Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Algemeen » Koeitjies & kalfies » Re Sushi
Re Sushi [boodskap #64057] Do, 20 Junie 2002 21:20
Die Veldmuis  is tans af-lyn  Die Veldmuis
Boodskappe: 304
Geregistreer: April 2002
Karma: 0
Senior Lid
chrisjo...@yahoo.com (Chrisjolette) wrote:

> Ek sal later as ek meer tyd het skryf oor ons
> geloofstandpunte, dit sal nogal radical wees vir party mense op die
> ng. chrisjo...@yahoo.com (Chrisjolette) wrote:

> Ek sal later as ek meer tyd het skryf oor ons
> geloofstandpunte, dit sal nogal radical wees vir party mense op die
> ng. Veral vir die wat glo dat daar iets soos `n "god" is.

Katryn
Weet jy Dave - dit is nou eenmaal een ding wat ek nog nooit kon
verstaan nie. Waarom moet ek as 'n "spotter" uitgekryt word as ek
verkies om as 'n agnostikus deur die lewe te gaan?
Waarom voel jy, en andere wat soos jy redeneer dat ek minder mens is
net omdat ek nie meer wil glo soos julle nie? Mag ek nie ook die
nodige respek vra wat ek probeer om aan julle te bied nie?
NOOIT *OOIT* het ek al bewustelik ander mense gespot oor hulle geloof
nie. Ek het alreeds erken dat ek onsensitief opgetree het, en het
omverskoning gevra. Ek wonder of jy dieselfde respek aan my sal kan
betoon, en omverskoning vra omdat jy my onmiddellik in 'n "kring van
spotters" geplaas het? Ek sal nie my asem ophou nie....:-(

My ervaring is dat ateïste en agnostici baie meer verdraagsaam
is as Christene. Gelukkig is dit 'n veralgemening.

Wouter

DD, het jy dalk 'n geldelike (geld) belang daarby dat mense in god glo
,

Sien jy nie watter negatiewe woorde jy gebruik vir ateïste nie ?
"snert"
"afbrekend" "swart verf".
My ervaring is dat maatskappye waar godsdiens nie meer belangrik is
nie,
baie menseliker geword het en baie meer 'voeling' het met die swakkes
in die
maatskappy.
Die probleem met godsdienste is dat hulle altyd ander mense se lewe
wil reel
en vanalles wil voorskryf en dit is gewoonlik net om mag uit te oefen
oor
andere.
Ek het g'n probleem daarmee dat jy en ander mense in 'n god glo nie en
dat
jy 'n godsdiens het, maar ek verwag wel dat jy ook aanvaar dat ek
anders is.
Ek het goeie vriende wat baie gelowig is, ek het g'n probleem daarmee
nie en
hulle met my ateïsme ook nie.

Hilda.

> Katryn
> Weet jy Dave - dit is nou eenmaal een ding wat ek nog nooit kon
> verstaan nie. Waarom moet ek as 'n "spotter" uitgekryt word as ek
> verkies om as 'n agnostikus deur die lewe te gaan?
> Ek wonder of jy dieselfde respek aan my sal kan
> betoon, en omverskoning vra omdat jy my onmiddellik in 'n "kring van
> spotters" geplaas het? Ek sal nie my asem ophou nie....:-(

> My ervaring is dat ateïste en agnostici baie meer verdraagsaam
> is as Christene. Gelukkig is dit 'n veralgemening.

> Wouter

> Sien jy nie watter negatiewe woorde jy gebruik vir ateïste nie ? "snert"
> "afbrekend" "swart verf".

> Hilda.

Na aanleiding van alles wat hierbo gesê word (en dit geld ook
vir Annette se reaksie) moet ek spesifiek iets uitwys. Ek is nie
onverdraagsaam nie en sou heelwaarskynlik glad nie hierop
gereageer het indien dit wat Chrisjolette gesê het op 'n ander
manier gesê is nie. Moet ook nie vir my 'n ontleding vra waarom
nie maar feit is dat my heftige reaksie was as gevolg van die
woorde 'Veral vir die wat glo dat daar iets soos `n "god" is.'
Spottend.

Indien die woorde anders gekies was sou ek dit seker laat verby
gaan het maar die gekose woorde is op 'n verskriklike lasterlike
manier gesê. Op 'n manier wat iemand wat glo as neerhalend
sien. So, wat ek gesê het, was inderwaarheid 'n reaksie op
'n stemtoon.

Daniëlle, eintlik is jy en ek maats buite die nuusgroep ook
so ek het werklik nie probeer om jou te verneder nie en
indien dit so klink vra ek opreg verskoning. Ek weier egter
om verskoning te vra vir die woord 'spotters' en wéér wil ek
sê dat ek dit nie neerhalend bedoel nie maar, die Skrif
noem ongelowiges 'spotters', en indien ek verskoning
sou vra vir die gebruik daarvan, watter betekenis sou dit
dan hê gesien in die lig daarvan dat die Bybel dit wel doen?
Dan repudieer ek dit mos (wat ek tog nooit sal doen nie).

Die woord 'agnostikus' en die woord 'ateïs' het tog 'n baie
dun grensdraad, indien daar ooit een ìs.
'n Agnostikus neem nie die bestaan van God aan of verwerp
dit nie terwyl 'n ateïs die bestaan van God ontken. Is dit nie soos
die verkil tussen jam en konfyt nie? En dit is tog die mense wat
in die Skrif 'spotters' genoem word.

Ek ag jou Daniëlle, want jy verdien agting. Die aanval was gerig
op woorde wat ek as spot beskou het - die genoemde sin van
Chrisjolette.

DD
Vorige onderwerp: Nuwe Kroeks
Volgende onderwerp: Rook
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Sa Mei 11 10:02:20 MGT 2024