Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Algemeen » Koeitjies & kalfies » Franse name vir Vlaamse stede op Monitor
Franse name vir Vlaamse stede op Monitor [boodskap #6201] Vr, 12 April 1996 00:00
Johan de Villiers  is tans af-lyn  Johan de Villiers
Boodskappe: 67
Geregistreer: Januarie 1996
Karma: 0
Volle Lid
Op Afrikaans Stereo was daar vanoggend 'n nuusberig oor 'n
treinontsporing in België. Die nuusleser het egter nie die Vlaamse
name van die stede waartussen die trein op reis was, gebruik nie, maar
eerder die Franse name, wat hy boonop verkeerd uitgespreek het (altans,
my gebrekkige kennis van Frans het my dit aan die verstand gebring).
Die nuusleser het van Bruges, Courtrai en een of ander naam wat ek
veronderstel die Frans vir Roeselare is, gepraat. Het die SABC nog nie
van Brugge en Kortrijk gehoor nie?

Klagtes aan mon...@sabc.co.za

--
Reinier de Vos Internet: de...@aqua.ccwr.ac.za
Computing Centre for Water Research Tel: Int+27 331 260-5179
c/o University of Natal, P/Bag X01 Fax: Int+27 331 61896
Scottsville, South Africa, 3200 http://www.ccwr.ac.za/
My views are my own, and do not necessarily reflect the views of the CCWR
------------------------------------------------------------ -----------
Ons spaar die duiwel baie moeite
- C J Langenhoven
Vorige onderwerp: Dame-Indisch
Volgende onderwerp: "I had no hesitation..."
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Wo Mei 15 09:54:18 MGT 2024