Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Algemeen » Koeitjies & kalfies » Re: Lewe
Re: Lewe [boodskap #5925] Wo, 13 Maart 1996 00:00 na volgende boodskap
Robert Sandilands  is tans af-lyn  Robert Sandilands
Boodskappe: 12
Geregistreer: Maart 1996
Karma: 0
Junior Lid
On Wed, 13 Mar 1996, Dullaart, JF, Franz wrote:

> Rober Sandilands:
>
>> On Tue, 12 Mar 1996, Marius Swart wrote:
>>
> Hier raak die saak nou baie diep: "self-gemotiveerde aksies" As ons
> alle "bo-natuurlike" (bv gode) buite rekening laat, is daar dan so
> iets as "self-gemotivering" of vrye wil? Kan 'n druppel water kies
> hoe dit (onderhewig aan swaartekrag e.a. natuurwette) in 'n stroom
> afspoel? Is lewende wesens iets anders as "druppels" waarvan die
> chemiese reaksies op 'n onvermydelike wyse (hoewel onvoorspelbare)
> plaasvind?
>

'n Druppel het nie 'n keuse oor sy rigting nie maar 'n mens het. 'n Mens
se "lot" is dalk voorafbepaal maar jy het 'n keuse oor hoe jy daar uitkom.
Die mens het 'n bewustheid wat hom/haar die vermoe" gee om 'n wil te
besit. En alhoewel op 'n laer vlak 'n mens maar net bestaan uit koolstof,
water en 'n paar ander snaakse goed is daar iets hoe"r's daar. Eerstens
lewe en tweedens 'n "bewustheid".

Ek gaan nie my tyd mors met 'n debat oor die bestaansreg van God ens. nie.
Agnostiese mense glo nie in enige groter mag nie en hulle leef. Dis nie
nodig om te glo of te kan glo om te kan leef nie.

____________________________________________________________ _____________
Nobody has the honor/dishonor to be held responsible for any of the
boblygook expressed in this long winded combination of primitive symbols
- ------------------------------------------------------------ -------------
Robert Sandilands - An Engineer and computer slave.
Virus Analyst : CSIR Virus Protection Services
Tel: +27-12-841-2106, Fax: +27-12-841-3037, Email: rob...@vps.cis.co.za
- ------------------------------------------------------------ -------------
Re: Lewe [boodskap #5926 is 'n antwoord op boodskap #5925] Wo, 13 Maart 1996 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Robert Sandilands  is tans af-lyn  Robert Sandilands
Boodskappe: 12
Geregistreer: Maart 1996
Karma: 0
Junior Lid
On Tue, 12 Mar 1996, Marius Swart wrote:

> 'n Verdere bydrae to die debat. 'n Rekenaare virus is eintlik 'n stel
> instuksies wat 'n stuk toerusting beveel om kopie"e van die stel
> instruksies te dupliseer en te versprei, na plekke waar dit weer
> uitgevoer kan word. Dus is dit naby vergelykbaar met biologiese

Nee, ek gaan nie sê ek stem saam nie :-)

> biologiese virusse le^ op die skeidslyn tussen lewe en nie-lewe.

Volgens biologiese terme ja... Maar ons is hier op soek na iets anders. Dalk lewe 'n
biologiese virus afhangend van wat ons definisie van lewe is.

> Wat kunsmatige lewe soos androides betref, simuleer dit 'n lewende
> wese of lewe. Dit is 'n na-aper van gedrag, selfs al kan dit die
> vermoe" he^ om eie gedragspatrone te ontwikkel. Dit is egter nie self
> lewe of lewend nie. Teensy dit uit biologiese selle bestaan wat kan
> reproduseer op sel vlak; en 'n kombinasie van daardie selle 'n wese
> lewer wat vergelykbaar met die oorspronklike is.
>

As 'n voorwerp net iets anders na-aap volgens 'n stel reels dan kan
dit geen self-gemotifeerde aksies he^ nie en daarom kan dit nie volgens die
definisie lewendig wees nie.

Ons sit hier met 'n groter probleem as net die filisofiese standpunt - hier is ook
'n morele probleem. Kan die stuk plastiek en silikon wat jy nou met jou vingers
aanval leef ? Die enigste manier om dit te kan antwoord is om eers die vraag - wat
is lewe ? - op te los. Dit help nie 'n mens sluit enige moontlike antwoord uit
voordat jy die vraag nie verstaan nie.

____________________________________________________________ _____________
Ek kan nie vir iemand anders praat nie. Ek verstaan myself dan nie eens,
hoe kan iemand anders my dan verstaan sodat ek hulle kan verteenwoordig ?
- ------------------------------------------------------------ -------------
Robert Sandilands - 'n Mal Ingenieur en Virus Moordenaar
Senior Virus Analis : WNNR Virus Beskermings Dienste
Tel: +27-12-841-2106, Fax: +27-12-841-3037, E-pos: rob...@vps.cis.co.za
- ------------------------------------------------------------ -------------
Re: Lewe [boodskap #5948 is 'n antwoord op boodskap #5925] Do, 14 Maart 1996 00:00 Na vorige boodskap
mar...  is tans af-lyn  mar...
Boodskappe: 59
Geregistreer: Februarie 1996
Karma: 0
Volle Lid
> 'n Verdere bydrae to die debat. 'n Rekenaare virus is eintlik 'n stel
> instuksies wat 'n stuk toerusting beveel om kopie"e van die stel
> instruksies te dupliseer en te versprei, na plekke waar dit weer
> uitgevoer kan word. Dus is dit naby vergelykbaar met biologiese
> virusse - indien DNA/RNA as 'n stel instruksies beskou word. Dit lewe
> nie, net soos DNA/RNA nie lewe nie. Daar is ook lankal debatte aan die
> gang of biologiese virusse eintlik lewe of nie.

Hendrik skryf:::
Dit is hoe ek die saak verstaan, maar van my kollegas (wat dierkundige
opleiding ontvang het) hou vol dat virusse en DNA/RNA lewe. Inderwaarheid
het hierdie bespreking 'n redelike lewendige debat oor lewe hier ontketen.

In elkgeval,
> biologiese virusse le^ op die skeidslyn tussen lewe en nie-lewe.
> Volgens die algemene persepsie is 'n sel die laagste vlak van lewe.
> Siende dat 'n rekenaar virus nie 'n sel is nie, lewe dit nie.

> Wat kunsmatige lewe soos androides betref, simuleer dit 'n lewende
> wese of lewe. Dit is 'n na-aper van gedrag, selfs al kan dit die
> vermoe" he^ om eie gedragspatrone te ontwikkel. Dit is egter nie self
> lewe of lewend nie. Teensy dit uit biologiese selle bestaan wat kan
> reproduseer op sel vlak; en 'n kombinasie van daardie selle 'n wese
> lewer wat vergelykbaar met die oorspronklike is.
> Daar is 'n groot verskil tussen androides wat ander androides
> soos hulle self uit skroewe en elektronika aanmekaar sit - en 'n
> lewende wese soos 'n plant, mens, dier of kiem.
> Groete
> Marius Swart
>

My betoog is: vanuit 'n suiwer wetenskaplike oogpunt gesien is androiedes
nie lewende wesens nie (hehalwe miskien as hulle biologies is). As hulle
werklike lewe egter suksesvol simuleer, dan word dit moeilik vir mense om
hulle nog soos blote masjiene te behandel. In so 'n situasie is dit
irrelevant of daardie androiede as lewend of nie-lewend geklassifiseer word,
alles hang van die interaksie tussen jou en die androiede af. (Dink aan die
volgende voorbeeld: 'n slim tegnoloog bou 'n androiede wat soos 'n hond
reageer, m.a.w. volgens 'n geprogrameerde "instink". Jy sal so 'n androiede
hond kan leer, net soos jy 'n lewende hond afrig. Die androiede hond sal
waarskynlik 'n baie suksesvolle troeteldier wees. Uit die aard van die saak
sal jy so 'n androiede hond anders as jou koffiemasjien behandel.) As ek
miskien een "toets" vir lewe aan die hand kan doen: veronderstel jy het te
doen met 'n androiede wat 'n mens suksesvol simuleer. Sou jy so 'n androiede
"vankant" kan maak, of eerder onherroeplik buite aksie stel? Dit is 'n baie
filosofiese vraag wat ons (gelukkig) nie nou hoef te antwoord nie.... maar
miskien wel in die toekoms.
Vorige onderwerp: Re: nie Beeld
Volgende onderwerp: Re: Tolerantie
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Di Mei 14 09:55:26 MGT 2024