Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Algemeen » Koeitjies & kalfies » [AFRIKAANS:6136] Re: Klip in die bos?
[AFRIKAANS:6136] Re: Klip in die bos? [boodskap #5820] So, 18 Februarie 1996 00:00 na volgende boodskap
Julius Bergh  is tans af-lyn  Julius Bergh
Boodskappe: 111
Geregistreer: Februarie 1996
Karma: 0
Senior Lid
Hoor hoor! Die "geestes wetenskappe" werk op die beginsel: as jy vanuit
een boek kopieer, is dit plagiaat. As jy baie boeke kopieer is dit navorsing!

Groot waarheid nommer 2: Vakgebiede wat die woord "wetenskap" in die naam
dra, is nie wetensakppe nie - by Politieke Wetenskap, Sosiale Wetenskap,
Geestens Wetenskap.

============================================================ ================
At 09:30 PM 18/2/96 SAT, you wrote:
> Beste poslyslede
>
> Die jaar-of-wat wat ek nou al ingeskryf is by hierdie poslys, het 'n
betreklik gevestigde "vermoede" wat ek al van varsity-dae af het,
herbevestig: dat "akademici" (op die breedste moontlike definisie van
daardie begrip) nie vir hulself kan dink nie. Vra hulle om 'n mening (let
wel: 'n *mening*, nie 'n "opklaring" van 'n vakgebonde punt nie) en hulle
sal onverwyld 'n verskeidenheid outeurs oor die' besondere onderwerp aanhaal
om "hul" punt te staaf -- selfs van outeurs wat nie juis op die besondere
vakgebied erken word as "kundiges" nie...
Snail mail : Julius Bergh, 32 Koola Dr, Nerang QLD 4211, Australia
Email. . . : jbe...@onthenet.com.au
URL. . . . : http://www.onthenet.com.au/~jbergh
[AFRIKAANS:6150] Re: Klip in die bos -Reply [boodskap #5825 is 'n antwoord op boodskap #5820] Ma, 19 Februarie 1996 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Julius Bergh  is tans af-lyn  Julius Bergh
Boodskappe: 111
Geregistreer: Februarie 1996
Karma: 0
Senior Lid
At 11:54 AM 19/2/96 SAT, you wrote:
> Dag Vriende
>
> Gun my 'n straaltjie in julle wetenskapdebatpoeletjie.

> Ek antwoord:
>
> Jan, met respekte, welkom in die namoderne wereld. Jy staan 'n
> Newtoniaans-Cartesiaanse wetenskapsiening voor: jy moet iets kan tel
> en jy moet iets kan bewys -- anders is dit nie geldig nie. Dinge kan
> objektief gemeet word; 1 + 1 = 2 (altyd); dinge is herhelbaar; meetbaar;
> ag, die hele boksemdaais. Daar is 'n baie sterk stroming weg hiervan,
> veral in die geesteswetenskappe. (Terloops: ook die natuurwetenskappe
> vra ernstige vrae:relatiwiteitsteorie en veral kwantumteorie is uiters
> nie-lineer). Daar is 'n besef dat dinge nie altyd lineer, positivisties,
> voorspelbaar, reduksionisties, atomisties, grammatikaal,
> meganies-kousaal gebeur nie. In my wetenskapsiening gebeur dinge
> subjektief, onvoorspelbaar, nie-lineer, onherhelbaar-uniek, holisties,
> kompleks, spontaan. Die wereld IS nie; die wereld WORD. Die kosmos is
> nie 'n opgewende horlosie wat reelmatig-voorspelbaar aftik nie, en wat
> ons so langsamerhand meet nie. Daar's 'n magdom literatuur wat hierdie
> siening "bewys", alhoewel die woord "bewys" juis nie in ons
> woordeskat voorkom nie. Capra, Prigogine en Stengers, ens. Ek werk

Goeie aaaaaaaaaaaarde! Ek het n dag of watv gelede n advertensie vir "Hot
Java" (die internet programmatuur) gesien. Die teks lui die program is
"Buzz word compliant". Die stuk hierbo is warmer as "Hot Java"!

Daar was n klooooooooooomp meerkatte in hierdie bos! Kyk net hoeveel stof
word opgeskop!

Hier's nog n klip. Koes:

Baie baie jare gelede het die voorwoord van my Chemie handboek n aanhaling
van Lord Kelvin gehad. Alzheimers ten spyt, was dit iets soos:

"I often say that when you can measure what you are talking about and
express it in numbers, you know something about it."

Daaronder het ek in my jeugdige arogansie bygevoeg: "If you can't, you don't."

Groete Meerkatte!
Snail mail : Julius Bergh, 32 Koola Dr, Nerang QLD 4211, Australia
Email. . . : jbe...@onthenet.com.au
URL. . . . : http://www.onthenet.com.au/~jbergh
[AFRIKAANS:6137] Klip in die bos [boodskap #5827 is 'n antwoord op boodskap #5820] Ma, 19 Februarie 1996 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Jan Lange  is tans af-lyn  Jan Lange
Boodskappe: 4
Geregistreer: Februarie 1996
Karma: 0
Junior Lid
Julius, aan 'n paar Suid Afrikaanse Universiteite was dit nog altyd
moontlik om Doktors grade in die "geeteswetenskappe" te verwerf sonder
om te weet hoe om 'n hipotese te formuleer of te toets. Sommige
promotors tree as sulks op sonder dat hulle ooit soveel as statistiek 1
geslaag het. Ek kan 'n paar name noem wat nie eers sal weet wat die
verband tussen statistiek en hipotese toetsing is nie. In so'n
akademiese klimaat word navorsing derhalwe maklik "meervoudige
plagiaat", of 'n lys van plaasname ens.; niks word noodwendig bewys of
weerle nie. Dit is waarom die konsep "akreditasie" ernstige aandag op
universiteitshoofde-vlak verdien.


Jan Lange

--
[AFRIKAANS:6138] Re: Klip in die bos? [boodskap #5830 is 'n antwoord op boodskap #5820] Ma, 19 Februarie 1996 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Reinier de Vos  is tans af-lyn  Reinier de Vos
Boodskappe: 26
Geregistreer: Februarie 1996
Karma: 0
Junior Lid
Hoepel skryf:

> Die jaar-of-wat wat ek nou al ingeskryf is by hierdie poslys, het 'n
> betreklik gevestigde "vermoede" wat ek al van varsity-dae af het,
> herbevestig: dat "akademici" (op die breedste moontlike definisie van
> daardie begrip) nie vir hulself kan dink nie. Vra hulle om 'n mening
> (let wel: 'n *mening*, nie 'n "opklaring" van 'n vakgebonde punt nie)
> en hulle sal onverwyld 'n verskeidenheid outeurs oor die' besondere
> onderwerp aanhaal om "hul" punt te staaf -- selfs van outeurs wat nie
> juis op die besondere vakgebied erken word as "kundiges" nie... (dis
> nou "experts" vir diegene wat dalk sou wonder).

[ knip gedeelte waarmee ek meerendeels eens is ]

> Dit is waarop ek my lewe probeer bou het. Maar wat ek (grootliks)
> tot dusver hier gekry het, was ellelange aanhalings van byna almal wat
> al iets te sê gehad het oor byna enige onderwerp! Dis goed en wel as
> 'n mens per toeval saamstem met wat Francis Kendall, selfs die grote
> Calvijn, te sê gehad het oor iets -- maar dit bly steeds onmisbaar dat
> 'n mens jou *eie* siening daarvan het, en dit vreesloos weergee.

Amen.

> Kommentaar, asseblief: veral van mense soos Daan (onthou jy nog dat jy
> my destyds 'n Dadais genoem het, Daan?) en ander vrye geeste. (Hoe
> jammer tog dat van my grootste geesgenote van destyds, soos Henk
> Wy"benga [ja, Daan] en Willem ["Spekkies"] van der Walt nie meer met
> ons is nie...)

Aangesien jy na, o.a. my eie bydraes hier verwys (aangesien ek heelwat
vir Kendall en Calvyn aangehaal het) kan ek kortliks hierdie kommentaar
lewer:

Eerstens, ek beskou myself glad nie as 'n akademikus nie - ongetwyfeld
tot groot verligting van 'n hele geslag studente en ander akademici.
Ek doseer nie 'n enkele vak nie, alhoewel dit natuurlik nie 'n
voorvereiste vir die titel "akademikus" is nie. Jy het egter ook jou
stellings gekwalifiseer deur te vra dat die breedste moontlike
definisie van die begrip gebruik word, en dan sal sommige mense my
seker in hierdie verhewe kategorie plaas, alhoewel ek dit graag self
sal vermy.

Tweedens, ek het vir outeurs soos Kendall, Hayek, Caldwell en andere
aangehaal, nie omdat ek noodwendig in alle opsigte met hulle saamstem
nie, maar omdat ek hulle bronne van interessante inligting vind. Deur
die erkenning wat hulle op internasionale vlak ontvang het, mag hulle
seker tot 'n mate aanspraak daarop maak dat hulle deskundiges in hul
vakgebied is. Die feit dat hulle idees juis in stryd is met heersende
dogmas, en grootliks deur talle "akademici" verwerp word, vind ook
aanklank by die beeldestormende sy van my geaardheid. My aanhalings
van Calvyn moet ook gekwalifiseer word deur die erkening dat ek maar
weining weet van wat die oubaas alles te skrywe gehad het (en het hy
nie geskryf nie!). Verder is ons in die Afrikaanse gemeenskap geneig
om onsself graag Calviniste te noem, en vervolgens voel ek dat ek meer
vertroud moet raak met wat Calvyn werklik gesê het. Dit sluit ook
die opweging van die leerstellings van die neo-Calviniste, Kuyper en
Dooyeweerdt, teen Calvyn se eie. Meeste van hul geskrifte is
ongelukkig bo my vuurmaakplek.

Laastens, ek het my eie opinie, wat ek ook al telkemale gelug het, maar
my opinies word ook deur andere gevorm. My opinies onstaan nie in 'n
vakuum nie. Dit is dus seker geoorloof om mense aan te haal wat 'n
belangrike invloed om my opinies gehad het. Dit is een van die redes
waarom ek hierdie poslys so geniet - dit gee geleentheid vir die
uitruiling van opinies, en soms word ons gekonfronteer met iemand se
standpunt oor 'n bepaalde saak wat ons vooropgestelde opinies oor die
saak nogal drasties kan wysig. Dit vind aansluiting by die soort
gesprekke wat jy in jou studentejare gehad het.

Gooi dus gerus meer klippe in die bos.
---
Reinier de Vos Internet: de...@aqua.ccwr.ac.za
Computing Centre for Water Research Tel: Int+27 331 260-5179
c/o University of Natal, P/Bag X01 Fax: Int+27 331 61896
Scottsville, South Africa, 3200 http://www.ccwr.ac.za/
#include
------------------------------------------------------------ -----------
Ons spaar die duiwel baie moeite
- C J Langenhoven
[AFRIKAANS:6145] Re: Klip in die bos? [boodskap #5831 is 'n antwoord op boodskap #5820] Ma, 19 Februarie 1996 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Reinier de Vos  is tans af-lyn  Reinier de Vos
Boodskappe: 26
Geregistreer: Februarie 1996
Karma: 0
Junior Lid
Leendert skryf:

> On 19 Feb 96 at 9:11, Reinier de Vos wrote:
>
>
>> Laastens, ek het my eie opinie, wat ek ook al telkemale gelug het,
>> maar my opinies word ook deur andere gevorm. My opinies onstaan nie
>> in 'n vakuum nie. Dit is dus seker geoorloof om mense aan te haal
>> wat 'n belangrike invloed om my opinies gehad het. Dit is een van
>> die redes waarom ek hierdie poslys so geniet - dit gee geleentheid
>> vir die uitruiling van opinies, en soms word ons gekonfronteer met
>> iemand se standpunt oor 'n bepaalde saak wat ons vooropgestelde
>> opinies oor die saak nogal drasties kan wysig. Dit vind aansluiting
>> by die soort gesprekke wat jy in jou studentejare gehad het.

Ek kan hierby voeg dat Hoepel self ook sekere "groot geeste" aangehaal
het.

> 'n Belangrike Aspek wat jy hier aanroer - die sosiale dimensie van
> denke - dat ons denke deur dialoog bevorder en verfyn word. Maar die
> gebruik van geskrewe materiaal beteken dat mens ook ouens kan betrek
> wat nie direk teenwoordig is nie, of wat selfs nie meer leef nie. Ek
> dink dit was Francis Bacon ('n natuurwetenskaplike :-) wat daarop
> gewys het dat enige wetenskaplike staan op die skouers van sy
> voorgangers.

Ek kan die versoeking om beterweterig te wees nie weerstaan nie :-)
"If I have seen further than others, it is because I have stood on
the shoulders of giants". Ek dink dit word aan Newton toegeskryf.

--
Reinier de Vos Internet: de...@aqua.ccwr.ac.za
Computing Centre for Water Research Tel: Int+27 331 260-5179
c/o University of Natal, P/Bag X01 Fax: Int+27 331 61896
Scottsville, South Africa, 3200 http://www.ccwr.ac.za/
#include
------------------------------------------------------------ -----------
Ons spaar die duiwel baie moeite
- C J Langenhoven
Re: [AFRIKAANS:6167] Re: Klip in die bos? [boodskap #5834 is 'n antwoord op boodskap #5820] Di, 20 Februarie 1996 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Koos[1]  is tans af-lyn  Koos[1]
Boodskappe: 746
Geregistreer: Januarie 1996
Karma: 0
Senior Lid
Hoepel Scheepers wrote:

> Miskien kan jy begin deur 'n definisie te gee van wat "van werklike[/color]
>> belang" vir die mensdom is.>>>>>

Hoepel, Howzit!

Van ware belang vir die mensdom? Om die wereldbeker in rugby twee keer
in 'n ry te wen!

Ernstig: Ek dink aan Gougain (spelling!!!!!) se: Where do we come
from, why are we here and where are going... (of so iets). Einstein
het glo gese: "We are put on the earth without being asked, we stay a
short while and we don't know why."
Sterrekunde/Digkuns/Stories Vertel/ Skilder/Filosofie is dalk net die
belangrikste goed wat die mens(dom) ooit sal doen.

(Where do we come from? The posts at the back. Why are we here?
To score a fuckin try, pal....Where are we going? To those posts over
there...... hup! kom boys, 'n lekker hupstoot!!)





.
[AFRIKAANS:6162] Re: Klip in die bos? [boodskap #5836 is 'n antwoord op boodskap #5820] Di, 20 Februarie 1996 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Reinier de Vos  is tans af-lyn  Reinier de Vos
Boodskappe: 26
Geregistreer: Februarie 1996
Karma: 0
Junior Lid
Hoepel skryf:

> Maar om terug te kom by my oorspronklike punt toe ek die "klip in
> die bos" gegooi het: daar is sekerlik 'n verskil tussen die weergee
> van 'n *eie* mening, en stawing van 'n vakgebonde punt. As ek 'n mens
> direk vra: "Wat dink JY hiervan?" moet hy/sy nie met ellelange
> aanhalings van 'n (sorgvuldig gekose) klomp outeurs kom nie, maar bloot=

> my vraag antwoord. As ek wou geweet wat die verskillende "kundiges"
> oor die besondere kwessie te sê het, sou ek hulle self gaan oplees het=

> -- of by iemand wat dit reeds gedoen het, gaan kers opsteek het.

Ek begryp nog nie eintlik waarom jy daarop aandring dat daar noodwendig
'n verskil tussen *eie* mening, en die menings van andere, met wie jy
saamstem oor 'n sekere aangeleendheid, moet wees nie. Soos ek reeds
genoem het, 'n mens se menings word tog deur andere gevorm. As iemand
anders 'n redenasie goed aangevoer het, waarom mag jy hom/haar nie
aanhaal nie? Jy sê daarby: "So-en-so het dit gesê, en ek stem
daarmee saam, of meerendeels daarmee saam, of ek hou van sy redenasie",
ens. Jy spreek dus tog jou eie mening uit. Verder wil jy daardeur
dalk ook sê, "So-en-so het breedvoerig oor hierdie aangeleendheid
geskryf, of navorsing gedoen, en hy sal vir jou veel meer daaroor kan
vertel as wat ek kan". Ek kan werklik nie sien wat daarmee verkeerd is
nie.

[knip]

> Per definisie is "wetenskap" die versameling van kennis. Maar dit help=

> net mooi niks om "al die kennis van die wêreld in pag te he^" en niks
> daarmee te doen nie; niks *prakties* (van werklike belang vir die
> mensdom) daarmee te verrig nie...

> Of is dit nou dalk nog 'n klip in die bos? =

Miskien kan jy begin deur 'n definisie te gee van wat "van werklike
belang" vir die mensdom is.
--
Reinier de Vos Internet: de...@aqua.ccwr.ac.za
Computing Centre for Water Research Tel: Int+27 331 260-5179
c/o University of Natal, P/Bag X01 Fax: Int+27 331 61896
Scottsville, South Africa, 3200 http://www.ccwr.ac.za/
#include
------------------------------------------------------------ -----------
Ons spaar die duiwel baie moeite
- C J Langenhoven
[AFRIKAANS:6172] Re: Klip in die bos? [boodskap #5837 is 'n antwoord op boodskap #5820] Di, 20 Februarie 1996 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Reinier de Vos  is tans af-lyn  Reinier de Vos
Boodskappe: 26
Geregistreer: Februarie 1996
Karma: 0
Junior Lid
Joop kla oor sy rekenaar se los maag:

> Chris wil verskoon word:
>
>> Verskoon my, ek gaan gou vir 'n
>> periodieke loslating.
>
> My rekenaar doen dit gereeld: maar daar word dit 'n memory dump
> genoem ...

Op 'n effens ander onderwerp, en in dieselfde trant as "his lift
doesn't go all the way to the top floor", het ek onlangs hierdie een
gesien (dalk slegs verstaanbaar vir Unix geesdriftiges):

"He uses /dev/null as his swap device".
--
Reinier de Vos Internet: de...@aqua.ccwr.ac.za
Computing Centre for Water Research Tel: Int+27 331 260-5179
c/o University of Natal, P/Bag X01 Fax: Int+27 331 61896
Scottsville, South Africa, 3200 http://www.ccwr.ac.za/
#include
------------------------------------------------------------ -----------
Ons spaar die duiwel baie moeite
- C J Langenhoven
[AFRIKAANS:6170] Re: Klip in die bos? [boodskap #5839 is 'n antwoord op boodskap #5820] Di, 20 Februarie 1996 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Reinier de Vos  is tans af-lyn  Reinier de Vos
Boodskappe: 26
Geregistreer: Februarie 1996
Karma: 0
Junior Lid
Hoepel skryf:

> Reinier skryf:
> =

>> Miskien kan jy begin deur 'n definisie te gee van wat "van werklike
>> belang" vir die mensdom is.
>>
> Enige iets *nuuts* wat bydra tot die mensdom se kennis van en insig
> in sy bestaan. Dit kan selfs bloot 'n nuwe vraag/probleemstelling wees=

> wat ander se denke en/of navorsing in 'n nuwe rigting stuur. Die
> "praktiese" (tasbare) waarde hiervan hoef nie noodwendig onmiddellik te=

> wees nie.

Wat van "ou" kennis wat vergete geraak het, wat weer opgediep word?
Dis nie strenggesproke "nuwe" kennis nie, maar kan wel "bydra tot die
mensdom se kennis van en insig in sy bestaan". As 'n "akademikus"
iemand aanhaal (om terug te kom by jou oorspronklike klip in die bos)
mag hy miskien nie vergete kennis opdiep nie, maar hy mag wel bydra tot
'n nuwe gedagterigting, wat diegene wat aan heersende dogmas onderworpe
is, nog nie oorweeg het nie.
--
Reinier de Vos Internet: de...@aqua.ccwr.ac.za
Computing Centre for Water Research Tel: Int+27 331 260-5179
c/o University of Natal, P/Bag X01 Fax: Int+27 331 61896
Scottsville, South Africa, 3200 http://www.ccwr.ac.za/
#include
------------------------------------------------------------ -----------
Ons spaar die duiwel baie moeite
- C J Langenhoven
Re: [AFRIKAANS:6147] Klip in die bos -Reply [boodskap #5847 is 'n antwoord op boodskap #5820] Do, 22 Februarie 1996 00:00 Na vorige boodskap
mar...  is tans af-lyn  mar...
Boodskappe: 59
Geregistreer: Februarie 1996
Karma: 0
Volle Lid
In article , CLA...@alpha.unisa.ac.za
says...
>
> Dag Vriende
>

Ek weet gewoonlik min van niks af.....:>


Net om 'n klomp mense die moer in te maak:

- Ek WEET die aarde is rond omdat ek om hom kan vlieg - fisika

- Ek WEET die aarde is rond omdat die skrywers so sê - letterkunde

- As ek hard genoeg GLO die aarde is plat, dan IS hy plat - teologie

- Die feit dat ek GLO die aard is plat, het te doen met my ondervindinge as
'n kind - sielkunde

Dan begin dit alles weer van voor af:

- Ek WEET die aarde is nie heeltemal rond nie - fisika

ens. ens. ......=:>

Sanity is a luxury I cannot afford

Hendrik
Vorige onderwerp: [AFRIKAANS:6155] Nuus oor Switzerland
Volgende onderwerp: Plekbeskrywing: ADAMS MISSION STATION
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Di Mei 14 19:49:43 MGT 2024