Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Prosa & poësie » " Ná 'n besoek aan die dieretuin " deur D.J. OPPERMAN
" Ná 'n besoek aan die dieretuin " deur D.J. OPPERMAN [boodskap #64801] Sa, 13 Julie 2002 15:21
Anoniem
Oorspronklik gepos deur: @rogers.com

Ná 'n besoek aan die dieretuin
D.J. Opperman

Twee kraaie het hul nes gemaak
van stukkies draad;

en in staalkoue
ver van riete en riviere afgesluit
broei rooivinke en wildepoue
nog hul eiers uit;

in ysterhokke
ver van rantjies en langgras
werp ape en die waterbokke
nog hul kleintjies af;

net in 'n enkelkamer ek en jy
van hulle vreugde afgeskei.
Vorige onderwerp: " Liefdesonsin : 'n wiegeliedjie " deur LANGENHOVEN
Volgende onderwerp: " Son op jou tong " deur CHARL DURAND
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Ma Mei 06 11:19:53 MGT 2024