Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Algemeen » Koeitjies & kalfies » Re: Tolerantie
Re: Tolerantie [boodskap #5928] Do, 14 Maart 1996 00:00
Johan de Villiers  is tans af-lyn  Johan de Villiers
Boodskappe: 67
Geregistreer: Januarie 1996
Karma: 0
Volle Lid
Bernhard Bezemer skryf:

> Ja, wat betreft tolerantie (en niet alleen daarin) zijn
> Zuid-Afrika en Nederland/Belgi-e (Vlaanderen) wel heel ver
> uit elkaar gegroeid. Neem nu het NRC Handelsblad. Dat is toch wel
> DE kwaliteiskrant voor de liberaal-conservatieve bourgeoisie.
> Welnu, zoals je zelf hebt kunnen constateren, stelt men graag
> (en tegen een gulle vergoeding!) de kolommen open voor de
> pennevruchten van Gerard Reve.
> Homoseksualiteit is hier een algemeen geaccepteerde relatievorm.
> Op discriminatie van dit soort (en natuurlijk ook andere) mensen
> staat gevangenisstraf! Binnenkort krijgen homoseksuele paren hier
> zelfs dezelfde status als hetero-seksueel gehuwden. Discussiepunt
> is nog het wel of niet toestaan van adoptie van kinderen door
> homoseksuele paren.
> Die tolerantie blijft overigens en uiteraard niet beperkt tot
> homoseksualiteit. Op de talloze gebieden van onze samenleving is
> ze voortgeschreden. Men accepteert hier thans zelfs grote armoede
> als bestaansvorm! En daarin onmoeten Nederland en Zuid-Afrika
> elkaar dan weer.

Ek is geneig om met Frank Snyckers saam te stem dat hierdie
"tolenransie" wat uiting vind in wetgewing teen "diskriminasie", eerder
'n stap agteruit vir die mensdom beteken. Die Suid-Afrikaanse grondwet
het ook dubbelsinnige en botsende klousules, wat die verwarde denke oor
sulke sake weerspieël. So, byvoorbeeld, word daar nou pogings
aangewend om die individu se reg tot vryheid van assosiasie grondwetlik
te waarborg, maar terselfdertyd selfs *private* diskriminasie op grond
van ras, kleur, geslag, ens. verbied. Die grondwet bevat ook klousules
wat spesifiek die staat die reg gee om wel teen sekere van sy burgers
te diskrimineer "om ongelykhede van die verlede reg te stel".

Blykbaar het ons niks uit ons apartheidsverlede geleer nie. Dit is
juis diskriminasie deur die staat wat so vernietigend op ons samelewing
ingewerk het. 'n Grondwetlike klousule wat die *staat* verbied om teen
enige burger te diskrimineer maak wel sin. Daarteenoor is private
diskriminasie is nie net wenslik nie - dis noodsaaklik. Ek glo dat 'n
Joodse koerant mag weier om 'n pro-Nazi berig te dra, dat 'n klub vir
homoseksueles mag weier om heteroseksueles toe te laat, dat 'n
kommunistiese koerant mag weier om 'n liberale redakteur aan te stel,
dat 'n jeugklub mag weier om dwelmgebruikers toe te laat, of dat 'n
vereniging vir swart sakelui mag weier om blankes toe te laat. Sommige
mense sal hul reg tot diskriminasie gebruik op wyses waarmee ek nie
saam stem nie, maar dis immers hulle reg.

John Kane-Berman, uitvoerende direkteur van die 'Institute for Race
Relations' het onlangs oor hierdie grondwetlike verbod op sekere vorms
van diskriminasie kommentaar gelewer. Kane-Berman vra: Is ons werklik
'n nasie van vrouehaters wat gays langs die snelweg kruisig? Die
grootse bron van kommer in Suid-Afrika is immers *politieke*
onverdraagsaamheid, wat na beraming meer as 11 000 lewens geëis het.
ens kan redeneer dat 'n wet teen diskriminasie op grond van politieke
verskil nog meer verdedigbaar is, maar dit sal immers in stryd wees met
demokrasie.

Ek vermoed dat hierdie streng Nederlandse wette teen sekere vorms van
diskriminasie nog 'n manifestasie van Nederlandse nasionalisme is - 'n
soort Calvinisties-moralistiese fascisme wat onder die vaandel van
"tolerantie" bedryf word. :-) Marco Van Het Hoog het 'n geruime tyd
gelede 'n artikel hieroor deur Derk Jan Eppink wat in "De Standaard"
verskyn het, op die poslys geplaas. Ek sal dit weer probeer opdiep vir
diegene wat dit misgeloop het.

Ironies genoeg het apartheid dieselfde oorsprong. Soos W. A. de Klerk
dit stel in die inleiding tot "The Puritans in Africa":


...'Apartheid' is an attempt to remake a society in
the total vision of a socio-political ideal. As
such it is yet another of the many secular
manifestations with their roots in the protestant
ethic of a particular order, which the past two
centuries have known. It is radical, because it is
the politics of redemption trying to reach down to
man's existential roots. It is rational because it
is an extensive human exercise of the mind,
endeavouring to formulate a moral justification for
what is basically the will to power....

...The abstractions of freedom are always, beyond
our recognition, the fruit of our despair. Safety
in power is what we are after; but naked power for
Western Christian man, especially those in the
Calvinist-Puritan tradition, is not in order. What
is done should also be morally justifiable. Hence
the cry from the heart, affirming the rightness of
what we do, passionately denying our despair...

...The messianic style of the post-Second World War
Afrikaners finds no substantial antecedents in those
countries from which they predominantly originated:
the Netherlands, Germany, France. Strangely, as
will appear, their spiritual kin are rather to be
discovered in the Anglo-Saxon world, particularly
New England.

The key to the Afrikaners is Calvinism. But the
primitive or original Calvin will be insufficient to
explain the modern Afrikaners. It is especially the
subtle mutations which Calvinism underwent in the
Puritan mind of the Anglo-Saxon world which become
relevant. Finally, it is the phenomenon of
political idealism, engendered in the same milieu,
which provides a fuller perspective.

All this means that a proper study of the Afrikaners
need attention also to the thought, motivations and
actions of the Puritans, in both Old and New
England. The strangest thing about the Afrikaners
will then be seen to be the fact that they are so
like the very people who have looked more critically
at them than any other. In a sense, it is a family
quarrel.

--
Reinier de Vos Internet: de...@aqua.ccwr.ac.za
Computing Centre for Water Research Tel: Int+27 331 260-5179
c/o University of Natal, P/Bag X01 Fax: Int+27 331 61896
Scottsville, South Africa, 3200 http://www.ccwr.ac.za/
#include
------------------------------------------------------------ -----------
Ons spaar die duiwel baie moeite
- C J Langenhoven
Vorige onderwerp: Re: Lewe
Volgende onderwerp: Re: Het Duitse bloed
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Di Mei 14 00:56:10 MGT 2024