Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Algemeen » Koeitjies & kalfies » Die Afrikaner: Ratte-saak eindig by eenheidsaksie
Die Afrikaner: Ratte-saak eindig by eenheidsaksie [boodskap #6642] Sa, 22 Junie 1996 00:00 na volgende boodskap
Herstigte Nasionale P[1]  is tans af-lyn  Herstigte Nasionale P[1]
Boodskappe: 38
Geregistreer: Junie 1996
Karma: 0
Volle Lid
Uitreksel vanuit die nuutste uitgawe van Die Afrikaner, mondstuk van die
Herstigte Nasionale Party.

Meer berigte by http://www.hnp.org.za/afrikaner/junie3

************************************************************ *******

Ratte-saak eindig by eenheidsaksie

DIE aksie verlede Saterdag in Pretoria om aan te dring op die
onvoorwaardelike vrylating van kmdt. Willem Ratte het uitgeloop
op 'n aandrang op eenheid tussen die verskillende partye wat
daarby betrokke is.
Onder leiding van kol. Dawid Grobbelaar het die vergadering in
die stadsaal van Pretoria as opdrag aanvaar om die komitee wat
die verrigtinge gere‰l het "uit te bou tot volkseendragtigheid
en saamsnoerende organisasie". Daar word erken dat die
organisasies wat aan die aksie deelgeneem het, en "in spanning
en verdeeldheid verstrik is" steeds bly voortbestaan, maar deur
die aksie is hulle ingebind in 'n plegtige onderneming om in
eendragtigheid die vryheid van die volk na te streef. Daardeur
moet die volk uit die "moeras van neerslagtigheid en
verdeeldheid" opgehef word.
Daar is reeds sprake van vaste organisasie wat aan hierdie idee
gegee moet word, en daar word verwys na "komitees van sewe" wat
landwyd op die been gebring moet word.
Toe die Afrikaner-Volksfront in 1993 partye wou saamgebind het
in 'n vaste struktuur met 'n eie organisasie met ledewerwing en
inskryf van lidmaatskap het dit tot groot onmin gelei. Dit sou
beteken dat lede van politieke partye gelyktydig aan twee
politieke organisasies met uiteenlopende beginselstandpunte sou
behoort, en het daartoe gelei dat die HNP hom nie hieraan wou
bind nie.
Benewens die strewe om kmdt. Willem Ratte uit die gevangenis
bevry te kry, is daar nog geen aanduiding wat die grondslag is
van die nuwe eendragtigheid waarna gestreef word nie.
Tydens die verrigtinge in die stadsaal is die leiers van
verskillende partye wat teenwoordig was, gevra om na die verhoog
te kom om 'n "Plegtige onderneming" te onderteken. Dit is
onderteken deur dr. Ferdi Hartzenberg, mnr. Eugene Terre'Blanche
en mnr. Robert van Tonder. Die onderneming lui: "Ek ondersteun
en strewe eendragtiglik saam met my volk na vryheid en
volwaardige selfbeskikkingsreg vir ons volk in ons eie vaderland
sodat ons as volk diensbaar kan wees aan God Drie-enig." Die HNP
was besig met 'n Dagbestuursvergadering, en die leiersfigure van
die HNP was nie teenwoordig nie. Daar is onderneem om die stuk
voor die vergadering aan die HNP te laat toekom, maar dit het nie
plaasgevind nie. Die gevolg is dat die HNP nog nie die
onderneming onder o‰ gehad het nie, en dus ook nie geleentheid
gehad het om dit te bespreek nie.
Die verrigtinge in die stadsaal is deur 2 000 mense bygewoon.
Kol. Dawid Grobbelaar het die leiding geneem, en slegs die sewe
lede van die re‰lingskomitee van die "Red Willem Ratte-aksie" was
op die verhoog. Daardeur is gepoog om nie aan die geleentheid
'n politieke kleur te gee nie. Al die leiers van partye en
kultuurorganisasies het in die gehoor stelling ingeneem, en hulle
is slegs na die verhoog geroep om die onderneming te onderteken.
Daarna het 'n optog na die Sentraal Gevangenis in
Potgieterstraat plaasgevind. Daar is 'n bakkie met luidsprekers
voor die tronk getrek, en het die politieke leiers geleentheid
gehad om in 'n kort boodskap die skare toe te spreek.
Vervolgens is kol. Grobbelaar, mnr. Bert van Rensburg en dr.
Willie Snyman as afvaardiging toegelaat om kmdt. Ratte in die
tronk te besoek. Terwyl dit plaasgevind het, het die skare
saamgesing. Met die terugkeer van die afvaardiging het hulle
gerapporteer dat kmdt. Ratte te kenne gegee het dat hy nie sal
swig nie.
Brig. Peet Joubert, wat nie 'n uniform aangehad het nie, het
die petisie vir die vrylating van kmdt. Ratte in ontvangs geneem.
Toe dit geblyk het dat Nelson Mandela nie sou opdaag nie, en
kmdt. Ratte nie vrygelaat sou word nie, het kol. Grobbelaar laat
blyk dat die stryd voortgesit sou word. Hulle het daardie middag
die Prokureur-generaal gaan spreek, maar dit het ook nie die
gewenste uitwerking gehad nie.
Intussen het Mandela nogmaals laat blyk dat kmdt. Ratte nie
vrygelaat sal word nie, en het beswaar aangeteken teen die
"beledigende" trant waarin die eis aan hom gestel is.
Die saak is besig om voort te sloer, en op hierdie stadium wil
dit voorkom of daar nie vordering kan wees nie, aangesien
Justisie slegs bereid is om oorweging aan die saak te gee indien
kmdt. Ratte aansoek doen om borg. Hy weier volstrek om dit te
doen, aangesien dit heeltemal indruis met sy beskouinge wat hy
van meet af aan duidelik te kenne gegee het.
Re: Die Afrikaner: Ratte-saak eindig by eenheidsaksie [boodskap #6650 is 'n antwoord op boodskap #6642] So, 23 Junie 1996 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Koos[1]  is tans af-lyn  Koos[1]
Boodskappe: 746
Geregistreer: Januarie 1996
Karma: 0
Senior Lid
Herstigte Nasionale Party/ Die Afrikaner wrote:

bevry te kry, is daar nog geen aanduiding wat die grondslag is[/color]
> van die nuwe eendragtigheid waarna gestreef word nie.>>>

Hoekom klink dit alles so bekend?
Re: Die Afrikaner: Ratte-saak eindig by eenheidsaksie [boodskap #6653 is 'n antwoord op boodskap #6642] Ma, 24 Junie 1996 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Anti_Eugene  is tans af-lyn  Anti_Eugene
Boodskappe: 1
Geregistreer: Junie 1996
Karma: 0
Junior Lid
Nee wat, hoekom noem julle dit nie dat Eugene en sy trawante nie gewag
het om te hoor wat Ratte te sê gehad het nie ?

Ek kry die indruk dat die "Afrikaners Without Brains" die moer in geword
het toe hulle nie toegelaat is om die "show" te "run" nie.

Vat my raad, skop vir Eugene uit, hy kan net opruiend praat en dit is al.
Verder dink ek dat hy en Ferdi net 'n flatus in die storm is. Eugene, as
ek jy was sal ek my perd afsaal en by die huis bly, veral nadat Mangope
se manne my stert so geskop het. Net lafaards laat gewonde makkers agter.
Verbeel jou, jy takel Pantsers met blou Mercedese. Swak taktiek en
patetiese leierskap ou grote.
Re: Die Afrikaner: Ratte-saak eindig by eenheidsaksie [boodskap #6660 is 'n antwoord op boodskap #6642] Di, 25 Junie 1996 00:00 Na vorige boodskap
Koos[1]  is tans af-lyn  Koos[1]
Boodskappe: 746
Geregistreer: Januarie 1996
Karma: 0
Senior Lid
Anti_Eugene wrote:

ek jy was sal ek my perd afsaal ..>>>[/color]

HY laat dit waarskynlik afsaal.
Vorige onderwerp: Afrikaners se grootste vyand!!
Volgende onderwerp: Nederlanders! Is Afrikaans Kombuistaal?
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Wo Mei 15 11:59:17 MGT 2024