Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Algemeen » Koeitjies & kalfies » "I had no hesitation..."
"I had no hesitation..." [boodskap #6203] Vr, 12 April 1996 00:00
Aussies  is tans af-lyn  Aussies
Boodskappe: 40
Geregistreer: Februarie 1996
Karma: 0
Volle Lid
Soveel keer is al aan ons in Oz o.a. gevra "wat is julle beheptheid met
Afrikaans, julle kinders sal dit eendag nie meer praat nie...." Hierdie week
het ek uitgevind wat my beheptheid daarmmee is.
Soos julle weet is ons al lank besig om 'n Erediens in Afrikaans te reël
alles het goed gevorder, ek het Dr. Jan Grey van Pretoria gaan voorstel aan
die plaaslikke predikant en die moes Jan onder vier oë neem om vas te=
stel
waaroor die Diens , Afrikaans en Afrikaner gaan!
Die week het ek besef waaroor dit alles gaan toe die dekade lange swartsmeer
van die Afrikaner deur die media 'n geweldige knou gekry het. Ek moes
teenwoordig wees in 'n vergadering waar, indien nodig, vrae oor die
Afrikaanse Erediens gevra sou word. Ons was al so 'n ent gevorder met die
bespreking toe die voorsitter verwys na die onderhoud met Jan en sy
gevolgtrekking uitspreek: "I had no hesitation in allowing the
Afrikaner-people the use of all facilities of the church."
Hoe 'n groot omekeer in die beskouing van die Afrikaner is dit nie! So sal
die geveg voortgaan vir die herstel van die beeld van die Afrikaner. Al word
ons taalgebruik al krommer sal die wêreld weet dat die Afrikaner nie dit=
is
wat op die TV aan hulle opgedis is nie. Ons Aussie-Boere se roots is nie die
van onkruid nie maar wel 'n voorgeslag waarop ons trots kan wees en is!
Groete uit Perth,
Paul van der Merwe.
\\||||// \\\\\\//////
( o\/o ) \| o\/o |/
~~ \ -0- /

=
____________oo0o__________o0oo_________oo0o___________o0oo__ _____

STUD & MERRIE

"Watcha Doin Buddy"
Vorige onderwerp: Franse name vir Vlaamse stede op Monitor
Volgende onderwerp: Re: "Black hole"
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Wo Mei 15 14:37:10 MGT 2024