Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Algemeen » Koeitjies & kalfies » Re: Die Afrikaner: Jaap Marais: 1999 jaar van beslissing
Re: Die Afrikaner: Jaap Marais: 1999 jaar van beslissing [boodskap #6495] Vr, 24 Mei 1996 00:00
Mike Wood  is tans af-lyn  Mike Wood
Boodskappe: 4
Geregistreer: Mei 1996
Karma: 0
Junior Lid
In article Herstigte Nasionale Party/ Die Afrikaner writes:
> From: Herstigte Nasionale Party/ Die Afrikaner
> Subject: Die Afrikaner: Jaap Marais: 1999 jaar van beslissing
> Date: Fri, 24 May 1996 23:13:51 -0700

> Uittreksel vanuit Die Afrikaner van 24 - 30 Mei 1996. Die Afrikaner is die
> lyfblad van die Herstigte Nasionale Party (HNP).

> **********************************************************

> Jaap Marais: 1999 jaar van beslissing

> DIE jaar 1999 word al belangriker as 'n teikendatum vir die
> herlewing van Afrikanernasionalisme, het mnr. Jaap Marais laat
> blyk tydens die afgelope Hoofbestuursvergadering van die HNP op
> Saterdag 18 Mei in Pretoria. Mnr. Marais het daarop gewys dat
> die bedreiging vir die Afrikaner nie net op daardie stadium sy
> hoogtepunt gaan bereik nie, maar ook dat die herdenking van die
> uitbreek van die Tweede Vryheidsoorlog 'n besliste uitwerking op
> die loop van gebeure gaan hê.
> Daar is reeds aanduidings dat die ANC-Zoeloe-botsing teen
> daardie jaar sy toppunt gaan bereik, die volgende kommunistiese
> verkiesing moet in daardie jaar plaasvind, en die aanduidings is
> dat die vervolging deur die Tutu-kommissie ook teen daardie tyd
> sy hoogtepunt gaan bereik. Die aangepaste tydskale dui daarop
> dat die Tutu-kommissie nie sy werk binne die bestemde tyd van 18
> maande afgehandel sal hê nie, dit is reeds tot twee jaar verleng,
> en dit sal ook die jaar daarna voortgesit moet word. Dan is dit
> die jaar 1999.
> Die HNP het aangedui dat 1999 die einde van die eerste
> driejaar-plan is om te ywer vir die herwinning van die Afrikaner
> se vryheid. Dit is dus veral vir die Afrikaner 'n hoogtepunt-
> jaar waartydens hy sal moet bewys dat dit hom erns is om dit wat
> hy verloor het, weer terug te wen.
> Mnr. Marais was baie stellig daaroor dat die Afrikaner sal moet
> terugvat dit wat van hom geroof is die afgelope paar jaar.
> 1999 gaan die jaar van die groot botsing wees. Die ANC het
> reeds aanduidings gegee dat dit binne hulle beplanning lê om
> vanuit hulle perspektief die uitbreek van die Tweede
> Vryheidsoorlog te herdenk, en sodoende die inisiatief uit die
> hande van die Afrikaner te neem. Die Britse regering sal hierby
> betrek word, en dit het net een doel: die Afrikaner sal in die
> beskuldigdebank geplaas word. Dit sal 'n tweeledige uitwerking
> hê. Eerstens sal die Afrikaner verantwoordelik gehou word vir
> die uitbreek van die oorlog in 1899. Sodoende sal die Britte
> verontskuldig word. Tweedens sal die Afrikaner in 1999 in die
> beskuldigdebank geplaas word vir sy optrede teen Swartes "tydens
> die jare van apartheid". Dit is juis in hierdie verband dat die
> Tutu-kommissie so 'n deurslaggewende rol moet speel - die
> Afrikaner moet met 'n skuldkompleks opgesaal word wat hom
> magteloos sal laat om op te tree, terwyl die Afrikaner se naam
> soos in die verlede sleg gemaak word in die buiteland as die
> sogenaamde groot onderdrukker van die Swarte.
> Dit is juis teen hierdie sielkundige aanslag dat die HNP die
> Afrikaner sal moet waarsku, en hom trots maak op sy geskiedenis
> en sy heldedom. Die Afrikaner sal teen 1999 'n nuwe besieling
> uit 'n epochmakende fase van sy geskiedenis moet put wat hom moet
> inspireer om die stryd voort te sit teen die magte wat
> wederregtelik oor hom regeer.
> Daar is geen ander party wat op hierdie stadium leiding in
> Afrikaner-geledere kan neem nie. Die NP se kapitulasie voor die
> ANC oor die Grondwet en die verdeeldheid in sy geledere oor sy
> uittrede uit die RNE mag hom nog meer kragteloos as tevore. Die
> VF is nooit bedoel as 'n permanente opposisieparty nie. Sy rol
> is ook uitgespeel toe hy Mandela gehelp het om 'n vreedsame
> oorgang na 'n nuwe bedeling te verseker. Sy vreemde
> bondgenootskappe, soos met Idasa wys op sy verraderlike aard, en
> veral die rol wat Tienie Groenewald gespeel het om die Afrikaner
> uit te verkoop, vervreem hierdie party van die Afrikaner. Die
> KP is in so 'n moeilike posisie na die onthullings in adv. Piet
> Pretorius se boek, Volksverraad, dat dit net nog 'n fase geword
> het in die totale induiestorting van hierdie party. Daar is tans
> net 'n handjievol oor van sy oorspronklike ondersteuners, en na
> die verskyning van die boek het hulle ook nou bedenkinge oor
> hulle leiers.
> Die groot probleem vandag is dat die KP sowel as die AVF gestig
> is om die NP se program te laat vlot. Agter die stigting van
> hierdie organisasies sit Toekomsgesprek wat ge�nfiltreer is deur
> sowel NI as die Afrikaner (Broeder)bond.
> In die lig van al hierdie gebeure weet die HNP nie wie om te
> vertrou nie. Die HNP sal vanuit sy beginselbasis moet hard werk
> om van die R5 miljoen Stryd en Versetfonds 'n sukses te maak en
> die verset teen die kommunistiese ANC-regime tot 'n hoogtepunt
> op te bou.
> Mnr. Marais het daarop gewys dat die doel van die Afrikaner se
> vyand is om hom te vernietig. Hierteen sal die Afrikaner hom
> moet verset. Die enigste middel wat hy daartoe het, is die
> beginselbasis van die HNP. 1999 is die sleutel tot alle verset,
> en alles wat die HNP aanpak, moet hiermee rekening hou, aldus
> mnr. Marais.

> ********************************************************

> Redaksie, Die Afrikaner

> Die toespraak waarvan hierdie berig melding maak is beskikbaar op
> oudio-kasset. Die prys is R25-00.

> Bestel vanaf: Die Hoofsekretaris, HNP, Posbus 1888, Pretoria, 0001


Oh bugger off!!!
Vorige onderwerp: DIE AFRIKAANSE POSLYS
Volgende onderwerp: Afrikaans tapes/instruction
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Wo Mei 15 02:54:34 MGT 2024