Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Prosa & poësie » "As almal vêr is" deur KOOS DU PLESSIS
"As almal vêr is" deur KOOS DU PLESSIS [boodskap #61672] Di, 07 Mei 2002 18:46
Waaierstertmuis  is tans af-lyn  Waaierstertmuis
Boodskappe: 1592
Geregistreer: Oktober 2001
Karma: 0
Senior Lid
As almal vêr is

As almal ver is,
word die hart skielik oud,
As die wereld 'n ster is,
afsydig en koud,
smee die gordyne
'n komplot teen die lig,
krimp die kosyne
en deure sluit dig.

As almal ver is, vind jy jouself
waar jy in laaie in stil hartkamers delf.
As almal ver is, vind jy jou siel -
weerloos en eensaam, soos 'n vrou voor 'n spieël.

As daar geeneen is,
sit jy al's op die skaal,
want jy weet: Wat geleen is,
word eind'lik gehaal.
Dan kom die waarheid
en besweer elke leuen,
skenk jou weer klaarheid -
en laat jou alleen.

As almal ver is, vind jy jouself
waar jy laaie in stil hartkamers delf.
As almal ver is, vind jy jou siel -
weerloos en eensaam; soos 'n vrou voor 'n spieël.
Vorige onderwerp: "Wie Weet (Jopie Adam)" deur KOOS DU PLESSIS
Volgende onderwerp: "Boshoek" deur KOOS DU PLESSIS
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Sa Mei 04 04:05:28 MGT 2024