Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Algemeen » Koeitjies & kalfies » Die Taal van die Boer - Petrus J Pomdonkie
Die Taal van die Boer - Petrus J Pomdonkie [boodskap #60854] Ma, 22 April 2002 21:10 na volgende boodskap
Piet Pompdonkie  is tans af-lyn  Piet Pompdonkie
Boodskappe: 126
Geregistreer: Oktober 2001
Karma: 0
Senior Lid
Die Taal van die Boer

Reg oor die land het poespas die mense verstom
Selfs ook dié wat met geleerde woorde regkom
Dat so `n rein mooi woord nou verdag kan klink
`n Deurmekaarspul met `n sindelike rinkink

Prof Elize Botha praat met gesag oor ons taal
Stellenbosch se kanselier sal hiermee nooit faal
Sy sê as poespas jou laat dink aan `n gat of riool
Behoort jy jou ook te onstel oor die "tool" in pistool

Dit laat my dink aan daardie Hollandse gids
Wat met sy toerlede in Suid-Afrika rondrits
Sê hy vir hulle : "Hierdie taaltjie is leuk maar pasop
Hier is wel `n paar woorde wat jou baie lelik fop

"So het ek geleer, een doos is effe verdag
Praat liewers van `n boks of die boere gaan vir jou lag
En kat- of ander telers moet hulle daarmee versoen
Julle Hollandse fokkers, moet dit hier nooit nie noem

"Veral in kombinasie met `n Hollandse kat
Sê dit vir `n Afrikaanse en hy maak homself nat
So versigtig vir die taaltjie, al is hy baie leuk
Die woorde het hier `n ander klank en reuk

---------------Piet Pompdonkie-------------
Re: Die Taal van die Boer - Petrus J Pomdonkie [boodskap #60858 is 'n antwoord op boodskap #60854] Di, 23 April 2002 02:52 Na vorige boodskap
Kinky[1]  is tans af-lyn  Kinky[1]
Boodskappe: 193
Geregistreer: Oktober 2001
Karma: 0
Senior Lid
KinkY: Ek het mos gesê die donkie is n wonderlike ding!

Dankie hiervoor Piet! Ek sien jy hou jou nou met ander dinge besig
hierdie week. Vroetelfrien bietjie gaan kuier?

"Piet Pompdonkie" skryf in boodskap news:...
> Die Taal van die Boer
>
> Reg oor die land het poespas die mense verstom
> Selfs ook dié wat met geleerde woorde regkom
> Dat so `n rein mooi woord nou verdag kan klink
> `n Deurmekaarspul met `n sindelike rinkink
>
> Prof Elize Botha praat met gesag oor ons taal
> Stellenbosch se kanselier sal hiermee nooit faal
> Sy sê as poespas jou laat dink aan `n gat of riool
> Behoort jy jou ook te onstel oor die "tool" in pistool
>
> Dit laat my dink aan daardie Hollandse gids
> Wat met sy toerlede in Suid-Afrika rondrits
> Sê hy vir hulle : "Hierdie taaltjie is leuk maar pasop
> Hier is wel `n paar woorde wat jou baie lelik fop
>
> "So het ek geleer, een doos is effe verdag
> Praat liewers van `n boks of die boere gaan vir jou lag
> En kat- of ander telers moet hulle daarmee versoen
> Julle Hollandse fokkers, moet dit hier nooit nie noem
>
> "Veral in kombinasie met `n Hollandse kat
> Sê dit vir `n Afrikaanse en hy maak homself nat
> So versigtig vir die taaltjie, al is hy baie leuk
> Die woorde het hier `n ander klank en reuk
>
> ---------------Piet Pompdonkie-------------
Vorige onderwerp: start die kar
Volgende onderwerp: M. WATTnBOPT
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Wo Mei 15 22:40:54 MGT 2024