Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Algemeen » Koeitjies & kalfies » afrikaanse canon
Re: afrikaanse canon [boodskap #58469 is 'n antwoord op boodskap #58466] Ma, 11 Maart 2002 19:39 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Arthur  is tans af-lyn  Arthur
Boodskappe: 609
Geregistreer: September 2001
Karma: 0
Senior Lid
"Davie Davis" schreef...
> "Arthur Hagen" wrote:
>> Julle is net lui, neem 'n voorbeeld aan Davie :)
>
> Trap hulle uit Arthur:-)
> Dankie, hierdie is 'n stuk werk om te bêre (save).

:)

Yup, berg dit veilig (safe) op!

Groeten,
Arthur
Re: afrikaanse canon [boodskap #58471 is 'n antwoord op boodskap #58421] Ma, 11 Maart 2002 19:57 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Arthur  is tans af-lyn  Arthur
Boodskappe: 609
Geregistreer: September 2001
Karma: 0
Senior Lid
"Karel Kolstert" schreef...
> Karel
> Ek was onbewus van die wisselwerking tussen Nederlands en Maleis.

Wonderlik. Jy moet mos besef het dat daar meer as 300 jaar 'n band bestaan
het tusse Nederland en die Indonesiese argipel. Natuurlik het so'n band ook
sy weerslag op die ontwikkeling van 'n taal.

> Arthur
> Ek het gemerk die Afrikaners hang aan hulle vermeende band met andere tale
> om die feit dat Afrikaans eintlik net 'n Nederlandse dialek is te verdring
> :)
>
> Karel
> Nee wat, dis suiwer jaloesie van Hollanders, Vlaminge, ens.
> As julle nie die vermoë en dissipline het om julle moedertaal te
> formaliseer nie, dan is dit nie ons Afrikaanssprekendes se
> probleem as julle met dialekte tevrede is nie, hoor :-)
> Ons het ook baie dialekte hier, maar ons taal is ons taal.
> Ten spyte van ons Nederlandse taalwortels

Ons het ons moedertaal geformaliseer en dit Nederlands genoem. Of dink jy
dis beter om 10 verskillende tale in hierdie kleine landjies te het? Daar is
seker 'n half dosyn dialekte wat meer van Algemeen Beskaafd Nederlands
verskil as Afrikaans, maar tog beskou die dialeksprekers hulle taal as
onderdeel van die Nederlandse taal. Eendrag maak mag!

Arthur
Re: afrikaanse kanon skietekat [boodskap #58472 is 'n antwoord op boodskap #58424] Ma, 11 Maart 2002 20:29 Na vorige boodskapna volgende boodskap
®Tobie©  is tans af-lyn  ®Tobie©
Boodskappe: 379
Geregistreer: September 2001
Karma: 0
Senior Lid
die woord 'pondok' kom ook uit Maleisië

as julle my nie wil glo nie, gaan op Undernet op enige server wat
nie te besig is nie en tik: /join #pondok
en vra die mense daar wat daardie woord beteken.
Ons in RSA weet, maar meskien nie ons Nederlands en Vlaams
sprekende vriende nie.

huis, paleis, pondok, varkhok !
Re: afrikaanse canon [boodskap #58473 is 'n antwoord op boodskap #58447] Ma, 11 Maart 2002 20:34 Na vorige boodskapna volgende boodskap
®Tobie©  is tans af-lyn  ®Tobie©
Boodskappe: 379
Geregistreer: September 2001
Karma: 0
Senior Lid
my aarde, wanneer laas het ek die woord 'diktee' gehoor
---
"Hilda
> Ons het ons daarby neergelê en kyk : elke jaar wen 'n Vlaming die offisiële Nederlandse diktee wedstryd :-)).
>
> Groete,
> Hilda.
Re: afrikaanse canon [boodskap #58474 is 'n antwoord op boodskap #58461] Ma, 11 Maart 2002 20:34 Na vorige boodskapna volgende boodskap
emmy[3]  is tans af-lyn  emmy[3]
Boodskappe: 23
Geregistreer: Maart 2002
Karma: 0
Junior Lid
"Davie Davis" skryf in boodskap news:e7tp8ug8f3hp7ijker9nrt0dgfhuc3s8gk@4ax.com...
> On Mon, 11 Mar 2002 12:50:01 +0200, "Annette"
> wrote:
>
>> Jy moet reg wees Emmy, aangesien jy die babataal heeltemal verleer het;))
>> Annette

> wow! Onverbeterlik Annette... dis hoekom ek sê dat Emmy uit die noorde
> is (ein enorme glimlach!)

Helaas de beschaving kwam van het zuiden op het noordelijk halfrond.
Jammer voor jou maar die andere ( zuidelijk )halfrond is bedenkelijk ;-))
daar moet
geloof ik de beschaving nog komen..
Arthur had gelijk ik had dit tegen hem gezegd.
De Romeinse beschaving was eerder in het zuiden van NL en heeft zelfs
het noorden nooit bereikt ..
Je moet weten dat er veel plagerijen zijn tussen Noord en Zuid NL ..

grt emmy
Re: afrikaanse canon [boodskap #58476 is 'n antwoord op boodskap #58473] Ma, 11 Maart 2002 20:45 Na vorige boodskapna volgende boodskap
newsgroup.nl  is tans af-lyn  newsgroup.nl
Boodskappe: 96
Geregistreer: Maart 2002
Karma: 0
Volle Lid
On Mon, 11 Mar 2002 22:34:31 +0200, "Tobie" wrote:

> my aarde, wanneer laas het ek die woord 'diktee' gehoor
> ---

Wanneer ons die vleis begin braai
is ek dik vir tee :-)
Re: afrikaanse kanon skietekat [boodskap #58477 is 'n antwoord op boodskap #58472] Ma, 11 Maart 2002 20:54 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Arthur  is tans af-lyn  Arthur
Boodskappe: 609
Geregistreer: September 2001
Karma: 0
Senior Lid
"Tobie" schreef...
> die woord 'pondok' kom ook uit Maleisië
>
> as julle my nie wil glo nie, gaan op Undernet op enige server wat
> nie te besig is nie en tik: /join #pondok
> en vra die mense daar wat daardie woord beteken.
> Ons in RSA weet, maar meskien nie ons Nederlands en Vlaams
> sprekende vriende nie.
>
> huis, paleis, pondok, varkhok !

Ek het dit geweet, maar ek moet toegee ek vermoed baie mense in die laë
lande sal dit nie (meer) weet nie. Die woord 'pondok' staan oorigens ook
gewoon in my Nederlandse woordeboek.

Ek glo ook ek het in Den Haag 'n huis gesien met die naam ... waarskynlik
van 'n gerepatrieerde Indiëganger :) As ek my weer kan herinner waar ek die
huis ook al gesien het, sal ek 'n kiekie maak.

Arthur
Re: afrikaanse canon [boodskap #58479 is 'n antwoord op boodskap #58474] Ma, 11 Maart 2002 21:01 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Arthur  is tans af-lyn  Arthur
Boodskappe: 609
Geregistreer: September 2001
Karma: 0
Senior Lid
"emmy" schreef...
> De Romeinse beschaving was eerder in het zuiden van NL en heeft zelfs
> het noorden nooit bereikt ..
> Je moet weten dat er veel plagerijen zijn tussen Noord en Zuid NL ..

Ah, maar ek woon nog suidlik van Forum Hadriani en die Brittenburg! In die
tyd van die Romeine liep die Ryn noordlik van hier (oor Leiden).

Arthur
Re: afrikaanse canon [boodskap #58480 is 'n antwoord op boodskap #58474] Ma, 11 Maart 2002 21:03 Na vorige boodskapna volgende boodskap
newsgroup.nl  is tans af-lyn  newsgroup.nl
Boodskappe: 96
Geregistreer: Maart 2002
Karma: 0
Volle Lid
On Mon, 11 Mar 2002 21:34:59 +0100, "emmy" wrote:

> Arthur had gelijk ik had dit tegen hem gezegd.
> De Romeinse beschaving was eerder in het zuiden van NL en heeft zelfs
> het noorden nooit bereikt ..
> Je moet weten dat er veel plagerijen zijn tussen Noord en Zuid NL ..
>
> grt emmy
>
>

Dit is soos hier by ons Emmy. Die beskawing is hierbo in Gauteng.
Die Kaap is ook besig om meer beskaafd te word maar ò so stadig :-)
Re: afrikaanse canon [boodskap #58481 is 'n antwoord op boodskap #58189] Ma, 11 Maart 2002 21:16 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Arthur  is tans af-lyn  Arthur
Boodskappe: 609
Geregistreer: September 2001
Karma: 0
Senior Lid
"Rico" schreef...
> My ma het my altyd vertel, kan ek nie lig op die kerkhof en wil ek nie, lig
> daar teen!!!

Verskoning, Rico, maar ek vrees jy sal hierdie uitdrukking vir ons moet
vertaal ... selfs ek begryp hom nie! :)

Groete,
Arthur
Re: afrikaanse canon [boodskap #58482 is 'n antwoord op boodskap #58481] Ma, 11 Maart 2002 21:17 Na vorige boodskapna volgende boodskap
newsgroup.nl  is tans af-lyn  newsgroup.nl
Boodskappe: 96
Geregistreer: Maart 2002
Karma: 0
Volle Lid
On Mon, 11 Mar 2002 22:16:03 +0100, "Arthur Hagen" wrote:
> "Rico" schreef...
>> My ma het my altyd vertel, kan ek nie lig op die kerkhof en wil ek nie, lig
>> daar teen!!!
>
> Verskoning, Rico, maar ek vrees jy sal hierdie uitdrukking vir ons moet
> vertaal ... selfs ek begryp hom nie! :)
>
> Groete,
> Arthur
>

Ek lees dit so Arthur: 'as jy wil kán jy.'
Is ek reg Rico?

DD
Re: afrikaanse canon [boodskap #58483 is 'n antwoord op boodskap #58451] Ma, 11 Maart 2002 21:17 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Rico  is tans af-lyn  Rico
Boodskappe: 823
Geregistreer: Julie 2001
Karma: 0
Senior Lid
Wouter jy moet nie vergeet nie, dat ek ook niet baie op die Nederlandse
nuusgroepe te vind is nie.
Daar gaan alles so vinnig, meer as 200 postings op 'n dag.
Dis hoekom ek geniet die Afrikaanse ng, daar gaan dit maar stadig.

Gr.Rico

Boondien DD kan nederlands baie goed lees en ook skryf, dis maar net wat jy
wil!!
Gloudina kan dit ook lees en daar is nog meer.
My ma het my altyd vertel, kan ek nie lig op die kerkhof en wil ek nie, lig
daar teen!!!

"Wouter Plaasvark" skryf in boodskap news:3c8cf19e.0@news1.mweb.co.za...
> Sakkie
>> Nee maggies Arthur, hulle is vergelykbaar, maar nie eers amper 98% nie.
>> Net op woordspelling is die verskil geweldig. Ek wonder of gesproke
>> Pretoria Afrikaans en Garies Afrikaans 98% ooreenstem. Ek twyfel.
>
> Hilda
> Hoe verklaar jy dan dat ek in 1990 (of was dit 1989 ?) 'Kringe in 'n bos'
> gelees het sonder om 'n woord Afrikaans te ken ? Daar's dalk enkele klein
> woordjies wat verskil en die sinskonstruksie verskil ook partykeer, maar 'n
> Vlaming of Nederlander kan sonder veel inspanning Afrikaans lees. As ek nou
> 'n Duits boek moet lees, sal ek baie beter moet konsentreer. Ek sal seker
> baie meer woorde nie verstaan nie.
>
> Wouter
> Hilda, jy is natuurlik 100% reg dat Afrikaans nader aan Nederlands en
> spesifiek aan die Vlaamse dialek is as enige ander taal. Maar dis
> ook waar dat Nederlandssprekendes baie makliker Afrikaans lees
> as wat Afrikaanses Nederlands lees. Ek het my destyds vrek
> gesukkel om Ciske de Kat net naastenby in te neem En daarna
> nooit weer lus gehad om te probeer nie.
>
> Die rede is waarskynlik dat julle 'n groter variasie in dialekte
> gewoond is as ons. Ek raai, maar het geen ander verklaring
> daarvoor nie. Ek het al baie besoekers uit Nederland by my aan
> huis gehad, sommige verstaan ek maklik, sommige kon ek
> omtrent geen woord mee kommunikeer nie, so groot is die
> variasie in hulle spreektaal.
>
> Maar ek stem met Sakkie saam, Arthur se 98% is laf.
> Meer soos 48% en dis 'n hoë korrelasie vir 'n taal
> waarmee ons erg sukkel. Verklaar vir my hoekom
> jy omtrent geen Afrikaanssprekendes op Nederlandse
> nuusgroepe sien nie, en heelwat meer Nederlanders
> op Afrikaanse nuusgroepe en poslyste. As dit 98%
> dieselfde was, dan sou dit mos interessant gewees
> het vir ons om daar deel te neem. Maar dis te moeilik
> om te volg..
>
> Dalk 98% korrelasie met 'n kombinasie van verskeie
> Nederlandse dialekte, ja. Maar dié ken ons nie.
>
> Hilda
> Sakkie, jong, jy sal jou daarby moet neerlê - of jy daarvan hou of nie - jou
> taal (wat pragtig is en seker nie 'n babataal nie ! Foei, Emmy !) kom
> regstreeks van Nederlands af. Dit is so, moenie dit ontken nie :-))
>
> Wouter
> Ons sal dit nooit ontken nie. Maar net so min as wat ek
> 'n Europeër is (my oupa het net 90 jaar gelede geïmigreer),
> net so min is Afrikaans 'n Europese taal. Ons wortels is albei
> in Europa, ja, en daarmee het ons nie 'n probleem nie, maar
> ek en my taal is van Afrika, van Suid Afrika. Ons het hier
> gegroei en Afrikaan geword. En ons het van die Nederlandse
> dialek wat hier gepraat is (en dit was nie ABN of sogenaamde
> Hooghollands nie) 'n taal gemaak. Met reëls en 'n taalkommissie.
>
> En ons is trots daarop dat ons op die manier gegroei het en
> kyk van hier onder in Afrika kopskuddend na die klomp
> deurmekaarspulle wat julle daar praat. Afrikaans is vir ons
> 'n oneindig mooier taal as Nederlands of enige van sy
> skerpklinkende dialekte. Maar ons wortels is ons wortels,
> al is ons nie juis erg oor die wortels nie.
>
> Hilda
> Ons, Vlaminge, praat ook nie soos die Nederlanders nie - nogtans
> verstaan ons hulle taal. Ons probeer selfs om die taal offisieel te
> leer en na te boots
>
> Wouter
> Ons het nie so 'n behoefte nie, ons is van Afrika.
> Jy behoort dit te verstaan, jy ken Afrika.
>
Re: afrikaanse canon [boodskap #58484 is 'n antwoord op boodskap #58460] Ma, 11 Maart 2002 21:19 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Rico  is tans af-lyn  Rico
Boodskappe: 823
Geregistreer: Julie 2001
Karma: 0
Senior Lid
"Wouter Plaasvark" skryf in boodskap news:3c8cf3f2.0@news1.mweb.co.za...
> Rico
> Afrikaans is rerig van Nederlands afkomstig, baie woorde ken ons hier ook,
> maar ons gebruik dit nie meer nie. My ouma ken al die woorde nog wel.
>
> Wouter
> Interessant, ek het die omgekeerde gevind met besoekers uit die
> Suide van Nederland wat ek maklik kon verstaan. Hulle gebruik
> woorde wat in my ouma se Karoo-Afrikaans voorkom, maar nie
> meer in moderne Afrikaans nie. My kinders sal hulle kinders dus
> moeiliker verstaan omdat hulle nie my ouma se Afrikaans ken
> nie en hulle kinders seker nie Rico se ouma se Nederlands nie.
>
> Dit klink of die twee spreektale verder uitmekaar sal beweeg?

Dit sal juis beter wees, nou met die moderne kommunikasiemiddels, dat die
tale weer 'n bietjie nader aan mekaar kom.

Gr.Rico
>
Re: afrikaanse canon [boodskap #58485 is 'n antwoord op boodskap #58473] Ma, 11 Maart 2002 21:27 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Wouter Plaasvark  is tans af-lyn  Wouter Plaasvark
Boodskappe: 1004
Geregistreer: Mei 2006
Karma: 0
Senior Lid
"Hilda
Ons het ons daarby neergelê en kyk : elke jaar wen 'n Vlaming
die offisiële Nederlandse diktee wedstryd :-)).

"Tobie"
my aarde, wanneer laas het ek die woord 'diktee' gehoor

Wouter
My ouma in die Karoo het hom goed geken...

Maar wat ek graag wil weet, waddehel is 'n Afrikaanse canon?
Kan 'n mens 'n paar laaglanders daarmee blaas?
Re: afrikaanse canon [boodskap #58486 is 'n antwoord op boodskap #58464] Ma, 11 Maart 2002 22:07 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Wouter Plaasvark  is tans af-lyn  Wouter Plaasvark
Boodskappe: 1004
Geregistreer: Mei 2006
Karma: 0
Senior Lid
Wouter
Oukei Arthur, kom ek speel ook jou speletjie. En ek kies ook my teks
Vandag op 'n ander Afrikaanse forum skryf iemand uit Amsterdam:

> Als het bij kokhalzen blijft dan had je mazzel, anders had je de hele
> zaak onder gekotst.
As dit by kokhals (waddehel is dit?) bly dan het jy masels,
anders het jy die hele saak onder gekots.

Die twee sinne mag eners lyk, maar die begrip in Afrikaans is 0%.
Boggerol, zilch, zada, niets, flippol. 0%

En kom ons vat 'n sin van Emmy vanaand:
> Misdaad kan welen als de omstandigheden gunstig zijn oa armoede
Misdaad kan ?? as die omstandighede gunstig is onder andere (?) armoede

> en geen toekomst hebben en alle kenmerken die ellende met zich meebrengt
en geen toekoms hê en alle kenmerke met/van/die? ellende met sig? meebring.

Ek kan die sin op geen manier verstaan nie, alhoewel al die
woorde behalwe een verstaanbaar is. Hoekom sal misdaad
geen toekoms hê as daar armoede is nie? Die begrip in
Afrikaans is niks meer as 10% nie. En dis nie al sin van
Emmy vandag waarmee ek sukkel nie, hoor. Daar is nog
drie ander.

By die stuk wat jy hier onder vertaal moet jy ook in ag neem dat
ek nie ongewoon is om aan Nederlanders (in Afrikaans) te skryf
nie. Ek vermy dan woorde soos baie en gebruik die minder
gewone "erg" of "veel", net as voorbeeld. En jy ignoreer die
spelverskille, maar dis juis waar die probleem inkom. Dit
verminder klaar die ooreenkoms na onder 70% vir 'n Afrikaanse.
Julle gebruik hebben bv vir hê, terwyl heb by my die baie
ongunstige betekenis van gierigheid optower, soos in hebsug.
Dis juis die spelverskille wat die begrip beduiwel.

So sal 'n mens in Afrikaans ook nooit van 'n poesfokker praat
nie, terwyl dit in Nederlands blykbaar 'n katteler aandui.
(Ek het al kippenfokkers en paardefokkers raakgeloop.)
Net soos jy nie in Nederlands vir jou seun sal dreig dat jy
hom gaan neuk nie.

Al wat jy illustreer is dat julle makliker Afrikaans lees as wat ons
Nederlands lees. Ek verstaan nie eers die opskrif van hierdie
boodskap nie. :-(

"Arthur Hagen" skryf in boodskap news:a6iv2e$5po$1@news.kabelfoon.nl...
OK, ek gaan die oppervlakkige spellingsverkille negeer en net die werklike
verskille tel:

> Maar ek stem met Sakkie saam, Arthur se 98% is laf.
Maar ik stem met Sakkie samen, Arthur z'n 98% is laf.
100% (al sou ons waarskynlik 'flauw' gebruik het, maar flauw en laf kan ons
beide gebruik wanneer ons oor smake praat)

> Meer soos 48% en dis 'n hoë korrelasie vir 'n taal
Meer zoals 48% en da's een hoge korrelatie voor een taal
100%

> waarmee ons erg sukkel. Verklaar vir my hoekom
waarmee wij erg sukkelen. Verklaar voor mij hoe het komt dat
100% (hoekom is net 'n saamtrekking van 'hoe het komt dat')

> jy omtrent geen Afrikaanssprekendes op Nederlandse
jij omtrend geen Afrikaansprekenden op Nederlandse
100%

> nuusgroepe sien nie, en heelwat meer Nederlanders
nieuwsgroepen ziet, en heelwat meer Nederlanders
100%, grammatikaal verskil deur die dubbele ontkenning

> op Afrikaanse nuusgroepe en poslyste. As dit 98%
op Afrikaanse nieuwsgroepen en postlijsten. Als dit 98%
100%

> dieselfde was, dan sou dit mos interessant gewees
hetzelfde was, dan zou dit toch interessant geweest
87,5%

> het vir ons om daar deel te neem. Maar dis te moeilik
zijn voor ons om daar deel te nemen. Maar dit is te moeilijk
100%

> om te volg..
om te volgen.

50 woorde en net die woordjie 'mos' is vir die gemiddelde Nederlander
moeilik om te begryp ... 98%!!

Julle is net lui, neem 'n voorbeeld aan Davie :)

Groete,
Arthur
Arthur se speletjie - was Re: afrikaanse canon [boodskap #58487 is 'n antwoord op boodskap #58486] Ma, 11 Maart 2002 23:13 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Waaierstertmuis  is tans af-lyn  Waaierstertmuis
Boodskappe: 1592
Geregistreer: Oktober 2001
Karma: 0
Senior Lid
On Tue, 12 Mar 2002 00:07:11 +0200, "Wouter Plaasvark"
wrote:

> Wouter
> Oukei Arthur, kom ek speel ook jou speletjie. En ek kies ook my teks

Dis 'n lekker speletjie hierdie. Kan ek saamspeel?
My sin is weer in Engels. Kyk of julle dit in Afrikaans kan verstaan:

MY HAND IS IN WARM WATER

:-)
Re: afrikaanse canon [boodskap #58488 is 'n antwoord op boodskap #58479] Ma, 11 Maart 2002 23:40 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Rico  is tans af-lyn  Rico
Boodskappe: 823
Geregistreer: Julie 2001
Karma: 0
Senior Lid
"Arthur Hagen" skryf in boodskap news:a6j60c$fjl$1@news.kabelfoon.nl...
> "emmy" schreef...
>> De Romeinse beschaving was eerder in het zuiden van NL en heeft zelfs
>> het noorden nooit bereikt ..
>> Je moet weten dat er veel plagerijen zijn tussen Noord en Zuid NL ..
>
> Ah, maar ek woon nog suidlik van Forum Hadriani en die Brittenburg! In die
> tyd van die Romeine liep die Ryn noordlik van hier (oor Leiden).
>
> Arthur

Hahaha en ek woon in Leiden en die Oude Ryn loop net 100 meter van my huis
deur die stad, vanuit my huis kan ek die Ryn sien, dus ook ek is beskaaf
emmy, jaamer vir jou!! :-)))

gr.Rico
>
Re: afrikaanse canon [boodskap #58489 is 'n antwoord op boodskap #58482] Ma, 11 Maart 2002 23:42 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Rico  is tans af-lyn  Rico
Boodskappe: 823
Geregistreer: Julie 2001
Karma: 0
Senior Lid
"Davie Davis" skryf in boodskap news:8l7q8u8fc9dk1ure04icnviu9a77tncfeu@4ax.com...
> On Mon, 11 Mar 2002 22:16:03 +0100, "Arthur Hagen"
> wrote:
>
>> "Rico" schreef...
>>> My ma het my altyd vertel, kan ek nie lig op die kerkhof en wil ek nie, lig
>>> daar teen!!!
>>
>> Verskoning, Rico, maar ek vrees jy sal hierdie uitdrukking vir ons moet
>> vertaal ... selfs ek begryp hom nie! :)
>>
>> Groete,
>> Arthur
>>
>
> Ek lees dit so Arthur: 'as jy wil kón jy.'
> Is ek reg Rico?
>
> DD

DD, jy is nog slimmer as ons dink!!
Jy is heeltemal reg, ek dink Arthur wil dit nie weet nie :-))

Kan ik niet ligt op het kerkhof en wil ik niet ligt er naast.

Gr.rico
Re: afrikaanse canon [boodskap #58490 is 'n antwoord op boodskap #58476] Ma, 11 Maart 2002 23:43 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Rico  is tans af-lyn  Rico
Boodskappe: 823
Geregistreer: Julie 2001
Karma: 0
Senior Lid
"Davie Davis" skryf in boodskap news:5q5q8ucrongcopq3km537i9vqlvg7oa3r8@4ax.com...
> On Mon, 11 Mar 2002 22:34:31 +0200, "Tobie"
> wrote:
>
>> my aarde, wanneer laas het ek die woord 'diktee' gehoor
>> ---
>
> Wanneer ons die vleis begin braai
> is ek dik vir tee :-)

LMGA

Gr.Rico
>
Re: afrikaanse canon [boodskap #58491 is 'n antwoord op boodskap #58486] Di, 12 Maart 2002 01:20 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Anoniem
Oorspronklik gepos deur: @rogers.com

Wouter Plaasvark wrote:

Ek verstaan nie eers die opskrif van hierdie
> boodskap nie. :-(

Die draad het begin, my liewe Plaasvark,
toe 'n Nederlander gepraat het van 'n
lied (canon) wat hulle sing. Hulle het
net die fonetiese weergawe daarvan, en
hulle weet dis 'n lied wat in 'n Afrika-
taal is. Nou wil hulle weet of enigiemand
weet wat die woorde beteken. Nog niemand
het vir hom geantwoord nie. Ek het dit
foneties probeer klank, en dit klink vir
my regtig nie of dit 'n Suid-Afrikaanse
taal kan wees nie. Klink Wes-Afrikaans.
As ek nou flink wou wees, behoort ek 'n
paar Afrika-ambassades hier in Ottawa
te skakel en vir hulle die ding voor te
lees. Maar ek is nie lus daarvoor nie.
Die afrigter van daardie koor behoort mos
darem vir sy mense te gesê het wat hulle
sing.

Gloudina
Re: afrikaanse canon [boodskap #58493 is 'n antwoord op boodskap #58486] Di, 12 Maart 2002 07:49 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Arthur  is tans af-lyn  Arthur
Boodskappe: 609
Geregistreer: September 2001
Karma: 0
Senior Lid
"Wouter Plaasvark" schreef...
>> Als het bij kokhalzen blijft dan had je mazzel, anders had je de hele
>> zaak onder gekotst.
> As dit by kokhals (waddehel is dit?) bly dan het jy masels,
> anders het jy die hele saak onder gekots.

Moenie naar Amsterdammers luister nie. Hulle praat nie rerig Nederlands nie.

> En kom ons vat 'n sin van Emmy vanaand:
>> Misdaad kan welen als de omstandigheden gunstig zijn oa armoede
> Misdaad kan ?? as die omstandighede gunstig is onder andere (?) armoede

Emmy se vingers gaan te vinnig oor die sleutelboord ...

Misdaad kan wel en as die omstandighede gunstig is onder andere armoede

>> en geen toekomst hebben en alle kenmerken die ellende met zich meebrengt
> en geen toekoms hê en alle kenmerke met/van/die? ellende met sig?
meebring.

en geen toekomst het en alle kenmerke wat ellende met hom meebring.

Ook in my vertaling sien ek net woorde met 'n Hollandse oorsprong ... maar
ek moet beken ek begryp die sin ook nie (in geen van beide tale nie).

> Julle gebruik hebben bv vir hê, terwyl heb by my die baie
> ongunstige betekenis van gierigheid optower, soos in hebsug.
> Dis juis die spelverskille wat die begrip beduiwel.

Dis julle handicap omdat julle taal kunsmatig gekonstrueer is. Ons herken
beide die Nederlandse elemente 'n die dialektiese elemente.

Oorigens sou 'hetsug' vir my oulik klink. Dit lyk vir my op 'hitsig' en
'hetze' :)

> So sal 'n mens in Afrikaans ook nooit van 'n poesfokker praat
> nie, terwyl dit in Nederlands blykbaar 'n katteler aandui.

Nonsens, in die konteks praat ons ook van katte. 'Poes' sê mens eintlik net
teën huiskatte (en ons kan dit op dieselfde wyse gebruik as julle, maar ons
is blykbaar nie so preuts (?) nie). Julle gebruik van die woord 'fok' is
gekorumpeer deur julle omgang met die Engelse. Vir ons kan 'n teler eintlik
net bloeme of groente teel.

> (Ek het al kippenfokkers en paardefokkers raakgeloop.)
> Net soos jy nie in Nederlands vir jou seun sal dreig dat jy
> hom gaan neuk nie.

Hie skeld ons mense uit vir kippeneukers :)

Ons ken die betekenis van neuk ook, maar ek moet beken die kleine verskille
kan soms baie 'verneukeratief' wees.

> Al wat jy illustreer is dat julle makliker Afrikaans lees as wat ons
> Nederlands lees. Ek verstaan nie eers die opskrif van hierdie
> boodskap nie. :-(

Jy voorbeelde is die uitsonderings, nie die reëls nie. En as ek die eerste
pos in hierdie draad nie gesien het nie sou ek ook die titel 'afrikaanse
canon' nie verstaan het nie ....

Groete,
Arthur
Re: afrikaanse canon [boodskap #58494 is 'n antwoord op boodskap #58488] Di, 12 Maart 2002 08:19 Na vorige boodskapna volgende boodskap
emmy[3]  is tans af-lyn  emmy[3]
Boodskappe: 23
Geregistreer: Maart 2002
Karma: 0
Junior Lid
"Rico"
>>> De Romeinse beschaving was eerder in het zuiden van NL en heeft zelfs
>>> het noorden nooit bereikt ..
>>> Je moet weten dat er veel plagerijen zijn tussen Noord en Zuid NL ..
>>
>> Ah, maar ek woon nog suidlik van Forum Hadriani en die Brittenburg! In die
>> tyd van die Romeine liep die Ryn noordlik van hier (oor Leiden).
>>
>> Arthur
>
> Hahaha en ek woon in Leiden en die Oude Ryn loop net 100 meter van my huis
> deur die stad, vanuit my huis kan ek die Ryn sien, dus ook ek is beskaaf
> emmy, jaamer vir jou!! :-)))

Ja maar je hebt nog wat in te halen....de beschaving kwam daar veel later
als bij ons.

grt emmy
Re: afrikaanse canon [boodskap #58511 is 'n antwoord op boodskap #58493] Di, 12 Maart 2002 14:40 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Wouter Plaasvark  is tans af-lyn  Wouter Plaasvark
Boodskappe: 1004
Geregistreer: Mei 2006
Karma: 0
Senior Lid
Arthur
Jy voorbeelde is die uitsonderings, nie die reëls nie.

Wouter
Miskien wel, maar daar is te veel uitsonderings

Arthur
En as ek die eerste pos in hierdie draad nie gesien het nie sou
ek ook die titel 'afrikaanse canon' nie verstaan het nie ....

Wouter
Ek het dit ten spyte daarvan nie verstaan nie, want ek ken 'n
kanon as iets waarmee jy skiet of 'n kerkreël of -geskrif,
nie as 'n lied soos Gloudina nie. Daardie betekenis word nie
in moderne Afrikaans gebruik nie.
Re: afrikaanse canon [boodskap #58514 is 'n antwoord op boodskap #58486] Di, 12 Maart 2002 14:55 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Sakkie[4]  is tans af-lyn  Sakkie[4]
Boodskappe: 383
Geregistreer: November 2001
Karma: 0
Senior Lid
Pragtig gestel Wouter, nie een van ons het nog ooit gesê ons taal het nie
oorwegend sy wortel in Nederlands nie. Dis maar net hoe die gemiddelde
Hollander dit wil lees. Ek dink die probleem is dat die Hollanders nog
altyd wil dink dat hulle nogsteeds 'n kolonie aan die suidpunt van Afrika
het.

"Wouter Plaasvark" skryf in boodskap news:3c8d3896.0@news1.mweb.co.za...
> Wouter
> Oukei Arthur, kom ek speel ook jou speletjie. En ek kies ook my teks
> Vandag op 'n ander Afrikaanse forum skryf iemand uit Amsterdam:
>
>> Als het bij kokhalzen blijft dan had je mazzel, anders had je de hele
>> zaak onder gekotst.
> As dit by kokhals (waddehel is dit?) bly dan het jy masels,
> anders het jy die hele saak onder gekots.
>
> Die twee sinne mag eners lyk, maar die begrip in Afrikaans is 0%.
> Boggerol, zilch, zada, niets, flippol. 0%
>
> En kom ons vat 'n sin van Emmy vanaand:
>> Misdaad kan welen als de omstandigheden gunstig zijn oa armoede
> Misdaad kan ?? as die omstandighede gunstig is onder andere (?) armoede
>
>> en geen toekomst hebben en alle kenmerken die ellende met zich meebrengt
> en geen toekoms hê en alle kenmerke met/van/die? ellende met sig? meebring.
>
> Ek kan die sin op geen manier verstaan nie, alhoewel al die
> woorde behalwe een verstaanbaar is. Hoekom sal misdaad
> geen toekoms hê as daar armoede is nie? Die begrip in
> Afrikaans is niks meer as 10% nie. En dis nie al sin van
> Emmy vandag waarmee ek sukkel nie, hoor. Daar is nog
> drie ander.
>
> By die stuk wat jy hier onder vertaal moet jy ook in ag neem dat
> ek nie ongewoon is om aan Nederlanders (in Afrikaans) te skryf
> nie. Ek vermy dan woorde soos baie en gebruik die minder
> gewone "erg" of "veel", net as voorbeeld. En jy ignoreer die
> spelverskille, maar dis juis waar die probleem inkom. Dit
> verminder klaar die ooreenkoms na onder 70% vir 'n Afrikaanse.
> Julle gebruik hebben bv vir hê, terwyl heb by my die baie
> ongunstige betekenis van gierigheid optower, soos in hebsug.
> Dis juis die spelverskille wat die begrip beduiwel.
>
> So sal 'n mens in Afrikaans ook nooit van 'n poesfokker praat
> nie, terwyl dit in Nederlands blykbaar 'n katteler aandui.
> (Ek het al kippenfokkers en paardefokkers raakgeloop.)
> Net soos jy nie in Nederlands vir jou seun sal dreig dat jy
> hom gaan neuk nie.
>
> Al wat jy illustreer is dat julle makliker Afrikaans lees as wat ons
> Nederlands lees. Ek verstaan nie eers die opskrif van hierdie
> boodskap nie. :-(
>
>
> "Arthur Hagen" wrote in message
> news:a6iv2e$5po$1@news.kabelfoon.nl...
> OK, ek gaan die oppervlakkige spellingsverkille negeer en net die werklike
> verskille tel:
>
>> Maar ek stem met Sakkie saam, Arthur se 98% is laf.
> Maar ik stem met Sakkie samen, Arthur z'n 98% is laf.
> 100% (al sou ons waarskynlik 'flauw' gebruik het, maar flauw en laf kan ons
> beide gebruik wanneer ons oor smake praat)
>
>> Meer soos 48% en dis 'n hoë korrelasie vir 'n taal
> Meer zoals 48% en da's een hoge korrelatie voor een taal
> 100%
>
>> waarmee ons erg sukkel. Verklaar vir my hoekom
> waarmee wij erg sukkelen. Verklaar voor mij hoe het komt dat
> 100% (hoekom is net 'n saamtrekking van 'hoe het komt dat')
>
>> jy omtrent geen Afrikaanssprekendes op Nederlandse
> jij omtrend geen Afrikaansprekenden op Nederlandse
> 100%
>
>> nuusgroepe sien nie, en heelwat meer Nederlanders
> nieuwsgroepen ziet, en heelwat meer Nederlanders
> 100%, grammatikaal verskil deur die dubbele ontkenning
>
>> op Afrikaanse nuusgroepe en poslyste. As dit 98%
> op Afrikaanse nieuwsgroepen en postlijsten. Als dit 98%
> 100%
>
>> dieselfde was, dan sou dit mos interessant gewees
> hetzelfde was, dan zou dit toch interessant geweest
> 87,5%
>
>> het vir ons om daar deel te neem. Maar dis te moeilik
> zijn voor ons om daar deel te nemen. Maar dit is te moeilijk
> 100%
>
>> om te volg..
> om te volgen.
>
> 50 woorde en net die woordjie 'mos' is vir die gemiddelde Nederlander
> moeilik om te begryp ... 98%!!
>
> Julle is net lui, neem 'n voorbeeld aan Davie :)
>
> Groete,
> Arthur
>
Re: afrikaanse canon [boodskap #58515 is 'n antwoord op boodskap #58484] Di, 12 Maart 2002 14:57 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Sakkie[4]  is tans af-lyn  Sakkie[4]
Boodskappe: 383
Geregistreer: November 2001
Karma: 0
Senior Lid
"Rico" skryf in boodskap news:a6j6pv$ojk$1@news1.xs4all.nl...
>
> "Wouter Plaasvark" schreef in bericht
> news:3c8cf3f2.0@news1.mweb.co.za...
>> Rico
>> Afrikaans is rerig van Nederlands afkomstig, baie woorde ken ons hier ook,
>> maar ons gebruik dit nie meer nie. My ouma ken al die woorde nog wel.
>>
>> Wouter
>> Interessant, ek het die omgekeerde gevind met besoekers uit die
>> Suide van Nederland wat ek maklik kon verstaan. Hulle gebruik
>> woorde wat in my ouma se Karoo-Afrikaans voorkom, maar nie
>> meer in moderne Afrikaans nie. My kinders sal hulle kinders dus
>> moeiliker verstaan omdat hulle nie my ouma se Afrikaans ken
>> nie en hulle kinders seker nie Rico se ouma se Nederlands nie.
>>
>> Dit klink of die twee spreektale verder uitmekaar sal beweeg?
>
> Dit sal juis beter wees, nou met die moderne kommunikasiemiddels, dat die
> tale weer 'n bietjie nader aan mekaar kom.
>
> Gr.Rico

Die Hollanders sal moet erg kersopsteek by die Flaminge voor dit sal gebeur.
Sakkie
Re: afrikaanse canon [boodskap #58518 is 'n antwoord op boodskap #58511] Di, 12 Maart 2002 15:11 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Anoniem
Oorspronklik gepos deur: @rogers.com

Wouter Plaasvark wrote:

> Ek het dit ten spyte daarvan nie verstaan nie, want ek ken 'n
> kanon as iets waarmee jy skiet of 'n kerkreël of -geskrif,
> nie as 'n lied soos Gloudina nie. Daardie betekenis word nie
> in moderne Afrikaans gebruik nie.

Myns insiens het die oorspronklike
Nederlandse poster ook die woord
verkeerd gebruik, of anders in 'n
betekenis wat ek nie ken nie. 'n
Kanon is gewoonlik die gesamentlike
werk van 'n kunstenaar, nie noodwendig
'n sangkunstenaar nie. Maar toe ek nou
in ons American Heritage Dictionary
naslaan, toe kry ek die volgende as een
van die menige betekenisse van "canon" in
Engels: "A Composition in which the same
melody is repeated by one or more voices,
overlapping in time in the same or related
key." Dus in Afrikaans heelwaarskynlik
'n deelsang of wat jy dit ookal noem. Ek
weet daar is 'n ander woord daarvoor in
Afrikaans, maar ek kan dit nou nie byval
nie. Kan jy dit onthou?

Gloudina
Re: afrikaanse canon [boodskap #58522 is 'n antwoord op boodskap #58514] Di, 12 Maart 2002 16:55 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Arthur  is tans af-lyn  Arthur
Boodskappe: 609
Geregistreer: September 2001
Karma: 0
Senior Lid
"Sakkie" schreef...
> Pragtig gestel Wouter, nie een van ons het nog ooit gesê ons taal het nie
> oorwegend sy wortel in Nederlands nie. Dis maar net hoe die gemiddelde
> Hollander dit wil lees. Ek dink die probleem is dat die Hollanders nog
> altyd wil dink dat hulle nogsteeds 'n kolonie aan die suidpunt van Afrika
> het.

Afgesien van die feit dat 'die Hollanders' nooit 'n kolonie aan die suidpunt
van Suid Afrika gehad het, het seker geen Nederlander die wens om die kaap
weer Hollands te maak.

Jou houding is simptomaties vir die vyandige houding van Afrikaners teenoor
Nederlands (die mooiste en mees veelsydig taal op die wêrld). 'n Houding wat
doen dink aan die houding van baie Nederlanders teenoor Duits.

Dit laaste is -vir my- beter begryplik; die verskille tusse Nederlands en
Duits is baie groot, maar die verskil is tog so klein dat die bedreiging van
assimilasie nog altyd daar is (ons het gesien wat met Laag Duits gebeur het,
'n Duitse dialek wat dig aan Nederlands, en dus ook Afrikaans, verwant was).
Bowendien het die Duitsers 60 jaar geleë ons land beset en baie ellende
veroorsaak.

Watter verskriklike misdaad die Nederlanders teen die Afrikaners begaan het
om so'n houding te verdien weet ek nie. Tensy 'ons' houding teenoor
Apartheid dit veroorsaak het en in daardie geval is my mening dat julle
reaksie onredelik en kontraproduktief is.

Die verskille tusse Nederlands en Afrikaans is baie klein en ek dink dis
jammer die kunsmatige skeiding het die afstand so groot gemaak. Wouter weet
waarvan ek praat; sy ouma het nog rerig Afrikaans gepraat :)

Arthur
Re: afrikaanse canon [boodskap #58524 is 'n antwoord op boodskap #58515] Di, 12 Maart 2002 16:59 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Arthur  is tans af-lyn  Arthur
Boodskappe: 609
Geregistreer: September 2001
Karma: 0
Senior Lid
"Sakkie" schreef...
> Die Hollanders sal moet erg kersopsteek by die Flaminge voor dit sal
gebeur.

Die miete dat die Vlaamse dialek naderby is aan Afrikaans as Hollands is ook
onderdeel van die anti-Nederlands houding wat ek steeds weer raak sien.

Julle praat byna nooit van 'Nederlands' of 'Nederland' niet, maar wanneer
dit om die oorsprong van Afrikaans gaan sê julle wel 'Suid-Nederlands',
terwyl dit werklik 'Suid-Hollands' is. Weer so'n simptoom :)

Arthur
Re: afrikaanse canon [boodskap #58525 is 'n antwoord op boodskap #58189] Di, 12 Maart 2002 17:02 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Peter van der Weerd  is tans af-lyn  Peter van der Weerd
Boodskappe: 3
Geregistreer: Maart 2002
Karma: 0
Junior Lid
Graag wil ik jullie allemaal hartelijk danken voor de reacties op mijn
vraag.
Een aantal dingen zijn blijkbaar niet helemaal duidelijk.
Een canon is bij ons een lied van een aantal regels, die herhaaldelijk
gezongen worden door een aantal personen door elkaar.
Verder wilde ik niemand beledigen met mijn uitspraken. Voor mij is het
gewoon een zoektocht naar iets waarvan ik niet veel weet. Met afrikaanse
taal bedoel ik inderdaad één van de talen in Afrika. Ik had niet verwacht
dat dit zo veel reacties op zou leveren.
Het Xhosa wat geopperd werd als mogelijkheid lijkt het niet te zijn. De
vertaalprogramma's op internet komen er niet ver mee.
Ik krijg de indruk dat het hier toch om klanken gaat of dat het misschien
fonetisch geschreven staat.

"Peter van der Weerd (x in email must be m)" schreef in
bericht news:a65gva$7h3$1@news1.xs4all.nl...
> Met ons koor zingen wij een afrikaanse canon met de volgende tekst:
> E-lah pakwama
>
> walache wagwanahe
> a kinana gwanahe
>
> mba mawa elah
> de danaledeh
>
> mba mawa ungaeh
> gwanahe pakwamaeh
>
> We vragen ons af of dit alleen maar klanken zijn of dat het ook nog iets
> betekent.
> Wie kan ons helpen aan een eventuele vertaling
>
> mete vriendelijke groet, Karin
>
Re: afrikaanse canon [boodskap #58527 is 'n antwoord op boodskap #58489] Di, 12 Maart 2002 17:28 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Simon van der Schans  is tans af-lyn  Simon van der Schans
Boodskappe: 263
Geregistreer: Januarie 1999
Karma: 0
Senior Lid
"Rico" skryf in boodskap news:a6jf5g$mck$1@news1.xs4all.nl...
>
>
> DD, jy is nog slimmer as ons dink!!
> Jy is heeltemal reg, ek dink Arthur wil dit nie weet nie :-))
>
> Kan ik niet ligt op het kerkhof en wil ik niet ligt er naast.

'n Paar leestekens sou dit meer verstaanbaar gemaak het.

In Afrikaans sou dit, volgens my, wees:

"Ek kannie" lê op die kerkhof, en "ek wil nie" lê langs hom.

Oftewel:
     __Ś__               __Ś__
       Ś                   Ś
       Ś                   Ś

     R I P               R I P
 E. K. KANNIE       E. K. WILNIE
Swart Simon
Re: afrikaanse kanon skietekat [boodskap #58528 is 'n antwoord op boodskap #58477] Di, 12 Maart 2002 17:29 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Simon van der Schans  is tans af-lyn  Simon van der Schans
Boodskappe: 263
Geregistreer: Januarie 1999
Karma: 0
Senior Lid
"Arthur Hagen" skryf in boodskap news:a6j5j7$etm$1@news.kabelfoon.nl...
> "Tobie" schreef...
>> die woord 'pondok' kom ook uit Maleisië

>> huis, paleis, pondok, varkhok !
>
> Ek het dit geweet, maar ek moet toegee ek vermoed baie mense in die laë
> lande sal dit nie (meer) weet nie. Die woord 'pondok' staan oorigens ook
> gewoon in my Nederlandse woordeboek.

En ditto: 'kampong'.

Maar ek wed jou julle het nie 'piering' in julle woordeboeke nie.

Swart Simon
Re: afrikaanse canon [boodskap #58530 is 'n antwoord op boodskap #58489] Di, 12 Maart 2002 18:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
newsgroup.nl  is tans af-lyn  newsgroup.nl
Boodskappe: 96
Geregistreer: Maart 2002
Karma: 0
Volle Lid
On Tue, 12 Mar 2002 00:42:36 +0100, "Rico" wrote:

> DD, jy is nog slimmer as ons dink!!
> Jy is heeltemal reg, ek dink Arthur wil dit nie weet nie :-))
>
> Kan ik niet ligt op het kerkhof en wil ik niet ligt er naast.
>
> Gr.rico
>

Rico, presies die regte oomblik het jy dit gesê! Ek het
'n nuwe kleurkaart in my rekenaar gesit (halfuur gelede)
en iets dom gedoen. Na my vrou dit reggemaak het
het sy gesê dat ek somtyds soos 'n 'dom blond' is.
Dit is hoekom ek haar gewys het dat daar mense is wat nie
so dink nie:-)( (jislaaik watse smile is dit?)
Re: afrikaanse kanon skietekat [boodskap #58531 is 'n antwoord op boodskap #58528] Di, 12 Maart 2002 18:11 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Arthur  is tans af-lyn  Arthur
Boodskappe: 609
Geregistreer: September 2001
Karma: 0
Senior Lid
"Swart Simon" schreef...
> "Arthur Hagen" wrote...
>> "Tobie" schreef...
>>> die woord 'pondok' kom ook uit Maleisië
>
>>> huis, paleis, pondok, varkhok !
>>
>> Ek het dit geweet, maar ek moet toegee ek vermoed baie mense in die laë
>> lande sal dit nie (meer) weet nie. Die woord 'pondok' staan oorigens ook
>> gewoon in my Nederlandse woordeboek.
>
> En ditto: 'kampong'.
>
> Maar ek wed jou julle het nie 'piering' in julle woordeboeke nie.

Nee, geen piering nie.

Oorigens dink ek nie die gebruik van vreemde woorde beteken jou taal het
'vreemde wortels' nie. Dit wys net dat daar kontakte gewees is tusse groepe
mense of tusse lande. Waar my oupa 50 jaar geleë sy vakansiehuisie 'Pondok'
genoem sou het, sou ek mynes nou 'Datsja' kan noem en miskien noem ek dit
oor 50 jaar my 'retraite'. Dit beteken nie my taal het Russiese of Franse
wortels nie...

Arthur
Re: afrikaanse canon [boodskap #58532 is 'n antwoord op boodskap #58522] Di, 12 Maart 2002 18:25 Na vorige boodskapna volgende boodskap
newsgroup.nl  is tans af-lyn  newsgroup.nl
Boodskappe: 96
Geregistreer: Maart 2002
Karma: 0
Volle Lid
On Tue, 12 Mar 2002 17:55:53 +0100, "Arthur Hagen"
>
> Afgesien van die feit dat 'die Hollanders' nooit 'n kolonie aan die suidpunt
> van Suid Afrika gehad het, het seker geen Nederlander die wens om die kaap
> weer Hollands te maak.
>
> Jou houding is simptomaties vir die vyandige houding van Afrikaners teënoor
> Nederlands (die mooiste en mees veelsydig taal op die wêrld). 'n Houding wat
> doen dink aan die houding van baie Nederlanders teënoor Duits.
>
> Arthur
>

Pasop vir veralgemening Artur :-)))
(Veralgemening, as jy nie die woord verstaan nie,
is om almal oor dieselfde kam te skeer :-) )

> het seker geen Nederlander die wens om die kaap
> weer Hollands te maak.

Jy sal daarvan hou om te weet dat daar in Afrikaans 'n uitdrukking is
wat gebruik word wanneer iets wat verkeers is reggestel is:
"Die Kaap is weer Hollands"

> 'n Houding wat
> doen dink aan die houding van baie Nederlanders teënoor Duits.
Ook het ek al die idee gekry dat julle nie vreeslik lief is vir die
Engelse (of Engelse taal) nie.

DD
Re: afrikaanse canon [boodskap #58533 is 'n antwoord op boodskap #58532] Di, 12 Maart 2002 19:27 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Arthur  is tans af-lyn  Arthur
Boodskappe: 609
Geregistreer: September 2001
Karma: 0
Senior Lid
"Davie Davis" schreef...
> Pasop vir veralgemening Artur :-)))
> (Veralgemening, as jy nie die woord verstaan nie,
> is om almal oor dieselfde kam te skeer :-) )

Skuus, Davie, jy is reg. Ek moet voorsigtig wees om ook nie die laaste
Afrikaners wat nog 'n bietjie simpatiek teenoor my persoontjie staan weg te
jaag :)

>> het seker geen Nederlander die wens om die kaap
>> weer Hollands te maak.
>
> Jy sal daarvan hou om te weet dat daar in Afrikaans 'n uitdrukking is
> wat gebruik word wanneer iets wat verkeers is reggestel is:
> "Die Kaap is weer Hollands"

Ek ken inderdaad daardie uitdrukking, dis darem dat ek my opmerking so
geformuleer het ;)

>> 'n Houding wat
>> doen dink aan die houding van baie Nederlanders teenoor Duits.
> Ook het ek al die idee gekry dat julle nie vreeslik lief is vir die
> Engelse (of Engelse taal) nie.

Meeste mense het geen probleem met die Engelse taal nie. Sommiges sien
Engels as bedreiging vir ons eie taal. Ek stem nie saam met die mening nie,
ons leen net woordjies ... dis geen bedreiging nie, dis net handig.

Oorigens is Engels na Afrikaans die taal wat naasteby aan Nederlands is, dus
beskou ek leenwoordjies uit Engels nie noodsaaklik as 'taal-vreemd' nie.
Daardie verwantskap is wel 'n risiko. Ek gaan die komende 50 jaar Afrikaans
dop hou, want ek is van mening julle taal beweeg hom rigting Engels. Miskien
gaan Nederlands ook daardie kant op en is 'Nederlands' en 'Afrikaans' oor
100 jaar net Engelse dialekte ;)

Engelse sien ek meestal wanneer ek vakansie hou in Spanje ... die Engelse
wat jy daar ontmoet is geen reklame vir die Engelse volk nie :(

Groete,
Arthur
Re: afrikaanse canon [boodskap #58534 is 'n antwoord op boodskap #58524] Di, 12 Maart 2002 20:06 Na vorige boodskapna volgende boodskap
®Tobie©  is tans af-lyn  ®Tobie©
Boodskappe: 379
Geregistreer: September 2001
Karma: 0
Senior Lid
"Arthur Hagen"
> Die miete dat die Vlaamse dialek naderby is aan Afrikaans as Hollands is ook
> onderdeel van die anti-Nederlands houding wat ek steeds weer
raak sien.
---
Arthur nou is jy onregverdig. Ek het alreeds verlede jaar gesê
dat Vlaams vir my baie meer verstaanbaar is as Nederlands en ek
is nie anti - Nederlands nie. Ek sê nog steeds dat Vlaams vir my
meer verstaanbaar is. In die jare toe Burgerband radio in ons
land die inding was en tom, diek en herrie een gehad het, het ek
met baie mense in België gepraat en ek het geen probleem gehad om
hulle te verstaan nie. Maar om met 'n Nederlander te praat wat
klink of hy 'n warm aartappel in sy mond het, kon ek nie lekker
oor die weg kom nie. Ek sukkel met Emmie se skrywe, om die
waarheid te sê ek lees nie eintlik haar skrywe nie. As sy op my
skrywe reageer probeer ek verstaan, maar dan is ek weer bang om
te antwoord want ek is nie seker van my saak wat sy geskryf het
nie. So ek sny maar verby die "Hollanders" se briewe. :-(
So ek is nie 'anti' nie, maar diskrimineer net teen wat ek nie
verstaan nie ;-)
Is ek nou 'n rassis ......... hmmm?

groete
Re: afrikaanse canon [boodskap #58535 is 'n antwoord op boodskap #58527] Di, 12 Maart 2002 20:07 Na vorige boodskapna volgende boodskap
®Tobie©  is tans af-lyn  ®Tobie©
Boodskappe: 379
Geregistreer: September 2001
Karma: 0
Senior Lid
"Swart Simon"
> "Ek kannie" lê op die kerkhof,
---
"kannie is dood van kruiwa stoot."

dis wat my pa altyd gesê het.
Re: afrikaanse canon [boodskap #58536 is 'n antwoord op boodskap #58524] Di, 12 Maart 2002 20:16 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Simon van der Schans  is tans af-lyn  Simon van der Schans
Boodskappe: 263
Geregistreer: Januarie 1999
Karma: 0
Senior Lid
"Arthur Hagen" skryf in boodskap news:a6lc75$p4k$1@news.kabelfoon.nl...
> "Sakkie" schreef...
>> Die Hollanders sal moet erg kersopsteek by die Flaminge voor dit sal
> gebeur.
>
> Die miete dat die Vlaamse dialek naderby is aan Afrikaans as Hollands is ook
> onderdeel van die anti-Nederlands houding wat ek steeds weer raak sien.
>
> Julle praat byna nooit van 'Nederlands' of 'Nederland' niet, maar wanneer
> dit om die oorsprong van Afrikaans gaan sê julle wel 'Suid-Nederlands',
> terwyl dit werklik 'Suid-Hollands' is. Weer so'n simptoom :)

Ek stem saam.

Wat die mite betref, is dit 'n redelike onlangse verskynsel en het, glo ek,
sy oorsprong in 'n kombinasie van (1) die algehele verstoting, veral sedert
die 1980's, deur Nederlanders van alles wat selfs net na Afrikaans ruik, en
(2) die ontstaan om en by daardie tyd in België van die Vlaams Blok en sy
ver-regse politiek.

Wat die 'Suid-Nederlands' betref, het ons almal op skool geleer dat Jan van
Riebeeck van Culemborg gekom het. En waar is Culemborg - in Vlaandere?
Naby Vlaandere? In 'Suid-Nederland' dan?

Swart Simon
Re: afrikaanse canon [boodskap #58537 is 'n antwoord op boodskap #58536] Di, 12 Maart 2002 20:27 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Arthur  is tans af-lyn  Arthur
Boodskappe: 609
Geregistreer: September 2001
Karma: 0
Senior Lid
"Swart Simon" schreef...
> Wat die 'Suid-Nederlands' betref, het ons almal op skool geleer dat Jan van
> Riebeeck van Culemborg gekom het. En waar is Culemborg - in Vlaandere?
> Naby Vlaandere? In 'Suid-Nederland' dan?

Kuilenburg lê in Gelderland. Ongeveer 5 km van die Hollands-Gelderse grens.
Volgens Emmy se definisie in die barbaarse deel van Nederland ... taamlik
noordlik dus ;)

Groete,
Arthur
Re: afrikaanse canon [boodskap #58538 is 'n antwoord op boodskap #58536] Di, 12 Maart 2002 20:36 Na vorige boodskapNa vorige boodskap
emmy[3]  is tans af-lyn  emmy[3]
Boodskappe: 23
Geregistreer: Maart 2002
Karma: 0
Junior Lid
"Swart Simon"

> Wat die 'Suid-Nederlands' betref, het ons almal op skool geleer dat Jan van
> Riebeeck van Culemborg gekom het. En waar is Culemborg - in Vlaandere?
> Naby Vlaandere? In 'Suid-Nederland' dan?

http://www.strips.net/winkels/main_nl.htm

Ga met de muiswijzer naar de landkaart en dan zie je links bij het
vraagteken
welke stad het is.
Nederland is zo groot als de Vrijstaat maar dan wel met 16 miljoen inwoners
dus een stuk drukker als de Vrijstaat ;-))

Het kleine stipje midden in NL ligt Culemborg ;-))
Dus het ligt in Nederland en niet in Vlaanderen ..het zou ook wel kunnen
maar
dan als dorpje.
In ZA ligt ook een plaatje Amsterdam..maar Amsterdam in NL is een hoofdstad

grt emmy
Vorige onderwerp: RE - Re Klagatte (of so iets)
Volgende onderwerp: Hou die soentjies
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: So Mei 05 20:14:01 MGT 2024