Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Algemeen » Koeitjies & kalfies » Kaasfees
Kaasfees [boodskap #61242] So, 28 April 2002 19:55
Annette  is tans af-lyn  Annette
Boodskappe: 11114
Geregistreer: Augustus 2003
Karma: 1
Senior Lid
Was toe vandag daag by Bien Donne - het vir die mense vertel ek is daar om
die slegste kaas te proe:))
Die feta, Brie en Camembert-kase was te lekker vir woorde. Veral die Brie en
Camembert met 'n lagie gedroogde vye, neute, songedroogde tamaties, pepadew
of olywe tussenin was hemels.
Teen 12-uur was daar so 'n klomp mense, dat dit begin moeilik raak het om by
die stalletjies uit te kom en te proe - so jammer Hilda - die Boerenkaas
Hollandse Kaas) stalletjie was te besig. Volgende keer begin ek by die
ander punt:))
Die wyne was te proe was, was almal 2000 of 2001 oesjaar - Ek het net
Pinotage geproe, en dit was almal lipafleklekker.
Nuwe Kase met uitheemse name was daar baie - sal 'n lysie van dit later
gee - die nuwe produk waarvan ek die meeste gehou het was kaasbolletjies -
regte soetmelkkaas in bolletjies so groot soos groterige moesies - dit kom
in sulke chips pakkies, word gevries, en die gevriesde bolletjies kaas word
dan oor slaaie gestrooi.
Ek het ook 'n probleem gehad om weg te kom van die heuning en
beetchutneystalletjies:))
Al die kaasetery en ander smullery, tesame met die wyn maak mens natuurlik
vreeslik dors, dus is ons daarna na 'n restaurant daar naby vir 'n koeldrank
en gebraaide Hlomini:))
Annette
Vorige onderwerp: Onse Prez Vry
Volgende onderwerp: Ierse Logika
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Wo Jun 26 02:20:20 MGT 2024