Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Algemeen » Koeitjies & kalfies » NP van Wyk Louw: Probleem vir liberaliste deur mnr Jaap Marais
NP van Wyk Louw: Probleem vir liberaliste deur mnr Jaap Marais [boodskap #6640] Sa, 22 Junie 1996 00:00
Herstigte Nasionale P[1]  is tans af-lyn  Herstigte Nasionale P[1]
Boodskappe: 38
Geregistreer: Junie 1996
Karma: 0
Volle Lid
Die onderstaande is 'n artikel wat in Die Afrikaner, die monstuk van die
Herstigte Nasionale Party, van 21 Junie 1996 verskyn het.

Dit is geskryf deur mnr. Jaap Marais, Leier van die HNP, na aanleiding van 'n
artikel deur dr PG du Plessis in Beeld van 11 Junie 1996.

Meer oor Die Afrikaner by http://www.hnp.org.za/afrikaner/

NP van Wyk Louw: probleem vir liberaliste
deur Jaap Marais

BY die negentigste herdenking van NP van Wyk Louw se geboortedag
het Beeld 'n artikel deur dr. PG du Plessis oor di‚ groot en
begaafde Afrikaner geplaas. Dit is 'n stuk, in ietwat ligte
trant meer oor die verskynsels in die "Nuwe" Suid-Afrika, as oor
NP van Wyk Louw se werk.
By die lesenswaardigheid van die aanbieding is daar byna
deurgaans die gevoel van 'n ongemaklikheid by die skrywer oor hoe
Louw in die konteks van die "Nuwe" Suid-Afrika gehanteer moet
word. Wat begryplik is by die skryf van 'n artikel vir Beeld.
Louw se nasionalisme en aristokratiese ideaal kan nie aangepas
word by die idioom van die verboepte neo-Proggies en
Amerikanofiele van Beeld, en die oor-die-skouer-kykery van die
verkleurde en vertraagde nuwe apartheidsvyande in die NP-NG-AB-
alliansie nie.
Du Plessis vermy dus om Louw te probeer inroep as getuie vir
die verdediging van die Verligtheid tot Verrotheid van die n -
Verwoerd-era. Hy is dus verstandiger as ander wat hulle daartoe
laat verlei het.
Heel moontlik het Beeld die artikel van dr. Du Plessis gevra
met die hoop dat hy in di‚ rigting sou skryf, want die egte NP
van Wyk Louw en Beeld se vertraagde Proggies en Hans-Yankees is
nie versoenbaar nie.
Du Plessis moes dus, soos verwag kon word, van 'n stuk wat
Beeld moes publiseer, "polities korrek" te werk gaan. Hy maak
dan ook sy beleefde buiging voor Mandela en druk die vereiste
paar note van 'n lofsang. Maar dan vat-vat hy liggies aan
misstande in die "Nuwe" Suid-Afrika wat nie juis tot lof van die
regeerder se regeervermo‰ is nie.
D¡t gedaan, moet die ander kant van "politieke korrektheid" ook
gestel word. Hy sˆ: "...aan die een kant tier die regses wat
jou so gehaat het, skud hulle kettings van magteloosheid, en haal
jou god-weet gedurig aan in swaar stemme."
Soos verwag kan word, is dit hier waar die verblind-deur-
verligtheid-groep se groot politieke sooibrand opstoot. Want
Louw se sterk Afrikanerskap en deurdagte nasionalisme is
heeltemal versoenbaar met wat as "regs" in die huidige
Afrikanerpolitiek bestempel word.
In sy essays in Lojale verset: "Die aristokratiese ideaal",
"Gelykmaak en rangordening", "Die ewige trek", praat 'n
nasionalis. In Die dieper reg en sy gedigte in Die halwe kring:
"Ons moet ook toorn hˆ", "By die monument", "Julle is die
oorheersers" tril dit van sterk volks- en vaderlandsverbondenheid
en 'n sterk historiese begeestering. Sy meesterwerk, Raka, kon
net geskep gewees het vanuit die denkstruktuur en visionˆre blik
van 'n nasionalis.
Natuurlik vind hierdie werk aanklank by Afrikaners wie se
Boere-intu‹sie nog nie verknoei is nie. Maar blykbaar wil Du
Plessis nie hˆ dat "regses" hierdie werk van Louw waardeer nie -
seker omdat dit in ander kringe verleentheid en ongemak skep.
Hy brandmerk hulle as "regses wat jou so gehaat het" en wat
gedurig aanhaal "met swaar stemme".
Vir 'n lekker potjiekos-geskel-en-geskinder kan d¡t seker
deurgaan. Maar van verband met die werklikheid is daar nie veel
hierin nie. Dit te betwyfel of Du Plessis bv. 'n enkele persoon
kan noem wat Louw "gehaat" het en hom gedurig aanhaal "met swaar
stem".
Wie hom aanhaal, is 'n verskeidenheid van mense wat waarskynlik
nooit enige persoonlike wrewel teen Louw gevoel het nie. Ekself
haal hom aan, maar ek doen dit vanaf die veertigerjare. En ek
was volgens heelwat getuies glo die eerste een wat Louw in die
Parlement aangehaal het in 'n toespraak in die vroe‰
sestigerjare.
Ek het egter saam met baie gesiene figure in die Afrikanerlewe,
op haas elke terrein, Louw se "Die pluimsaad waai ver" nie as 'n
gepaste stuk vir die Republiekfees van 1966 beskou nie. En omdat
dr. Verwoerd in sy toespraak by di‚ geleentheid ongoedkeurend
daarna verwys het, het dit 'n skerp verdelingslyn tussen hierdie
twee groot Afrikaners getrek. Dit het tot gevolg gehad dat
politieke, literˆre, kulturele, joernalistieke en kerklike figure
wat hulle met dr. Verwoerd vereenselwig het - met verontagsaming
van die saak - as persoonlike vyande van Louw voorgestel is - nou
al gerek tot "di‚ wat jou gehaat het".
Hierdie verloop rondom die "Pluimsaad" is skaamteloos uitgebuit
deur die liberaliste om 'n pro-Louw-sentiment in 'n anti-
Verwoerd-houding om te sit, en andersom. Daaruit het die
liberaliste van veral Nasionale Pers, met die hulp van 'n
verdwaalde Afrikaner by die Sunday Times, Hennie Serfontein, 'n
Pretoriagroep opgetower. Dit was 'n verlenging van die Suid-
Noord-wrywing wat al op verskeie ander terreine rookwolkies
opgestuur het en wat n  die sluipmoord op dr. Verwoerd met
roekelose minagting van die Afrikanervolk se lewensvoorwaardes
op die spits gedryf is om die Afrikanereenheid te versplinter en
die lewensmag van die land in verval te laat gaan as voorwaarde
vir die totstandkoming van die "Nuwe" Suid-Afrika.
Hierdie enigsins losse aanknoping by di‚ bespreking werp 'n
bietjie lig op die ingeboude aantyging van "haat" teenoor Louw.
Blykbaar is dit so 'n vaste deel van geprogrammeerde
ingenomendheid dat dit uitglip soos die drilsersant se
geliefkoosde vloekwoord op die paradegrond.
Om terug te kom na Louw en wat sy opvattings verteenwoordig,
teenoor die dinge wat vandag gangbare munt in die NP-NG-AB-
alliansie se onomkeerbare omgekeerdheid is, moet Louw se
"Liberale nasionalisme" nader getrek word. By die negentigste
herdenking van Louw se geboortedag sou belangrike dele van di‚
boek 'n goeie aanknoping vir 'n artikel gewees het in die lig van
dinge wat vandag tot dogma van die getransformeerde "Nasionale"
Party verhef is.
Die meeste van die woorde en begrippe wat 26 jaar na Louw se
dood in die Suid-Afrikaanse politiek rondgegooi word, was al in
sy tyd ter sake. En Louw het hom daaroor nie onbetuigd gelaat
nie.
Wat die hooggeroemde "demokrasie" betref, het hy in Liberale
nasionalisme onder andere geskryf: "Daar is geen staat vandag
wat nie totalitˆre trekke toon nie, net, almal dra die woord
'demokrasie' in hulle vaandel." So, Louw was nie verskrik deur
di‚ uithangbord nie.
Later sˆ hy: "Nee, eenvoudige meerderheidsregering is nie die
wese van demokrasie nie. Blote meerderheidsregering staan eintlik
nader aan die totalitarisme as aan demokrasie, dit is selfs al
'n vorm van diktatuur." Hierdie beskouing is volkome aanvaarbaar
vir wat tans as "regses" ge‰ien word. Maar vir die linkses wat
uit Verligtheid gegroei het, is di‚ Louw-opvatting taboe.
Oor 'n ander wesenlike saak sˆ hy: "Die skaakmat van
nasionaliteite kan op twee maniere be‰indig word: •f deur aparte
ontwikkeling van die verskillende groepe... •f deur die
'toeploeg' van minder talryke groepe." Dan betoog hy verder:
"Die meeste liberaliste is teen 'segregasie' gekant sonder om te
wil erken dat hulle die tweede alternatief aanvaar." Hier dui
hy in die huidige situasie aan dat di‚ wat nog die etiket van
Nasionale Party om die hals het, gewone liberaliste is.
Hy plaas hierdie liberaliste netjies in die raam waar hulle
hoort. "Om liberaal te wees," sˆ hy, "kom minstens vir die
Afrikaner... op nasionale selfmoord en individuele vernietiging
neer." Dit stem presies ooreen met wat in "regse" politiek
gangbaar is.
Met 'n helderheid van siening wat byna skokkend is, sˆ hy:
"Daar was - en daar sal weer wees - pogings om ons volk se
verworwendheid van 'n paar eeue dood te smoor, uit te wis; om al
die hoop en al die strewe van geslagte te laat ondergaan in 'n
vormlose volksbredie wat hom makliker na die wens van die groot
politieke en geldmagte van die wˆreld sal voeg... s¢ sou ons, die
Afrikaners, elkeen los kan voortbestaan, maar opgeneem in 'n
Angel-Saksiese of Bantoevolk." Hierdie visionˆre insig is die
werklikheid waarteen die Afrikanervolk nou worstel as gevolg van
die Afrikaanssprekende liberaliste se diefstal van die
"Nasionale" Party.
Rondom hierdie insig sˆ hy ook: "Daar was tye toe dit moontlik
gelyk het, miskien moontlik was, om die Afrikaner-probleem finaal
op te los, om ons toe te ploeg, toe te gooi..." en daarby
aansluitend: "om die Afrikaner tot 'n hulpelose minderheid in sy
eie land te maak."
Hierdie dinge wat Louw meer as veertig jaar gelede geskryf het,
is steeds die grondslag van "regse" politiek, omdat dit
nasionalisme adem. En dit beklemtoon tegelyk dat NP van Wyk Louw
as nasionalis nooit versoen kan word met die liberaliste wat
vandag voorgee om namens die Afrikanervolk te praat nie.
Dit is nie nodig om uit te wei oor ander aktuele sake waaroor
Louw in di‚ bundel geskryf het nie - dinge soos "menseregte" en
sensuur, byvoorbeeld. Die strydvrae waaroor hierin aanhalings
gemaak is, vorm die wese van die verskil tussen links en regs en
tussen liberalis en nasionalis. En alleen die polities
stiksienige sal nie kan waarneem dat Louw se tuiste aan die
regterkant is nie.
Vorige onderwerp: Afrikans sprekende Portugees
Volgende onderwerp: Die Afrikaner: Mandela al erger in knyp oor lakse ministers
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Wo Mei 15 11:29:56 MGT 2024