Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Algemeen » Koeitjies & kalfies » spelrympies
spelrympies [boodskap #6376] Di, 30 April 1996 00:00 na volgende boodskap
Frank Snyckers  is tans af-lyn  Frank Snyckers
Boodskappe: 68
Geregistreer: Maart 1996
Karma: 0
Volle Lid
On Tue, 30 Apr 1996, Freek Eek wrote: [re: interessant]

> Die maklike manier om dit te onthou is "een rok en twee skoene".

Daar is 'n skatkis vol oulike assosiatiewe re"els vir skoolkinders om 'n
hele lot dinge te onthou. Ek onthou ons onderwyseres het vir ons die
(redelik tradisionele) rympie vir Afrikaanssprekende kindertjies geleer
rakende die spelling van "school": slangetjie, krulletjie, huh,
wieletjie, wieletjie, luh.

Vir ander woorde het mens die spelling sing-sing onthou:
"em eye ess ess eye ess ess eye pee pee eye" - Mississippi
"Q you ee you ee" - queue. (of "koeijoei")

Vir "onmiddellik" het ons net geleer: twee van elk. Het iemand op skool
'n meer beeldende assosiasie geleer vir "onmiddellik"?

(Terloops, kan iemand vir my sê hoekom ons "komitee" vir "committee"
skryf? As mens skielik weer na Afrikaans oorskakel is dit soms
frustrerend om identiese woorde anders te moet spel, wat
dubbel-konsonante betref.)

Groete
Frank
re:spelrympies [boodskap #6409 is 'n antwoord op boodskap #6376] Vr, 03 Mei 1996 00:00 Na vorige boodskap
Annemie Vorstermans  is tans af-lyn  Annemie Vorstermans
Boodskappe: 2
Geregistreer: Februarie 1996
Karma: 0
Junior Lid
>
> Vir "onmiddellik" het ons net geleer: twee van elk. Het iemand op skool
> 'n meer beeldende assosiasie geleer vir "onmiddellik"?
>
> Groete
> Frank
>
Een meer beeldende associatie voor onmiddellijk is: 2 doden en 2 lijken

Annemie Vorstermans
Vakgroep voor Elektronica en Informatiesystemen
Universiteit Gent, Belgium
E-mail: vors...@elis.rug.ac.be
Vorige onderwerp: Rubicon: die inside story
Volgende onderwerp: Afrikaans discussion at Maties
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Wo Mei 15 14:42:04 MGT 2024