Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Algemeen » Koeitjies & kalfies » OPROEP AAN LESERS VAN HIERDIE NUUSGROEP
OPROEP AAN LESERS VAN HIERDIE NUUSGROEP [boodskap #6512] Sa, 01 Junie 1996 00:00 na volgende boodskap
Izak Bouwer  is tans af-lyn  Izak Bouwer
Boodskappe: 465
Geregistreer: Januarie 1996
Karma: 0
Senior Lid
AAN AL DIE LESERS VAN HIERDIE NUUSGROEP

Hierdie nuusgroep is besig om dood te gaan weens gebrek
aan bydraes. Ek maak dus 'n ernstige beroep op mense om
hulle solidariteit met die nuusgroep te wys deur op die nuus-
groep te pos. Oorspronklik het meer as 200 mense gestem
vir die ontstaan van die nuusgroep. Waar is hulle? Maak nie
saak wat julle pos nie. Laat net jou naam verskyn sodat ons
kan sien dat daar wel mense is wat dink hierdie nuusgroep
is 'n goeie ding.

Gloudina Bouwer
Re: OPROEP AAN LESERS VAN HIERDIE NUUSGROEP [boodskap #6530 is 'n antwoord op boodskap #6512] Ma, 03 Junie 1996 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
At de Lange  is tans af-lyn  At de Lange
Boodskappe: 297
Geregistreer: November 1995
Karma: 0
Senior Lid
In article iz...@igs.net (Izak Bouwer) writes:
> From: iz...@igs.net (Izak Bouwer)
> Subject: OPROEP AAN LESERS VAN HIERDIE NUUSGROEP
> Date: 1 Jun 1996 13:24:49 GMT


> AAN AL DIE LESERS VAN HIERDIE NUUSGROEP

> Hierdie nuusgroep is besig om dood te gaan weens gebrek
> aan bydraes. Ek maak dus 'n ernstige beroep op mense om
> hulle solidariteit met die nuusgroep te wys deur op die nuus-
> groep te pos. Oorspronklik het meer as 200 mense gestem
> vir die ontstaan van die nuusgroep. Waar is hulle? Maak nie
> saak wat julle pos nie. Laat net jou naam verskyn sodat ons
> kan sien dat daar wel mense is wat dink hierdie nuusgroep
> is 'n goeie ding.

> Gloudina Bouwer

Ek vereenselwig my volkome met jou oproep.

Ek weet nie eers of my bydrae op die nuusgroep sal verskyn nie. Hier by
ons (Universiteit Pretoria) werk Newsnet taamlik wisselvallig. Party dae
dink ek dat die probleem plaaslik is - en party dae dink ek dat dit by ons
datalyn na die buiteland l^e.

Ek het nog nooit op die Afrikaanse poslys ingeteken nie. Ek verstaan van
ander dat hierdie poslys baie goed ondersteun word. Gebeur dit nie dalk ten
koste van hiedie nuusgroep nie. Daar was 'n tyd wat Robert Wagenaar die
poslys ten dele op hiedie nuusgroep gedupliseer het, maar dit is ook verby.
Kan ons hoor waarom die Afrikaanse poslys eerder as hierdie nuusgroep
ondersteun word?

Daar is waarskynlik ook die probleem dat Afrikaanssprekendes eers hulle
voete moet vind in die nuwe bedeling. Hulle word beskuldig van alles wat
boos is in die land omdat hulle Apartheid ondersteun het en dat Apartheid
die oorsaak was van die verval in die land. Met ander woorde, hulle word
tot stilswye geintimideer. Kan ons hoor of mense hierdie intimidasie beleef
wanneer hulle in die OPENBAAR in afrikaans skryf?

Verder dink ek dat Afrikaanssprekendes weer tyd nodig het om te kan dink oor
wat die betekenis en waarde van mededelings in die moedertaal is. Hulle het
te lank die moedertaal voorreg blootweg as 'n lee slagspreuk gebruik. Eers
nadat hulle oortuig is, sal hulle weer die moedertaal ondersteun. Dit neem
tyd. Kan ons hoor hoeveel mense deur hierdie saak terug gehou word?

Ek dink ook dat daar 'n identiteitskrisis rondom die saak van Afrikanerskap
is. Wie en wat is 'n Afrikaner? Is Afrikaner en Boer sinoniem? Is enigiemand
wat Afrikaans praat 'n Afrikaner, of moet 'n mens die geskiedenis van die
godsdiens en die politiek bysleep? Ons taal werk so dat iemand wat
Afrikaans wil praat 'n Afrikaner genoem word. Maar as Afrikanerskap
eksklusief gemaak word, sal baie dit nie meer wil of kan gebruik nie. Laat
ons hoor hoeveel mense die eksklusiwiteit van Afrikanerskap as 'n
versperring beleef?

Ek wil my mening oor laasgenoede saak lug. Enigiemand wat Afrikaans besig EN
dit wil bevorder is 'n Afrikaner. Dis al. Godsdiens, politiek, herkoms en
burgerskap het niks met Afrikanerskap te doen nie. Hulle mag dus nie
Afrikanerskap toe"eien nie. Let op dat ek twee en net twee sake met
Afrikanerskap assosieer:
1 die gebruik van Afrikaans
2 die bevordering van Afrikaans
Dit is nie eers belangrik om die 'gebruik' en die 'bevordering' te
kwalifiseer nie. As iemand al sukkelende probeer om Afrikaans te besig, is
dit al goed genoeg. As iemand Afrikaans probeer benadeel of dit selfs nie
self wil bevorder nie, is dit 'n diskwalifikasie. 'n Afrikaner is dus iemand
wat Afrikaans gepraat wil hê waar dit ookal moontlik is. Dis al.

Beste groete
At de Lange
Pretoria
Re: OPROEP AAN LESERS VAN HIERDIE NUUSGROEP [boodskap #6531 is 'n antwoord op boodskap #6512] Ma, 03 Junie 1996 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Jean-Pierre Botha  is tans af-lyn  Jean-Pierre Botha
Boodskappe: 85
Geregistreer: Januarie 1996
Karma: 0
Volle Lid
In article , amde...@gold.up.ac.za
wrote:

> Ek weet nie eers of my bydrae op die nuusgroep sal verskyn nie. Hier by
> ons (Universiteit Pretoria) werk Newsnet taamlik wisselvallig. Party dae
> dink ek dat die probleem plaaslik is - en party dae dink ek dat dit by ons
> datalyn na die buiteland l^e.

Baie waar, - as ons netwerke op kampus die dag werk, werk die
"DNS"-bediener af, en as die werk is die datalyn na die buiteland toe
af....


> Daar is waarskynlik ook die probleem dat Afrikaanssprekendes eers hulle
> voete moet vind in die nuwe bedeling. Hulle word beskuldig van alles wat
> boos is in die land omdat hulle Apartheid ondersteun het en dat Apartheid
> die oorsaak was van die verval in die land. Met ander woorde, hulle word
> tot stilswye geintimideer. Kan ons hoor of mense hierdie intimidasie beleef
> wanneer hulle in die OPENBAAR in afrikaans skryf?

Is dit nie dalk eerder 'n geval van apatie nie...
Ons het mos nog Afrikaanse koerante, Afrikaans op TV (Wel - nou en
dan...), Afrikaanse skole (Tot nou toe nog...) en selfs 'n Afrikaanse
nuusgroep - hoekom sal ons nou bodder om nou nog iets Afrikaans op die
nuusgroep te sit...?
Iemand anders sal mos sorg...
Dit gaan dalk nog te goed met ons Afrikaners... Ons kla steen en been
dat almal nou Anti-Afrikaans is - maar ons voel dit nog nie aan ons eie
bas nie...


N.S.(Nie dat ek onder die illusie verkeer dat die "SABC"
(Nuwe-Suid-Afrikaans vir die ou SAUK) pro-Afrikaans is nie...)

--
Jaco de Ridder j...@scientia.up.ac.za
Dept Biochemie rid...@suntiger.ee.up.ac.za
http://suntiger.ee.up.ac.za/biodocs/afr/jaco.html
Re: OPROEP AAN LESERS VAN HIERDIE NUUSGROEP [boodskap #6532 is 'n antwoord op boodskap #6512] Ma, 03 Junie 1996 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
bri...  is tans af-lyn  bri...
Boodskappe: 10
Geregistreer: Mei 1996
Karma: 0
Junior Lid
iz...@igs.net (Izak Bouwer) wrote:


> AAN AL DIE LESERS VAN HIERDIE NUUSGROEP

> Hierdie nuusgroep is besig om dood te gaan weens gebrek
> aan bydraes. Ek maak dus 'n ernstige beroep op mense om
> hulle solidariteit met die nuusgroep te wys deur op die nuus-
> groep te pos. Oorspronklik het meer as 200 mense gestem
> vir die ontstaan van die nuusgroep. Waar is hulle? Maak nie
> saak wat julle pos nie. Laat net jou naam verskyn sodat ons
> kan sien dat daar wel mense is wat dink hierdie nuusgroep
> is 'n goeie ding.

> Gloudina Bouwer

Ek gee regtig nie om om hier in hierdie nuusgroep te pos nie. Maar
hier gaan op die oomblik nie veel aan nie. Lyk my die meeste mense is
maar in die alt.sex.* nuusgroepe. Kom ons begin iets kontroversieel
bespreek en dan sal daar gewoonlik iets gebeur.

Jamme oor die spelling, en enige iemand wat iets daaroor te se het
moet maar in hulle moer vlieg. Die afrikaanse taal vloek darem so
lekker.

Brian
idrand
R.S.A
Re: OPROEP AAN LESERS VAN HIERDIE NUUSGROEP [boodskap #6540 is 'n antwoord op boodskap #6512] Di, 04 Junie 1996 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
f...  is tans af-lyn  f...
Boodskappe: 18
Geregistreer: Januarie 1996
Karma: 0
Junior Lid
In article amde...@gold.up.ac.za writes:
> Ek dink ook dat daar 'n identiteitskrisis rondom die saak van Afrikanerskap
> is. Wie en wat is 'n Afrikaner? Is Afrikaner en Boer sinoniem? Is enigiemand
> wat Afrikaans praat 'n Afrikaner, of moet 'n mens die geskiedenis van die
> godsdiens en die politiek bysleep? Ons taal werk so dat iemand wat
> Afrikaans wil praat 'n Afrikaner genoem word. Maar as Afrikanerskap
> eksklusief gemaak word, sal baie dit nie meer wil of kan gebruik nie. Laat
> ons hoor hoeveel mense die eksklusiwiteit van Afrikanerskap as 'n
> versperring beleef?

> Ek wil my mening oor laasgenoede saak lug. Enigiemand wat Afrikaans besig EN
> dit wil bevorder is 'n Afrikaner. Dis al. Godsdiens, politiek, herkoms en
> burgerskap het niks met Afrikanerskap te doen nie. Hulle mag dus nie
> Afrikanerskap toe"eien nie. Let op dat ek twee en net twee sake met
> Afrikanerskap assosieer:
> 1 die gebruik van Afrikaans
> 2 die bevordering van Afrikaans

Mooi gesê At. Maar boeta, nou gaan jy darem ingewikkelde redenasies oor
Afrikanerskap op die lyf loop!

Groete
Christo van der Merwe
Re: OPROEP AAN LESERS VAN HIERDIE NUUSGROEP [boodskap #6552 is 'n antwoord op boodskap #6512] Wo, 05 Junie 1996 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Izak Bouwer  is tans af-lyn  Izak Bouwer
Boodskappe: 465
Geregistreer: Januarie 1996
Karma: 0
Senior Lid
In article , f...@ccnet.up.ac.za says...
>
> In article amde...@gold.up.ac.za writes:
>
>
>> Ek dink ook dat daar 'n identiteitskrisis rondom die saak van Afrikanerskap
>> is. Wie en wat is 'n Afrikaner? Is Afrikaner en Boer sinoniem? Is enigiemand
>> wat Afrikaans praat 'n Afrikaner, of moet 'n mens die geskiedenis van die
>> godsdiens en die politiek bysleep? Ons taal werk so dat iemand wat
>> Afrikaans wil praat 'n Afrikaner genoem word. Maar as Afrikanerskap
>> eksklusief gemaak word, sal baie dit nie meer wil of kan gebruik nie. Laat
>> ons hoor hoeveel mense die eksklusiwiteit van Afrikanerskap as 'n
>> versperring beleef?
>
>> Ek wil my mening oor laasgenoede saak lug. Enigiemand wat Afrikaans besig EN
>> dit wil bevorder is 'n Afrikaner. Dis al. Godsdiens, politiek, herkoms en
>> burgerskap het niks met Afrikanerskap te doen nie. Hulle mag dus nie
>> Afrikanerskap toe"eien nie. Let op dat ek twee en net twee sake met
>> Afrikanerskap assosieer:
>> 1 die gebruik van Afrikaans
>> 2 die bevordering van Afrikaans
>
> Mooi gesê At. Maar boeta, nou gaan jy darem ingewikkelde redenasies oor
> Afrikanerskap op die lyf loop!
>
> Groete
>
> Christo van der Merwe

Daar is twee groepe mense wat Afrikaans praat in Suid-Afrika:
(1) Die sogenaamde witvelliges, wat sy Afrikanerskap gevorm het
in reaksie op die aanslae wat Engeland en Engels gemaak het
op sy woonruimte en taal.
(2) Die sogenaamde bruinmense, wat geen tradisie van haat teen-
oor die Engelse het nie. Eerder het hulle die Engelse gaan sien
as aan hulle kant. Onthou vir Dr. Phillip en die London
Missionary Society. Die wit Afrikaner is geleer om hom te haat,
om sy werk te sien as een van die redes vir die Groot Trek.
Vir die bruinmense het die agitasie van die London Missionary
Society uitkoms gebring: wette is uiteindelik gemaak om hulle
ure van werk te bepaal, en hoeveel slae hulle wit base aan hulle
mag toedien as hulle iets verkeerd gedoen het.

Dit lyk vir my dat dit tyd sal neem voordat hierdie twee verskillende
persepsies van wat dit beteken om Afrikaner te wees nie meer saak
gaan maak nie. (As Afrikaner-wees bepaal word enkel deur 'n ge-
meenskaplike taal te praat.)

Gloudina Bouwer
Re: OPROEP AAN LESERS VAN HIERDIE NUUSGROEP [boodskap #6579 is 'n antwoord op boodskap #6512] Wo, 12 Junie 1996 00:00 Na vorige boodskap
M. Elizabeth Theron  is tans af-lyn  M. Elizabeth Theron
Boodskappe: 5
Geregistreer: Junie 1996
Karma: 0
Junior Lid
Ek antwoord graag op Gloudina se oproep om deel te neem aan die groep.

Ek is 'n argitek en woon en werk (heel lekker) in Florida - Amerika.

Daar is baie hier waarvan ons hou, o.a. die ekonomie, ens., maar ons mis
die kultuur, humor, Afrikaanse taal, en ons vriende en familie. Dis
darem maar heerlik om nou d.m.v. die Internet aan 'n Afrikaanse groep
soos hierdie te kan deelneem!!! Jammer van die paar snaakse ouens wat
soos altyd dinge probeer bederf met platvloersheid of rassisme. Ons sal
hulle maar ignoreer!

Groetnis van die sonskyn staat!

Izak Bouwer wrote:
>
> AAN AL DIE LESERS VAN HIERDIE NUUSGROEP
>
> Hierdie nuusgroep is besig om dood te gaan weens gebrek
> aan bydraes. Ek maak dus 'n ernstige beroep op mense om
> hulle solidariteit met die nuusgroep te wys deur op die nuus-
> groep te pos. Oorspronklik het meer as 200 mense gestem
> vir die ontstaan van die nuusgroep. Waar is hulle? Maak nie
> saak wat julle pos nie. Laat net jou naam verskyn sodat ons
> kan sien dat daar wel mense is wat dink hierdie nuusgroep
> is 'n goeie ding.
>
> Gloudina Bouwer
Vorige onderwerp: Afrikaans Stereo Naamsverandering
Volgende onderwerp: gee my redes hoekom ek nog hier moet bly.
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Wo Mei 15 13:27:17 MGT 2024