die laaste vyf maande voor die Amerikaanse verkiesing
in November. Vir ons in Kanada is die Amerikaanse verkiesing
altyd van belang omdat ons ekonomie so nou verbind is met
hulle s'n. Daar is ook vaagweg ideologiese bande: Die Konser-
watiewe Party in Kanada (wat nie so lank gelede 'n magtige
party was, maar nou bestaan uit twee Lede in die Parlement) is
in gees verwant aan die Republikeine. Die Liberale Party wat
nou in Kanada aan bewind is, het ideologiese bande met die
Demokratiese Party.
Op die oomblik lyk dit of die Republikeine se kanse nie te
goed is nie. Alles kan natuurlik verander as Colin Powell
besluit om as Dole se vise-president op te tree.
Ek is nie soseer geinteresseerd wie die volgende President
van die V.S.A. is nie. Vir my is die hele demokratiese proses
in die V.S.A. mooi om te aanskou. En vir my vereis daardie
proses dat daar twee sterk partye is waartussen die mense sal
kan kies : wil hulle die volgende vier jaar stadig oor die klippe
gaan, of wil hulle meer liberaal en vrydenkend wees?
Om daardie pendulum te laat swaai, verkies 'n mens dat daar
net twee groot partye moet wees. Kleiner derde partye maak die
keuse troebel. Dis daarom dat ek bly is dat dit lyk of daar nou in
Suid-Afrika ook net twee groot partye uiteindelik gaan oorbly.
Ek nooi mense uit om hulle eie gedagtes oor hierdie dinge met
ons op die nuusgroep te deel.

Gloudina Bouwer.
Re: Die Amerikaanse Verkiesing en ander sake [boodskap #6549 is 'n antwoord op boodskap #6529] Wo, 05 Junie 1996 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Izak Bouwer  is tans af-lyn  Izak Bouwer
Boodskappe: 465
Geregistreer: Januarie 1996
Karma: 0
Senior Lid
In article , h...@wcomp.gov.za says...
>
> On 3 Jun 1996 17:00:36 GMT, iz...@igs.net (Izak Bouwer) wrote:
>
>>
>> Dis nou die laaste vyf maande voor die Amerikaanse verkiesing
>> in November. Vir ons in Kanada is die Amerikaanse verkiesing
>> altyd van belang omdat ons ekonomie so nou verbind is met
>> hulle s'n. Daar is ook vaagweg ideologiese bande: Die Konser-
>> watiewe Party in Kanada (wat nie so lank gelede 'n magtige
>> party was, maar nou bestaan uit twee Lede in die Parlement) is
>> in gees verwant aan die Republikeine. Die Liberale Party wat
>> nou in Kanada aan bewind is, het ideologiese bande met die
>> Demokratiese Party.
>
> (deel gewis)
>
>> Ek nooi mense uit om hulle eie gedagtes oor hierdie dinge met
>> ons op die nuusgroep te deel.
>>

Ek kyk, as Kanadees, ook maar van buite af in.

Ek sien, wanneer ek na die lede van die Kongres kyk,
ook maar meestal wit gesigte. Ook in Kanada. So
what else is new.

Ja, dit lyk vir my daar is, veral deesdae, baie apatie
in die V.S.A. teen die eleksieproses. Daar is, in so
'n groot bevolking, groot groepe wat hulself nie as
deel van die "establishment" sien nie: armes en uit-
gewekenes aan die eenkant, en ultra-regses wat
se dat die regering in die V.S.A. 'n instrument is
van die Verenigde Volke wat die wereld wil oor-
neem. (Daar is juis nou 'n "military standoff" met
een so 'n groep daar erens in die Weste.)

Ja, dis reg dat jy verkieslik ryk moet wees om ver-
kies te word. Maar niemand lyk dit vir my het hom
nog die presidentskap van die V.S.A. met geld gekoop
nie. En ek dink dis waar die wereld oor, dat die arm
man nie veel van 'n kans het nie. Ek onthou, toe ek nog
destyds in Suid-Afrika gebly het, hoe iemand, wat as 'n
gewone werker in sy unie opgang gemaak het en uitein-
delik verkies is en Parlement toe is, gese het dat dit hom
net eenvoudig verarm en finansieel breek. Want 'n mens
het ook sekere sosiale obligasies wat daarmee saamgaan,
en dis duur.

Ja, ek dink nie 'n vrou het, soos jy se, 'n kat se kans om
president van die V.S.A. te word nie. Ek dink die Noord-
Amerikaanse "establishment" is basies wit en "male
chauvenist pig." Dit was in die ou dae dieselfde in Suid-
Afrika. Het dit nou verander?

Oor die feit dat iemand president kan word met minder as
helfte van die stemme: ek meen van ja.( Selfs hier in Kanada
kan jy regeer sonder om die meerderheid van die populere
stem te he.) Wat vir my baie interessant is, is dat die President
in werklikheid nie President word op 'n "one man, one vote"
basis nie. Hy word gekies deur die Electoral College (van
omtrent 'n paar honderd lede.) Ek het gedurende die apartheids-
jare Amerikaners se ballonnetjies tog te lekker geprik deur vir
hulle te se hulle het ook nie "one man, one vote" nie.

Dit alles gese, dink ek nog die Amerikaanse pre-verkiesingsproses
is 'n baie interessante en gesonde proses. Dit begin in die sneeu
in New Hampshire, wanneer die opposisieparty sy leier moet
begin kies. Dan begin jy stadig sien hoe die pols van Amerika
klop. (Die feit dat Dole uiteindelik gewen het, beteken die ver-
regses het langs die pad geval.) Nou sal ons moet sien in November
hoe die pols verder klop.

Gloudina Bouwer
Re: Die Amerikaanse Verkiesing [boodskap #6550 is 'n antwoord op boodskap #6529] Wo, 05 Junie 1996 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Darrin Speegle  is tans af-lyn  Darrin Speegle
Boodskappe: 14
Geregistreer: Mei 1996
Karma: 0
Junior Lid
Henry Flint wrote:

> Dankie vir jou artikel. Ons in Suid-Afrika (of moet ek liewre sê ek)
> het sekere persepsies oor die VSA se verkiesingsproses wat skerlik tot
> 'n mate verwronge is vanwee die bronne daarvan. Sal graag van julle
> wat soveel nader daaraan is regstellings wil kry.

> Eerstens, is dit waar dat die belangstelling, gemeet aan
> stempersentasies, baie laag is, of skep die stempersentasies nie 'n
> ware beeld van die belangstelling nie?

Ek dink baie Amerikaners dink die volgende twee dinge:
(1) Dit maak nie rerig saak wie die volgende president gaan wees nie
(2) Sy stem gaan nie 'n verskil maak nie

Ek dink (1) is veral 'n probleem met die armes.

Ook, die stempersentasie vir die president verkiesing is baie hoe"r as
die vir ander verkiesings. Byvoorbeeld, daas was onlangs 'n stem vir
ayor van my stad gewees, en net 2 000 mense het opgedaag. Dis nou in
'n stad van meer as 50 000!

> 'n Algemene indruk is dat dit net vir 'n ryk man moontlik is om eens
> te dink om hom verkiesbaar te stel. (Met die oorlees raakgesien dat
> ek die woord man hier gebruik het. Wou dit verander en toe besef dat
> dit ook 'n persepsie is, dat 'n vrou nie 'n kat se kans het nie.)

Ek dink dis nie heeltemal waar nie. Ek dink Colin Powell byvoorbeeld
sal 'n goie kans he, en hy is nie ryk nie. (Moet my asb. reghelp as hy
eintlik ryk is.)

> Is dit moontlik, met die stelsel wat gebruik word, waarvan ek maar 'n
> algemene begrip het, dat 'n kandidaat president kan word terwyl hy nie
> die meeste totale stemme gekry het nie?

Dis heel moontlik en het tog al gebeur, bv. Rutherford Hayes. Dis ook
*moontlik* dat iemand wat *geen* stemme gekry het nie president sal
word.

Groete,
Darrin
Re: Die Amerikaanse Verkiesing en ander sake [boodskap #6551 is 'n antwoord op boodskap #6529] Wo, 05 Junie 1996 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Henry Flint  is tans af-lyn  Henry Flint
Boodskappe: 21
Geregistreer: Januarie 1996
Karma: 0
Junior Lid
On 3 Jun 1996 17:00:36 GMT, iz...@igs.net (Izak Bouwer) wrote:

>
> Dis nou die laaste vyf maande voor die Amerikaanse verkiesing
> in November. Vir ons in Kanada is die Amerikaanse verkiesing
> altyd van belang omdat ons ekonomie so nou verbind is met
> hulle s'n. Daar is ook vaagweg ideologiese bande: Die Konser-
> watiewe Party in Kanada (wat nie so lank gelede 'n magtige
> party was, maar nou bestaan uit twee Lede in die Parlement) is
> in gees verwant aan die Republikeine. Die Liberale Party wat
> nou in Kanada aan bewind is, het ideologiese bande met die
> Demokratiese Party.

(deel gewis)

> Ek nooi mense uit om hulle eie gedagtes oor hierdie dinge met
> ons op die nuusgroep te deel.
>
> Gloudina Bouwer.
>
>
Dagsê Gloudina

Dankie vir jou artikel. Ons in Suid-Afrika (of moet ek liewre sê ek)
het sekere persepsies oor die VSA se verkiesingsproses wat skerlik tot
'n mate verwronge is vanwee die bronne daarvan. Sal graag van julle
wat soveel nader daaraan is regstellings wil kry.

Eerstens, is dit waar dat die belangstelling, gemeet aan
stempersentasies, baie laag is, of skep die stempersentasies nie 'n
ware beeld van die belangstelling nie?

'n Algemene indruk is dat dit net vir 'n ryk man moontlik is om eens
te dink om hom verkiesbaar te stel. (Met die oorlees raakgesien dat
ek die woord man hier gebruik het. Wou dit verander en toe besef dat
dit ook 'n persepsie is, dat 'n vrou nie 'n kat se kans het nie.)

Is dit moontlik, met die stelsel wat gebruik word, waarvan ek maar 'n
algemene begrip het, dat 'n kandidaat president kan word terwyl hy nie
die meeste totale stemme gekry het nie?

Beste groete.


Henry Flint

Home page: http://www.oocities.org/SunsetStrip/1712/index.html
PGP public key available from keyservers or send email with
subject "send public key"
----------------- END -------------------------
Re: Die Amerikaanse Verkiesing en ander sake [boodskap #6557 is 'n antwoord op boodskap #6529] Do, 06 Junie 1996 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Koos[1]  is tans af-lyn  Koos[1]
Boodskappe: 746
Geregistreer: Januarie 1996
Karma: 0
Senior Lid
iz...@igs.net (Izak Bouwer) wrote:

Amerikaanse "establishment" is basies wit en "male[/color]
> chauvenist pig." Dit was in die ou dae dieselfde in Suid-
> Afrika. Het dit nou verander?>>>

Gloudina, ek vermoed SA is deesdae hoofsaaklik Black Male Chauvinist
Pig hoewel daar beslis 'n groter rol vir vroue is.
'n Mens weet nie in hoe mate die voorbeeld wat vandag gestel word,
gaan posvat en groei nie, maar die voorbeeld is beslis daar baie
sterker as in die verlede.
Daar is baie bevoegde vroue in mag deesdae.
'n Paar voorbeelde is Mary Metcalfe (onderwys-minister) en Jesse
Duarte (wet en orde minister) hier in Gauteng, Baleka Kgositsile in
die Parlement, Gill Marcus (nasionale adjunk-minister finansies),
dr. N. Zuma wat afgesien van die Sarafina gemors klaarblyklik goed
doen, Frene Ginwala, die eerste vroulike Speaker, en natuurlik
Cheryl Carolus, adjunk sekr-genl van die ANC.
Daar is baie ander wat ek uitgelaat het.
Ek dink dis baie meer as ooit in die vorige b edeling.
Hopelik sit dit iets aan die gang.
Ek praat natuurlik as iemand met twee dogters.
(Die een is 'n bleddie gebore feminis.
Toe sy 5 was het sy een keer vir 'n vriend vabn my wat voor haar
ingestap het, gese: "verdompte man..."
Nou die dag (sy is nou 11) het sy haar eerste paar boots gekry.
Lank gespaar daarvoor. Dis die Doc Martins soort wat die feministe
so dra.
Toe "confess" sy sy begeer dit al van graad twee af.)

Wat die gewone wereld buite die politiek betref, vermoed ek as jy
vandag 'n gekwalifiseerde swart man is, is die sky die limit.
As jy 'n vrou is (wit of swart) word daar baie kere na jou kant toe
geleun.
As jy wit en manlik is, wel, daar word waarskynlik beskuldigend vir
jou gese jy het reeds mag.
Al het jy dit nie!

Dis baie wye veralgemenings die wat ek kwyt geraak het.
Re: Die Amerikaanse Verkiesing en ander sake [boodskap #6678 is 'n antwoord op boodskap #6529] So, 30 Junie 1996 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Nico Kock  is tans af-lyn  Nico Kock
Boodskappe: 8
Geregistreer: April 1996
Karma: 0
Junior Lid
iz...@igs.net (Izak Bouwer) wrote:

> In article , h...@wcomp.gov.za says...
>>
>> On 3 Jun 1996 17:00:36 GMT, iz...@igs.net (Izak Bouwer) wrote:
>>
>>>
>>> Dis nou die laaste vyf maande voor die Amerikaanse verkiesing
>>> in November. Vir ons in Kanada is die Amerikaanse verkiesing
>>> altyd van belang omdat ons ekonomie so nou verbind is met
>>> hulle sên. Daar is ook vaagweg ideologiese bande: Die Konser-
>>> watiewe Party in Kanada (wat nie so lank gelede 'n magtige
>>> party was, maar nou bestaan uit twee Lede in die Parlement) is
>>> in gees verwant aan die Republikeine. Die Liberale Party wat
>>> nou in Kanada aan bewind is, het ideologiese bande met die
>>> Demokratiese Party.
>>
>> (deel gewis)
>>
>>> Ek nooi mense uit om hulle eie gedagtes oor hierdie dinge met
>>> ons op die nuusgroep te deel.
>>>

> Ek kyk, as Kanadees, ook maar van buite af in.

> Ek sien, wanneer ek na die lede van die Kongres kyk,
> ook maar meestal wit gesigte. Ook in Kanada. So
> what else is new.

> Ja, dit lyk vir my daar is, veral deesdae, baie apatie
> in die V.S.A. teen die eleksieproses. Daar is, in so
> 'n groot bevolking, groot groepe wat hulself nie as
> deel van die "establishment" sien nie: armes en uit-
> gewekenes aan die eenkant, en ultra-regses wat
> se dat die regering in die V.S.A. 'n instrument is
> van die Verenigde Volke wat die wereld wil oor-
> neem. (Daar is juis nou 'n "military standoff" met
> een so 'n groep daar erens in die Weste.)

> Ja, dis reg dat jy verkieslik ryk moet wees om ver-
> kies te word. Maar niemand lyk dit vir my het hom
> nog die presidentskap van die V.S.A. met geld gekoop
> nie. En ek dink dis waar die wereld oor, dat die arm
> man nie veel van 'n kans het nie. Ek onthou, toe ek nog
> destyds in Suid-Afrika gebly het, hoe iemand, wat as 'n
> gewone werker in sy unie opgang gemaak het en uitein-
> delik verkies is en Parlement toe is, gese het dat dit hom
> net eenvoudig verarm en finansieel breek. Want 'n mens
> het ook sekere sosiale obligasies wat daarmee saamgaan,
> en dis duur.

> Ja, ek dink nie 'n vrou het, soos jy se, 'n kat se kans om
> president van die V.S.A. te word nie. Ek dink die Noord-
> Amerikaanse "establishment" is basies wit en "male
> chauvenist pig." Dit was in die ou dae dieselfde in Suid-
> Afrika. Het dit nou verander?

> Oor die feit dat iemand president kan word met minder as
> helfte van die stemme: ek meen van ja.( Selfs hier in Kanada
> kan jy regeer sonder om die meerderheid van die populere
> stem te he.) Wat vir my baie interessant is, is dat die President
> in werklikheid nie President word op 'n "one man, one vote"
> basis nie. Hy word gekies deur die Electoral College (van
> omtrent 'n paar honderd lede.) Ek het gedurende die apartheids-
> jare Amerikaners se ballonnetjies tog te lekker geprik deur vir
> hulle te se hulle het ook nie "one man, one vote" nie.

> Dit alles gese, dink ek nog die Amerikaanse pre-verkiesingsproses
> is 'n baie interessante en gesonde proses. Dit begin in die sneeu
> in New Hampshire, wanneer die opposisieparty sy leier moet
> begin kies. Dan begin jy stadig sien hoe die pols van Amerika
> klop. (Die feit dat Dole uiteindelik gewen het, beteken die ver-
> regses het langs die pad geval.) Nou sal ons moet sien in November
> hoe die pols verder klop.

> Gloudina Bouwer

Hoekom het julle nie in engels gepraat nie so al die mense van die
wereld kan jy verstaan!

Daniel
Re: Die Amerikaanse Verkiesing en ander sake [boodskap #6682 is 'n antwoord op boodskap #6529] Ma, 01 Julie 1996 00:00 Na vorige boodskap
Izak Bouwer  is tans af-lyn  Izak Bouwer
Boodskappe: 465
Geregistreer: Januarie 1996
Karma: 0
Senior Lid
>> Dit alles gese, dink ek nog die Amerikaanse pre-verkiesingsproses
>> is 'n baie interessante en gesonde proses. Dit begin in die sneeu
>> in New Hampshire, wanneer die opposisieparty sy leier moet
>> begin kies. Dan begin jy stadig sien hoe die pols van Amerika
>> klop. (Die feit dat Dole uiteindelik gewen het, beteken die ver-
>> regses het langs die pad geval.) Nou sal ons moet sien in November
>> hoe die pols verder klop.
>
>> Gloudina Bouwer
>
> Hoekom het julle nie in engels gepraat nie so al die mense van die
> wereld kan jy verstaan!
>
> Daniel
>

Daniel, wie dink jy gaan die Amerikaanse eleksie wen,
Clinton of Dole?Wie wil jy sien wen?
Probeer Afrikaans skryf. Dan word jou Afrikaans beter
en beter.

Gloudina Bouwer
Vorige onderwerp: DAVID KRAMER FAN CLUB
Volgende onderwerp: Aangaande: wie is ons leiers...herken
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Wo Mei 15 11:55:30 MGT 2024