Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Prosa & poësie » " Winter " deur N.P. van WYK LOUW
" Winter " deur N.P. van WYK LOUW [boodskap #61308] Di, 30 April 2002 12:32
Anoniem
Oorspronklik gepos deur: @rogers.com

Winter
N.P. van Wyk Louw

Nou lê die aarde nagtelang en week
in die donker stil genade van die reën,
en skemer huise en takke daeliks bleek
deur die wit mistigheid en suising heen.
Dis alles ryk en rustig van die swaar
geheime wasdom wat sy paaie vind
deur warm aarde na elke skeut en blaar,
en ver en naby alles duister bind
in vog en vrugbaarheid en groot verlange;
tot ons 'n helder middag skielik sien
die gras blink, en die jong graan teen die hange,
en weet dat alle rus die lewe dien:
hoe kon ek dink dat somer ryker is
as hierdie groei se stil geheimenis?
Vorige onderwerp: " Vroegherfs " deur N.P. van WYK LOUW
Volgende onderwerp: " Die aard van verstaan " deur CHARL- PIERRE NAUDE
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Do Mar 28 09:55:11 MGT 2024