Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Prosa & poësie » "Wie Weet (Jopie Adam)" deur KOOS DU PLESSIS
"Wie Weet (Jopie Adam)" deur KOOS DU PLESSIS [boodskap #61663] Di, 07 Mei 2002 16:47
Waaierstertmuis  is tans af-lyn  Waaierstertmuis
Boodskappe: 1592
Geregistreer: Oktober 2001
Karma: 0
Senior Lid
Wie Weet (Jopie Adam)

diep-diep in die bosse is 'n poort na 'n vergete land
waar ons stil dae slyt, leef en droom
en swyend luister na die voetval van die tyd
teen skemeraand, as die hoop weer fluister
wie weet, iewers is daar dalk 'n land van rus en
wie weet, waar die vlugteling veilig is
waar die swerwer eindelike rus en as daar is
neem my saam, neem my saam

diep-diep in die bosse is 'n poort na 'n vergete land
'n eden half voltooi, half gevul
deur 'n halwe vrede, waar die son nog skaam-skaam loer
kom kniel en wyk, voor half gebede
wie weet, iewers is daar dalk 'n land van rus en
wie weet, waar die vlugteling veilig is
waar die swerwer eindelik rus en as daar is
neem my saam, neem my saam

sê my, is daar iewers dalk 'n land van rus en
sê my, is daar vêr 'n vreemde kus
waar die swerwer eindelik rus en as daar is
neem my saam, neem my saam
wie weet
iewers dalk 'n land van rus en
wie weet
Vorige onderwerp: " Die aard van verstaan " deur CHARL- PIERRE NAUDE
Volgende onderwerp: "As almal vêr is" deur KOOS DU PLESSIS
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Di Apr 23 09:27:23 MGT 2024