Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Prosa & poësie » " Vroegherfs " deur N.P. van WYK LOUW
" Vroegherfs " deur N.P. van WYK LOUW [boodskap #61283] Ma, 29 April 2002 20:34 na volgende boodskap
Anoniem
Oorspronklik gepos deur: @rogers.com

Vroegherfs
N.P. van Wyk Louw

Die jaar word ryp in goue akkerblare,
in wingerd wat verbruin, en witter lug
wat daglank van die nuwe wind en klare
son deurspoel word; elke blom word vrug,
tot selfs die traagstes; en die eerste blare val
so stilweg in die rook-vaal bos en laan,
dat die takke van die lang populiere al
teen elke ligte môre witter staan.
O Heer, laat hierdie dae heilig word:
laat alles val wat pronk en sieraad was
of enkel jeug, en vér was van die pyn;
laat ryp word, Heer, laat U wind waai, laat stort
my waan, tot al die hoogheid eindelik vas
en nakend uit my teerder jeug verskyn.

(Uit "Vier Gebede by Jaargetye in die Boland."
(Mei-Julie 1937)
Re: " Vroegherfs " deur N.P. van WYK LOUW [boodskap #61286 is 'n antwoord op boodskap #61283] Ma, 29 April 2002 22:28 Na vorige boodskap
Quintin  is tans af-lyn  Quintin
Boodskappe: 137
Geregistreer: April 2002
Karma: 0
Senior Lid
skryf in boodskap news:3CCDAEB0.6040001@rogers.com...
> Vroegherfs
> N.P. van Wyk Louw
>
> Die jaar word ryp in goue akkerblare,
> in wingerd wat verbruin, en witter lug
> wat daglank van die nuwe wind en klare
> son deurspoel word; elke blom word vrug,
> tot selfs die traagstes; en die eerste blare val
> so stilweg in die rook-vaal bos en laan,
> dat die takke van die lang populiere al
> teen elke ligte môre witter staan.
> O Heer, laat hierdie dae heilig word:
> laat alles val wat pronk en sieraad was
> of enkel jeug, en vér was van die pyn;
> laat ryp word, Heer, laat U wind waai, laat stort
> my waan, tot al die hoogheid eindelik vas
> en nakend uit my teerder jeug verskyn.
>
> (Uit "Vier Gebede by Jaargetye in die Boland."
> (Mei-Julie 1937)
>

Baie dankie

Q
Vorige onderwerp: " Beautiful iin Beaufort-Wes " deur GERT VLOK NEL
Volgende onderwerp: " Winter " deur N.P. van WYK LOUW
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Sa Apr 27 11:30:03 MGT 2024