Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Algemeen » Koeitjies & kalfies » Poespas - Petrus J Pompdonkie
Poespas - Petrus J Pompdonkie [boodskap #60782] So, 21 April 2002 21:53 na volgende boodskap
Piet Pompdonkie  is tans af-lyn  Piet Pompdonkie
Boodskappe: 126
Geregistreer: Oktober 2001
Karma: 0
Senior Lid
POESPAS

Daar is woorde wat soms kwyn in ons mooi taal
Van daardie woorde het 'n besondere verhaal
En dit is 'n skade as dit sou gebeur
Kom ons gooi wal om dit te keer

Die woord hier ter sprake is nou baie gepas
In hierdie tye gaan dinge dikwels poespas
Ja, poespas is die chaos wat ons gaan opklaar
Dit beteken maar net dinge is baie deurmekaar

As jy my nie glo, kyk in jou woordeboek
Dan sien jy ek`s reg en jy voel soos `n koek
Nou as hy daar staan, kan ons hom mos gebruik
`n Heel goeie woord, rein en skoon sonder ruik

Is jou kamer dus poespas, maak hom aan die kant
Het jy `n poespas klomp rommel, steek dit aan die brand
En as dominee vind dinge raak druk, o gedorie
Sit hy sowaar met `n poespas in sy konsistorie

Tog `n mooi woord die poespas, ek vind hom heel leuk
Moet hom glad nie verwar met `n Hollandse geneuk
Los die koster en scriba met die poespas-konsistorie
En gebruik vir poespas, herstel hom tot sy glorie
-----------------Piet Pompdonkie----------------
Re: Poespas - Petrus J Pompdonkie [boodskap #60791 is 'n antwoord op boodskap #60782] Ma, 22 April 2002 05:39 Na vorige boodskap
Annette  is tans af-lyn  Annette
Boodskappe: 11114
Geregistreer: Augustus 2003
Karma: 1
Senior Lid
Dis waar PJD, die woord staan daar, maar word nie in die algemeen gebruik
nie.
Ek sal vir ons dominee vra om 'n preek aanmekaar te slaan oor poespas:)))
Annette

Piet Pompdonkie skryf in boodskap news:3cc334d3$0$233@hades.is.co.za...
> POESPAS
>
> Daar is woorde wat soms kwyn in ons mooi taal
> Van daardie woorde het 'n besondere verhaal
> En dit is 'n skade as dit sou gebeur
> Kom ons gooi wal om dit te keer
>
> Die woord hier ter sprake is nou baie gepas
> In hierdie tye gaan dinge dikwels poespas
> Ja, poespas is die chaos wat ons gaan opklaar
> Dit beteken maar net dinge is baie deurmekaar
>
> As jy my nie glo, kyk in jou woordeboek
> Dan sien jy ek`s reg en jy voel soos `n koek
> Nou as hy daar staan, kan ons hom mos gebruik
> `n Heel goeie woord, rein en skoon sonder ruik
>
> Is jou kamer dus poespas, maak hom aan die kant
> Het jy `n poespas klomp rommel, steek dit aan die brand
> En as dominee vind dinge raak druk, o gedorie
> Sit hy sowaar met `n poespas in sy konsistorie
>
> Tog `n mooi woord die poespas, ek vind hom heel leuk
> Moet hom glad nie verwar met `n Hollandse geneuk
> Los die koster en scriba met die poespas-konsistorie
> En gebruik vir poespas, herstel hom tot sy glorie
> -----------------Piet Pompdonkie----------------
>
Vorige onderwerp: Hoephoep
Volgende onderwerp: Wetenskaplike bewys?
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Do Mei 16 01:38:25 MGT 2024