Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Algemeen » Koeitjies & kalfies » Sowell
Sowell [boodskap #6120] Di, 02 April 1996 00:00
Frank Snyckers  is tans af-lyn  Frank Snyckers
Boodskappe: 68
Geregistreer: Maart 1996
Karma: 0
Volle Lid
Reinier het 'n paar keer in sy boodskappe oor staatsinmenging na Sowell se
boek oor regstellende aksie verwys. 'n Titel met "Disaster", as ek dit
nie mis het nie. Nou wil ek graag die ding vind, en wil weet wat nou weer
die presiese titel was, en die datum van uitgawe. Ek weet hy het 'n rits
boeke oor regstellende aksie geskryf, een in 1975 (Affirmative Action
Reconsidered), en ek sien daars 'n 1990 boek met die titel Preferential
Politics: An International Perspective. Maar die Bodleian het blykbaar
nie die titel waarna Reinier verwys nie, wat ontsaglik eienaardig is,
behalwe as die ding vanjaar eers verskyn het, of voor 1988 (maar dan sou
die 1975 boek nie op die program gewees het nie).

Terloops, Reinier: ek het 'n paar artikels van John Gray oor Gerald Cohen
se marxistiese idees omtrent gelykheid gelees, wat baie goed was:
"Against Cohen on Proletarian Unfreedom" in E.F. Paul et al (eds)
CAPITALISM, Oxford: 1989, 77; "Marxian Freedom, Individual Liberty, and
the End of Alienation" in E.F. Paul et al (eds) MARXISM AND LIBERALISM,
Oxford: 1986, 160.

Ek het 'n seminaar hier oor Robert Nozick aangebied, en moes Cohen se
aanval op self-eiendom (selfbesitting) aanvat. Cohen se nuwe boek,
SELF-OWNERSHIP, FREEDOM AND EQUALITY Cambridge University Press 1995, is
ontsaglik goed. Cohen, 'n Marxman, verduidelik hoe die liberale aanvalle
op libertarisme die pot mis sit, omdat hulle die konsep van self-eiendom
nie met genoeg erns behandel nie. Cohen dui aan hoe tradisionele Marxiste
eintlik aan self-eiendom geheg is, omdat hulle begrip van uitbuiting
as sentrale steunpilaar op self-eindom rus. Dan probeer Cohen die begrip
onskadelik stel, omdat die begrip die vryheidsgesindes se idees net help.
Hy slaag gelukkig nie in sy poging nie. Maar sy boek is briljant, en baie
vermaaklik. Daars glo iets in die Oxford Journal of Legal Studies 1995
oor die hele debat, waarna ek nog moet kyk.

Die Sandel-boek oor liberalisme was reeds op my lys, maar die lys hou net
aan groei. Ek sal voor Julie 1997 die boek gelees kry. Wat Nozick betref,
is die volgende vryheidsgesinde kritiek op ANARCHY, STATE AND UTOPIA baie
insiggewend: Eric Mack, "Nozick on Unproductivity: The Unintended
Consequences" in J. Paul (ed) READING NOZICK, Totowa New Jersey, 1981;
Eric Mack, "Distributive Justice and the Tensions of Lockeanism",
(1983-4) SOCIAL PHILOSOPHY AND POLICY, 132.

Ek wil baie graag nog die Gray-boek oor Hayek lees. So baie boeke, so min
tyd.

Frank
Vorige onderwerp: Sowell
Volgende onderwerp: Re: Gebakken aardappelen-oproer
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Wo Mei 15 16:57:27 MGT 2024