Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Algemeen » Koeitjies & kalfies » Requiem
Requiem [boodskap #62921] Do, 30 Mei 2002 17:48 na volgende boodskap
Sterrenkijker[1]  is tans af-lyn  Sterrenkijker[1]
Boodskappe: 393
Geregistreer: November 2000
Karma: 0
Senior Lid
Hallo, elkeen,

Ek het onderstaande vandag gelees in "Die Burger".
Ek sal tog maar eens 'n requiemlesing by onse pastoor bestel vir die
Nederduitse taal...

Beste groete vanweë

Norbert (uit Vlaanderen)

------------------------------------------------------------ -------------------------------------------------------

Baie Afrikaners gee nie om oor taal

VERSKEIE briewe van studente en oudstudente van die Universiteit van
Stellenbosch het die laaste tyd in Die Burger se briewekolom verskyn
oor Afrikaans se posisie by die US.

Is dit dan nie dié universiteit op wie die Afrikaanssprekendes nog
altyd hul hoop gevestig het as bastion vir die handhawing en behoud
van Afrikaans nie? Helaas, wat nou verneem word, laat 'n mens jou hart
in moedeloosheid, radeloosheid en ja, selfs woede vashou.

Hoe is dit met die taalvegters van Stellenbosch gesteld? Weet hulle
nie wat in hul midde gebeur nie, of is hulle net so apaties soos die
Afrikaanse studente voor wie dosente en die betrokke owerhede
Afrikaans vertrap? Hoe is dit moontlik dat so 'n situasie kon ontstaan
sonder dat beswaar gemaak word?

Dit lyk of dit wat op Stellenbosch gebeur, 'n uitvloeisel is van wat
ons daagliks oral beleef. Baie van die huidige geslag Afrikaners (en
ek praat nie net van die jeug nie, maar ook van ouer mense) gee nie
meer 'n snars om vir wat van hul taal word nie. Wanneer hulle sake
doen, praat hulle Engels en vorms word in Engels ingevul. Hoeveel maak
nog beswaar as in Engels met hulle gekorrespondeer word?

Luister maar na sogenaamde Afrikaanse programme oor die radio en die
TV. Baie van die hedendaagse Afrikaanse kunstenaars kan nie meer
suiwer Afrikaans praat nie, of hulle dink dit is die "in ding" is om
'n geradbraakte Afrikaans te praat. Is dit werklik nodig dat so baie
onderhoude in Afrikaanse programme in Engels gevoer moet word? Moet
die Afrikaanssprekendes maar aanhou tevrede wees om aan die agterspeen
te suig?
D R. M AURITZ H . V ORSTER
Port Elizabeth
Re: Requiem [boodskap #62925 is 'n antwoord op boodskap #62921] Do, 30 Mei 2002 19:30 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Jan  is tans af-lyn  Jan
Boodskappe: 167
Geregistreer: Augustus 2001
Karma: 0
Senior Lid
> Dit lyk of dit wat op Stellenbosch gebeur, 'n uitvloeisel is van wat
> ons daagliks oral beleef. Baie van die huidige geslag Afrikaners (en
> ek praat nie net van die jeug nie, maar ook van ouer mense) gee nie
> meer 'n snars om vir wat van hul taal word nie. Wanneer hulle sake
> doen, praat hulle Engels en vorms word in Engels ingevul. Hoeveel maak
> nog beswaar as in Engels met hulle gekorrespondeer word?

Dit is nie omdat ons nie omgee nie. In realiteit bly Engels die enkele
praktiese universele taal. In die firma waar ek gewerk het in SA het ons
groep bestaan uit 2 Britte, 1 Bulgaar, 1 Tjeg, 1 Pool, 1 Sweed, 5
Afrikaners, 1 Franse Belg, 2 Engelsprekende Suid Afrikaners, 1 Venda, 2
Zulus, 1 Kaapse Maleier. As ingenieurs en wetenskaplikes is jou taal
wiskunde en jy kommunikeer in Engels. En natuurlik, as jy enigsins beoog om
internationaal te werk dan is dit net Engels. Jy kan nie van die res van
die wêreld verwag om Afrikaans te leer nie - jy gaan net mooi nêrens kom met
daai idee nie.
Re: Requiem [boodskap #62942 is 'n antwoord op boodskap #62925] Vr, 31 Mei 2002 14:14 Na vorige boodskap
Sterrenkijker[1]  is tans af-lyn  Sterrenkijker[1]
Boodskappe: 393
Geregistreer: November 2000
Karma: 0
Senior Lid
O.K., ek sal dan nog maar 'n ekstra treurmis bybestel...

Groete.. (sug..)

Norbert

"Jan" schreef:

> Dit is nie omdat ons nie omgee nie. In realiteit bly Engels die enkele
> praktiese universele taal. In die firma waar ek gewerk het in SA het ons
> groep bestaan uit 2 Britte, 1 Bulgaar, 1 Tjeg, 1 Pool, 1 Sweed, 5
> Afrikaners, 1 Franse Belg, 2 Engelsprekende Suid Afrikaners, 1 Venda, 2
> Zulus, 1 Kaapse Maleier. As ingenieurs en wetenskaplikes is jou taal
> wiskunde en jy kommunikeer in Engels. En natuurlik, as jy enigsins beoog om
> internationaal te werk dan is dit net Engels. Jy kan nie van die res van
> die wêreld verwag om Afrikaans te leer nie - jy gaan net mooi nêrens kom met
> daai idee nie.
>
Vorige onderwerp: Warning vir al die mans
Volgende onderwerp: per
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Do Mei 16 12:41:54 MGT 2024