Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Algemeen » Koeitjies & kalfies » Nuut onder die Son
Nuut onder die Son [boodskap #59805] Ma, 08 April 2002 07:28 na volgende boodskap
Annette  is tans af-lyn  Annette
Boodskappe: 11114
Geregistreer: Augustus 2003
Karma: 1
Senior Lid
Daar is mos die gesegde dat daar niks nuut onder die son is nie.
Maar daar is.
Dinge verander mos, gesindhede en uitkyke verander, en wat reg en toepaslik
was 50 jaar gelede is vandag soms nie meer geredelik aanvaarbaar nie.

Dit is seker daarom dat ek so 'n gly vang as mense vandag se probleme en
gebeure aanspreek of bespreek, en optredes van die jare toet word as
voorbeeld gegee van hoe ek vandag behoort te dink of op te tree. Strooi in
my opinie - maar dit kan wees dat dit net ek is wat so dink.

Mens pas toe vandag wat mens uit die verlede kan neem as 'n riglyn, maar in
die meeste gevalle is identiese optrede of gedrag net pleinweg te
onprakties.

Nou waarmee is ek nou al weer besig word gesug:
Ek lees die naweek van Wyle Leslie Rubin - 'n man wat 'n doring in die vlees
was van Onse Dokter Verwoerd.
'n Man wat met 'n vlymskerp humorsin en sarkasme, enigiemand behoorlik op
hul plek kon sit sonder om 'n vuis te lig.
Eendag, in die parlement, terwyl hy besig was met 'n toespraak, toe daar uit
die NP geledere skuinsweg hom toegesnou word dat hy 'n Jood is, was sy
antwoord:
Meneer die President. Ek is 'n Jood. En terwyl die agbare lid wat daardie
opmerking gemaak het se voorouers nog brutale barbare was iewers in Europa,
was my voorouers priesters in die Tempel van Solomo.

Goed gesê, dink julle nie so nie?
Maar Tony Leon sal dit nie in ons parlement kan sê nie, nog minder kan die
Israelies van vandag dit gebruik as rede vir hul optrede in die Palestynse
gebiede.

En alhoewel dit waar is, sal so 'n stelling deesdae as baie arrogant beskou
word as 'n opmerking , terwyl dit in 1959 glad nie so beskou was nie-
inteendeel, almal het gedink dit was 'n baie gevatte opmerking.

In die jare toet het die Zoeloes daar in Natal 'n koning gehad -
besluitnemer en leier van sy mense.
Wat is die sin en die nut van die Zoeloekoning vandag in KZN?
Gaan die Zoeloes hulle spiese en skildvelle uithaal en veg - teen wie sal ek
nou nie weet nie - as verklaar word dat , alhoewel ons erken dat die persoon
en sy famielie van koninklike afkoms is, ons nie meer konings hier in SA
toelaat nie.

Annette
Zoeloe Konings (was) Nuut onder die Son [boodskap #59808 is 'n antwoord op boodskap #59805] Ma, 08 April 2002 09:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Sakkie[4]  is tans af-lyn  Sakkie[4]
Boodskappe: 383
Geregistreer: November 2001
Karma: 0
Senior Lid
"Annette" skryf in boodskap news:a8rgvp$u16kd$1@ID-92016.news.dfncis.de...
>
> In die jare toet het die Zoeloes daar in Natal 'n koning gehad -
> besluitnemer en leier van sy mense.
> Wat is die sin en die nut van die Zoeloekoning vandag in KZN?
> Gaan die Zoeloes hulle spiese en skildvelle uithaal en veg - teen wie sal ek
> nou nie weet nie - as verklaar word dat , alhoewel ons erken dat die persoon
> en sy famielie van koninklike afkoms is, ons nie meer konings hier in SA
> toelaat nie.
>
> Annette
>

Ek het laasweek Kuswag se o/15 rugbyspan Bloedrivier toe gevat. Ons was op
'n rugbytoer Vryheid toe. Ek beskou nie myself as emosioneel nie, maar ek
moet julle sê, ek het daar gestaan met hoendervleis oor my hele lyf.

Die ys is gebreek toe een van die pa's droogweg vra: "Wie de donner het
staakvuur gesê."
Re: Zoeloe Konings (was) Nuut onder die Son [boodskap #59812 is 'n antwoord op boodskap #59808] Ma, 08 April 2002 09:42 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Annette  is tans af-lyn  Annette
Boodskappe: 11114
Geregistreer: Augustus 2003
Karma: 1
Senior Lid
Janee Sakkie, nou nie in dieselfde klas nie - maar ek gaan graag na die
Taalmonument in Paarl - en ek is dankbaar dat die monument daar staan - dit
gee vir my 'n rustigheid in my gemoed daar.
Annette

Sakkie skryf in boodskap news:3cb15bf3$0$239@hades.is.co.za...
>
> "Annette" wrote in message
> news:a8rgvp$u16kd$1@ID-92016.news.dfncis.de...
>>
>> In die jare toet het die Zoeloes daar in Natal 'n koning gehad -
>> besluitnemer en leier van sy mense.
>> Wat is die sin en die nut van die Zoeloekoning vandag in KZN?
>> Gaan die Zoeloes hulle spiese en skildvelle uithaal en veg - teen wie
sal
> ek
>> nou nie weet nie - as verklaar word dat , alhoewel ons erken dat die
> persoon
>> en sy famielie van koninklike afkoms is, ons nie meer konings hier in SA
>> toelaat nie.
>>
>> Annette
>>
>
> Ek het laasweek Kuswag se o/15 rugbyspan Bloedrivier toe gevat. Ons was op
> 'n rugbytoer Vryheid toe. Ek beskou nie myself as emosioneel nie, maar ek
> moet julle sê, ek het daar gestaan met hoendervleis oor my hele lyf.
>
> Die ys is gebreek toe een van die pa's droogweg vra: "Wie de donner het
> staakvuur gesê."
>
Paarlmonument [boodskap #59844 is 'n antwoord op boodskap #59812] Ma, 08 April 2002 16:26 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Gids  is tans af-lyn  Gids
Boodskappe: 140
Geregistreer: Desember 2000
Karma: 0
Senior Lid
"Annette" skryf in boodskap news:a8roqa$ub25t$2@ID-92016.news.dfncis.de...
> Janee Sakkie, nou nie in dieselfde klas nie - maar ek gaan graag na die
> Taalmonument in Paarl - en ek is dankbaar dat die monument daar staan - dit
> gee vir my 'n rustigheid in my gemoed daar.

Een van die hoogtepunte van hierdie nusgroep oor die afgelope 8 jaar is vir
my seker toe Ferdi daarna verwys het as 'n "Falliese simbool" Sou die rus
iets daarmee te make hê? ;)

Ek dog monumente word opgerig vir iets wat verby is of dood is. Volgens my
lewe Afrikaans nog...

-Gids-
Re: Paarlmonument [boodskap #59851 is 'n antwoord op boodskap #59844] Ma, 08 April 2002 17:42 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Annette  is tans af-lyn  Annette
Boodskappe: 11114
Geregistreer: Augustus 2003
Karma: 1
Senior Lid
:)))))) Miskien ja - het ek die rus na die ondervinding juis so nodig -
miskien is dit die verkeerde benaming - dit moes eintlik die vrouemonument
genoem gewees het.:)))
My wêreld Gids! Wat vertel jy my? Wil jy my vertel in die hele wye wêreld is
dit net in SA dat ons monumente het vir iets wat nog nog hopelik nie dood is
nie-
Die taalmonument en die vrouemonument?
Annette

Gids skryf in boodskap news:fzjs8.68332$oI.5616979@zwoll1.home.nl...
>
> "Annette" wrote in message
> news:a8roqa$ub25t$2@ID-92016.news.dfncis.de...
>> Janee Sakkie, nou nie in dieselfde klas nie - maar ek gaan graag na die
>> Taalmonument in Paarl - en ek is dankbaar dat die monument daar staan -
> dit
>> gee vir my 'n rustigheid in my gemoed daar.
>
> Een van die hoogtepunte van hierdie nusgroep oor die afgelope 8 jaar is vir
> my seker toe Ferdi daarna verwys het as 'n "Falliese simbool" Sou die rus
> iets daarmee te make hê? ;)
>
> Ek dog monumente word opgerig vir iets wat verby is of dood is. Volgens my
> lewe Afrikaans nog...
>
> -Gids-
>
Re: Nuut onder die Son [boodskap #59853 is 'n antwoord op boodskap #59805] Ma, 08 April 2002 17:59 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Die Veldmuis  is tans af-lyn  Die Veldmuis
Boodskappe: 304
Geregistreer: April 2002
Karma: 0
Senior Lid
On Mon, 8 Apr 2002 09:28:58 +0200, "Annette" wrote:

> Ek lees die naweek van Wyle Leslie Rubin - '
knip
knip
knip>
> Goed gesê, dink julle nie so nie?

Dis hier wat ek ook 'n goeie een met jou kan deel Annette.
Die van Blaar Coetzee uit rofweg dieselfde tyd wat ook bekend
was vir sy kwinkslae en iemand wat 'n Cas Greyling tipe van
ongemaklikheid met die tong kon wees.
Blaar het eendag in 'n ietwat moerige bui en na 'n lang relaas en
redenasie van Sir Div en sy meelopers gesê dat 'die helfte van die
opposisie 'n klomp esels is.'
Na die Speaker op 'n verskoning aangedring het, het hy dit wel gedoen
deur te sê dat 'die helfte van die opposisie nie 'n klomp esels is
nie'.
Re: Nuut onder die Son [boodskap #59857 is 'n antwoord op boodskap #59853] Ma, 08 April 2002 18:42 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Wouter Plaasvark  is tans af-lyn  Wouter Plaasvark
Boodskappe: 1004
Geregistreer: Mei 2006
Karma: 0
Senior Lid
Davie
Dis hier wat ek ook 'n goeie een met jou kan deel Annette.
Die van Blaar Coetzee uit rofweg dieselfde tyd wat ook bekend
was vir sy kwinkslae en iemand wat 'n Cas Greyling tipe van
ongemaklikheid met die tong kon wees.
Blaar het eendag in 'n ietwat moerige bui en na 'n lang relaas en
redenasie van Sir Div en sy meelopers gesê dat 'die helfte
van die opposisie 'n klomp esels is.'
Na die Speaker op 'n verskoning aangedring het, het hy dit
wel gedoen deur te sê dat 'die helfte van die opposisie nie
'n klomp esels is nie'.

Walter
Bostaande storie word al van lank voor Blaar Coetzee se tyd
aan CJ Langenhoven toegeskryf. Hy was nie net 'n briljante
skrywer nie, maar ook 'n politikus.

Maar 'n navorser kon dit nie in Hansard opspoor nie, ook nie
in die provinsiale parlement nie. Waarskynlik dus apokrief.

Die ander bekende Langenhovenstorie word meer dikwels
aan Churchill toegeskryf. Hy gaan so:

'n Vrou het vir Langenhoven aangespreek oor sy drinkgewoonte.

"Sies mnr Langenhoven jy is dronk. Vieslik dronk"

"Ja, dis reg mevrou, ek is dronk. Maar jy is lelik.
En môre as ek nugter is, dan is jy nog altyd lelik"
Re: Nuut onder die Son [boodskap #59859 is 'n antwoord op boodskap #59857] Ma, 08 April 2002 19:21 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Die Veldmuis  is tans af-lyn  Die Veldmuis
Boodskappe: 304
Geregistreer: April 2002
Karma: 0
Senior Lid
On Mon, 8 Apr 2002 20:42:55 +0200, "Wouter Plaasvark"
wrote:

> Walter
> Bostaande storie word al van lank voor Blaar Coetzee se tyd
> aan CJ Langenhoven toegeskryf. Hy was nie net 'n briljante
> skrywer nie, maar ook 'n politikus.
>
> Maar 'n navorser kon dit nie in Hansard opspoor nie, ook nie
> in die provinsiale parlement nie. Waarskynlik dus apokrief.
>

Waarom het 'n navorser daarna in Hansard gesoek? Ek sal nie
die waarheid of die teendeel van die stelling kan (of wil) bewys nie,
maar 'n koerantskrywer het dit, in die jare wat hy nog polities aktief
was, wel as 'n feit in 'n Pollux tipe praatjie vertel. Ek dink dat
dit baie waarskynlik was; selfs die ander een wat jy aan Langenhoven
toedig word al jare lank as 'n grap vertel sonder komplimente aan CJ.
Almal van ons ploeg tog somtyds met ander se kallers.
Re: Paarlmonument [boodskap #59864 is 'n antwoord op boodskap #59851] Ma, 08 April 2002 21:08 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Gids  is tans af-lyn  Gids
Boodskappe: 140
Geregistreer: Desember 2000
Karma: 0
Senior Lid
"Annette" skryf in boodskap news:a8skrf$ujdq1$5@ID-92016.news.dfncis.de...
> :)))))) Miskien ja - het ek die rus na die ondervinding juis so nodig -
> miskien is dit die verkeerde benaming - dit moes eintlik die vrouemonument
> genoem gewees het.:)))

Hmm.. stof tot nadenke - die Vrouemonument is tog ook so 'n simbool - sou
dit nou toeval wees?

> My wêreld Gids! Wat vertel jy my? Wil jy my vertel in die hele wye wêreld is
> dit net in SA dat ons monumente het vir iets wat nog nog hopelik nie dood is
> nie-
> Die taalmonument en die vrouemonument?

Laat my dink aan die ou grappie van die pasgetroude paartjie. Hy was so 'n
bietjie skaam en sy minder. Die eerste aand gaan hulle uit na die opera en
die aand toe hulle tuiskom strip sy uit haar swarte nommertjie en haar
seksies uit, maar sy simbool wil maar net nie simboleer nie. Sy is toe die
aand baie hartseer bed toe.
Die volgende aand toe hy wil uitgaan vir 'n fliek kom sy by die badkamer
uitgedans in net die seksies in rooi. Helaas was klaas ook nie oortuig dat
dit die moment was om die huweliksooreenkoms te beëdig nie.
Die volgende oggend toe hy wakker word het sy 'n swart rok aan wat alles
toemaak van haar ken tot haar tone.
Hy vra toe "wat is dit nou?"
Sy antwoord "ek rou oor 'n dooie voël"

-Gids-
Re: Nuut onder die Son [boodskap #59865 is 'n antwoord op boodskap #59859] Ma, 08 April 2002 21:46 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Wouter Plaasvark  is tans af-lyn  Wouter Plaasvark
Boodskappe: 1004
Geregistreer: Mei 2006
Karma: 0
Senior Lid
> Wouter
> Bostaande storie word al van lank voor Blaar Coetzee se tyd
> aan CJ Langenhoven toegeskryf. Hy was nie net 'n briljante
> skrywer nie, maar ook 'n politikus.
> Maar 'n navorser kon dit nie in Hansard opspoor nie, ook nie
> in die provinsiale parlement nie. Waarskynlik dus apokrief.

Davie
Waarom het 'n navorser daarna in Hansard gesoek?

Wouter
Daar word 'n boek oor Langenhoven se sêgoed saamgestel.
Hulle wou die bewys hê en die presiese bewoording kry. Die
storie sal nou nie in die boek verskyn nie, dalk kan iemand
'n boek skryf oor dinge wat hy behoort te gesê het :-)

Davie
Ek sal nie die waarheid of die teendeel van die stelling kan (of wil)
bewys nie, maar 'n koerantskrywer het dit, in die jare wat hy nog
polities aktief was, wel as 'n feit in 'n Pollux tipe praatjie vertel.

Wouter
Dis natuurlik heel moontlik dat Blaar dit gebruik het, maar dit
was bekend lank voor hy in die parlement was.

Davie
Almal van ons ploeg tog somtyds met ander se kallers.

Wouter
Is so, ja.
Re: Nuut onder die Son [boodskap #59867 is 'n antwoord op boodskap #59865] Di, 09 April 2002 04:25 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Vusi  is tans af-lyn  Vusi
Boodskappe: 2212
Geregistreer: Februarie 2001
Karma: 0
Senior Lid
Met die aanhoor van die naam Blaar Coetzee het daar baie baie herinneringe
teruggekom - ek het al van daardie era (bykans) vergeet .

"Wouter Plaasvark" skryf in boodskap news:3cb2133f.0@news1.mweb.co.za...
>> Wouter
>> Bostaande storie word al van lank voor Blaar Coetzee se tyd
>> aan CJ Langenhoven toegeskryf. Hy was nie net 'n briljante
>> skrywer nie, maar ook 'n politikus.
>> Maar 'n navorser kon dit nie in Hansard opspoor nie, ook nie
>> in die provinsiale parlement nie. Waarskynlik dus apokrief.
>
> Davie
> Waarom het 'n navorser daarna in Hansard gesoek?
>
> Wouter
> Daar word 'n boek oor Langenhoven se sêgoed saamgestel.
> Hulle wou die bewys hê en die presiese bewoording kry. Die
> storie sal nou nie in die boek verskyn nie, dalk kan iemand
> 'n boek skryf oor dinge wat hy behoort te gesê het :-)
>
> Davie
> Ek sal nie die waarheid of die teendeel van die stelling kan (of wil)
> bewys nie, maar 'n koerantskrywer het dit, in die jare wat hy nog
> polities aktief was, wel as 'n feit in 'n Pollux tipe praatjie vertel.
>
> Wouter
> Dis natuurlik heel moontlik dat Blaar dit gebruik het, maar dit
> was bekend lank voor hy in die parlement was.
>
> Davie
> Almal van ons ploeg tog somtyds met ander se kallers.
>
> Wouter
> Is so, ja.
>
Re: Nuut onder die Son [boodskap #59868 is 'n antwoord op boodskap #59857] Di, 09 April 2002 04:59 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Annette  is tans af-lyn  Annette
Boodskappe: 11114
Geregistreer: Augustus 2003
Karma: 1
Senior Lid
Ek was ook nog altyd onder die indruk dat Davie se Blaar storie 'n
Langenhovenstorie was.
Annette

--

Wouter Plaasvark skryf in boodskap news:3cb1e4b3.0@news1.mweb.co.za...
> Davie
> Dis hier wat ek ook 'n goeie een met jou kan deel Annette.
> Die van Blaar Coetzee uit rofweg dieselfde tyd wat ook bekend
> was vir sy kwinkslae en iemand wat 'n Cas Greyling tipe van
> ongemaklikheid met die tong kon wees.
> Blaar het eendag in 'n ietwat moerige bui en na 'n lang relaas en
> redenasie van Sir Div en sy meelopers gesê dat 'die helfte
> van die opposisie 'n klomp esels is.'
> Na die Speaker op 'n verskoning aangedring het, het hy dit
> wel gedoen deur te sê dat 'die helfte van die opposisie nie
> 'n klomp esels is nie'.
>
> Walter
> Bostaande storie word al van lank voor Blaar Coetzee se tyd
> aan CJ Langenhoven toegeskryf. Hy was nie net 'n briljante
> skrywer nie, maar ook 'n politikus.
>
> Maar 'n navorser kon dit nie in Hansard opspoor nie, ook nie
> in die provinsiale parlement nie. Waarskynlik dus apokrief.
>
> Die ander bekende Langenhovenstorie word meer dikwels
> aan Churchill toegeskryf. Hy gaan so:
>
> 'n Vrou het vir Langenhoven aangespreek oor sy drinkgewoonte.
>
> "Sies mnr Langenhoven jy is dronk. Vieslik dronk"
>
> "Ja, dis reg mevrou, ek is dronk. Maar jy is lelik.
> En môre as ek nugter is, dan is jy nog altyd lelik"
>
Re: Nuut onder die Son [boodskap #59872 is 'n antwoord op boodskap #59853] Di, 09 April 2002 06:36 Na vorige boodskapna volgende boodskap
T de Wet  is tans af-lyn  T de Wet
Boodskappe: 446
Geregistreer: April 2000
Karma: 0
Senior Lid
Was eintlik CJ Langenhoven wat dit gesê het. (Toe was Blaar Coetzee nog 'n
klein blaartjie...)

Maar dat Blaar dit sou gesê het kon waar wees. Maar dan was dit maar net 'n
ploeg met Langenhoven se kalf, al langs Langenhoven se voor... 'De kys
abaauit de farrouw'

Blaars e seuns was saam met my op skool, en een van hulle het selfs 'n paar
naweke saam met my plaas toe gegaan. Pa (Bloedsap) had altyd 'n boodskappie
te stuur gehad vir Blaar oor die politiek, en dan moes die klein blaartjie
weer terug boodskap vanaf Blaar. Daar het ek geleer dat mens van siening
kan en mag verskil, maar dat dit nog jou nie die reg gee om 'n vark te wees
nie.

Thys oppie Bos

"Davie Davis" skryf in boodskap news:qul3bush68pep84428oig8ded6m4amh04v@4ax.com...
> On Mon, 8 Apr 2002 09:28:58 +0200, "Annette"
> wrote:
>
>> Ek lees die naweek van Wyle Leslie Rubin - '
> knip
> knip
> knip>
>> Goed gesê, dink julle nie so nie?
>
> Dis hier wat ek ook 'n goeie een met jou kan deel Annette.
> Die van Blaar Coetzee uit rofweg dieselfde tyd wat ook bekend
> was vir sy kwinkslae en iemand wat 'n Cas Greyling tipe van
> ongemaklikheid met die tong kon wees.
> Blaar het eendag in 'n ietwat moerige bui en na 'n lang relaas en
> redenasie van Sir Div en sy meelopers gesê dat 'die helfte van die
> opposisie 'n klomp esels is.'
> Na die Speaker op 'n verskoning aangedring het, het hy dit wel gedoen
> deur te sê dat 'die helfte van die opposisie nie 'n klomp esels is
> nie'.
>
Re: Paarlmonument [boodskap #59877 is 'n antwoord op boodskap #59864] Di, 09 April 2002 07:37 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Annette  is tans af-lyn  Annette
Boodskappe: 11114
Geregistreer: Augustus 2003
Karma: 1
Senior Lid
:)))))) Miskien ja - het ek die rus na die ondervinding juis so nodig -
>> miskien is dit die verkeerde benaming - dit moes eintlik die vrouemonument
>> genoem gewees het.:)))
>
> Hmm.. stof tot nadenke - die Vrouemonument is tog ook so 'n simbool - sou
> dit nou toeval wees?
>
Glad nie toevallig vir my nie - albei monumente ontwerp deur mans wat
blykbaar oor altwee onderwerpe opgewonde kan raak:)))
Re: Paarlmonument [boodskap #59906 is 'n antwoord op boodskap #59877] Di, 09 April 2002 17:18 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Grahame  is tans af-lyn  Grahame
Boodskappe: 131
Geregistreer: Augustus 2000
Karma: 0
Senior Lid
Wie het die naam VAGINA-DAG uitgedink. Mans? Lae Halsdag klink nogal
interesant.

G

Annette skryf in boodskap news:a8u7ea$rbj$1@ctb-nnrp1.saix.net...
>
>
> :)))))) Miskien ja - het ek die rus na die ondervinding juis so nodig -
>>> miskien is dit die verkeerde benaming - dit moes eintlik die
> vrouemonument
>>> genoem gewees het.:)))
>>
>> Hmm.. stof tot nadenke - die Vrouemonument is tog ook so 'n simbool - sou
>> dit nou toeval wees?
>>
> Glad nie toevallig vir my nie - albei monumente ontwerp deur mans wat
> blykbaar oor altwee onderwerpe opgewonde kan raak:)))
>
Re: Nuut onder die Son [boodskap #59922 is 'n antwoord op boodskap #59872] Di, 09 April 2002 19:09 Na vorige boodskapna volgende boodskap
®Tobie©  is tans af-lyn  ®Tobie©
Boodskappe: 379
Geregistreer: September 2001
Karma: 0
Senior Lid
"Thys de Wet"
> Was eintlik CJ Langenhoven wat dit gesê het. (Toe was Blaar Coetzee nog 'n
> klein blaartjie...)
~~~~~~~~
ok hier is 'n ware storie:

My pa ('n sap) kom destyds op 'n boer se plaas in verband met
besigheid. Die boer se seun, wat toe ook al so 'n paar jaar boer
en so begin oorvat by sy pa, sukkel by 'n ploeg in die
plaaswerkswinkel en sê kliphard, "Ja die ploeg is in die saptyd
gemaak", natuurlik 'n steek in my pa se rigting, nie dat my pa in
sy besigheid dit kon bekostig om politiek te praat nie, sê toe
"en jy grootman, in watter jaar is jy gebore. Die seun was ook in
die saptyd gemaak EN gebore. Hierdie storie is aan my vertel deur
die ou plaaswerktuigkundige (sap), wat later my skoonpa geword
het. :-)
--
***************************
http://www.transformationafrica.org
***************************
Re: Paarlmonument [boodskap #59924 is 'n antwoord op boodskap #59877] Di, 09 April 2002 19:11 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Gids  is tans af-lyn  Gids
Boodskappe: 140
Geregistreer: Desember 2000
Karma: 0
Senior Lid
"Annette" skryf in boodskap news:a8u7ea$rbj$1@ctb-nnrp1.saix.net...
>
>>
> Glad nie toevallig vir my nie - albei monumente ontwerp deur mans wat
> blykbaar oor altwee onderwerpe opgewonde kan raak:)))
>
Jy bedoel natuurlik vrouens en tale, nie falliese simbole nie...
Re: Paarlmonument [boodskap #59931 is 'n antwoord op boodskap #59924] Di, 09 April 2002 21:13 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Annette  is tans af-lyn  Annette
Boodskappe: 11114
Geregistreer: Augustus 2003
Karma: 1
Senior Lid
Natuurlik. Maar daar is mans wat oor die falliese simbole ook opgewonde kan
raak:)
Annette

Gids skryf in boodskap news:T5Hs8.74564$oI.6153111@zwoll1.home.nl...
>
> "Annette" wrote in message
> news:a8u7ea$rbj$1@ctb-nnrp1.saix.net...
>>
>>>
>> Glad nie toevallig vir my nie - albei monumente ontwerp deur mans wat
>> blykbaar oor altwee onderwerpe opgewonde kan raak:)))
>>
> Jy bedoel natuurlik vrouens en tale, nie falliese simbole nie...
>
Re: Paarlmonument [boodskap #59937 is 'n antwoord op boodskap #59931] Wo, 10 April 2002 05:44 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Gids  is tans af-lyn  Gids
Boodskappe: 140
Geregistreer: Desember 2000
Karma: 0
Senior Lid
"Annette" skryf in boodskap news:a8vliu$2ad$2@ctb-nnrp2.saix.net...
> Natuurlik. Maar daar is mans wat oor die falliese simbole ook opgewonde kan
> raak:)
> Annette
>
>
Ah - maardan sou hulle dit natuurlik opgerig het vir 'n mannemonument...

-Gids-
Re: Paarlmonument [boodskap #59943 is 'n antwoord op boodskap #59937] Wo, 10 April 2002 06:44 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Annette  is tans af-lyn  Annette
Boodskappe: 11114
Geregistreer: Augustus 2003
Karma: 1
Senior Lid
Miskien - maar miskien is hulle nog nie so gemaklik met die storie dat hulle
dit aan die wêreld wil verkondig nie, dan verbloem hulle dit met die
verkeerde benaming.
Annette

Gids skryf in boodskap news:GnQs8.76414$oI.6285638@zwoll1.home.nl...
>
> "Annette" wrote in message
> news:a8vliu$2ad$2@ctb-nnrp2.saix.net...
>> Natuurlik. Maar daar is mans wat oor die falliese simbole ook opgewonde
> kan
>> raak:)
>> Annette
>>
>>
> Ah - maardan sou hulle dit natuurlik opgerig het vir 'n mannemonument...
>
> -Gids-
>
Re: Paarlmonument [boodskap #59955 is 'n antwoord op boodskap #59906] Wo, 10 April 2002 07:59 Na vorige boodskapna volgende boodskap
T de Wet  is tans af-lyn  T de Wet
Boodskappe: 446
Geregistreer: April 2000
Karma: 0
Senior Lid
Hier op die NG het ons sommer elke dag 'n GLOUDINA dag!

Thys oppie Bos

"Grahame" skryf in boodskap news:a8v8sb$3k0$1@ctb-nnrp2.saix.net...
> Wie het die naam VAGINA-DAG uitgedink. Mans? Lae Halsdag klink nogal
Re: Paarlmonument [boodskap #59978 is 'n antwoord op boodskap #59943] Wo, 10 April 2002 10:56 Na vorige boodskap
Gids  is tans af-lyn  Gids
Boodskappe: 140
Geregistreer: Desember 2000
Karma: 0
Senior Lid
En die Paalmonumant...

"Annette" skryf in boodskap news:a90n8d$601$1@ctb-nnrp2.saix.net...
> Miskien - maar miskien is hulle nog nie so gemaklik met die storie dat hulle
> dit aan die wêreld wil verkondig nie, dan verbloem hulle dit met die
> verkeerde benaming.
> Annette
>
>
> Gids wrote in message
> news:GnQs8.76414$oI.6285638@zwoll1.home.nl...
>>
>> "Annette" wrote in message
>> news:a8vliu$2ad$2@ctb-nnrp2.saix.net...
>>> Natuurlik. Maar daar is mans wat oor die falliese simbole ook
opgewonde
>> kan
>>> raak:)
>>> Annette
>>>
>>>
>> Ah - maardan sou hulle dit natuurlik opgerig het vir 'n mannemonument...
>>
>> -Gids-
>>
>
Vorige onderwerp: Ter Inligting - Die Pastoor
Volgende onderwerp: Die kunssinnige mense
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Sa Mei 18 00:06:53 MGT 2024