Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Algemeen » Koeitjies & kalfies » Nuusgroep
Nuusgroep [boodskap #6515] So, 02 Junie 1996 00:00 na volgende boodskap
user  is tans af-lyn  user
Boodskappe: 1
Geregistreer: Junie 1996
Karma: 0
Junior Lid
Ek dink dat hierdie nuusgroep moet bly sodat die Afrikaner kan wys dat
hy ook wil leef.
Re: Nuusgroep [boodskap #6523 is 'n antwoord op boodskap #6515] Ma, 03 Junie 1996 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
bri...  is tans af-lyn  bri...
Boodskappe: 10
Geregistreer: Mei 1996
Karma: 0
Junior Lid
ahar...@chat.carleton.ca (Andrew Harwood) wrote:

>

> [Jammer, verskoon my "rusty" taal assebl.]

dis nie 'n problem nie, 'n halwe taal is beter as geen taal nie en die
pure "afrikaners" kan maar 'n gesonde opelyf he as hulle wil.


> --------------------------------------SPRINGBOKS RULE THE WORLD-------
Stem volkome saam met die ^^^^^^^^^^^^^^^^^^^^^^^^^^^^^^^^^^^ net
jammer oor die super 12. Het jy dit daar ver gesien.

> ) /
> ANDREW HARWOOD .oooO (_/
> Environmental Engineering ( )

wat de hell is dit.
Re: Nuusgroep [boodskap #6524 is 'n antwoord op boodskap #6515] Ma, 03 Junie 1996 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Koos[1]  is tans af-lyn  Koos[1]
Boodskappe: 746
Geregistreer: Januarie 1996
Karma: 0
Senior Lid
bri...@iafrica.com (Brian v/d Westhuizen) wrote:

"Devils Advocate" speel en iets baie kontroversieel kwyt raak.>>[/color]


he,he....

Let's jive, brother.....
Re: Nuusgroep [boodskap #6525 is 'n antwoord op boodskap #6515] Ma, 03 Junie 1996 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Marius van der Spuy  is tans af-lyn  Marius van der Spuy
Boodskappe: 1
Geregistreer: Junie 1996
Karma: 0
Junior Lid
> Gloudina Bouwer het geskryf......

> Suid-Afrikaanse nuusgroep. Ek tel nou die dag
> 53 items op een van die �threads.� (Wat is tog
> die Afrikaans van die woord �thread.�) En daar

Hoe klink draad... of is dit te direk?
En iemand wat die heeltyd net beantwoord en nooit nuwe artikels pos
nie is dan noodwendig 'n draadsitter.

Groete
Re: Nuusgroep [boodskap #6526 is 'n antwoord op boodskap #6515] Ma, 03 Junie 1996 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
bri...  is tans af-lyn  bri...
Boodskappe: 10
Geregistreer: Mei 1996
Karma: 0
Junior Lid
dykh...@mail.global.co.za (user) wrote:

> Ek dink dat hierdie nuusgroep moet bly sodat die Afrikaner kan wys dat
> hy ook wil leef.

Dit is reg, maar kom ons begin iets bespreek.......
Brian
idrand
Re: Nuusgroep [boodskap #6527 is 'n antwoord op boodskap #6515] Ma, 03 Junie 1996 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Koos[1]  is tans af-lyn  Koos[1]
Boodskappe: 746
Geregistreer: Januarie 1996
Karma: 0
Senior Lid
bri...@iafrica.com (Brian v/d Westhuizen) wrote:

>

Ek gaan nou iets se wat waarskynlik gesien gaan word as bloot 'n
stukkie kontroverse om die nuusgrope te help.
Dit is waarskynlik omstrede, maar ek is baie ernstig daarmee.

Dit is vir my skandelik dat Afrikaanse mense niks van die
Waarheidskommissie wil weet nie.
Dat hulle wegdeins daarvoor en maak asof dit nie gebeur nie.

Asof die verlede met goedkoop reukwater toegegooi kan word.

As ons onsself wil red moet ons luister na wat daar gese word. MOet
ons dit in die oe kyk en dit erken en bespreek.
Maar ek dink nie Afrikaners het die "guts" daarvoor nie.
My ouma en oupa het hulle gatte af-gemoan oor hoe die Engelse hulle
behandel het.
My oupa en ouma se kinders en kleinkinders het hulle eie kampe gehad
en maak nou asof dit nie gebeur het nie.
Ons het monumente opgerig vir vroue en kinders van die kampe asof dit
uit die bleddie mode gegaan het om monumente op te rig.
Maar van die Waarheidskommissie wil ons niks hoor nie.
Afrikaners is beginselloos oor die dinge en in die algemeen sonder
veel grasie voor die verloop van die moderne geskiedenis.

Kan ons nie wakker word en ons eer vir ons jong kinders red nie?
Re: Nuusgroep [boodskap #6528 is 'n antwoord op boodskap #6515] Ma, 03 Junie 1996 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
bri...  is tans af-lyn  bri...
Boodskappe: 10
Geregistreer: Mei 1996
Karma: 0
Junior Lid
iz...@igs.net (Izak Bouwer) wrote:

>

> Ek hoop mense begin pos op hierdie nuusgroep
> in groter en groter getalle. Tot dan is ek vasbe-
> rade om te sien dat dit nooit heeltemal leeg is nie,
> selfs al moet ek alternatief psalms en gesange in-
> tik.

> Gloudina Bouwer


Net nie psalms en gesange nie. Asseblief ek smeek jou. Kom ons gesels
liewers oor iets anders. Enige voorstelle, anders gaan ek bietjie
"Devils Advocate" speel en iets baie kontroversieel kwyt raak.

Brian
idrand
Re: Nuusgroep [boodskap #6535 is 'n antwoord op boodskap #6515] Di, 04 Junie 1996 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Izak Bouwer  is tans af-lyn  Izak Bouwer
Boodskappe: 465
Geregistreer: Januarie 1996
Karma: 0
Senior Lid
In article , ev...@aztec.co.za says...


Ja, as erens na die Boere-oorlog daar iets soos 'n Waarheids-
kommissie was waar die onregte ontbloot en verwerk kon word,
dan het die Afrikaner miskien nie later gesit met die wonde wat
hy gelek het en gelek het nie.

En dan was daar nie daardie gedetermineerdheid om weer aan die
bewind van sake te kom nie.

En toe hy aan bewind van sake kom, toe is hy nie veel beter as die
Engelsman nie.

Ek dink die Afrikaner moet bly wees daar is 'n Waarheidskommissie.
Dit bevestig die Christelike filosofie dat wanneer 'n mens jou sondes
bieg, daar vergifnis is.

Gloudina Bouwer
Re: Nuusgroep [boodskap #6536 is 'n antwoord op boodskap #6515] Di, 04 Junie 1996 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Koos[1]  is tans af-lyn  Koos[1]
Boodskappe: 746
Geregistreer: Januarie 1996
Karma: 0
Senior Lid
Charl Durand wrote:


verantwoordelikheid. Jy kan nie die eer vir jou kinders red nie.>>>[/color]

Ek kan hulle 'n tradisie laat wat dalk geraadpleeg kan word as hulle
wil.


En nou my klein klippie in die bos: Die Afrikaner se nasieskap is
op't einde, vrinne. Ons is nou
> bloot Afrikane wat 'n taal deel. Daar is so weinig gemene kulturele elemente oor dat ek as sg
> Afrikaner my net dood eenvoudig nerens meer tuis voel nie.>>

Ek voel my tuis in 'n Opperman/VW Louw/Breyten gedig.
En saam met my kinders voel ek my ook tuis in 'n David
Kramer-liedjie.
Dis die tuisland wat tel.
En hy kan verbreed om die Walliesers ook in te sluit wanneer ek
Dylan Thomas lees.
Re: Nuusgroep [boodskap #6537 is 'n antwoord op boodskap #6515] Di, 04 Junie 1996 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Vra Maar Net[2]  is tans af-lyn  Vra Maar Net[2]
Boodskappe: 1
Geregistreer: Junie 1996
Karma: 0
Junior Lid
In article ,
bri...@iafrica.com (Brian v/d Westhuizen) wrote:
> ahar...@chat.carleton.ca (Andrew Harwood) wrote:
>
>>
>
>> [Jammer, verskoon my "rusty" taal assebl.]
>
> dis nie 'n problem nie, 'n halwe taal is beter as geen taal nie en die
> pure "afrikaners" kan maar 'n gesonde opelyf he as hulle wil.
-------------------

Bedoel jy nie dalk "Stoere boere" nie? Ek is byvoorbeeld 'n pure
Afrikaner, maar wragtag nie 'n stoere boer nie.


--
Vra Maar Net

Re: Nuusgroep [boodskap #6538 is 'n antwoord op boodskap #6515] Di, 04 Junie 1996 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Charl Durand  is tans af-lyn  Charl Durand
Boodskappe: 55
Geregistreer: Januarie 1996
Karma: 0
Volle Lid
Koos wrote:

> Dit is vir my skandelik dat Afrikaanse mense niks van die
> Waarheidskommissie wil weet nie.
> Dat hulle wegdeins daarvoor en maak asof dit nie gebeur nie.
>

Ek sou graag wou sien dat die verlede oopgevlek word bv in kuns, in teater ens. Miskien iets soos
die grensteater en letterkunde van 'n paar jaar gelede, want ek stem saam, die Afrikaner sit met
so 'n lot angst wat nerens uiting vind nie. Maar: watter politikus van watter orientasie ookal is
so grootmoedig om sy sondes te gaan bieg?. Ek meen, die ANC staan ook nou nie eintlik tou om na
vore te kom met hulle geraamtes nie. Dis nie net die Afrikaner nie, dis die ou mensdom.



> As ons onsself wil red moet ons luister na wat daar gese word. Moet
> ons dit in die oe kyk en dit erken en bespreek.

Geskiedenis beteken vandat zip. Die collective consciousness verbreed, maar dit vervlak ook. En
die propaganda van die sewentigs en tagtigs was so effektief, so alomteenwoordig, dat die
Afrikaner soos Rip van Winkel in die negentigs wakkergeskrik het en niks kan onthou nie, "want
hulle het dan nie geweet nie".


> My ouma en oupa het hulle gatte af-gemoan oor hoe die Engelse hulle
> behandel het.

Imagine hoe sou die Afrikaner tougestaan het in 'n boereoorlog waarheidskomissie...


> Ons het monumente opgerig vir vroue en kinders van die kampe asof dit
> uit die bleddie mode gegaan het om monumente op te rig.

oenie worry nie, dit kom nog. Maar vandag moet die serfverheerliking baie meer subtiel wees,
want die checks en balances van die media is baie sterk, en die histeriese mag van ideologie is
aan't afsterf. En wat was beelde en goeters anders as 'n simptoom daarvan. So om die eerste
helfte van die eeu met nou te vergelyk in terme daarvan is moeilik.


> Kan ons nie wakker word en ons eer vir ons jong kinders red nie?

Die eer van 'n individu is besig om weg te skuif van die kollektief na persoonlike
verantwoordelikheid. Jy kan nie die eer vir jou kinders red nie. Leer hulle liewers om
verantwoordelikheid vir hulself en hul omgewing te neem, en dat politici fokkol gaan doen vir hul
heil. Question authority.

En nou my klein klippie in die bos: Die Afrikaner se nasieskap is op't einde, vrinne. Ons is nou
bloot Afrikane wat 'n taal deel. Daar is so weinig gemene kulturele elemente oor dat ek as sg
Afrikaner my net dood eenvoudig nerens meer tuis voel nie. My kinders gaan hulself baie defnitief
nie meer Afrikaners noem nie.

Groetnis, Charl

--
Re: Nuusgroep [boodskap #6541 is 'n antwoord op boodskap #6515] Wo, 05 Junie 1996 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
bri...  is tans af-lyn  bri...
Boodskappe: 10
Geregistreer: Mei 1996
Karma: 0
Junior Lid
fe...@is.co.za (Koos) wrote:

> bri...@iafrica.com (Brian v/d Westhuizen) wrote:

> > "Devils Advocate" speel en iets baie kontroversieel kwyt raak.>>


> he,he....

> Let's jive, brother.....

Sal bietjie aan iets dink wat julle aan die gang kan kry.
Soos bv die verkrampgeit van sommige afrikaners.

Brian
Re: Nuusgroep [boodskap #6542 is 'n antwoord op boodskap #6515] Wo, 05 Junie 1996 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Koos[1]  is tans af-lyn  Koos[1]
Boodskappe: 746
Geregistreer: Januarie 1996
Karma: 0
Senior Lid
iz...@igs.net (Izak Bouwer) wrote:

enigiets vir hom te se, selfs al kwes dit soms, is heelwaarskyn-[/color]
> lik toe te skryf aan die feit ...>>>>>

By the way, sy ouma was 'n Afrikaanse boere-antie van Ladysmith.
Re: Nuusgroep [boodskap #6543 is 'n antwoord op boodskap #6515] Wo, 05 Junie 1996 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Izak Bouwer  is tans af-lyn  Izak Bouwer
Boodskappe: 465
Geregistreer: Januarie 1996
Karma: 0
Senior Lid
>
> voel ek my ook tuis in 'n David
> Kramer-liedjie.
> Dis die tuisland wat tel.
>

Hoekom die Afrikaner vir David Kramer toelaat om omtrent
enigiets vir hom te se, selfs al kwes dit soms, is heelwaarskyn-
lik toe te skryf aan die feit dat Kramer so 'n verkleurmannetjie-
agtergrond het: ons weet sy taal is eintlik Engels, maar hy is ook
nie werklik Engels nie (hy�s 'n Jood, en Afrikaners hou van Jode).
Dan sing hy in 'n soort Afrikaanse Engels, of 'n bruinmens-Engels,
of in bruinmens Afrikaans, of in Afrikaner-Afrikaans (beide van
die middelklas en laermiddelklas soort.) En dan sing hy oor dinge
wat mense raak, diep raak. Ons vertrou vir Dawid Kramer. Hy is
vir my 'n ware Afrikaner.

Gloudina Bouwer
Re: Nuusgroep [boodskap #6544 is 'n antwoord op boodskap #6515] Wo, 05 Junie 1996 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
bri...  is tans af-lyn  bri...
Boodskappe: 10
Geregistreer: Mei 1996
Karma: 0
Junior Lid
mvds...@iafrica.com (Marius van der Spuy) wrote:

>> Gloudina Bouwer het geskryf......

>> Suid-Afrikaanse nuusgroep. Ek tel nou die dag
>> 53 items op een van die �threads.� (Wat is tog
>> die Afrikaans van die woord �thread.�) En daar

> Hoe klink draad... of is dit te direk?
> En iemand wat die heeltyd net beantwoord en nooit nuwe artikels pos
> nie is dan noodwendig 'n draadsitter.

Of meskien 'n draad trekker................

brian
Re: Nuusgroep [boodskap #6545 is 'n antwoord op boodskap #6515] Wo, 05 Junie 1996 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Anonymous  is tans af-lyn  Anonymous
Boodskappe: 24
Geregistreer: Junie 1996
Karma: 0
Junior Lid
In article ,
bri...@iafrica.com (Brian v/d Westhuizen) wrote:
>
>> Bedoel jy nie dalk "Stoere boere" nie? Ek is byvoorbeeld 'n pure
>> Afrikaner, maar wragtag nie 'n stoere boer nie.
>
> Jammer,
> Ek bedoel stoere boere en hulle proper afrikaans.
>

Sorry man. Dit was einlik as 'n joke bedoel en nie as kritiek op jou
taalgebruik nie. Ek is wragtag ook nie een wat my uitsit vir proper
Afrikaans nie.
Re: Nuusgroep [boodskap #6546 is 'n antwoord op boodskap #6515] Wo, 05 Junie 1996 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
bri...  is tans af-lyn  bri...
Boodskappe: 10
Geregistreer: Mei 1996
Karma: 0
Junior Lid
v...@srv.can.ac.za (Vra Maar Net) wrote:

> In article ,
> bri...@iafrica.com (Brian v/d Westhuizen) wrote:
>> ahar...@chat.carleton.ca (Andrew Harwood) wrote:
>>
>>>
>>
>>> [Jammer, verskoon my "rusty" taal assebl.]
>>
>> dis nie 'n problem nie, 'n halwe taal is beter as geen taal nie en die
>> pure "afrikaners" kan maar 'n gesonde opelyf he as hulle wil.
> -------------------

> Bedoel jy nie dalk "Stoere boere" nie? Ek is byvoorbeeld 'n pure
> Afrikaner, maar wragtag nie 'n stoere boer nie.

Jammer,
Ek bedoel stoere boere en hulle proper afrikaans.


Se maar net
Brian
Re: Nuusgroep [boodskap #9367 is 'n antwoord op boodskap #6515] Vr, 16 Mei 1997 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Skebenga  is tans af-lyn  Skebenga
Boodskappe: 3
Geregistreer: Mei 1997
Karma: 0
Junior Lid
AM de Lange wrote:

>
> Die hele saak is begin deur 'n Nederlander Robert Wagenaar, as ek reg
> onthou. Hy was geweldig die saak van Afrikaans op 'n onbaatsugtige
> goedgesind. Die eerste voorstel was vir SOC.CULTURE.AFRIKAANS. Ons
> moes die aftog blaas weens 'n onbenullige en skandalige tegniese punt met
> 'n meerderheid van JA stemme. Ons het uiteindelik weer met
> S.C.S-A.AFRIKAANS probeer. Dit het, soos jy sien, ons wel geluk.
>
Hoe dit ook al sy, gelukkig het ons 'n ou holtetjie uitgewikkel. Wat my
interesseer, is dat die woord "Afrikaans" lyk my inbreuk maak op die
Ebonics-sprekers se spelling van "african". Hierdie spulletjie
ontwortelde
afrikane, sonder heimat, taal of hoop, kry skynbaar bevrediging uit die
opstook
van kwaai stryery. En hoe maklik is dit nie om die boere se bloed te
laat kook nie... Paranoies of te nie, is dit vir 'n enkeling met 'n
AOL rekening en oorvloed tyd moontlik om 'n forum soos hierdie gou-gou
in ligtelaaie te laat opgaan. In plaas van gesprek en meelewing het ons
dan
argument en konflik - net wat die "vyand" wil h^e? Nee, rasionele rede
het daar niks mee te doen nie - spaar julself die tyd en moeite, 'n
argument met 'n Totmes of Oguocha het geen end nie. Dalk is daar egter
wel plek vir 'n alt.afrikaans - waar 'n mens 'n groot knopkierie sal
kan swaai!
--
Inus
Re: Nuusgroep [boodskap #18600 is 'n antwoord op boodskap #6515] Ma, 26 Oktober 1998 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Hans  is tans af-lyn  Hans
Boodskappe: 68
Geregistreer: September 1998
Karma: 0
Volle Lid
Leendert van Oostrum wrote in message ...
> Henri Burger wrote in message ...
>> As 'n relatiewe laatkommer op hierdie groep, stel ek nogal belang om meer
> te weet oor sy ontstaan.
>>

Ditto vir myself............

Leendert,
Baie dankie vir die rigtingwyser na die NG se ontstaan. Ek haal my hoed af
vir die mense wat bereid was om iets te DOEN om 'n nuusgroep daar te stel en
vir die wat Afrikaans op die Net tans bevorder.

Wonder net hoeveel van die oorspronklike "ja" stemme nog teenwoordig is.
'n Tydjie gelede was daar 'n sensus tema maar hoe suksesvol dit as
tellingsmaatstaf was, is nie duidelik nie. Is daar ander statistiek
beskikbaar oor hoe hierdie NG aangewend / besoek word ??

Vriendelike Suidwester - oeps, Namibiese groete
(Die water in die adres is om spammers te versuip)
Re: Nuusgroep [boodskap #18624 is 'n antwoord op boodskap #6515] Di, 27 Oktober 1998 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Leendert van Oostrum  is tans af-lyn  Leendert van Oostrum
Boodskappe: 1880
Geregistreer: Julie 2000
Karma: 0
Senior Lid
Henri Burger wrote in message ...

> As 'n relatiewe laatkommer op hierdie groep, stel ek nogal belang om meer te
> weet oor sy ontstaan.
>
> Wie was die voorsteller, wat was die rasionale en 'charter'. Hoe het die
> debat verloop, en wat was die argumente?
>
> Iemand wat my kan inlig? Gloudina? Leendert?

Henri, Kyk by:
http://unix.hensa.ac.uk/ftp/mirrors/uunet/usenet/news.announ ce.newgroups/soc
/soc.culture.south-africa.afrikaans

Baie van die storie is daar, maar onthou net dit was die laaste deel van die
storie - die eerste poging was om soc.culture.afrikaans te stig. Dit het
gefaal, weens weerstand, veral uit soc.culture.south-africa en
soc.culture.africa. Daardie was 'n baie lelike geveg.

Groete, Leendert
Re: Nuusgroep [boodskap #18666 is 'n antwoord op boodskap #6515] Wo, 28 Oktober 1998 00:00 Na vorige boodskap
Leendert van Oostrum  is tans af-lyn  Leendert van Oostrum
Boodskappe: 1880
Geregistreer: Julie 2000
Karma: 0
Senior Lid
Hans wrote in message ...

> Wonder net hoeveel van die oorspronklike "ja" stemme nog teenwoordig is.
> 'n Tydjie gelede was daar 'n sensus tema maar hoe suksesvol dit as
> tellingsmaatstaf was, is nie duidelik nie. Is daar ander statistiek
> beskikbaar oor hoe hierdie NG aangewend / besoek word ??

Ek dink jy sal die argief van die nuusgroep (toeganklik via dejanews) nuttig
vind om hierdie soort navorsing op te doen :-)

> Vriendelike Suidwester - oeps, Namibiese groete

Hmmmm..... Ja. Ek het in Walvisbaai matriek geskryf. Ek verstaan die
voertaal is nou Engels in daardie skool.

Groete, Leendert
Vorige onderwerp: Re: petrolbommetjie
Volgende onderwerp: GCSE AFRIKAANS IN ENGELAND
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Vr Mei 17 10:45:44 MGT 2024