Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Algemeen » Koeitjies & kalfies » Helga
Helga [boodskap #64441] Wo, 03 Julie 2002 04:37
Annette  is tans af-lyn  Annette
Boodskappe: 11114
Geregistreer: Augustus 2003
Karma: 1
Senior Lid
Maandagmiddag is ons by KanaalStap vir besigheid en ietsie te ete.
Op die verhoog ter vermaak van die kinders is 'n man met 'n bosbaadjie,
steweltjies en 'n leerhoed wat al vuil gevat is.
Hy het toe 'n paar diere daar by hom om sy kennis met ons te deel.
Eerstens was daar 'n muishond wat so skaam was dat sy om de dood nie wou
omdraai dat ons haar kon sien nie.
Mooi stert elkgeval.
Toe was daar 'n wit albino lui luislang wat net wou slaap en nie eers vir
ons 'n tongetjie wou wys nie.
Daarna was dit Helga die valk se beurt.
Bosman en helper moes haar behoorlik uit haar kou skud - sy wou nie uitkom
nie - maar terwyl hy ewe gemaklk sy dik handskoen aantrek om haar na die
dwarsbalk op die stok te neem, en vir ons vertel hy is imprinted op haar, sy
dink sy is 'n mens, en dat sy nooit it die vryheid van die veld en ruimte
losgelaat kan word nie, toe vlieg Helga heel uit haar onmenslike aard op en
gaan sit op 'n kol waar geen mens by haar kan uitkom nie.
Bosman het van onder op die verhoog sy bes probeer om haar met stukkies
vleis en selfs 'n vals muis wat hy wreed aan 'n tou rondgeswaai het te lok -
maar Helga het daar bo op haar veilige plek gesit en stilletjies vir hom
gelag.
Die vertoning was toe sommer oor, en alhoewel ons nog 10 minute daarna
rondgestaan het om te kyk wat gaan gebeur, het Helga heel duidelik haar
vryheid daar bo geniet, en Bosman het onder rondgestaan en vir haar gewaai
sonder veel sukses.
Ek sal nogal graag weer oor middagete hierdie week weer daar wil wees om te
sien of Helga - wat vir die grootste vermaak gesorg het - nog steeds deel
van die vertoning is.
Annette
Vorige onderwerp: Afrikaner
Volgende onderwerp: Re: hulle is baie persistant
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Wo Mei 15 21:45:16 MGT 2024