Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Algemeen » Koeitjies & kalfies » GCSE AFRIKAANS IN ENGELAND
GCSE AFRIKAANS IN ENGELAND [boodskap #18584] So, 25 Oktober 1998 00:00 na volgende boodskap
rana  is tans af-lyn  rana
Boodskappe: 25
Geregistreer: Desember 1996
Karma: 0
Junior Lid
WAARDEVOLLE INLIGTING AAN SA OUERS OORSEE

Die University of Cambridge Local Examinations Syndicate (UCLES)
bied nou verskeie opsies vir Afrikaans eksamens, vir diegene van
julle wat geinteresseerd is.

Jy sal die inisiatief moet neem en die skool versoek om jou kind in te
skryf vir hierdie eksamen. Die kanse is skraal dat dit van die skool se
kant sal kom. Dis 'n relatief nuwe kursus en skole is nie deurgaans
bewus daarvan nie, of hulle is dalk nie so spesifiek ingestel op die
behoeftes van die Suid-Afrikaanse leerlinge nie.

Ons woon in Engeland en twee van my kinders (15 en 12) het sopas hulle
Afrikaans GCSE eksamen voltooi. Die ander twee skryf eersdaags hulle A-
level Afrikaans eksamen. 'n Afrikaanssprekende kind kan die Afrikaans
Tweede Taal eksamen aflê sonder enige klasse vooraf, want dit toets
hoofsaaklik die kind se vermoë om Afrikaans te lees en te verstaan, en
om sinvol te kan antwoord. Dit bestaan uit 'n mondelinge eksamen van
30min., en twee skriftelike vraestelle van onderskeidelik 1.5 uur en 2
ure. Dit kan in die plek van 'n Modern Foreign Language geskryf word, of
as 'n ekstra vak.

Ek beantwoord graag navrae.

Groete,
Rana
--
rana
Re: GCSE AFRIKAANS IN ENGELAND [boodskap #18597 is 'n antwoord op boodskap #18584] Ma, 26 Oktober 1998 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
rana  is tans af-lyn  rana
Boodskappe: 25
Geregistreer: Desember 1996
Karma: 0
Junior Lid
In article , Leendert van Oostrum
writes
> (My eie indruk is dat
> die Cambridge-weergawe ook maar afgestem is op 'n standaard wat geskik is
> vir "derde wêreld" -verwagtinge.)
>
> In elk geval, ek vermoed dat Cambridge se beskikbaarstelling van Afrikaans
> as vak, ook elders in die Engelssprekende wêreld, ontwikkel het uit hierdie
> program.
>
> Groete, Leendert

Dankie Leendert, dis baie interessant, ja.

Die Afrikaans Tweede Taal standaard is relatief hoog, myns insiens, en
dis duidelik gemik op Suid-Afrikaanse/Namibiese eksamenkandidate. Die
standaard is byvoorbeeld 'totentaal' bokant die vermoë van 'n Engels
moedertaal spreker wat in Engeland grootgeword het en eers op agt- of
tien jarige ouderdom begin Afrikaans leer het. Dis ook baie baie hoër
as die standaard van die Modern Foreign Language (normaalweg Frans/
Spaans/Duits) GCSE vraestelle hier in Engeland.

Ek spekuleer ook nou maar.. maar ek vermoed die UCLES Afrikaans word wyd
in Namibië gebruik. Die aksent van die sprekers op die bandjie wat
gebruik word vir 'luister begrip' is 'n Rehoboth/Suid-Namibiese aksent.

Groete,
Rana

--
rana
Re: GCSE AFRIKAANS IN ENGELAND [boodskap #18618 is 'n antwoord op boodskap #18584] Di, 27 Oktober 1998 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Leendert van Oostrum  is tans af-lyn  Leendert van Oostrum
Boodskappe: 1880
Geregistreer: Julie 2000
Karma: 0
Senior Lid
rana wrote in message ...
> WAARDEVOLLE INLIGTING AAN SA OUERS OORSEE
>
> Die University of Cambridge Local Examinations Syndicate (UCLES)
> bied nou verskeie opsies vir Afrikaans eksamens, vir diegene van
> julle wat geinteresseerd is.

Hmmm...... Ja.

Cambridge het hier in Suid-Afrika ook nou op die tuisonderwyswa geklouter en
bied kursusse aan vir hul "matriek"-eksamen vir studente in tuisonderwys.

Plaaslik opereer hulle onder die naam Cambridge Alternative Learning
Programme (Calp) en is in Kaapstad gesentreer. Elders in die land bied
verskeie instellings die program aan op 'n agentskap-basis.
Hoewel die program natuurlik in die medium van Engels aangebied word, kies
baie kinders in tuisonderwys en privaatskole dit, omdat hulle geen vertroue
meer het in die Suid-Afrikaanse matriekstandaard nie. (My eie indruk is dat
die Cambridge-weergawe ook maar afgestem is op 'n standaard wat geskik is
vir "derde wêreld" -verwagtinge.)

In elk geval, ek vermoed dat Cambridge se beskikbaarstelling van Afrikaans
as vak, ook elders in die Engelssprekende wêreld, ontwikkel het uit hierdie
program.

Groete, Leendert
Re: GCSE AFRIKAANS IN ENGELAND [boodskap #18619 is 'n antwoord op boodskap #18584] Di, 27 Oktober 1998 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
G.B.  is tans af-lyn  G.B.
Boodskappe: 2179
Geregistreer: Mei 1997
Karma: 0
Senior Lid
rana writes:

Leendert van Oostrum
writes
>> (My eie indruk is dat
>> die Cambridge-weergawe ook maar afgestem is op 'n standaard wat geskik is
>> vir "derde wêreld" -verwagtinge.)
>>
>> In elk geval, ek vermoed dat Cambridge se beskikbaarstelling van Afrikaans
>> as vak, ook elders in die Engelssprekende wêreld, ontwikkel het uit hierdie
>> program.
>>
>> Groete, Leendert
>
> Dankie Leendert, dis baie interessant, ja.
>
> Die Afrikaans Tweede Taal standaard is relatief hoog, myns insiens, en
> dis duidelik gemik op Suid-Afrikaanse/Namibiese eksamenkandidate. Die
> standaard is byvoorbeeld 'totentaal' bokant die vermoë van 'n Engels
> moedertaal spreker wat in Engeland grootgeword het en eers op agt- of
> tien jarige ouderdom begin Afrikaans leer het. Dis ook baie baie hoër
> as die standaard van die Modern Foreign Language (normaalweg Frans/
> Spaans/Duits) GCSE vraestelle hier in Engeland.

Ek is nie seker of die program waarvan julle
praat iets nuuts is nie, en of dit nie maar
net die voortsetting is van die ou Cambridge-
matriekeksamen wat meeste private skole in
SA in my tyd geskryf het nie. Die standaard
in daardie stelsel was veeleisend en het
baie meer van die studente verwag as byvoor-
beeld die eksamens van die wit provinsiale
skole. Dit het daartoe gelei dat swart en
bruin (en wit privaatskoolkinders) baie
moeiliker hulle Matriek kon deurkom as die
deursnee wit kind. Ek was in 'n skool
(Healdtown, Mandela se ou sekondere skool)
waar hulle eers die Cambridge-eksamens
geskryf het, en toe moes (gedwonge weens die
oorname deur Bantoe-Onderwys) oorslaan na
die Bantoe-Onderwys Senior Sertifikaat
eksamens. Dit was heeltemal belaglik. Die
een jaar het ons maar die gewone uitslae
gekry - die swaar deurkom, die min goeie
uitslae van die Cambridge-eksamens. Die
volgende jaar was daar tonne goeie uitslae,
en baie min kinders wat gedop het. Dis hierdie
soort ding wat soveel wantrou onder swart
leerlinge teenoor Bantoe-Onderwys veroorsaak
het. Hulle het gemerk dat die standaarde
verlaag het. Min het hulle geweet dat hulle
maar net ongeveer die standaarde van die
wit Transvaalse Senior Sertifikaat volg,
waar kinders al vir al die jare maklik
deurgekom het.

Gloudina
Re: GCSE AFRIKAANS IN ENGELAND [boodskap #18661 is 'n antwoord op boodskap #18584] Wo, 28 Oktober 1998 00:00 Na vorige boodskap
Leendert van Oostrum  is tans af-lyn  Leendert van Oostrum
Boodskappe: 1880
Geregistreer: Julie 2000
Karma: 0
Senior Lid
@igs.net wrote in message ...

> Ek is nie seker of die program waarvan julle
> praat iets nuuts is nie, en of dit nie maar
> net die voortsetting is van die ou Cambridge-
> matriekeksamen wat meeste private skole in
> SA in my tyd geskryf het nie.

Dis die politiekgekorrigeerde weergawe daarvan.

> Die standaard
> in daardie stelsel was veeleisend en het
> baie meer van die studente verwag as byvoor-
> beeld die eksamens van die wit provinsiale
> skole. Dit het daartoe gelei dat swart en
> bruin (en wit privaatskoolkinders) baie
> moeiliker hulle Matriek kon deurkom as die
> deursnee wit kind. Ek was in 'n skool
> (Healdtown, Mandela se ou sekondere skool)
> waar hulle eers die Cambridge-eksamens
> geskryf het, en toe moes (gedwonge weens die
> oorname deur Bantoe-Onderwys) oorslaan na
> die Bantoe-Onderwys Senior Sertifikaat
> eksamens. Dit was heeltemal belaglik.

Snaaks. Een van die eerste dinge wat die ANC-regering ook gedoen het was om
private skole te begin oorneem. Hulle gebruik toe presies dieselfde argument
wat Verwoerd gebruik het, nl dat skole wat 90% deur die staat befonds word,
in elkgeval staatskole is, en dus onder staatsbeheer moet wees. Die Roomse
kerk het op hierdie wyse omtrent al sy skole aan Bengu se departement moes
oormaak.

> Die
> een jaar het ons maar die gewone uitslae
> gekry - die swaar deurkom, die min goeie
> uitslae van die Cambridge-eksamens. Die
> volgende jaar was daar tonne goeie uitslae,
> en baie min kinders wat gedop het. Dis hierdie
> soort ding wat soveel wantrou onder swart
> leerlinge teenoor Bantoe-Onderwys veroorsaak
> het. Hulle het gemerk dat die standaarde
> verlaag het. Min het hulle geweet dat hulle
> maar net ongeveer die standaarde van die
> wit Transvaalse Senior Sertifikaat volg,
> waar kinders al vir al die jare maklik
> deurgekom het.

Ek sien. Bantu Education se matriek was dus van dieselfde standaard as die
TOD s'n? En die kinders het dit maklik deurgekom?

Kan ek jou hieroor aanhaal?

Vriendelike groete, Leendert
Re: GCSE AFRIKAANS IN ENGELAND [boodskap #18662 is 'n antwoord op boodskap #18584] Wo, 28 Oktober 1998 00:00 Na vorige boodskap
Leendert van Oostrum  is tans af-lyn  Leendert van Oostrum
Boodskappe: 1880
Geregistreer: Julie 2000
Karma: 0
Senior Lid
rana wrote in message ...

> Ek spekuleer ook nou maar.. maar ek vermoed die UCLES Afrikaans word wyd
> in Namibië gebruik. Die aksent van die sprekers op die bandjie wat
> gebruik word vir 'luister begrip' is 'n Rehoboth/Suid-Namibiese aksent.

Jy is natuurlik 100% reg. Ek het vegeet. Namibië het 'n skoolbeleid dat alle
onderwys na die funderingsfase deur medium van Engels moet geskied, maar jy
kan natuurlik Afrikaans as vak neem. Hulle het ook oorgeskakel na die
Cambridge stelsel (soos wat Zimbabwe dit gebruik) en hulle skryf die
"Cambridge matriek". Soos ek verstaan, doen hulle dit egter net op
"O-level", met die gevolg dat dit nie op sigself toegang gee tot
Suid-Afrikaanse universiteite nie.

Groete, Leendert
Vorige onderwerp: Nuusgroep
Volgende onderwerp: Soms is ek skaam
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: So Mei 19 04:31:18 MGT 2024