Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Algemeen » Koeitjies & kalfies » Afrikaner
Re: Afrikaner [boodskap #62871 is 'n antwoord op boodskap #62865] Di, 28 Mei 2002 21:11 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Waaierstertmuis  is tans af-lyn  Waaierstertmuis
Boodskappe: 1592
Geregistreer: Oktober 2001
Karma: 0
Senior Lid
"@rogers.com" wrote:
>
> Wel, my liewe "Katryn," jy ontleen jou skuilnaam
> aan, as ek reg onthou, die Startrek sitcom.
> ( As daar nou een ding op TV is wat my net eenvoudig
> koudlaat, dan is dit Startrek.)

My liewe Tante Hessie. Ek is soooo bly dat dit jy was wat my die keer
'n skewe klap kom gee het, en nie Gloudina nie. Ten minste is jou
klappe nie so taai soos hare nie. Ja, jy onthou heeltemal reg oor my
skuilnaam. Ek is 'n wetenskapfiksie en fantasie liefhebber. Maar
wees gerus - ek is darem ook heel goed genoeg geskool in filosofie en
al die ander Klassieke goeters. Ek kan Voltaire kwoteer terwyl ek
rondvlieg in my ruimteskip, maar my kennis van Suid Afrikaanse
letterkunde en literatuur en geskiedenis en dinge kort baie aandag.

> Dit wys al klaar dat
> jou psige nie gesetel is in jou Afrikaansheid nie.

Ek kan nie met jou stry nie. Ek wroeg maar baie met my
"afrikaansheid".

> Het jy al ooit daaraan gedink dat die "kwaliteit"
> van Afrikanerwees ook iets is wat in ag geneem moet
> word. Daar is "sogenaamde" Afrikaners wat daar in
> SA sit, maar hulle sit in 'n kultuursop wat nóg
> Engels nóg Afrikaans nóg enige van die ander inheemse
> kulture is. Hulle Afrikaans is beroerd, hulle ken baie
> min van hulle taal of hulle Afrikaner-agtergrond. Hulle
> is baiekeer baie "regs" en anti-swart of -bruin, iets
> wat 'n Afrikaner van goeie inbors nie is nie.

Ek verstaan en het empatie met jou stelling hierbo...*MAAR* ek dink jy
openbaar 'n tipe van klassementaliteit met 'n onbewuste antipatie
jeens 'n sekere groep van die maatskappy.

> So, miskien is Tant Hessie na oor die dertig jaar nog
> meer van 'n "Afrikaner," en is dit dit wat Norbert opmerk.

Ja, maar 'n "Afrikaner" volgens JOU norme en standaarde. Hulle is
maar so skaars soos hoenertanne - daarvan is ek seker.
Re: Afrikaner [boodskap #62872 is 'n antwoord op boodskap #62869] Di, 28 Mei 2002 21:26 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Wouter Plaasvark  is tans af-lyn  Wouter Plaasvark
Boodskappe: 1004
Geregistreer: Mei 2006
Karma: 0
Senior Lid
"*Sterrenkijker*"
Ek sou daarom daaraan twyfel of die egte siel van die Afrikaners
slegs in Suid-Afrika kan teruggevind word. Volgens my kom
mense met 'n werklike Afrikaanse siel ooral op die wêreld voor.
Maar hulle praat daar nie oor nie. Hulle doen gewoon hulle werk.

Wouter
Baie mense stoei al jare hier oor die begrip Afrikanerskap
en hoe die siel van 'n "egte" Afrikaner sou lyk. Dat jy dink
dat jy uit Europa daarvoor 'n begrip kan hê is inderdaad
nogal komies. Die feit dat jy in joy skrywes die terme
Afrikaners en Afrikaanse klaarblyklik as wisselterme gebruik
bevestig dat jy nie 'n idee het waaroor dit gaan nie. Katryn,
wat dit vir die binnelanders wil los, toon baie meer insig.

Ek probeer nie sê jy is verkeerd nie, maar dat jou poging
om 'n bydrae te lewer lagwekkend is. Ek glo niemand
sal dit ernstig opneem nie.

Buitestaanders het die voordeel van perspektief deur afstand,
maar ek is bevrees dat die begrip noodwendig gebrekkig
gaan wees. En nou stel ek dit baie beleefd en sagkens

Katryn schreef:
sterre...@skynet.be (*Sterrenkijker*) wrote:
>> Geagte Gloudina,

>> My respek. Jy is rêrig die eerste persoon van hierdie nuusgroep
>> waarvan ek altyd min of meer geweet het dat sy 'n egte "Afrikaanse"
>> was. Ek het al meer verstaan oor Suid-Afrika deur jou kommentare as
>> deur baie andere ofskoon ek hulle daarom ook nie sal minag nie.
>
> RODVEL!!!! Dit is uiters amusant!! :-)))))))))))))
> Norbert, sy is 'n Kanadese Afrikaner - 30 of 40 jaar
> gelede was sy heel moontlik 'n regte egte bona fide Afrikaner.
> Afrikanerskap is soos wyn jong - dit verander met tyd, en baie faktore
> speel 'n rol wat die eindproduk beinvloed. (Soms raak 'n heerlike wyn
> selfs asyn as dit nie reg verouder word nie)
> Luister maar eerder vir die ouens wat daar uit hulle vaderland uit
> skryf, as jy werklik belangstel om die "siel" van die afrikaner te
> probeer verstaan en begryp - dit is waar jy die druiwe sal vind
> waaruit afrikanerskap gebore en ontwikkel, word - nie hier in Amerika
> of Kanada of selfs Europa, Australië of waarokal nie.
>
Re: Afrikaner [boodskap #62873 is 'n antwoord op boodskap #62869] Di, 28 Mei 2002 21:36 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Waaierstertmuis  is tans af-lyn  Waaierstertmuis
Boodskappe: 1592
Geregistreer: Oktober 2001
Karma: 0
Senior Lid
sterre...@skynet.be (*Sterrenkijker*) wrote:

> Laaste sondag het ek op die Vlaamse televisie 'n uitsending gesien oor
> Suid-Afrika. Toevallig het hulle daarin gepraat oor daardie
> wynproduksie van daardie land. Dit het my baie geïnteresseer veral
> omdat ek self ook 'n (Vlaamse) amateur-wynmaker is.

Doen jouself nou 'n GROOT guns, en gaan kuier SELF in die wynlande van
die Kaapland. Dalk sal Annette selfs aanbied om jou persoonlike
toergids wees? :-)

> Daar was 'n Franse
> vrou wat in die omgewing van Stellenbosch 'n wingerd aangekoop had 'n
> paar jare nadat die swartmense in Suid-Afrika an die mag gekom het.

WIl jy nie probeer om minder op "swart" en "wit" te hamer nie? Jy sal
sien dat die meeste Suid Afrikaners wat hier deelneem maak nie juis
daardie onderskeid nie. Dit is meestal jy en Gloudina wat altyd
uitwys tusse "swart" en "wit" mense.
Kom ons praat liewers van "toe die nuwe regering, oftewel die ANC, aan
bewind gekom het".

> :"Ons moet verstaan dat in Suid-Afrika
> verskillende gemeenskappe deur mekaar lewe en elke gemeenskap het sy
> eie voor- en nadele.

Dit is waar. En onthou dat ons hier van 'n spesifieke
gemeenskap/kultuur praat, en 'n definisie probeer vind vir
"afrikaner".

> Daardie vrou het sy woorde nie in die Afrikaans
> gesê nie maar wel in die Franse taal. Dit was nogal logies want elke
> Vlaamse verslaggewer verstaan en praat ook Frans. Maar dit maak die
> saak eintlik nie.

Ja, ek weet. Ekself is al 22+ jaar getroud met 'n Franse Belg. Hy
verstaan my heel goed - ek verstaan hom gladnie! :-)

> Ofskoon daardie vrou nie in Suid-Afrika gebore is
> nie het ek, soos by Gloudina, insgelyks die gevoel gehad dat sy die
> siel van die egte Afrikaners heeltemal verstaan het.

Ek stem nie saam nie. Jy praat van appels en ek van pere of dalk
selfs lemoene. Dis nou soos die tannies wat hulle mans se identiteit
oorneem - getroud met 'n amerikaner, en dan hulleself beskou as
kenners van "amerikaners" en alles "amerikaans".
Dink jy ek verstaan die "siel" van 'n egte Belg? Mag ek myself 'n
Belg noem? Wat van 'n Amerikaner? Dalk 'n Amerikaanse Belg? Nee
wat....

> 'n Mens moet leer
> om met elkeen saam te lewe en dit maak die saak nie of die andere
> mense nou swart of blou of rood is.

Sommige van ons hoef dit nie te leer nie....dit is vanselfsprekend...
Re: Afrikaner [boodskap #62874 is 'n antwoord op boodskap #62871] Di, 28 Mei 2002 22:03 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Anoniem
Oorspronklik gepos deur: @rogers.com

Katryn wrote:

> Ek verstaan en het empatie met jou stelling hierbo...*MAAR* ek dink jy
> openbaar 'n tipe van klassementaliteit met 'n onbewuste antipatie
> jeens 'n sekere groep van die maatskappy.

> Ja, maar 'n "Afrikaner" volgens JOU norme en standaarde. Hulle is
> maar so skaars soos hoenertanne - daarvan is ek seker.

Nee-wat. Ek dink jy probeer jouself arbiter
hou van wat "Afrikaner" en "Afrikaansheid" is,
maar soos jy sê - jy is getroud met 'n Franse
Belg en het daardeur baie intens al kontak ver-
loor met Afrikaansheid en Afrikanerskap.Ek is
getroud met 'n Afrikanerseun in murg en bloed,
een wat my nou nog advies kan gee oor Afrikaans
as ek begin twyfel oor iets.
Ek dink jy speel politiek met hierdie onder-
werp. Ek dink nie jy is ernstig oor die saak nie.
Jy maak dit 'n ego-projeksie. Ek is altyd versigtig
vir sulke mense.

Gloudina
Re: Afrikaner [boodskap #62875 is 'n antwoord op boodskap #62874] Di, 28 Mei 2002 22:27 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Waaierstertmuis  is tans af-lyn  Waaierstertmuis
Boodskappe: 1592
Geregistreer: Oktober 2001
Karma: 0
Senior Lid
> Katryn wrote:

>> Ja, maar 'n "Afrikaner" volgens JOU norme en standaarde. Hulle is
>> maar so skaars soos hoenertanne - daarvan is ek seker.

> Gloudina:

> Nee-wat. Ek dink jy probeer jouself arbiter
> hou van wat "Afrikaner" en "Afrikaansheid" is,
> maar soos jy sê - jy is getroud met 'n Franse
> Belg en het daardeur baie intens al kontak ver-
> loor met Afrikaansheid en Afrikanerskap.Ek is
> getroud met 'n Afrikanerseun in murg en bloed,
> een wat my nou nog advies kan gee oor Afrikaans
> as ek begin twyfel oor iets.
> Ek dink jy speel politiek met hierdie onder-
> werp. Ek dink nie jy is ernstig oor die saak nie.
> Jy maak dit 'n ego-projeksie. Ek is altyd versigtig
> vir sulke mense.

Ja, hier wys jy weereens jou uiterse arrogansie en snobisme!
Ek glo nie mense moet jou te ernstig opneem nie....
Maar ek het al gesien dat sommiges dit wel doen - die resultaat is
gewoonlik..wel...er... baie amusant.
Terloops, jy moet omtrent angsbevange en vol vrees vir jouself wees -
want omtrent elke boodskap van jou is 'n ego-projeksie....

Maar jy's reg - wees baie versigtig....daar is 'n ou Arabierse gesegde
wat sê:
"Lie to a liar, for lies are his coin; Steal from a thief, for that is
easy; lay a trap for a trickster and catch him at first attempt, but
beware of an honest man."
Re: Afrikaner [boodskap #62877 is 'n antwoord op boodskap #62873] Di, 28 Mei 2002 23:54 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Sterrenkijker[1]  is tans af-lyn  Sterrenkijker[1]
Boodskappe: 393
Geregistreer: November 2000
Karma: 0
Senior Lid
Katryn,

Nou, goed, ek glo dat ek me eie omskrywing van wat 'n Afrikaner
eintlik voorstel maar eens moet op hierdie nuusgroep gooi.
'n Afrikaner is:
-'n blanke mens wat in Suid-Afrika woon en wat
-'n verkragte versie van die Nederlands praat, tewens
-op 'n ongelooflike wyse oor sy geloof kan seur en
-dink dat hy alles self uitgevind het. Maar daarby vergeet hy dat
-sy ekonomie is opgerig met geld wat uit die buiteland is aangevoer,
soos uit Engeland, Amerika, Duitsland en andere Europese lande.

Eet smaaklik!

Die beste groete vanweë

Norbert (uit Vlaanderen)

Katryn schreef:

> sterre...@skynet.be (*Sterrenkijker*) wrote:
>
>> Laaste sondag het ek op die Vlaamse televisie 'n uitsending gesien oor
>> Suid-Afrika. Toevallig het hulle daarin gepraat oor daardie
>> wynproduksie van daardie land. Dit het my baie geïnteresseer veral
>> omdat ek self ook 'n (Vlaamse) amateur-wynmaker is.
>
> Doen jouself nou 'n GROOT guns, en gaan kuier SELF in die wynlande van
> die Kaapland. Dalk sal Annette selfs aanbied om jou persoonlike
> toergids wees? :-)
>
>> Daar was 'n Franse
>> vrou wat in die omgewing van Stellenbosch 'n wingerd aangekoop had 'n
>> paar jare nadat die swartmense in Suid-Afrika an die mag gekom het.
>
> WIl jy nie probeer om minder op "swart" en "wit" te hamer nie? Jy sal
> sien dat die meeste Suid Afrikaners wat hier deelneem maak nie juis
> daardie onderskeid nie. Dit is meestal jy en Gloudina wat altyd
> uitwys tusse "swart" en "wit" mense.
> Kom ons praat liewers van "toe die nuwe regering, oftewel die ANC, aan
> bewind gekom het".
>
>> :"Ons moet verstaan dat in Suid-Afrika
>> verskillende gemeenskappe deur mekaar lewe en elke gemeenskap het sy
>> eie voor- en nadele.
>
> Dit is waar. En onthou dat ons hier van 'n spesifieke
> gemeenskap/kultuur praat, en 'n definisie probeer vind vir
> "afrikaner".
>
>> Daardie vrou het sy woorde nie in die Afrikaans
>> gesê nie maar wel in die Franse taal. Dit was nogal logies want elke
>> Vlaamse verslaggewer verstaan en praat ook Frans. Maar dit maak die
>> saak eintlik nie.
>
> Ja, ek weet. Ekself is al 22+ jaar getroud met 'n Franse Belg. Hy
> verstaan my heel goed - ek verstaan hom gladnie! :-)
>
>> Ofskoon daardie vrou nie in Suid-Afrika gebore is
>> nie het ek, soos by Gloudina, insgelyks die gevoel gehad dat sy die
>> siel van die egte Afrikaners heeltemal verstaan het.
>
> Ek stem nie saam nie. Jy praat van appels en ek van pere of dalk
> selfs lemoene. Dis nou soos die tannies wat hulle mans se identiteit
> oorneem - getroud met 'n amerikaner, en dan hulleself beskou as
> kenners van "amerikaners" en alles "amerikaans".
> Dink jy ek verstaan die "siel" van 'n egte Belg? Mag ek myself 'n
> Belg noem? Wat van 'n Amerikaner? Dalk 'n Amerikaanse Belg? Nee
> wat....
>
>> 'n Mens moet leer
>> om met elkeen saam te lewe en dit maak die saak nie of die andere
>> mense nou swart of blou of rood is.
>
> Sommige van ons hoef dit nie te leer nie....dit is vanselfsprekend...
>
Re: Afrikaner [boodskap #62878 is 'n antwoord op boodskap #62877] Wo, 29 Mei 2002 00:37 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Waaierstertmuis  is tans af-lyn  Waaierstertmuis
Boodskappe: 1592
Geregistreer: Oktober 2001
Karma: 0
Senior Lid
sterre...@skynet.be (*Sterrenkijker*) wrote:

> Nou, goed, ek glo dat ek me eie omskrywing van wat 'n Afrikaner
> eintlik voorstel maar eens moet op hierdie nuusgroep gooi.
> 'n Afrikaner is:

Ek ervaar jou omskrywing van wat 'n Afrikaner is, beledigend en
verkleinerend. Het jy dit so bedoel?

Weet jy, nou die dag lees ek op die Engelse nuusgroep 'n antwoord van
Ferdi aan iemand wat snert kwytgeraak het daar. Sy vraag was 'n
eenvoudige : "what are you doing here?".
Ek wil dit graag aan jou ook vra. Wat doen jy hier?
Die laaste ruk veral lees ek net beledigings en negatiwiteite teenoor
my mense van jou kant af.
Waarom?
Ek verstaan dit nie, so ek gaan nou maar liewer 'n yskoue Geuze skink
en geniet.
:-(
Re: Afrikaner [boodskap #62879 is 'n antwoord op boodskap #62878] Wo, 29 Mei 2002 04:30 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Annette  is tans af-lyn  Annette
Boodskappe: 11114
Geregistreer: Augustus 2003
Karma: 1
Senior Lid
Ek sien jy wil hê ek moet Norbert wynlande toe neem? Vir hom sal ek
ongelukkig nie tyd beskikbaar hê nie - maar ek sal aan hom genoeg inligting
kan deurgee hoe om met 'n gids daar uit te kom.
Annette

"Katryn" skryf in boodskap news:6g78fukvrg9ve3nufv1fljp5e43i30cqg3@4ax.com...
> sterre...@skynet.be (*Sterrenkijker*) wrote:
>
>> Nou, goed, ek glo dat ek me eie omskrywing van wat 'n Afrikaner
>> eintlik voorstel maar eens moet op hierdie nuusgroep gooi.
>> 'n Afrikaner is:
>
> Ek ervaar jou omskrywing van wat 'n Afrikaner is, beledigend en
> verkleinerend. Het jy dit so bedoel?
>
> Weet jy, nou die dag lees ek op die Engelse nuusgroep 'n antwoord van
> Ferdi aan iemand wat snert kwytgeraak het daar. Sy vraag was 'n
> eenvoudige : "what are you doing here?".
> Ek wil dit graag aan jou ook vra. Wat doen jy hier?
> Die laaste ruk veral lees ek net beledigings en negatiwiteite teenoor
> my mense van jou kant af.
> Waarom?
> Ek verstaan dit nie, so ek gaan nou maar liewer 'n yskoue Geuze skink
> en geniet.
> :-(
>
Re: Afrikaner [boodskap #62881 is 'n antwoord op boodskap #62878] Wo, 29 Mei 2002 06:29 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Sterrenkijker[1]  is tans af-lyn  Sterrenkijker[1]
Boodskappe: 393
Geregistreer: November 2000
Karma: 0
Senior Lid
Katryn schreef:

> Ek ervaar jou omskrywing van wat 'n Afrikaner is, beledigend en
> verkleinerend. Het jy dit so bedoel?

Norbert: Ja, natuurlik!!!

> Ek wil dit graag aan jou ook vra. Wat doen jy hier?

Norbert: Ek is die piespaal waarteen die ganse nuusgroep sy seik maak.
Alleen gaan dit teenwoordig nie meer so goed nie. Ek seik nou terug!

> Die laaste ruk veral lees ek net beledigings en negatiwiteite teenoor
> my mense van jou kant af.
> Waarom?

Norbert: Moet eens kyk na al die negatiwiteit wat Afrikaners oor hulle
eie skryf.

> Ek verstaan dit nie, so ek gaan nou maar liewer 'n yskoue Geuze skink
> en geniet.
> :-(

Norbert: Slegs één yskoue Gueuze? Ek weet nie; ek glo ek sal maar 'n
ganse lorrie daarvan gaan drink. Dit sal nog lank nie genoeg wees nie
om met my seik die brand te blus wat nou sal gaan oplaai!

Soentjies!

Norbert (uit Vlaanderen)
Re: Afrikaner [boodskap #62884 is 'n antwoord op boodskap #62878] Wo, 29 Mei 2002 07:39 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Sterrenkijker[1]  is tans af-lyn  Sterrenkijker[1]
Boodskappe: 393
Geregistreer: November 2000
Karma: 0
Senior Lid
Katryn schreef:
> Ek wil dit graag aan jou ook vra. Wat doen jy hier?

Katryn,

300 jare gelede het die San vir Van Riebeeck ook gevra wat hy en sy
mense in Suid-Afrika daar kom doen het...
As jy nog weet wat Van Riebeeck toe vir die oorspronklike bewoners
geantwoord het sal jy onmiddellik weet wat die redes is vir my sending
op hierdie nuusgroep. As jy, Annette en nog baie andere deelnemers van
hierdie nuusgroep nie 'n bietjie vriendeliker vir my word nie dan
staan vir die Afrikaanstaliges in Suid-Afrika nog 'n paar moeilike
eeue in die vooruitsig.

Norbert (uit Vlaanderen)
Re: Afrikaner [boodskap #62890 is 'n antwoord op boodskap #62884] Wo, 29 Mei 2002 15:50 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Duiwels Advokaat  is tans af-lyn  Duiwels Advokaat
Boodskappe: 16
Geregistreer: April 2002
Karma: 0
Junior Lid
Norbert (uit Vlaanderen)
As jy, Annette en nog baie andere deelnemers van hierdie
nuusgroep nie 'n bietjie vriendeliker vir my word nie dan
staan vir die Afrikaanstaliges in Suid-Afrika nog 'n paar
moeilike eeue in die vooruitsig.

Duiwel :
Old Chinese curse : "May you live in interesting times"
Boeregesegde : "Gee my moeilikheid, dan floreer ek.
Goeie nuus maak my net swak"

Norbert, die dag wat die mense op hierdie ng met jou
vriendelik is, is ons land in sy maai. So lank ons op pale
soos jy kan pis, is die Kaap Hollands. Moenie jou asem
ophou vir vriendskap hier nie, dis duidelik dat jy dit nie
in Vlaandere kry nie. Nou ons vat nie nonsens nie en suffer
ook nie fools soos jy nie. Bly gerus hier en wees jou
normale aanstootlike self, dan kon ons op jou pis, soos jy vra.

Ek is bly die ander Belge op die lys is nie soos jy nie.
Maar 'n mens kry maar orals dose, ons het 'n paar hier ook.
Re: Afrikaner [boodskap #62891 is 'n antwoord op boodskap #62890] Wo, 29 Mei 2002 16:35 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Sterrenkijker[1]  is tans af-lyn  Sterrenkijker[1]
Boodskappe: 393
Geregistreer: November 2000
Karma: 0
Senior Lid
Geagte advokaat van die duiwel,

Voor sover ek dit al gesien het op hierdie nuusgroep is ek hier die
enigste wat openlik, met vernoeming van se van, adres en tuisblad,
durf te publiseer, selfs me foto staan daarby.
Hoe gaan jy, as advokaat, mense gaan verdedig vir die regbank, wat
geen identiteit, gesig of woonst het nie? Gaan jy sê vir die regter:
"Edelagtbare, ek pleit die burgerlike party vir 'n klomp mense wat ek
self nie eens ken en nog nooit gesien het nie?" Die regter sal vir jou

sê:"Wat jy ons dan hier kom vertel is suiwere nonsens!"

Die beste groete van

Norbert (uit Vlaanderen)

"Duiwels Advokaat" schreef:

> Norbert (uit Vlaanderen)
> As jy, Annette en nog baie andere deelnemers van hierdie
> nuusgroep nie 'n bietjie vriendeliker vir my word nie dan
> staan vir die Afrikaanstaliges in Suid-Afrika nog 'n paar
> moeilike eeue in die vooruitsig.
>
> Duiwel :
> Old Chinese curse : "May you live in interesting times"
> Boeregesegde : "Gee my moeilikheid, dan floreer ek.
> Goeie nuus maak my net swak"
>
> Norbert, die dag wat die mense op hierdie ng met jou
> vriendelik is, is ons land in sy maai. So lank ons op pale
> soos jy kan pis, is die Kaap Hollands. Moenie jou asem
> ophou vir vriendskap hier nie, dis duidelik dat jy dit nie
> in Vlaandere kry nie. Nou ons vat nie nonsens nie en suffer
> ook nie fools soos jy nie. Bly gerus hier en wees jou
> normale aanstootlike self, dan kon ons op jou pis, soos jy vra.
>
> Ek is bly die ander Belge op die lys is nie soos jy nie.
> Maar 'n mens kry maar orals dose, ons het 'n paar hier ook.
>
Re: Afrikaner [boodskap #62893 is 'n antwoord op boodskap #62846] Wo, 29 Mei 2002 17:29 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Gids  is tans af-lyn  Gids
Boodskappe: 140
Geregistreer: Desember 2000
Karma: 0
Senior Lid
"johanls" skryf in boodskap news:3cf3d1ea_3@batman.vip-za.com...
> Die oudste aanhaling van die woord "Afrikaner" wat ek so vinnig in die
> Argief kon opspoor was 1618 gedurende die verset van die Vryburgers teen
> goewerneur WA van der Stel waarin hul hulself "Africaanders" genoem het.

Net vir akkuraatheid - jy bedoel seker 1718

-Gideon-
Re: Afrikaner [boodskap #62894 is 'n antwoord op boodskap #62864] Wo, 29 Mei 2002 17:33 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Gids  is tans af-lyn  Gids
Boodskappe: 140
Geregistreer: Desember 2000
Karma: 0
Senior Lid
Wat Gloudien se psigiese kant ookal is of jou opinie is oor wat haar vlak
van "Afrikaansheid" aanbetref, is nie van toepassing in hierdie geval nie -
Gloudien het verwys na 'n historiese punt en nie na 'n emosionele een nie.
Die gestesstand of status van'n persoon het niks te make met hul vermo"e om
feite aan te haal nie.

-Gideon-

"Katryn" skryf in boodskap news:a887fu8r0b7o3kg9uuhdkmf1rd81sh49cl@4ax.com...
minag nie.
>
> RODVEL!!!! Dit is uiters amusant!! :-)))))))))))))
> Norbert, sy is 'n Kanadese Afrikaner - 30 of 40 jaar
> gelede was sy heel moontlik 'n regte egte bona fide Afrikaner.
> Afrikanerskap is soos wyn jong - dit verander met tyd, en baie faktore
> speel 'n rol wat die eindproduk beinvloed. (Soms raak 'n heerlike wyn
> selfs asyn as dit nie reg verouder word nie)
> Luister maar eerder vir die ouens wat daar uit hulle vaderland uit
> skryf, as jy werklik belangstel om die "siel" van die afrikaner te
> probeer verstaan en begryp - dit is waar jy die druiwe sal vind
> waaruit afrikanerskap gebore en ontwikkel, word - nie hier in Amerika
> of Kanada of selfs Europa, Australië of waarokal nie.
>
Re: Afrikaner [boodskap #62895 is 'n antwoord op boodskap #62894] Wo, 29 Mei 2002 17:46 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Waaierstertmuis  is tans af-lyn  Waaierstertmuis
Boodskappe: 1592
Geregistreer: Oktober 2001
Karma: 0
Senior Lid
Gideon, "Gloudien" het nie nog imbongi's nodig nie. Ek dink daardie
poste is al almal gevul. Maar staan in ry - ons sal jou laat weet as
daar 'n opening is.

"Gids" wrote:

> Wat Gloudien se psigiese kant ookal is of jou opinie is oor wat haar vlak
> van "Afrikaansheid" aanbetref, is nie van toepassing in hierdie geval nie -
> Gloudien het verwys na 'n historiese punt en nie na 'n emosionele een nie.
> Die gestesstand of status van'n persoon het niks te make met hul vermo"e om
> feite aan te haal nie.
>
> -Gideon-
>
> "Katryn" schreef in bericht
> news:a887fu8r0b7o3kg9uuhdkmf1rd81sh49cl@4ax.com...
> minag nie.

>> RODVEL!!!! Dit is uiters amusant!! :-)))))))))))))
>> Norbert, sy is 'n Kanadese Afrikaner - 30 of 40 jaar
>> gelede was sy heel moontlik 'n regte egte bona fide Afrikaner.
>> Afrikanerskap is soos wyn jong - dit verander met tyd, en baie faktore
>> speel 'n rol wat die eindproduk beinvloed. (Soms raak 'n heerlike wyn
>> selfs asyn as dit nie reg verouder word nie)
>> Luister maar eerder vir die ouens wat daar uit hulle vaderland uit
>> skryf, as jy werklik belangstel om die "siel" van die afrikaner te
>> probeer verstaan en begryp - dit is waar jy die druiwe sal vind
>> waaruit afrikanerskap gebore en ontwikkel, word - nie hier in Amerika
>> of Kanada of selfs Europa, Australië of waarokal nie.

>
Boeregesegdes [boodskap #62896 is 'n antwoord op boodskap #62890] Wo, 29 Mei 2002 17:51 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Waaierstertmuis  is tans af-lyn  Waaierstertmuis
Boodskappe: 1592
Geregistreer: Oktober 2001
Karma: 0
Senior Lid
"Duiwels Advokaat" wrote:

> Duiwel :
> Boeregesegde : "Gee my moeilikheid, dan floreer ek.
> Goeie nuus maak my net swak"

Dis waar, nè? :-)
Re: Afrikaner [boodskap #62902 is 'n antwoord op boodskap #62894] Do, 30 Mei 2002 06:16 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Annette  is tans af-lyn  Annette
Boodskappe: 11114
Geregistreer: Augustus 2003
Karma: 1
Senior Lid
Gids, ongelukkig kan ek nie met jou saamstem nie.
"Gloudien" se geestestoestand het baie te doen met haar vermoë om sekere
"feite" aan te haal.
Dit hang uitsluitlik van die onderwerp af, of hoe sy 'n sekere deel van 'n
sekere sin lees .

Annette

"Gids" skryf in boodskap news:ii8J8.34572$3g4.2415753@zwoll1.home.nl...
> Wat Gloudien se psigiese kant ookal is of jou opinie is oor wat haar vlak
> van "Afrikaansheid" aanbetref, is nie van toepassing in hierdie geval nie -
> Gloudien het verwys na 'n historiese punt en nie na 'n emosionele een nie.
> Die gestesstand of status van'n persoon het niks te make met hul vermo"e om
> feite aan te haal nie.
>
> -Gideon-
>
> "Katryn" schreef in bericht
> news:a887fu8r0b7o3kg9uuhdkmf1rd81sh49cl@4ax.com...
> minag nie.
>>
>> RODVEL!!!! Dit is uiters amusant!! :-)))))))))))))
>> Norbert, sy is 'n Kanadese Afrikaner - 30 of 40 jaar
>> gelede was sy heel moontlik 'n regte egte bona fide Afrikaner.
>> Afrikanerskap is soos wyn jong - dit verander met tyd, en baie faktore
>> speel 'n rol wat die eindproduk beinvloed. (Soms raak 'n heerlike wyn
>> selfs asyn as dit nie reg verouder word nie)
>> Luister maar eerder vir die ouens wat daar uit hulle vaderland uit
>> skryf, as jy werklik belangstel om die "siel" van die afrikaner te
>> probeer verstaan en begryp - dit is waar jy die druiwe sal vind
>> waaruit afrikanerskap gebore en ontwikkel, word - nie hier in Amerika
>> of Kanada of selfs Europa, Australië of waarokal nie.
>>
>
Re: Afrikaner [boodskap #62903 is 'n antwoord op boodskap #62890] Do, 30 Mei 2002 06:23 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Annette  is tans af-lyn  Annette
Boodskappe: 11114
Geregistreer: Augustus 2003
Karma: 1
Senior Lid
Hoekom sal ek my piepie op Norbert wil mors?
Selfs 'n boks soos ek sal op sy kop moet gaan sit om dit te kan doen, en
daarvoor is ek nie lus nie.

Annette

"Duiwels Advokaat" skryf in boodskap news:3cf4f87c$0$18849@hades.is.co.za...
> Norbert (uit Vlaanderen)
> As jy, Annette en nog baie andere deelnemers van hierdie
> nuusgroep nie 'n bietjie vriendeliker vir my word nie dan
> staan vir die Afrikaanstaliges in Suid-Afrika nog 'n paar
> moeilike eeue in die vooruitsig.
>
> Duiwel :
> Old Chinese curse : "May you live in interesting times"
> Boeregesegde : "Gee my moeilikheid, dan floreer ek.
> Goeie nuus maak my net swak"
>
> Norbert, die dag wat die mense op hierdie ng met jou
> vriendelik is, is ons land in sy maai. So lank ons op pale
> soos jy kan pis, is die Kaap Hollands. Moenie jou asem
> ophou vir vriendskap hier nie, dis duidelik dat jy dit nie
> in Vlaandere kry nie. Nou ons vat nie nonsens nie en suffer
> ook nie fools soos jy nie. Bly gerus hier en wees jou
> normale aanstootlike self, dan kon ons op jou pis, soos jy vra.
>
> Ek is bly die ander Belge op die lys is nie soos jy nie.
> Maar 'n mens kry maar orals dose, ons het 'n paar hier ook.
>
Norbert se Kultuur Aangeleenthede Kring [boodskap #62906 is 'n antwoord op boodskap #62891] Do, 30 Mei 2002 07:41 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Duiwels Advokaat  is tans af-lyn  Duiwels Advokaat
Boodskappe: 16
Geregistreer: April 2002
Karma: 0
Junior Lid
Ek het Norbert se betoog na 'n bank regters verwys. Hulle uitspraak is:

"Die betoog het meriete. Ons uitspraak is dus in die guns van die litigant
Norbert Sterrenkijker, omdat dit onhoudbaar is dat hy die enigste persoon is
wie se identiteit bekend is. Met inagneming van die algemene gebruik en die
regte van die ander mense op die ng is daar 'n maklike remedie. Usenet moet
'n verdere nuusgroep beskikbaar stel waarop Norbert sy unieke styl kan
voortsit en waar hy nie dieselfde agterstand het as op
soc.culture.south-africa.afrikaans nie. Na ontleding van die styl van die
genoemde litigant Norbert Sterrenkijker se bydraes op
soc.culture.south-africa.afrikaans is ons uitspraak dat 'n gepaste naam vir
die nuwe nuusgroep Kultuur Aangeleenthede Kring sal wees. Die naam ontleen
hom tot 'n baie gepaste akroniem."

Norbert, ek aanvaar die uitspraak en oorweeg geen appèl nie. En ek volstaan
ook by my opinie hier onder, voor jy die onderwerp probeer verander het. Jy
is 'n armsalige doos.

Duiwel

"*Sterrenkijker*" skryf in boodskap news:3cf5008e.20356474@news.skynet.be...
Geagte advokaat van die duiwel,

Voor sover ek dit al gesien het op hierdie nuusgroep is ek hier die
enigste wat openlik, met vernoeming van se van, adres en tuisblad,
durf te publiseer, selfs me foto staan daarby.
Hoe gaan jy, as advokaat, mense gaan verdedig vir die regbank, wat
geen identiteit, gesig of woonst het nie? Gaan jy sê vir die regter:
"Edelagtbare, ek pleit die burgerlike party vir 'n klomp mense wat ek
self nie eens ken en nog nooit gesien het nie?" Die regter sal vir jou
sê:"Wat jy ons dan hier kom vertel is suiwere nonsens!"

Die beste groete van

Norbert (uit Vlaanderen)

"Duiwels Advokaat" schreef:

> Norbert (uit Vlaanderen)
> As jy, Annette en nog baie andere deelnemers van hierdie
> nuusgroep nie 'n bietjie vriendeliker vir my word nie dan
> staan vir die Afrikaanstaliges in Suid-Afrika nog 'n paar
> moeilike eeue in die vooruitsig.
>
> Duiwel :
> Old Chinese curse : "May you live in interesting times"
> Boeregesegde : "Gee my moeilikheid, dan floreer ek.
> Goeie nuus maak my net swak"
>
> Norbert, die dag wat die mense op hierdie ng met jou
> vriendelik is, is ons land in sy maai. So lank ons op pale
> soos jy kan pis, is die Kaap Hollands. Moenie jou asem
> ophou vir vriendskap hier nie, dis duidelik dat jy dit nie
> in Vlaandere kry nie. Nou ons vat nie nonsens nie en suffer
> ook nie fools soos jy nie. Bly gerus hier en wees jou
> normale aanstootlike self, dan kon ons op jou pis, soos jy vra.
>
> Ek is bly die ander Belge op die lys is nie soos jy nie.
> Maar 'n mens kry maar orals dose, ons het 'n paar hier ook.
Re: Norbert se Kultuur Aangeleenthede Kring [boodskap #62920 is 'n antwoord op boodskap #62906] Do, 30 Mei 2002 17:36 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Sterrenkijker[1]  is tans af-lyn  Sterrenkijker[1]
Boodskappe: 393
Geregistreer: November 2000
Karma: 0
Senior Lid
Geagte Advokaat,

Jy het gesê:"KAK?" Of: "K.A.K.?"
Dus, jy gaan van die veronderstelling uit dat ek my eie hier vir 100%
sou tuisvoel op hierdie nuusgroep?
Nou, daarin vergis jy jou eie tog want dis nie waar nie!

Die beste groete van

Norbert (uit Vlaanderen)

"Duiwels Advokaat" schreef:

> Ek het Norbert se betoog na 'n bank regters verwys. Hulle uitspraak is:
>
> "Die betoog het meriete. Ons uitspraak is dus in die guns van die litigant
> Norbert Sterrenkijker, omdat dit onhoudbaar is dat hy die enigste persoon is
> wie se identiteit bekend is. Met inagneming van die algemene gebruik en die
> regte van die ander mense op die ng is daar 'n maklike remedie. Usenet moet
> 'n verdere nuusgroep beskikbaar stel waarop Norbert sy unieke styl kan
> voortsit en waar hy nie dieselfde agterstand het as op
> soc.culture.south-africa.afrikaans nie. Na ontleding van die styl van die
> genoemde litigant Norbert Sterrenkijker se bydraes op
> soc.culture.south-africa.afrikaans is ons uitspraak dat 'n gepaste naam vir
> die nuwe nuusgroep Kultuur Aangeleenthede Kring sal wees. Die naam ontleen
> hom tot 'n baie gepaste akroniem."
>
> Norbert, ek aanvaar die uitspraak en oorweeg geen appèl nie. En ek volstaan
> ook by my opinie hier onder, voor jy die onderwerp probeer verander het. Jy
> is 'n armsalige doos.
>
> Duiwel
>
>
> "*Sterrenkijker*" wrote in message
> news:3cf5008e.20356474@news.skynet.be...
> Geagte advokaat van die duiwel,
>
> Voor sover ek dit al gesien het op hierdie nuusgroep is ek hier die
> enigste wat openlik, met vernoeming van se van, adres en tuisblad,
> durf te publiseer, selfs me foto staan daarby.
> Hoe gaan jy, as advokaat, mense gaan verdedig vir die regbank, wat
> geen identiteit, gesig of woonst het nie? Gaan jy sê vir die regter:
> "Edelagtbare, ek pleit die burgerlike party vir 'n klomp mense wat ek
> self nie eens ken en nog nooit gesien het nie?" Die regter sal vir jou
> sê:"Wat jy ons dan hier kom vertel is suiwere nonsens!"
>
> Die beste groete van
>
> Norbert (uit Vlaanderen)
>
>
> "Duiwels Advokaat" schreef:
>
>> Norbert (uit Vlaanderen)
>> As jy, Annette en nog baie andere deelnemers van hierdie
>> nuusgroep nie 'n bietjie vriendeliker vir my word nie dan
>> staan vir die Afrikaanstaliges in Suid-Afrika nog 'n paar
>> moeilike eeue in die vooruitsig.

>> Duiwel :
>> Old Chinese curse : "May you live in interesting times"
>> Boeregesegde : "Gee my moeilikheid, dan floreer ek.
>> Goeie nuus maak my net swak"

>> Norbert, die dag wat die mense op hierdie ng met jou
>> vriendelik is, is ons land in sy maai. So lank ons op pale
>> soos jy kan pis, is die Kaap Hollands. Moenie jou asem
>> ophou vir vriendskap hier nie, dis duidelik dat jy dit nie
>> in Vlaandere kry nie. Nou ons vat nie nonsens nie en suffer
>> ook nie fools soos jy nie. Bly gerus hier en wees jou
>> normale aanstootlike self, dan kon ons op jou pis, soos jy vra.

>> Ek is bly die ander Belge op die lys is nie soos jy nie.
>> Maar 'n mens kry maar orals dose, ons het 'n paar hier ook.
>
Re: Afrikaner [boodskap #62922 is 'n antwoord op boodskap #62893] Do, 30 Mei 2002 18:18 Na vorige boodskapna volgende boodskap
johanls  is tans af-lyn  johanls
Boodskappe: 197
Geregistreer: April 2002
Karma: 0
Senior Lid
Doodreg, my tikfout.

"Gids" skryf in boodskap news:se8J8.34544$3g4.2413086@zwoll1.home.nl...
>
> "johanls" schreef in bericht
> news:3cf3d1ea_3@batman.vip-za.com...
>> Die oudste aanhaling van die woord "Afrikaner" wat ek so vinnig in die
>> Argief kon opspoor was 1618 gedurende die verset van die Vryburgers teen
>> goewerneur WA van der Stel waarin hul hulself "Africaanders" genoem
het.
>
> Net vir akkuraatheid - jy bedoel seker 1718
>
> -Gideon-
>
Re: Afrikaner [boodskap #63019 is 'n antwoord op boodskap #62846] So, 02 Junie 2002 15:47 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Simon van der Schans  is tans af-lyn  Simon van der Schans
Boodskappe: 263
Geregistreer: Januarie 1999
Karma: 0
Senior Lid
"johanls" skryf in boodskap news:3cf3d1ea_3@batman.vip-za.com...
> Johan: Probeer asseblief dink waar jy hierdie inligting bekom het, want jou
> bron kan vir my baie beteken. Ek weet nie of prof Le Roux hierdie ng volg
> nie, indien wel middag prof, maar hy het vanoggend vir ons `n opdrag gegee
> oor die herkoms van die begrippe Afrikaner, Afrikaan, Suid-Afrikaner,
> Afrikaanse en Boer. So ek sal soveel as moontlik bronne hieroor waardeer.
> Die oudste aanhaling van die woord "Afrikaner" wat ek so vinnig in die
> Argief kon opspoor was 1618 gedurende die verset van die Vryburgers teen
> goewerneur WA van der Stel waarin hul hulself "Africaanders" genoem het.
> Ons moet dit waarskynlik sien as die eerste onbetwisbare aanduiding van `n
> nasiegroep in wording. As jou bron die teendeel kan bewys sal ek dit
> waardeer. Wie die benaming eerste gebruik het, sal beslissend wees vir die
> daarstelling van `n moontlike 21ste eeuse definisie vir Afrikaners.

Sien:

www.oocities.org/sa_stamouers/biebouw.htm

('n Interessante stertjie aan die storie - die teorie oor Hendrik B. se
latere wedervaringe en die blonde aboriginals.)

Swart Simon
Re: Afrikaner [boodskap #63026 is 'n antwoord op boodskap #62685] So, 02 Junie 2002 19:42 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Etienne Marais[2]  is tans af-lyn  Etienne Marais[2]
Boodskappe: 23
Geregistreer: Oktober 1996
Karma: 0
Junior Lid
"Wat is jul
> definisie
>> van `n Afrikaner?
>>
>> 'n Afrikaner is 'n persoon wie se voorouers vanuit Europa, die
kontinent hoofsaaklik, maar later ook uit Engeland en Skotland, na die
suidpunt van Afrika gekom het, wat eers gatvol vir die HOIK geword
het, Frankryk ontvlug het, Britse beheer nie kon verdra nie, verleer
het om Frans, en later ook suiwer Hollands, te praat, sy bande met sy
stamlande tot niet laat gaan het, daarom homself gaandeweg as Afrikaan
beskou het, eers onder die benaming Vryburger, toe Trekboer, toe
Grensboer, toe Voortrekker [sommiges]. Later as Boere bekend gestaan
het en, uiteindelik, vanaf die vroeë twintigste eeu die naam Afrikaner
aangeneem het, toe die politici die naam "Afrikaner" in die naam van
nasionalisme gekaap het. Daarna het die naam "Afrikaner" almal
uitgesluit wat nie Afrikaanssprekend, wit en protestants was nie.
Hoewel baie duisende soortgelykes lede van die Nasionale party se
opposisie, die Verenigde Party, was, het lede van die Verenigde Party
hulself selde as Afrikaners beskryf. Eerder as Suid-Afrikaners. Mens
kan dus maklik sê dat die naam Afrikaner, soos al die ander name,
Vryburger, Voortrekker ens., ook tydgebonde en aktiwiteit- of
ideologie gebonde was. Die naam vir die tyd toe nasionalisme die
ideologie van die dag was. Noudat daardie tyd en daardie ideologie
iets van die verlede is sou mens sê die benaming, Afrikaner, behoort
te verdwyn. Want dit het ander met dieselfde, en dieper, Afrikawortels
uitgesluit. Tog word wit Afrikaansspekendes nog steeds Afrikaners
genoem. In of buite Suid-Afrika. En of hulle nou lede van die NNP, of
die ANC, of die DA is. Politiek is nie meer die faktor nie.

Vandag is die defenisie van 'n Afrikaner dus oor die algemeen steeds:
'n wit Afrikaanssprekende persoon.

Hopelik sal Suid-Afrikaanse Afrikaners verstaan dat 1994 nie net die
uitgeslotenes bevry het nie. Hulle is ook nou vry om hul eie
identiteit uit te brei, 'n veel ruimer self te skep. Sodat "Afrikaner"
sal voortbestaan maar bloot as die Afrikaans vir "African".

Kom ons hoor wat sê julle.

Groetnis

Etienne de Villiers
Re: Afrikaner [boodskap #63028 is 'n antwoord op boodskap #63019] So, 02 Junie 2002 21:10 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Anoniem
Oorspronklik gepos deur: @rogers.com

Swart Simon wrote:


> www.oocities.org/sa_stamouers/biebouw.htm
>
> ('n Interessante stertjie aan die storie - die teorie oor Hendrik B. se
> latere wedervaringe en die blonde aboriginals.)

Dankie, Simon. Dis werklikwaar interessant.
Veral dat daar 'n gedenkteken vir Hendrik Biebouw
in Dorpstraat in Stellenbosch is.
Dit is dus 'n nasaat van Dietlof Biebouw met
Willemijntjie Andriaanse, een van 'n groep
weesmeisies wat na SA gebring is, wat eerste
gesê het "Ik ben een Africander." ( HY het ook
die landdros met 'n meelsak geslaan.) Alhoewel
sy pa wel 'n "voorkind" gehad het met die slavin
Diana van Madagascar, was onse Hendrik van die
meelsak insident dus totaal van Nederlandse bloed.

Gloudina
Re: Afrikaner [boodskap #63031 is 'n antwoord op boodskap #63026] So, 02 Junie 2002 21:45 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Anoniem
Oorspronklik gepos deur: @rogers.com

Etienne de Villiers wrote:

vanaf die vroeë twintigste eeu
toe die politici die naam "Afrikaner" in die naam van
> nasionalisme gekaap het.

Dis wanneer 'n mens terugdink aan jou kinderdae
dat jy besef watter subtiele subsette van
Afrikaner kultuur daar bestaan het binne die
grotere Afrikanergroep. My ma, wie se ouers
van die Boland na die Noord-Kaap getrek het,
het haar definitief nie lid van die Voortrekker-
kappie kultuurgroep gevoel nie, en ons is dus
ongeveer nie eens toegelaat om kappies te dra
nie, en sy wou nie hê dat ons volkspeletjies
ernstig moes speel nie, deels omdat sy nie
bereid was om haar kinders in lang Voortrekker-
rokke en kappies te sien nie. En tog het sy
geen twyfel gehad dat sy 'n Afrikaner is nie.

Gloudina
Re: Afrikaner [boodskap #63044 is 'n antwoord op boodskap #63031] Ma, 03 Junie 2002 15:48 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Etienne Marais[2]  is tans af-lyn  Etienne Marais[2]
Boodskappe: 23
Geregistreer: Oktober 1996
Karma: 0
Junior Lid
"@rogers.com" skryf in boodskap news:...
> Etienne de Villiers wrote:
>
>
> En tog het sy
> geen twyfel gehad dat sy 'n Afrikaner is nie.
>
> Gloudina

Van Afrikaner subsette gepraat: by ons weer is ons Franse verbintenis
lewendig gehou. Hierdie faset naamlik 'n bewustheid van ons
"Fransheid" is skynbaar universeel by baie Franse nasate want Kanadese
en Amerikaners, wat afstammelinge van Franse immigrante is, het al aan
my geskryf dat dit ook by hulle nie 'n eienaardige verskynsel is nie.
Dat hulle, soos wat ek 'n Afrikaner is, patriotiese Amerikaners of
Kanadese is maar nogtans voel dat burgers van Frankryk nie die enigste
"Franse" is nie. Een Fransman het selfs aan my geskryf dat hy
Franshoek besoek het tydens die Bastille Dag Fees en bewus geword het
dat hy 'n lid is van 'n veel groter familie as net die Franse Franse.
Een Franse joernalis wat ook hier was het in die Argus geskryf dat dit
die eerste keer in haar lewe was dat sy "Franse" teegekom het wat nie
Frans praat nie!

Etienne de Villiers
Re: Afrikaner [boodskap #63051 is 'n antwoord op boodskap #63044] Ma, 03 Junie 2002 22:38 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Anoniem
Oorspronklik gepos deur: @rogers.com

Etienne de Villiers wrote:

Hierdie faset naamlik 'n bewustheid van ons
> "Fransheid" is skynbaar universeel by baie Franse nasate want Kanadese
> en Amerikaners, wat afstammelinge van Franse immigrante is, het al aan
> my geskryf dat dit ook by hulle nie 'n eienaardige verskynsel is nie.
> Dat hulle, soos wat ek 'n Afrikaner is, patriotiese Amerikaners of
> Kanadese is maar nogtans voel dat burgers van Frankryk nie die enigste
> "Franse" is nie.

Maar is die SA Franse subset nie eksklusief
iets wat moet teruggaan na Hugenote-bloed nie?
As jy 'n onlangse Franse immigrant is na SA,
word jy verwelkom binne hierdie Franse subset?
As jy Frans vlot kan praat, is jy deel van
hierdie subset? Of moet jou familie 'n paar eeue
teruggaan en liefs nie Frans praat nie, maar wel
êrens in die familie sprake het van 'n familieplaas
daar in Franshoek se wêreld? Met ander woorde, het
ons nie hier te doen met 'n subset binne 'n groter
subset nie?
Daar is natuurlik ook mense wat Franse name het
onder Afrikaners wat geen aandag gee aan hulle
"Franse bloed" nie. My ma se nooiensvan was Rossouw,
en haar ma was 'n Fouché, maar nie een het ooit
gepraat van hulle Franse konneksies nie. Hulle was
dus buite die subset wat hulle Franse konneksies
aktief gekweek het.

Gloudina
Re: Afrikaner [boodskap #63056 is 'n antwoord op boodskap #63051] Di, 04 Junie 2002 06:14 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Sterrenkijker[1]  is tans af-lyn  Sterrenkijker[1]
Boodskappe: 393
Geregistreer: November 2000
Karma: 0
Senior Lid
Ek weet nie maar miskien lê die afkoms van 'n mens tog 'n bietjie
veranker in sy genetiese kode en moontlik kan andere mense dit nog
steeds 'n bietjie aanvoel, selfs as die emigrasie al eeue gelede
afgelope is. En soms kan ons dit selfs sien.
In die eerste jare van my beroepslewe was ek 'n seeman en toe het ek
enige maande die "Seaway" gedoen (op die Sint Laurensrivier tussen
Kanada en die Verenigde State na die Grote Mere toe). Die eerste mense
wat jy daar teëkom is die Franssprekende Kanadese. Slegs 'n bietje
verder kom terug die Engelssprekendes en an die andere kant van die
rivier en die mere woon die mense van die U.S.A. Dis my steeds
opgeval: die verskil van liggaamslengte tussen die Franssprekendes en
die Engelssprekendes. Franssprekende Kanadese is gemiddeld 'n bietjie
kleiner as die res van Kanada. Dit lyk wel 'n bergvolk.
Miskien is gewaarwording van die verskille nie eens so uitsonderlik
nie. Die Europese emigrasie is nie oud nie. Dit het slegs 3-400 jare
gelede begin. En daar is slegs 3 generasies op 'n eeu. Genetiese
verskille, selfs al is hulle nog so gering, kan waarskynlik lank
bewaar bly as die meeste mense van die groep in hulle eie kultuur bly.

Die beste groete vanweë

Norbert (uit Vlaanderen)

--------------------------------------
"@rogers.com" schreef:

>
> Etienne de Villiers wrote:
>
>
> Hierdie faset naamlik 'n bewustheid van ons
>> "Fransheid" is skynbaar universeel by baie Franse nasate want Kanadese
>> en Amerikaners, wat afstammelinge van Franse immigrante is, het al aan
>> my geskryf dat dit ook by hulle nie 'n eienaardige verskynsel is nie.
>> Dat hulle, soos wat ek 'n Afrikaner is, patriotiese Amerikaners of
>> Kanadese is maar nogtans voel dat burgers van Frankryk nie die enigste
>> "Franse" is nie.
>
>
>
> Maar is die SA Franse subset nie eksklusief
> iets wat moet teruggaan na Hugenote-bloed nie?
> As jy 'n onlangse Franse immigrant is na SA,
> word jy verwelkom binne hierdie Franse subset?
> As jy Frans vlot kan praat, is jy deel van
> hierdie subset? Of moet jou familie 'n paar eeue
> teruggaan en liefs nie Frans praat nie, maar wel
> êrens in die familie sprake het van 'n familieplaas
> daar in Franshoek se wêreld? Met ander woorde, het
> ons nie hier te doen met 'n subset binne 'n groter
> subset nie?
> Daar is natuurlik ook mense wat Franse name het
> onder Afrikaners wat geen aandag gee aan hulle
> "Franse bloed" nie. My ma se nooiensvan was Rossouw,
> en haar ma was 'n Fouché, maar nie een het ooit
> gepraat van hulle Franse konneksies nie. Hulle was
> dus buite die subset wat hulle Franse konneksies
> aktief gekweek het.
>
> Gloudina
>
Re: Afrikaner [boodskap #63068 is 'n antwoord op boodskap #63056] Di, 04 Junie 2002 12:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Anoniem
Oorspronklik gepos deur: @rogers.com

*Sterrenkijker* wrote:

> In die eerste jare van my beroepslewe was ek 'n seeman en toe het ek
> enige maande die "Seaway" gedoen (op die Sint Laurensrivier tussen
> Kanada en die Verenigde State na die Grote Mere toe). Die eerste mense
> wat jy daar teëkom is die Franssprekende Kanadese. Slegs 'n bietje
> verder kom terug die Engelssprekendes en an die andere kant van die
> rivier en die mere woon die mense van die U.S.A. Dis my steeds
> opgeval: die verskil van liggaamslengte tussen die Franssprekendes en
> die Engelssprekendes. Franssprekende Kanadese is gemiddeld 'n bietjie
> kleiner as die res van Kanada.

Baie interessant dat jy soiets so duidelik kon
opmerk. Nou, as mens na Frankryk vandag gaan,
word jy tog nie getref deur die feit dat hulle
kort is nie. Dit moet dus lê by die feit dat
die mense wat uit Frankryk in die vorige eeue
gekom het, korter was en hierdie genetiese
erfenis nagelaat het. ( Vir iemand wat aan
Afrikaners se manier van praat en doen gewoond
is, is die Franse van Quebec ook nogal baie soos
Afrikaners - baie meer volatiel en hulle praat
ook meer met hulle hande. Ek is al 'n "frog"
genoem.)
Kanada is 'n baie interessante mengsel van
mense, en dis baie nodig om te weet wat hulle
agtergrond is voordat jy hulle kan "verstaan."
Neem nou die ou wat van Manitoba af kom en wat
jy alleen kan "verstaan" as jy weet dat hy 'n
nageslag is van die Doukhabors wat uit Rusland
gekom het. Of die Franse van Manitoba. (Daar
is groot getalle van Franse in Manitoba, veral
rondom Winnipeg.)
Toe ek na Ontario gekom het, het ek gevoel
dat daar 'n soort baie ongeleerde en onbeskofte
streep is in 'n sekere tipe plattelandse Ontario
persoon wat duidelik van Engelse afkoms is. Veral
in Oostelike Ontario. Ek het gedink dis net my
verbeelding, totdat een van my seuns dieselfde
opgemerk het. Ek kan alleen dink dat dit teruggaan
na die tipe Engelse immigrante wat hier 'n paar
eeue gelede vir hulle kom vestig het.

Gloudina
Re: Afrikaner [boodskap #63442 is 'n antwoord op boodskap #63068] Ma, 10 Junie 2002 20:40 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Etienne Marais[2]  is tans af-lyn  Etienne Marais[2]
Boodskappe: 23
Geregistreer: Oktober 1996
Karma: 0
Junior Lid
"@rogers.com" skryf in boodskap news:...
> *Sterrenkijker* wrote:
>
>
>>>
> Baie interessant dat jy soiets so duidelik kon
> opmerk. Nou, as mens na Frankryk vandag gaan,
> word jy tog nie getref deur die feit dat hulle
> kort is nie. Dit moet dus lê by die feit dat
> die mense wat uit Frankryk in die vorige eeue
> gekom het, korter was en hierdie genetiese
> erfenis nagelaat het. ( Vir iemand wat aan
> Afrikaners se manier van praat en doen gewoond
> is, is die Franse van Quebec ook nogal baie soos
> Afrikaners - baie meer volatiel en hulle praat
> ook meer met hulle hande. Ek is al 'n "frog"
> genoem.)
> Kanada is 'n baie interessante mengsel van
> mense, en dis baie nodig om te weet wat hulle
> agtergrond is voordat jy hulle kan "verstaan."
> Neem nou die ou wat van Manitoba af kom en wat
> jy alleen kan "verstaan" as jy weet dat hy 'n
> nageslag is van die Doukhabors wat uit Rusland
> gekom het. Of die Franse van Manitoba. (Daar
> is groot getalle van Franse in Manitoba, veral
> rondom Winnipeg.)
> Toe ek na Ontario gekom het, het ek gevoel
> dat daar 'n soort baie ongeleerde en onbeskofte
> streep is in 'n sekere tipe plattelandse Ontario
> persoon wat duidelik van Engelse afkoms is. Veral
> in Oostelike Ontario. Ek het gedink dis net my
> verbeelding, totdat een van my seuns dieselfde
> opgemerk het. Ek kan alleen dink dat dit teruggaan
> na die tipe Engelse immigrante wat hier 'n paar
> eeue gelede vir hulle kom vestig het.
>
> Gloudina

Ons is besig om oor wat 'n Afrikaner is te peins. Een faset, net
een, van hoevele ander, is sy Franse inset. Wat ek glo onderskat word
en wat dus, wanneer jy dit uitwys, altyd reaksie ontlok. By my
persoonlik, soos by die meeste Afrikaners met Franse vanne, gaan die
kontak agt, nege geslagte terug na die Hugenote. 'n Subset van
die Afrikaner. By my Kanadese en Amerikaanse korrespondente gaan dit
nie in alle gevalle terug na die Hugenote nie. By ons almal gaan dit
egter terug na Frankryk. 'n Subset binne 'n groter subset
dus. Met die 300 jarige Hugenote fees in 1988, het hoevele
Engelssprekendes, selfs 'n Jodin tante, my geskakel om te
verneem na sekere reëlings. Met hulle was die verbasende
gemeenskaplikheid ons Franse afkoms, [die groter subset] nie
noodwendig die Afrikaner subset, Hugenoot nie, en selfs ons Engelsheid
en Afrikaansheid het ook teruggestaan. Vanaf toe die Hugenote hier
geland het, was hierdie land nog altyd hoofsaaklik Protestants en was
die onderskeid, dus selfs destyds tussen hulle en die Hollanders al,
waarskynlik alleen hul taal en hul land van herkoms. Franse, en hul
afstammelinge, wat jy oral in die wêreld teëkom. Die groter subset wat
span oor ruimte en tyd, en wat jy weer op 14 Julie, ook in
Franschhoek, sal bemerk.

Ook opvallend onder ons Afrikaners is dat dit nie een familie is wat
sy Fransheid nog beleef en 'n ander nie, maar dat binne
dieselfde familie waar een dit ervaar doen die ander dit nie. My Ma is
ook 'n Rossouw en net haar een broer was 'n stoere
Hugenoot. My Oupa de Villiers was een, so ook my Pa en net een van sy
sewe ander broers. Ek gebruik Frans net met ons tafelgebed en snags
wanneer ek alleen bid. In Afrikaans neig my gedagtes om af te dwaal
maar in Frans moet ek konsentreer en dit wat ek te sê het, raakvat.
Frans is net 'n bate en vir my voel "Mon Dieu" of
"Notre Dieu" nog altyd meer respekvol en elegant as om
Here of veral God te sê [selfs te skryf]. Van kinds af te grof, hard,
ydelik vir my gevoel, selfs in die kerk.

In die gene? Ja, Afrikaners lyk soos die Hollanders, Franse, Duitsers
en selfs Engelse van wie hulle afstam. Hierdie goete maak saak of maak
nie saak nie, dit hang af hoe elkeen daaroor voel. Maar dit wys tog op
verdere fasette van die Afrikaner [terwyl ons nou praat van wat
'n Afrikaner nou eintlik is] waaraan almal nie elke dag dink
nie, miskien selfs nie aan wil dink nie of eers oor hoef te dink nie.

Volgens Sartre kan ons nie heeltemal wees wat ons is as ons daarvan
bewus is nie. Soos die kelner wat so onseker is oor sy identiteit, as
kelner, dat hy die rol van 'n kelner speel. Wil EK onderskei
word as uitstekende musikant in die oë van ander, 'n rol, of wil
ek eenvoudig pragtige MUSIEK speel? In ons parlement is daar
Afrikaners wat staan vir die regte en identiteit van "die
Afrikaner". Te bewus van hulself. Soos Sartre, dink ek hulle
beperk hulself. Hulle konsentreer nie op die musiek nie. Al meer
Afrikaners, dit wil sê Afrikaanssprekendes, ervaar egter geen
onoorkomelike gebrek aan regte nie, konsentreer eenvoudig vol
selfvertroue op hul werk as parlementariërs of waarmee anders hulle
ookal besig is. Hulle presteer, hier, in Afrika en in die buiteland.
Sonder dat hulle pertinent daarna streef, is dit hùlle wat die
pioniers is wat die ruimer identiteit van die Afrikaner [another
African] die toekoms in dra. Hulle konsentreer op die musiek. So dink
ek.

Groetnis uit die Kaap, tjorts en vive la france
Etienne de Villiers
Re: Afrikaner [boodskap #63444 is 'n antwoord op boodskap #63442] Ma, 10 Junie 2002 22:26 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Anoniem
Oorspronklik gepos deur: @rogers.com

Etienne de Villiers wrote:

> Ook opvallend onder ons Afrikaners is dat dit nie een familie is wat
> sy Fransheid nog beleef en n ander nie, maar dat binne
> dieselfde familie waar een dit ervaar doen die ander dit nie.

> Volgens Sartre kan ons nie heeltemal wees wat ons is as ons daarvan
> bewus is nie.

Ek kan nie sê dat in my ma se familie
daar enigsins gedink was oor hulle
Fransheid nie. Dit was heelwaarskynlik
blote toeval dat my ouma Fouché met 'n
Rossouw getrou het in Robertson se
wêreld. Ek weet ook nie of een van my
ma se broers sy jongste seun bewus
André gedoop het nie. Maar ek weet dat
ek presies geweet het wat ek doen toe
ek my man vra dat ons ons een seun ook
André moes noem: ek wou 'n naam gehad
het wat in Suid-Afrika en in Kanada
'n doodgewone naam is. ( Hy moes eintlik
Andries genoem gewees het, na my pa, maar
ons kon dit nie op sy skouers lê in
Kanada nie.)

Gloudina
Re: Afrikaner [boodskap #63481 is 'n antwoord op boodskap #62874] Di, 11 Junie 2002 11:32 Na vorige boodskapna volgende boodskap
lou[2]  is tans af-lyn  lou[2]
Boodskappe: 279
Geregistreer: Oktober 2001
Karma: 0
Senior Lid
"@rogers.com" wrote:
>
>> Ja, maar 'n "Afrikaner" volgens JOU norme en standaarde. Hulle is
>> maar so skaars soos hoenertanne - daarvan is ek seker.
>
> Nee-wat. Ek dink jy probeer jouself arbiter
> hou van wat "Afrikaner" en "Afrikaansheid" is,
> maar soos jy sê - jy is getroud met 'n Franse
> Belg en het daardeur baie intens al kontak ver-
> loor met Afrikaansheid en Afrikanerskap.Ek is
> getroud met 'n Afrikanerseun in murg en bloed,
> een wat my nou nog advies kan gee oor Afrikaans
> as ek begin twyfel oor iets.

RODVLEMGA!!! Dit is nou die "afrikanerseun" wat opgehou afrikaans praat
het oor die korporaaltjies in Soweto?? Dit is die mense wat se kinders
nie 'n woord afrikaans kon praat nie? Maak nie saak hoe jy duck en dive
nie - 'n afrikaner - rooi, pienk, wit, bruin, regs of links moet ten
misnte verbind wees om afrikaans te praat. Iemand wie se huistaal nie
afrikaans is nie kan tog nie kwalifiseer as Afrikaner nie? Net so kan
iemand wat se huistaal nie Zoeloe is nie tog nie kwalifiseer as Zoeloe
nie? Net so Fransman, Engelsman etc.

> Ek dink jy speel politiek met hierdie onder-
> werp. Ek dink nie jy is ernstig oor die saak nie.
> Jy maak dit 'n ego-projeksie. Ek is altyd versigtig
> vir sulke mense.
>

En dan beskuldig jy ander mense wat politiek speel met die onderwerp?
Dit is nou soos die pot wat die erdeskottel swart noem?
Re: Afrikaner [boodskap #63490 is 'n antwoord op boodskap #63481] Di, 11 Junie 2002 12:17 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Anoniem
Oorspronklik gepos deur: @rogers.com

Lou wrote:

> RODVLEMGA!!! Dit is nou die "afrikanerseun" wat opgehou afrikaans praat
> het oor die korporaaltjies in Soweto??

Welkom terug ou Lou-met-die-vlymskerp-
tong. Ou Lou, laat ek nou vir jou een
ding vertel. Miskien was my man, deur
beswaar te maak oor die teenwoordigheid
van die korporaaltjies in Soweto wat
so in Afrikaans gepraat het terwyl hulle
die kinders van agter skiet, trouer aan
sy "boere-seun" inbors as mense wat maar
net hulle oë of ore gesluit het. Jy pleeg
ontrou aan die goeie inbors van die
Afrikaner om te praat asof die korporaaltjies
in Soweto daar gehoort het. Ons weet vandag
dat die selfmoordsyfer onder daardie
korporaaltjies verskriklik hoog was, omdat
hulle diep in hulle harte besef het dat hulle
verraad pleeg, nie net teen hulle eie mensheid
nie, maar ook teen hulle Afrikaner-inbors.

Gloudina
Re: Afrikaner [boodskap #63909 is 'n antwoord op boodskap #63481] Di, 18 Junie 2002 13:27 Na vorige boodskapna volgende boodskap
lou[2]  is tans af-lyn  lou[2]
Boodskappe: 279
Geregistreer: Oktober 2001
Karma: 0
Senior Lid
Gloudina skryf:

> Miskien was my man, deur
> beswaar te maak oor die teenwoordigheid
> van die korporaaltjies in Soweto wat
> so in Afrikaans gepraat het terwyl hulle
> die kinders van agter skiet, trouer aan
> sy "boere-seun" inbors as mense wat maar
> net hulle oë of ore gesluit het. Jy pleeg
> ontrou aan die goeie inbors van die
> Afrikaner om te praat asof die korporaaltjies
> in Soweto daar gehoort het. Ons weet vandag
> dat die selfmoordsyfer onder daardie
> korporaaltjies verskriklik hoog was, omdat
> hulle diep in hulle harte besef het dat hulle
> verraad pleeg, nie net teen hulle eie mensheid
> nie, maar ook teen hulle Afrikaner-inbors.

Interesante pos - dan begin jy ook nou daaroor dink? Kinders van 18 jaar
wat geindoktroneer was om 'n ideologiese standpunt na te volg, wat meer
gewonder het oor of hulle volgende naweek sal pas kry as oor die
reverdigheid van dit wat hulle doen. Wat eers later besef het wat
apartheid eintlik was.

Maar dan soos gewoonlik antwoord jy nie die punt nie.

Lou wrote:
>
> "@rogers.com" wrote:
>>
>>> Ja, maar 'n "Afrikaner" volgens JOU norme en standaarde. Hulle is
>>> maar so skaars soos hoenertanne - daarvan is ek seker.
>>
>> Nee-wat. Ek dink jy probeer jouself arbiter
>> hou van wat "Afrikaner" en "Afrikaansheid" is,
>> maar soos jy sê - jy is getroud met 'n Franse
>> Belg en het daardeur baie intens al kontak ver-
>> loor met Afrikaansheid en Afrikanerskap.Ek is
>> getroud met 'n Afrikanerseun in murg en bloed,
>> een wat my nou nog advies kan gee oor Afrikaans
>> as ek begin twyfel oor iets.
>
> RODVLEMGA!!! Dit is nou die "afrikanerseun" wat opgehou afrikaans praat
> het oor die korporaaltjies in Soweto?? Dit is die mense wat se kinders
> nie 'n woord afrikaans kon praat nie? Maak nie saak hoe jy duck en dive
> nie - 'n afrikaner - rooi, pienk, wit, bruin, regs of links moet ten
> misnte verbind wees om afrikaans te praat. Iemand wie se huistaal nie
> afrikaans is nie kan tog nie kwalifiseer as Afrikaner nie? Net so kan
> iemand wat se huistaal nie Zoeloe is nie tog nie kwalifiseer as Zoeloe
> nie? Net so Fransman, Engelsman etc.
>
>> Ek dink jy speel politiek met hierdie onder-
>> werp. Ek dink nie jy is ernstig oor die saak nie.
>> Jy maak dit 'n ego-projeksie. Ek is altyd versigtig
>> vir sulke mense.
>>
>
> En dan beskuldig jy ander mense wat politiek speel met die onderwerp?
> Dit is nou soos die pot wat die erdeskottel swart noem?
Re: Afrikaner [boodskap #63910 is 'n antwoord op boodskap #63909] Di, 18 Junie 2002 14:09 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Anoniem
Oorspronklik gepos deur: @rogers.com

Lou wrote:

> Gloudina skryf:

>> Miskien was my man, deur
>> beswaar te maak oor die teenwoordigheid
>> van die korporaaltjies in Soweto wat
>> so in Afrikaans gepraat het terwyl hulle
>> die kinders van agter skiet, trouer aan
>> sy "boere-seun" inbors as mense wat maar
>> net hulle oë of ore gesluit het. Jy pleeg
>> ontrou aan die goeie inbors van die
>> Afrikaner om te praat asof die korporaaltjies
>> in Soweto daar gehoort het. Ons weet vandag
>> dat die selfmoordsyfer onder daardie
>> korporaaltjies verskriklik hoog was, omdat
>> hulle diep in hulle harte besef het dat hulle
>> verraad pleeg, nie net teen hulle eie mensheid
>> nie, maar ook teen hulle Afrikaner-inbors.

>
> Interesante pos - dan begin jy ook nou daaroor dink? Kinders van 18 jaar
> wat geindoktroneer was om 'n ideologiese standpunt na te volg, wat meer
> gewonder het oor of hulle volgende naweek sal pas kry as oor die
> reverdigheid van dit wat hulle doen. Wat eers later besef het wat
> apartheid eintlik was.
>
> Maar dan soos gewoonlik antwoord jy nie die punt nie.

Wat bedoel jy, Lou, deur vir my te
vertel dat ek "nou eers" daaroor begin
dink dat daardie Afrikaanse korporaaltjies
wat die kinders so van agter af in Soweto
geskiet het se ewige siel en psige in
gevaar was? Ek kan dit vir jou van die
begin af gesê het. Dis daarom dat ek en
my man SA verlaat het: om te verhoed dat
ons seuns korporaaltjies word wat Afrikaans
praat en kinders in die rug skiet.
Nou, herhaal asseblief die "punt"
waarop ek moet antwoord? Jy weet, dis soos
'n refrein by jou. Ek gaan jou nou doop
"ou Lou-punt-in-die-wind."

Gloudina
Re: Afrikaner [boodskap #63919 is 'n antwoord op boodskap #63910] Di, 18 Junie 2002 15:15 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Ockie van Schalkwyk  is tans af-lyn  Ockie van Schalkwyk
Boodskappe: 153
Geregistreer: Desember 2000
Karma: 0
Senior Lid
Hey tante, sê asseblief vir ons watter jaar praat jy nou van dat die
korporaaltjies die kinders van agteraf geskiet het? Versigtig nou! Dis
net hier waar ons jou gaan blootlê vir jou alewige strooi praat!
skryf in boodskap news:3D0F3FB1.7080608@rogers.com...
>
> Lou wrote:
>
>> Gloudina skryf:
>
>
>>> Miskien was my man, deur
>>> beswaar te maak oor die teenwoordigheid
>>> van die korporaaltjies in Soweto wat
>>> so in Afrikaans gepraat het terwyl hulle
>>> die kinders van agter skiet, trouer aan
>>> sy "boere-seun" inbors as mense wat maar
>>> net hulle oë of ore gesluit het. Jy pleeg
>>> ontrou aan die goeie inbors van die
>>> Afrikaner om te praat asof die korporaaltjies
>>> in Soweto daar gehoort het. Ons weet vandag
>>> dat die selfmoordsyfer onder daardie
>>> korporaaltjies verskriklik hoog was, omdat
>>> hulle diep in hulle harte besef het dat hulle
>>> verraad pleeg, nie net teen hulle eie mensheid
>>> nie, maar ook teen hulle Afrikaner-inbors.
>
>>
>> Interesante pos - dan begin jy ook nou daaroor dink? Kinders van 18 jaar
>> wat geindoktroneer was om 'n ideologiese standpunt na te volg, wat meer
>> gewonder het oor of hulle volgende naweek sal pas kry as oor die
>> reverdigheid van dit wat hulle doen. Wat eers later besef het wat
>> apartheid eintlik was.
>>
>> Maar dan soos gewoonlik antwoord jy nie die punt nie.
>
>
>
> Wat bedoel jy, Lou, deur vir my te
> vertel dat ek "nou eers" daaroor begin
> dink dat daardie Afrikaanse korporaaltjies
> wat die kinders so van agter af in Soweto
> geskiet het se ewige siel en psige in
> gevaar was? Ek kan dit vir jou van die
> begin af gesê het. Dis daarom dat ek en
> my man SA verlaat het: om te verhoed dat
> ons seuns korporaaltjies word wat Afrikaans
> praat en kinders in die rug skiet.
> Nou, herhaal asseblief die "punt"
> waarop ek moet antwoord? Jy weet, dis soos
> 'n refrein by jou. Ek gaan jou nou doop
> "ou Lou-punt-in-die-wind."
>
> Gloudina
>
Re: Afrikaner [boodskap #63950 is 'n antwoord op boodskap #63910] Wo, 19 Junie 2002 08:42 Na vorige boodskapna volgende boodskap
lou[2]  is tans af-lyn  lou[2]
Boodskappe: 279
Geregistreer: Oktober 2001
Karma: 0
Senior Lid
Liewe Anti Draaigat jakkals

Eerstens - jy antwoord nie die punt nie en dit is tog waaroor debat gaan
- oor 'n onderwerp. Wat was - Wat is 'n Afrikaner? HINT: Lees die
opskrif ou draaigat jakkals :) Die feit bly - dat iemand wat se huistaal
nie afrikaans is nie kan ten beste 'n kwasi-afrikaner genoem word - al
praat hy die taal ook nou hoe goed. My punt -----> Om afrikaans af te
sweer getuig nie juis van goeie afrikaner inbors nie. [/color]
> Lou wrote:
>
>> Gloudina skryf:
>
>>> Miskien was my man, deur
>>> beswaar te maak oor die teenwoordigheid
>>> van die korporaaltjies in Soweto wat
>>> so in Afrikaans gepraat het terwyl hulle
>>> die kinders van agter skiet, trouer aan
>>> sy "boere-seun" inbors as mense wat maar
>>> net hulle oë of ore gesluit het. Jy pleeg
>>> ontrou aan die goeie inbors van die
>>> Afrikaner om te praat asof die korporaaltjies
>>> in Soweto daar gehoort het. Ons weet vandag
>>> dat die selfmoordsyfer onder daardie
>>> korporaaltjies verskriklik hoog was, omdat
>>> hulle diep in hulle harte besef het dat hulle
>>> verraad pleeg, nie net teen hulle eie mensheid
>>> nie, maar ook teen hulle Afrikaner-inbors.
>
>>
>> Interesante pos - dan begin jy ook nou daaroor dink? Kinders van 18 jaar
>> wat geindoktroneer was om 'n ideologiese standpunt na te volg, wat meer
>> gewonder het oor of hulle volgende naweek sal pas kry as oor die
>> reverdigheid van dit wat hulle doen. Wat eers later besef het wat
>> apartheid eintlik was.
>>
>> Maar dan soos gewoonlik antwoord jy nie die punt nie.
>
> Wat bedoel jy, Lou, deur vir my te
> vertel dat ek "nou eers" daaroor begin
> dink dat daardie Afrikaanse korporaaltjies
> wat die kinders so van agter af in Soweto
> geskiet het se ewige siel en psige in
> gevaar was? Ek kan dit vir jou van die
> begin af gesê het. Dis daarom dat ek en
> my man SA verlaat het: om te verhoed dat
> ons seuns korporaaltjies word wat Afrikaans
> praat en kinders in die rug skiet.
> Nou, herhaal asseblief die "punt"
> waarop ek moet antwoord? Jy weet, dis soos
> 'n refrein by jou. Ek gaan jou nou doop
> "ou Lou-punt-in-die-wind."
>
> Gloudina
Re: Afrikaner [boodskap #64379 is 'n antwoord op boodskap #63444] Sa, 29 Junie 2002 05:28 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Etienne Marais[2]  is tans af-lyn  Etienne Marais[2]
Boodskappe: 23
Geregistreer: Oktober 1996
Karma: 0
Junior Lid
"@rogers.com" skryf in boodskap news:...
> Etienne de Villiers wrote:
>
>
>> . ( Hy moes eintlik
> Andries genoem gewees het, na my pa, maar
> ons kon dit nie op sy skouers lê in
> Kanada nie.)
>
> Gloudina

Sê my Gloudina, wat is dit van Kanada, dat Suid-Afrikaners en veral
Afrikaners daarheen emigreer? Vir my is Kanada 'n pragtige land ... so
van prentjies uit boeke en van tonele uit films. Ek was nog nooit daar
nie, maar wil my voorstel dat ons mense dalk in die Nuwe Wêreld wil
wees maar tog nie in die VSA nie. Dis byvoorbeeld my ervaring dat ons
beter oor die weg kom met Europeërs as met Amerikaners. Is dit ook so
gesteld met Kanadese? 'n Ander aspek is die groot oop ruimtes hier en
die nog groter oop ruimtes in Kanada. Is dit dalk ook 'n rede? Jy sê
die quebecois is baie soos ons? My skoonsus woon in Minneapolis en
moes onlangs na die suide van Texas. Toe sy terugkom in Minneapolis
skryf sy die plek is so Nordies, blond, perfeksionisties,
georganiseerd, feitlik 'n eiland ... kortom vervelig, gemeet aan die
Texane waar dit, soos in SA,lewe. In Texas, waar sy was, lyk mense nie
almal dieselfde nie, praat almal nie dieselfde taal nie, trap hulle
vas en doen hul ding. Soos ons hier. Ek dink sy het die hitte daar ook
geniet. Nou, Kanada is tog so koud. Hoe hou julle dit tog daar? Ek vra
al hierdie dinge want my gemoed wissel tussen hoop en wanhoop oor die
toekoms vir ons kleintjies hier. Hulle is so pragtig, vaar so
uitstekend op skool en kleuterskool en het soveel potensiaal ['n woord
wat telkens in beide se rapporte verskyn] maar ons twyfel soms of
dieselfde van 'n toekoms in SA verwag kan word vir hulle. Wanneer
hierdie gedagtes figureer, kom Kanada telkens by ons op ... sonder dat
ons self presies verstaan waarom. Praat bietjie met ons oor Kanada [en
Quebec].

Etienne
Re: Afrikaner [boodskap #64402 is 'n antwoord op boodskap #64379] So, 30 Junie 2002 03:38 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Anoniem
Oorspronklik gepos deur: @rogers.com

Etienne de Villiers wrote:


> Sê my Gloudina, wat is dit van Kanada, dat Suid-Afrikaners en veral
> Afrikaners daarheen emigreer?

Dis nie "veral" Afrikaners nie. Kanada is
ook vol Engels-sprekende en Xhosa- en Zulu-
ens. sprekende Suid-Afrikaners. Dit is wel
waar dat die Prairies vol Afrikanet-dokters
is.
Die proses van in Kanada kom bly, dink ek
is eenvoudiger as byvoorbeeld vir die VSA.
Solank jy as "landed immigrant" aangeneem
word, kry jy onmiddellik dieselfde voordele
as die Kanadese burgers (behalwe dat jy nie
kan stem nie.) En ek dink jy moet ten minste
'n taamlike lang periode in die land wees,
voordat jy ouderdomspensioen kan trek.
Ek dink ook dat die manier waarop alle
groepe se kultuur verwelkom en getroetel
word, immigrante hier onmiddellik baie tuis
laat voel.
Die nabyheid aan die VSA sonder om van
die VSA te wees, is natuurlik ook 'n groot
aantreklikheid vir my. Tussen die VSA en
Kanada kry mens so 'n wye verskil van
landskap, dat mens voel jy kan jou kar vat
en gaan kyk na hoë berge en baie droë dele,
en verskillende oseane.
Vir my persoonlik is die feit dat
Kanada ook so ver noord strek, en die Inuit
en baie verskillende Eerste Nasies insluit,
'n baie groot aantreklikheid. Ek voel dat
in die VSA die dominante kulture dié is van
die Engelse en Europese kant en ook van die
Spaanse kant, dus almal setlaar-kulture. Hier
wéét al die "setlaar"-kulture dat hulle nie
die belangrikste kulture is nie.

Gloudina
Re: Afrikaner [boodskap #64432 is 'n antwoord op boodskap #64402] Di, 02 Julie 2002 11:28 Na vorige boodskap
Suidwester  is tans af-lyn  Suidwester
Boodskappe: 1579
Geregistreer: Augustus 2003
Karma: 0
Senior Lid
Almal het so 'n geel kleur van agter af.......
skryf in boodskap news:3D1E7DB1.406@rogers.com...
>
> Etienne de Villiers wrote:
>
>
>
>> Sê my Gloudina, wat is dit van Kanada, dat Suid-Afrikaners en veral
>> Afrikaners daarheen emigreer?
>
>
> Dis nie "veral" Afrikaners nie. Kanada is
> ook vol Engels-sprekende en Xhosa- en Zulu-
> ens. sprekende Suid-Afrikaners. Dit is wel
> waar dat die Prairies vol Afrikanet-dokters
> is.
> Die proses van in Kanada kom bly, dink ek
> is eenvoudiger as byvoorbeeld vir die VSA.
> Solank jy as "landed immigrant" aangeneem
> word, kry jy onmiddellik dieselfde voordele
> as die Kanadese burgers (behalwe dat jy nie
> kan stem nie.) En ek dink jy moet ten minste
> 'n taamlike lang periode in die land wees,
> voordat jy ouderdomspensioen kan trek.
> Ek dink ook dat die manier waarop alle
> groepe se kultuur verwelkom en getroetel
> word, immigrante hier onmiddellik baie tuis
> laat voel.
> Die nabyheid aan die VSA sonder om van
> die VSA te wees, is natuurlik ook 'n groot
> aantreklikheid vir my. Tussen die VSA en
> Kanada kry mens so 'n wye verskil van
> landskap, dat mens voel jy kan jou kar vat
> en gaan kyk na hoë berge en baie droë dele,
> en verskillende oseane.
> Vir my persoonlik is die feit dat
> Kanada ook so ver noord strek, en die Inuit
> en baie verskillende Eerste Nasies insluit,
> 'n baie groot aantreklikheid. Ek voel dat
> in die VSA die dominante kulture dié is van
> die Engelse en Europese kant en ook van die
> Spaanse kant, dus almal setlaar-kulture. Hier
> wéét al die "setlaar"-kulture dat hulle nie
> die belangrikste kulture is nie.
>
> Gloudina
>
Vorige onderwerp: Blyplek innie Kaap
Volgende onderwerp: Helga
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Ma Apr 29 02:18:51 MGT 2024