Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Algemeen » Koeitjies & kalfies » antwoord vir Dirk: HELEN MARTINS (1898 - 1976)
antwoord vir Dirk: HELEN MARTINS (1898 - 1976) [boodskap #5840] Di, 20 Februarie 1996 00:00 na volgende boodskap
Izak Bouwer  is tans af-lyn  Izak Bouwer
Boodskappe: 465
Geregistreer: Januarie 1996
Karma: 0
Senior Lid
Omtrent 'n week gelede, in 'n lesing oor Suid-Afrikaanse
kuns hier in Ottawa, het Barbara Kinghorn vir ons die storie
van Helen Martins vertel. Ek was alreeds aangedaan toe sy
vertel hoe die wit mense van Nieu-Bethesda neergesien het op
Helen en hoe sy gehelp is deur die kleurlinggemeenskap, veral
die kinders wat vir haar die gekleurde glas bymekaargemaak het
waarmee sy haar persoonlike paradys daar in die Langeberge
probeer uitbeeld het. Toe ek hoor hoe Helen Martins haarself
om die lewe gebring het, toe loop my trane.
Dis natuurlik nie die eerste keer dat ek van Helen Martins
hoor, hier waar ek in Kanada bly nie. Op die vorige plek waar
ons gebly het, het die lokale teatergroep 'n baie mooi opvoering
gehad van Athol Fugard se "Road to Mecca." Dit was na die
toneelstuk baie suksesvol was op Broadway. Ek neem aan dat
"Road to Mecca" sal voortbestaan in die repertoire van teater-
groepe oor die hele Engelse wereld. En wie weet, miskien is dit
al in Sjinees vertaal en speel dit nou daar erens in Noord-Sjina.
Dit antwoord dus jou vraag. Helen Martins, in haar lewe
onbewus van haar invloed op die toekoms, het gedoen wat sy
moes doen vir haarself en vir die kleurlinggemeenskap, wat
helder genoeg van gees was om te verstaan wat sy besig was
om te doen : "to build Jerusalem," om nou William Blake by
te haal. En vandag is haar naam op almal se lippe. En waar is
die mense in haar gemeenskap wat so op haar neergesien het?
Sy het, myns insiens, dus 'n geweldige invloed gehad op
die Noosphere (so genoem deur Teilhard de Chardin) waarin
ons almal leef. Hier volg twee aanhalings, een van Teilhard,
een oor William Blake ('n groot mentor in my lewe):

Teilhard de Chardin in "Hymn to the Universe."
"Lift up your head, Jerusalem, and see the
immense multitude of those who build and
those who seek; see all of those who toil
in laboratories, in studies, in factories, in the
deserts and in the vast crucible of human
society. For all the ferment produced by their
labours, all is for you."

Northrop Frye in "Fearful Symmetry" oor William
Blake se Golgonooza (wat vir my dieselfde is as die
Noosphere.)
All imaginative and creative acts, being eternal,
go to build up a permanent structure, which Blake
calls Golgonooza, above time, and, when this
structure is finished, nature, its scaffolding, will
be knocked away and man will live in it. Golgo-
nooza will then be the city of God, the new
Jerusalem, which is the total form of all human
culture and civilization.

Almal is dus belangrik. Almal bou. Sommige het net 'n
helderder visie as ander, en vir hulle is ons dankbaar: die
digter wat sy geliefde dorp beskryf vol bougainvilleas en
waatlemoene soos soet halfedelgesteentes, die wetenskap-
like wat delf in sy geliefde idees, die werker in diens van
die aarde. Ons almal, tesaam.
Gloudina
Re: antwoord vir Dirk: HELEN MARTINS (1898 - 1976) [boodskap #5851 is 'n antwoord op boodskap #5840] Do, 22 Februarie 1996 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
mar...  is tans af-lyn  mar...
Boodskappe: 59
Geregistreer: Februarie 1996
Karma: 0
Volle Lid
In article , izak@igs.neta says...
>
> Omtrent 'n week gelede, in 'n lesing oor Suid-Afrikaanse
> kuns hier in Ottawa, het Barbara Kinghorn vir ons die storie
> van Helen Martins vertel. Ek was alreeds aangedaan toe sy
> vertel hoe die wit mense van Nieu-Bethesda neergesien het op
> Helen en hoe sy gehelp is deur die kleurlinggemeenskap, veral
> die kinders wat vir haar die gekleurde glas bymekaargemaak het
> waarmee sy haar persoonlike paradys daar in die Langeberge
> probeer uitbeeld het.

Dat Helen Martins 'n baie waardevolle talent gehad het, ly geen twyfel nie.
Dit is egter net jammer dat in die tyd toe sy geleef het, daar nie genoeg
begrip was onder mense om die erns van haar "versteurdheid" te begryp
nie. Ek twyfel of sy werklik 'n persoonlike paradys probeer uitbeeld het.
Vir my het dit meer gelyk na die kompulsiewe beswering van 'n private, maar
steeds felle, hel. Ek stem saam dat hare 'n baie tragiese verhaal is, maar
die mate waarin haar "versteurdheid" verhoog word tot iets edel, ontstem my
geweldig. Kan iemand se genialiteit werklik dien as verskoning vir die
onvermoë om by sy omgewing en gemeenskap in te skakel? Sou haar geniale
talent nie meer tot sy reg gekom het en meer waarde gehad het as sy 'n
minder selfsugtige lewe gely het en dit tot die voordeel van die verarmde
sendingstasie en sy mense gebruik het nie?

Katinka
Re: antwoord vir Dirk: HELEN MARTINS (1898 - 1976) [boodskap #5857 is 'n antwoord op boodskap #5840] Sa, 24 Februarie 1996 00:00 Na vorige boodskap
Izak Bouwer  is tans af-lyn  Izak Bouwer
Boodskappe: 465
Geregistreer: Januarie 1996
Karma: 0
Senior Lid
In article , mar...@sabc.co.za says...
>
> In article , izak@igs.neta says...
>>
>> Omtrent 'n week gelede, in 'n lesing oor Suid-Afrikaanse
>> kuns hier in Ottawa, het Barbara Kinghorn vir ons die storie
>> van Helen Martins vertel. Ek was alreeds aangedaan toe sy
>> vertel hoe die wit mense van Nieu-Bethesda neergesien het op
>> Helen en hoe sy gehelp is deur die kleurlinggemeenskap, veral
>> die kinders wat vir haar die gekleurde glas bymekaargemaak het
>> waarmee sy haar persoonlike paradys daar in die Langeberge
>> probeer uitbeeld het.
>
> Dat Helen Martins 'n baie waardevolle talent gehad het, ly geen twyfel nie.
> Dit is egter net jammer dat in die tyd toe sy geleef het, daar nie genoeg
> begrip was onder mense om die erns van haar "versteurdheid" te begryp
> nie. Ek twyfel of sy werklik 'n persoonlike paradys probeer uitbeeld het.
> Vir my het dit meer gelyk na die kompulsiewe beswering van 'n private, maar
> steeds felle, hel. Ek stem saam dat hare 'n baie tragiese verhaal is, maar
> die mate waarin haar "versteurdheid" verhoog word tot iets edel, ontstem my
> geweldig. Kan iemand se genialiteit werklik dien as verskoning vir die
> onvermoë om by sy omgewing en gemeenskap in te skakel? Sou haar geniale
> talent nie meer tot sy reg gekom het en meer waarde gehad het as sy 'n
> minder selfsugtige lewe gely het en dit tot die voordeel van die verarmde
> sendingstasie en sy mense gebruik het nie?
>
> Katinka
>


Hulle het Van Gogh "versteurd" genoem. En ek kan amper wed dat erens
in jou besit daar 'n boek is met 'n afdruk van een vnn sy skilderye.

Hulle het William Blake gedurende sy leeftyd as mal beskou. In die
sestigerjare het die hippies reels uit sy gedigte as graffiti gebruik.

Groot kuns is gewoonlik nie mooi nie. Kyk na Hieronymus Bosch of Goya.

Ek weet nie hoe goed die dinge is wat Helen Martins gemaak het nie.
Dis haar dade wat aandag en ontsag afdwing:Haar geloof dat die mens
meer is as sy platvloerse wit/swart bestaan, en haar determinasie om,
saam met die mense om haar, 'n ander groter werklikheid te probeer bykom.
Gloudina
Vorige onderwerp: Plekbeskrywing: ADAMS MISSION STATION
Volgende onderwerp: Geld & gedicht
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Di Mei 14 06:06:33 MGT 2024