Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Algemeen » Koeitjies & kalfies » Die Afrikaner: Mandela al erger in knyp oor lakse ministers
Die Afrikaner: Mandela al erger in knyp oor lakse ministers [boodskap #6641] Sa, 22 Junie 1996 00:00 na volgende boodskap
Herstigte Nasionale P[1]  is tans af-lyn  Herstigte Nasionale P[1]
Boodskappe: 38
Geregistreer: Junie 1996
Karma: 0
Volle Lid
Vanuit die nuutste uitgawe van Die Afrikaner, mondstuk van die Herstigte
Nasionale Party.

Meer berigte by http://www.hnp.org.za/afrikaner

************************************************************ ************
Mandela al erger in knyp oor lakse ministers

ONBEVOEGDHEID EN ONBEKWAAMHEID slaan nou soos masels oral in die
ANC uit. Die feit dat Nelson Mandela persoonlik tot die
verdediging van ministers kom wat allerwe‰ veroordeel word vir
korrupsie en 'n onvermo‰ om hulle werk te verrig, dui daarop dat
dit nie by hom of die ANC erns is om probleme in sy administrasie
streng aan te spreek en hierdie euwels met wortel en tak uit te
roei nie.
Nkosazana Zuma is al maandelank voor die vuurpeloton van
openbare veroordeling oor Sarafina II, terwyl Stella Sigcau uit
eie geledere van korrupsie beskuldig word as sou sy omkoopgeld
van Sol Kerzner ontvang het vir die oprig van dobbelhuise in die
Transkei. Dit het tot 'n openbare rusie tussen haar en Bantu
Holomisa ontwikkel, en Holomisa moet nou voor 'n dissiplinˆre
komitee verskyn, maar van stappe teen Sigcau is daar geen sprake
nie.
Intussen het ook Sibusisu Bengu lelik skeefgetrap toe hy nie
eers teenwoordig was toe deurslaggewende vrae aan hom oor die
onderwys behandel moes word. Daar is voor die tyd met hom
ooreengekom om doodseker te maak dat hy wel teenwoordig sou wees.
Ten spyte van al die pogings wat aangewend is om hom teenwoordig
te kry, het hy hom daaraan afgevee en was glad nie eers in die
parlement teenwoordig toe die saak hanteer moes word nie.
Al wat Nelson Mandela kon uitkry ter verdediging van Zuma, is:
"She's a good woman!"
Hierdie onmin oor ministers wat nie hulle werk doen nie, en
selfs beskuldigings dat hulle nie in staat is om hulle werk te
doen nie, volg op 'n lang rekord van onbekwaamheid en
onbevoegdheid.
Ministers wat voorheen in die gedrang was omdat hulle nie
opgewasse was vir hulle taak nie, is Jay Naidoo wie se HOP 'n
algehele mislukking is, en nou onder Thabo Mbeki geplaas is, Joe
Slovo wie se begrafnis meer gekos het as die geld wat bestee is
om huise vir Swartes te bou, Sankie Nkondo, sy opvolger, wat ook
nog nie die huisbouprogram aan die gang kon kry nie, Mac Maharaj
wat nie die taxi-geweld kan hokslaan nie, Sydney Mufamadi, wat
hoegenaamd nie daartoe in staat was om wet en orde in die land
te handhaaf nie en veroorsaak het dat misdaad heeltemal hande
uitgeruk het, Alfred Nzo wat eenvoudig te oud is vir sy
portefeulje en die een blaps na die ander maak ten opsigte van
verhoudinge met terroristeleiers soos Fidel Castro, Mohammar
Gadafi en Jassar Arafat, Derek Hanekom wat 'n aktiewe beleid voer
om die Blanke boer van die plaas te verwyder om te vervang met
parasitiese Swartes wat geen bydrae tot die landbou sal kan lewer
nie, Gatsha Buthelezi wat verantwoordelik is vir die toespoeling
van Suid-Afrika deur die ergste pornografie uit die rioolslote
van die wˆreld, die ineenstorting van die Weermag onder Joe
Modise, die Regstelsel onder Dullah Omar, die wegkalwing van die
staatsdiens onder Zola Skweyiya, en les bes, die ontslag van Abe
Williams omdat hy sy vingers in die geldlaaie van Welsyn gehad
het. Daarby kom nog die mislukkings van die twee vise-
presidente, Thabo Mbeki wat alles wat hy aanraak in mislukking
laat verval, en mnr. FW de Klerk, wat meer tyd in die buiteland
deurbring as in sy kantoor in sy eie land.
Daar is nog talle ander voorbeelde van onbevoegdheid waardeur
aangetoon kan word dat die land vinnig besig is om in duie te
stort, en dat Mandela en sy regime nie in staat is om enigiets
daaraan te doen nie.
Waar daar verwag kan word dat 'n president sal ingryp wanneer
dinge skeefloop, gebeur die teenoorgestelde. Daar is geen poging
om dissipline in die ANC te herstel nie. Die uitlatings van
Mandela dat die mense wat van onbekwaamheid en korrupsie
beskuldig word, slegs hulle werk doen, is seker die beste
aanduiding tot dusver dat daar geen wil bestaan om die
landsadministrasie op 'n gesonde grondslag te plaas nie, en dui
alles daarop dat die finale ineenstorting moet volg, en dat daar
teen 'n verhaasde spoed op die afgrond afgestuur word.
Die feit dat Mandela die korrupsie en onbevoegdheid van sy
ministers kondoneer, beteken dat ook sy aansien wat hy onverdiend
geniet, daarmee heen is.
Re: Die Afrikaner: Mandela al erger in knyp oor lakse ministers [boodskap #6648 is 'n antwoord op boodskap #6641] So, 23 Junie 1996 00:00 Na vorige boodskap
Koos[1]  is tans af-lyn  Koos[1]
Boodskappe: 746
Geregistreer: Januarie 1996
Karma: 0
Senior Lid
Herstigte Nasionale Party/ Die Afrikaner wrote:

> Vanuit die nuutste uitgawe van Die Afrikaner, mondstuk van die Herstigte
> Nasionale Party.

> Meer berigte by http://www.hnp.org.za/afrikaner

> ************************************************************ ************
> Mandela al erger in knyp oor lakse ministers>>>

In die knyp by wie?
Vorige onderwerp: NP van Wyk Louw: Probleem vir liberaliste deur mnr Jaap Marais
Volgende onderwerp: wie kan help us....
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Wo Mei 15 11:04:29 MGT 2024