Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Algemeen » Koeitjies & kalfies » Rook
Rook [boodskap #64059] Do, 20 Junie 2002 21:31
Wouter Plaasvark  is tans af-lyn  Wouter Plaasvark
Boodskappe: 1004
Geregistreer: Mei 2006
Karma: 0
Senior Lid
Hoofartikel in ons streekskoerant, net vir die interessantheid

http://www.news24.com/Regional_Papers/Components/Category_
Article_Text_Template/0,2430,407-413-978_1201511~A,00.html

19/06/2002 01:04 PM - (SA)
Rokery op spits

DIE brief oor rokery in openbare plekke deur die Tygerberg-administrasie se
streek-omgewingsbeampte vandeesweek in Lesersforum is baie ter sake deurdat
hy daarin 'n feitelike uiteensetting gee van die verskillende fases van die
inwerkingstelling van die rookverbod. Hy reageer ook op vrae in dié kolom
oor die toepassing daarvan, oftewel die oënskynlike gebrek aan toepassing.

Onder meer dui hy aan dat die fase waarheen nou beweeg word, die effektiewe
toepassing van die wet gaan wees.

Veral kafee-, restaurant-, koffiewinkel en pub-eienaars kan dus verwag dat
optrede hul voorland is, sou hulle nie aan die wetsvoorskrifte voldoen nie.
Verskeie is inderdaad al vervolg.

Die rookgewoonte is nooit goed te praat nie. Tog skep die wet 'n praktiese
dilemma vir tallose plekke of plekkies. Baie plekke is sodanig ingerig dat
'n skeiding baie moeilik uitvoerbaar is, en, dat waar 'n skeiding wel
ingerig sal word, dit die aard en karakter van die plek kan vermink.

Sluiting staar baie van die plekke in die gesig sou hulle geen oplossing vir
hul eiesoortige probleme kan vind nie. Met honderde werkers daarna sonder
werk - het op 'n plaaslike vergadering geblyk - om oor die daaropvolgende
lot van die kinders nie te praat nie.

Daarom dié versoek tot die owerhede: pas 'n menslikheidsbenadering in dié
saak toe. Help en gee raad om praktiese probleme te oorkom en help eienaars
om tot oplossings te kom, pleks van om in 'n rigiede vervolgingsdrang te
verval.

Ons glo dit is inderdaad moontlik.

----Die brief waana verwys word------

19/06/2002 01:04 PM - (SA)
Verskeie in hof oor rook

IN onlangse berigte en briewe in TygerBurger word stellings gemaak dat die
nuwe anti-rookwetgewing nie ordentlik toegepas word nie en dat enigeen n�
maande sedert die instelling van die nuwe wet steeds lustig kan rook omtrent
waar hy wil.

Om te bepaal of die anti-rookwetgewing ordentlik toegepas word, al dan nie,
kan slegs gedoen word ingevolge die spesifieke vereistes van die betrokke
wet.

Rook in openbare plekke word in wese verbied behalwe in 'n aangewese
rookgebied wat nie meer as 25% van die totale vloeroppervlakte van sodanige
openbare plek oorskry nie.

Gesondheidswaarskuwingstekens en kennisgewings wat aandui waar rook
toegelaat word en waar dit nie toegelaat word nie, moet voorsien word.

Die verantwoordelikheid om sodanige rookgebied aan te wys berus verder by 'n
werkgewer, eienaar, gelisensieerde, huurder of persoon in beheer van 'n
openbare plek, wat ook moet verseker dat op geen ander plek gerook mag word
nie.

Die kennisgewing betreffende die rook van tabakprodukte in openbare plekke
word toegepas deur omgewingsgesondheidsbeamptes in diens van die Stad
Kaapstad.

Hulle het in die afgelope maande 'n veldtog aangepak wat begin het by die
beskikbaarstelling van inligtingspamflette, opgevolg is met gesprekke met
eienaars van openbare plekke en die indien van amptelike kennisgewings.

Hierdie veldtog is nou in sy finale fase, waartydens opvolginspeksies
gedurende kantoorure asook na ure uitgevoer word en dagvaardings bestel word
aan die eienaars van restaurante wat steeds tabakrook toelaat op plekke wat
nie vir die doel goedgekeur is nie.

'n Aantal eienaars en bestuurders van restaurante het reeds in die
Bellvillese landdroshof weens sodanige oortredings verskyn. Sommige van
hierdie eienaars het afkoopboetes betaal, terwyl ander se sake uitgestel is.

Een van verskeie leemtes in die wet is die feit dat slegs teen die eienaar
of bestuurder van sodanige plek opgetree kan word indien iemand gesien word
wat rook.

Dit is 'n vereiste dat 'n beëdigde verklaring deur die beampte of klaer
voorsien moet word voor dagvaardings bestel mag word.

Enige navrae of klagtes kan gerig word aan die plaaslike
omgewingsgesondheidsbeampte.
REINHARDT AVENANT
Streek-omgewingsgesondheidsbeampte
Vorige onderwerp: Re Sushi
Volgende onderwerp: Oud RAU studente rou
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Di Jun 04 17:52:20 MGT 2024