Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Algemeen » Koeitjies & kalfies » Die Juffrou wat skryf vir die Vrye Amsterdamme
Die Juffrou wat skryf vir die Vrye Amsterdamme [boodskap #6346] Sa, 27 April 1996 00:00 na volgende boodskap
Nico Kock  is tans af-lyn  Nico Kock
Boodskappe: 8
Geregistreer: April 1996
Karma: 0
Junior Lid
'n Interresante gesprek op SABC 3 Between the Lines, die week wat
verby is, eers kritiseer sy die White Owned Press oor hulle
meerendeels net opinies gee en geen feite opdis nie, en daarna is
sy baie geredelik om self ons in te lig met haar opinies.

Een van haar opinies is die oor geweld en hoe dit endemies in
Suid Afrikaanse kultuur is, natuurlik word dit alles veroorsaak
deur mans met wit velle en as ons kan wegdoen met hulle, sal die
saak opgelos word.

Daarmee sal ek nie eintlik sommer wil verskil met haar nie, maar
haar siening dat geweld soos ons dit hier vind in Suid Afrika
glad nie normaal is nie.

Sover ek ingelig is begin die algemene geweldskultuur 'n paar
honderd kilometer suid van Holland in Algerie en strek dit tot
die Suidpunt van Afrika, ook 'n paar honderd kilometer oos van
Holland in Sarajevo en strek dit tot Hanoi, in die Amerika's
begin dit net suid van Montreal en strek tot verby die Falkland
eilande, ek sal eerder aanvoer dat die geweldskultuur as die norm
gesien moet word, en dat die tipe van vrede (of te wel
afwesigheid van geweld) en voorspoed wat 'n land soos Holland die
laaste 50 jaar ondervind het as 'n besondere uitsondering gesien
moet word en nie as 'n norm waarop ons ons self moet vestig nie!

Maar ek moet se ek beny haar die opinie, want dit moet wonderlik
wees om nie in vrees te lewe nie!
Re: Die Juffrou wat skryf vir die Vrye Amsterdamme [boodskap #6362 is 'n antwoord op boodskap #6346] Ma, 29 April 1996 00:00 Na vorige boodskap
Koos[1]  is tans af-lyn  Koos[1]
Boodskappe: 746
Geregistreer: Januarie 1996
Karma: 0
Senior Lid
Nico Kock <pak0...@pixie.co.za> wrote:
<<>Maar ek moet se ek beny haar die opinie, want dit moet wonderlik
>wees om nie in vrees te lewe nie! >>>

Was dit die antie op Muff Andersson se program?
Between the Lines is 'n klomp twak, na my mening.
Oor die geweld: As 'n mens na die hele eeu kyk, is Europa waarskynlik
die mees geweldadige plek op God se aarde. (?)
Vorige onderwerp: Re: Die Afrikaans vir liere is rand
Volgende onderwerp: Re: Ekonomiese groei ens
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Wo Mei 15 17:09:41 MGT 2024