Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Algemeen » Koeitjies & kalfies » Waarheidskommissie
Waarheidskommissie [boodskap #6303] Do, 18 April 1996 00:00
Koos[1]  is tans af-lyn  Koos[1]
Boodskappe: 746
Geregistreer: Januarie 1996
Karma: 0
Senior Lid
Die Waarheidskommissie het in Oos-Londen, Suid-Afrika, begin om
getuienis uit ons land se apartheid-verlede aan te hoor.
Van die eerste getuienis het gegaan om die verdwyning en dood van
die "Cradock-vier".
Dit was vakbond-leiers van die UDF wat in die jare tagtig doodgemaak
is.
Hulle was Mathew Goniwe, Fort Calata, Sparrow Mkhonto en Nombwyselo
Mhlauli.
Mense sal hulle onder meer ook onthou omdat hulle begrafnisse destyds
wyd gerapporteer was.
Dit was die begrafnisse waarop Alan Boesak afgeneem is teen die
agtergrond van 'n reuse rooi vlag van die SA Kommunistiese Party.
Stukkies van die getuienis hieronder kom uit Beeld van 17 April
1996.

"Mev. Calata het vertel dat sy Fort se lyk gaan uitken het. Sy hare
was uitgetrek, sy tong was baie lank, sy vingers was afgekap en hy
was vol wonde. Sy broek was vol bytmerke.
'Jy kan dit nie glo dat honde ook deel aan die saak gehad het nie,'
het sy gesê. Na die begrafnis is sy uit haar huis gesit omdat sy
nie kon betaal nie
"Ek wil net weet wie dit gedoen het. As die kommissie kan help met
my kind se opvoeding. Ek kan nie vir hom skoene koop nie."


"Mev. Mkhonto het gese haar man is twee keer in die kop geskiet, met
'n mes gesteek en verbrand. 'My man se dood het my lewe onstabiel
gemaak. Hy was alles in my lewe. Ek moet baie vrae van my kind
beantwoord. Vandag vra hy dit, more dat. Ek het nie 'n man nie
en hy het nie 'n pa nie. Hy is in st 9 en vaar goed.'

"Mev. Mhlauli het begin huil toe sy se haar man se lyk was in 'n
verskriklike toestand. Sy lyk het 43 wonde gehad. Dit was veral
steekwonde in die bors. Daar is suur op sy gesig gegooi. Sy
regterhand was afgekap. Sy wil weet wie dit gedoen het sodat die
verlede begrawe kan word."
Vorige onderwerp: 1: Marx, Mill en Mensen
Volgende onderwerp: Die diamante van my kinderdae
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Di Mei 14 09:36:30 MGT 2024