Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Algemeen » Koeitjies & kalfies » Suid Afrika, 'n onveilige land?
Suid Afrika, 'n onveilige land? [boodskap #58294] Vr, 08 Maart 2002 19:20 na volgende boodskap
Sterrenkijker[1]  is tans af-lyn  Sterrenkijker[1]
Boodskappe: 393
Geregistreer: November 2000
Karma: 0
Senior Lid
Hallo, elkeen,

Ek het 'n vraagjie vir die Afrikaners hier...
Suid Afrika is nou bekend as 'n baie onveilige land met baie misdaad
daarin. Ek het gister nog 'n praatjie gehad met my vriendin in Port
Elizabeth via 'n webchat en sy het gesê dis waar.
Maar nou sou ek tog wou geweet het of dit in vroeër jare ook altyd so
gewees het. Wanneer is die onveiligheid in die land gekom? Is dit deur
die afskaffing van die Apartheid gekom of is dit 'n fenomeen wat altyd
bestaan het? Ek hoor van me vriendin sy kan daarmee leef en sy sê
ook dat die meeste mense in SA daar eintlik nou al nie meer van opkyk
nie. Nou, neen, egt: ek sou dit nie wou geweet het nie! Ek wil slegs
leef in 'n land waar ek vry oor die straat kan wandel en waar ek my
gerus voel soos in me eie land. Me vriendin sê sy woon slegs 800 meter
van haar werk vandaan maar sy stap elke môre snel door totdat sy
haar werk bereik. Hm.., dit sou ek nie wou geweet het nie! Hier in
Vlaanderen kan ek kilometers deur die strate kuier sonder dat ek deur
iemand lastig geval word.

Die groete van

Norbert (uit Vlaanderen)
Re: Suid Afrika, 'n onveilige land? [boodskap #58296 is 'n antwoord op boodskap #58294] Vr, 08 Maart 2002 19:44 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Davie Davis  is tans af-lyn  Davie Davis
Boodskappe: 1013
Geregistreer: November 2001
Karma: 0
Senior Lid
On Fri, 08 Mar 2002 19:20:26 GMT, sterre...@skynet.be
(*Sterrenkijker*) wrote:

> Hallo, elkeen,
>
> Ek het 'n vraagjie vir die Afrikaners hier...

> Wanneer is die onveiligheid in die land gekom? Is dit deur
> die afskaffing van die Apartheid gekom of is dit 'n fenomeen wat altyd
> bestaan het?
>
> Die groete van
>
> Norbert (uit Vlaanderen)

Norbert, jy sal eers moet besluit of jy deur Suid Afrikaners of
Kanadese beantwoord wil word. Al het jy duidelik gesê dat jy deur
Suid Afrkaners beantwoord wil word, gaan jy nou 'n klomp liegstories
uit Kanada hoor (wat as antwoord moet dien.)

Feit.
In Suid Afrika sterf meer mense geweldadig as in enige ander land wat
nie in 'n oorlog gewikkel is nie.

Kom ons toets die reaksie op jou vraag.
Re: Suid Afrika, 'n onveilige land? [boodskap #58298 is 'n antwoord op boodskap #58296] Vr, 08 Maart 2002 20:15 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Sterrenkijker[1]  is tans af-lyn  Sterrenkijker[1]
Boodskappe: 393
Geregistreer: November 2000
Karma: 0
Senior Lid
Hallo, Dave,

Ek wil gaarne 'n antwoordjie vanweë die Afrikaners.
Ek weet daar is ook Afrikaners wat nie meer in hulle
land woon nie en hulle het daarvoor hulle redens gehad
om uit te wyk.
Maar dese keer sou ek die mening van die Afrikaners self
wou geweet het. As ek so die verhaaltjies lees en hoor oor
wat almal in SA gebeur dan dink ek by meself: die ganse
bevolking daar moet dringend in die psigiatrie gaan. Dis nie
meer normaal soos mense daar hulle eie agter doringdraad
wat rondom die huis gespan is moet verskans nie. Ek
verstaan nie hoe julle so wil bly leef nie.

Norbert (uit Vlaanderen)

Davie Davis schreef:

> Norbert, jy sal eers moet besluit of jy deur Suid Afrikaners of
> Kanadese beantwoord wil word. Al het jy duidelik gesê dat jy deur
> Suid Afrkaners beantwoord wil word, gaan jy nou 'n klomp liegstories
> uit Kanada hoor (wat as antwoord moet dien.)
>
> Feit.
> In Suid Afrika sterf meer mense geweldadig as in enige ander land wat
> nie in 'n oorlog gewikkel is nie.
>
> Kom ons toets die reaksie op jou vraag.
Re: Suid Afrika, 'n onveilige land? [boodskap #58299 is 'n antwoord op boodskap #58294] Vr, 08 Maart 2002 20:59 Na vorige boodskapna volgende boodskap
kaatjie  is tans af-lyn  kaatjie
Boodskappe: 22
Geregistreer: Maart 2002
Karma: 0
Junior Lid
Hallo Norbert

Ek is een van die mense wat nie meer in SA woon nie, en ek probeer op hoogte
bly deur elke dag die Suid Afrikaanse nuus in Afrikaanse te lees op die
internet.

Hier is 'n link na 'n Afrikaanse koerant, daar is vele meer, maar dis die
een wat ek gewoonlik lees. Ek is seker ander kan nog byvoeg as jy
belangstel?

http://www.news24.co.za/Die_Burger/Home/

Groete

"*Sterrenkijker*" skryf in boodskap news:3c890a9d.3494892@news.skynet.be...
> Hallo, elkeen,
>
> Ek het 'n vraagjie vir die Afrikaners hier...
> Suid Afrika is nou bekend as 'n baie onveilige land met baie misdaad
> daarin. Ek het gister nog 'n praatjie gehad met my vriendin in Port
> Elizabeth via 'n webchat en sy het gesê dis waar.
> Maar nou sou ek tog wou geweet het of dit in vroeër jare ook altyd so
> gewees het. Wanneer is die onveiligheid in die land gekom? Is dit deur
> die afskaffing van die Apartheid gekom of is dit 'n fenomeen wat altyd
> bestaan het? Ek hoor van me vriendin sy kan daarmee leef en sy sê
> ook dat die meeste mense in SA daar eintlik nou al nie meer van opkyk
> nie. Nou, neen, egt: ek sou dit nie wou geweet het nie! Ek wil slegs
> leef in 'n land waar ek vry oor die straat kan wandel en waar ek my
> gerus voel soos in me eie land. Me vriendin sê sy woon slegs 800 meter
> van haar werk vandaan maar sy stap elke môre snel door totdat sy
> haar werk bereik. Hm.., dit sou ek nie wou geweet het nie! Hier in
> Vlaanderen kan ek kilometers deur die strate kuier sonder dat ek deur
> iemand lastig geval word.
>
> Die groete van
>
> Norbert (uit Vlaanderen)
>
Re: Suid Afrika, 'n onveilige land? [boodskap #58300 is 'n antwoord op boodskap #58299] Vr, 08 Maart 2002 21:52 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Sterrenkijker[1]  is tans af-lyn  Sterrenkijker[1]
Boodskappe: 393
Geregistreer: November 2000
Karma: 0
Senior Lid
Dankie, Kaatjie, ek het de koerant gelees!

Norbert (uit Vlaanderen)

"kaatjie" schreef:

> Hallo Norbert
>
__________knip
Re: Suid Afrika, 'n onveilige land? [boodskap #58302 is 'n antwoord op boodskap #58296] Sa, 09 Maart 2002 00:06 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Rico  is tans af-lyn  Rico
Boodskappe: 823
Geregistreer: Julie 2001
Karma: 0
Senior Lid
"Davie Davis" skryf in boodskap news:7s4i8uckl5re0jd3nkrlhno7qhbjc2q9k6@4ax.com...
> On Fri, 08 Mar 2002 19:20:26 GMT, sterre...@skynet.be
> (*Sterrenkijker*) wrote:
>
>> Hallo, elkeen,
>>
>> Ek het 'n vraagjie vir die Afrikaners hier...
>
>> Wanneer is die onveiligheid in die land gekom? Is dit deur
>> die afskaffing van die Apartheid gekom of is dit 'n fenomeen wat altyd
>> bestaan het?
>>
>> Die groete van
>>
>> Norbert (uit Vlaanderen)
>
> Norbert, jy sal eers moet besluit of jy deur Suid Afrikaners of
> Kanadese beantwoord wil word. Al het jy duidelik gesê dat jy deur
> Suid Afrkaners beantwoord wil word, gaan jy nou 'n klomp liegstories
> uit Kanada hoor (wat as antwoord moet dien.)
>
Dalk gaan Emmy ook nog antwoord gee :-)))

Gr.Rico
> Feit.
> In Suid Afrika sterf meer mense geweldadig as in enige ander land wat
> nie in 'n oorlog gewikkel is nie.
>
> Kom ons toets die reaksie op jou vraag.
Re: Suid Afrika, 'n onveilige land? [boodskap #58310 is 'n antwoord op boodskap #58294] Sa, 09 Maart 2002 06:49 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Annette  is tans af-lyn  Annette
Boodskappe: 11114
Geregistreer: Augustus 2003
Karma: 1
Senior Lid
Norbert - dan hang werklik af waar mens bly of jy onveilig voel of nie.
Hier in Vredehoek, en in Bellville - kan ons saans lang ente gaan stap en
glad nie onveilig voel nie.

Ons het nooit misdaad hier gehad nie.
Die misdaad het begin op 27/4/1994 om 11.30nm..:))))))))

Annette

*Sterrenkijker* skryf in boodskap news:3c890a9d.3494892@news.skynet.be...
> Hallo, elkeen,
>
> Ek het 'n vraagjie vir die Afrikaners hier...
> Suid Afrika is nou bekend as 'n baie onveilige land met baie misdaad
> daarin. Ek het gister nog 'n praatjie gehad met my vriendin in Port
> Elizabeth via 'n webchat en sy het gesê dis waar.
> Maar nou sou ek tog wou geweet het of dit in vroeër jare ook altyd so
> gewees het. Wanneer is die onveiligheid in die land gekom? Is dit deur
> die afskaffing van die Apartheid gekom of is dit 'n fenomeen wat altyd
> bestaan het? Ek hoor van me vriendin sy kan daarmee leef en sy sê
> ook dat die meeste mense in SA daar eintlik nou al nie meer van opkyk
> nie. Nou, neen, egt: ek sou dit nie wou geweet het nie! Ek wil slegs
> leef in 'n land waar ek vry oor die straat kan wandel en waar ek my
> gerus voel soos in me eie land. Me vriendin sê sy woon slegs 800 meter
> van haar werk vandaan maar sy stap elke môre snel door totdat sy
> haar werk bereik. Hm.., dit sou ek nie wou geweet het nie! Hier in
> Vlaanderen kan ek kilometers deur die strate kuier sonder dat ek deur
> iemand lastig geval word.
>
> Die groete van
>
> Norbert (uit Vlaanderen)
>
Re: Suid Afrika, 'n onveilige land? [boodskap #58311 is 'n antwoord op boodskap #58298] Sa, 09 Maart 2002 06:52 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Annette  is tans af-lyn  Annette
Boodskappe: 11114
Geregistreer: Augustus 2003
Karma: 1
Senior Lid
As jou vriendin in PE jou vertel sy bly agter doringdraad, dan moet ek jou
ongelukkig inlig dat sy 'n gevangene is:))
Die mense wat hulself inhok doen dit met smaak :)

Annette

*Sterrenkijker* skryf in boodskap news:3c891825.6958843@news.skynet.be...
> Hallo, Dave,
>
> Ek wil gaarne 'n antwoordjie vanweë die Afrikaners.
> Ek weet daar is ook Afrikaners wat nie meer in hulle
> land woon nie en hulle het daarvoor hulle redens gehad
> om uit te wyk.
> Maar dese keer sou ek die mening van die Afrikaners self
> wou geweet het. As ek so die verhaaltjies lees en hoor oor
> wat almal in SA gebeur dan dink ek by meself: die ganse
> bevolking daar moet dringend in die psigiatrie gaan. Dis nie
> meer normaal soos mense daar hulle eie agter doringdraad
> wat rondom die huis gespan is moet verskans nie. Ek
> verstaan nie hoe julle so wil bly leef nie.
>
> Norbert (uit Vlaanderen)
>
>
> Davie Davis schreef:
>
>
>> Norbert, jy sal eers moet besluit of jy deur Suid Afrikaners of
>> Kanadese beantwoord wil word. Al het jy duidelik gesê dat jy deur
>> Suid Afrkaners beantwoord wil word, gaan jy nou 'n klomp liegstories
>> uit Kanada hoor (wat as antwoord moet dien.)
>>
>> Feit.
>> In Suid Afrika sterf meer mense geweldadig as in enige ander land wat
>> nie in 'n oorlog gewikkel is nie.
>>
>> Kom ons toets die reaksie op jou vraag.
>
Re: Suid Afrika, 'n onveilige land? [boodskap #58312 is 'n antwoord op boodskap #58299] Sa, 09 Maart 2002 06:54 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Annette  is tans af-lyn  Annette
Boodskappe: 11114
Geregistreer: Augustus 2003
Karma: 1
Senior Lid
Kaatjie, soos jy miskien sal weet, is dit nie goed om net een koerant te
lees nie - vir 'n gebalanseerde uitkyk en mening behoort jy 'n
Suid-Afrikanse Engesle koerant ook te lees.
Annette

kaatjie skryf in boodskap news:6D9i8.6103$kF6.400419@news-binary.blueyonder.co.uk...
> Hallo Norbert
>
> Ek is een van die mense wat nie meer in SA woon nie, en ek probeer op hoogte
> bly deur elke dag die Suid Afrikaanse nuus in Afrikaanse te lees op die
> internet.
>
> Hier is 'n link na 'n Afrikaanse koerant, daar is vele meer, maar dis die
> een wat ek gewoonlik lees. Ek is seker ander kan nog byvoeg as jy
> belangstel?
>
> http://www.news24.co.za/Die_Burger/Home/
>
> Groete
>
>
> "*Sterrenkijker*" wrote in message
> news:3c890a9d.3494892@news.skynet.be...
>> Hallo, elkeen,
>>
>> Ek het 'n vraagjie vir die Afrikaners hier...
>> Suid Afrika is nou bekend as 'n baie onveilige land met baie misdaad
>> daarin. Ek het gister nog 'n praatjie gehad met my vriendin in Port
>> Elizabeth via 'n webchat en sy het gesê dis waar.
>> Maar nou sou ek tog wou geweet het of dit in vroeër jare ook altyd so
>> gewees het. Wanneer is die onveiligheid in die land gekom? Is dit deur
>> die afskaffing van die Apartheid gekom of is dit 'n fenomeen wat altyd
>> bestaan het? Ek hoor van me vriendin sy kan daarmee leef en sy sê
>> ook dat die meeste mense in SA daar eintlik nou al nie meer van opkyk
>> nie. Nou, neen, egt: ek sou dit nie wou geweet het nie! Ek wil slegs
>> leef in 'n land waar ek vry oor die straat kan wandel en waar ek my
>> gerus voel soos in me eie land. Me vriendin sê sy woon slegs 800 meter
>> van haar werk vandaan maar sy stap elke môre snel door totdat sy
>> haar werk bereik. Hm.., dit sou ek nie wou geweet het nie! Hier in
>> Vlaanderen kan ek kilometers deur die strate kuier sonder dat ek deur
>> iemand lastig geval word.
>>
>> Die groete van
>>
>> Norbert (uit Vlaanderen)
>>
>
Re: Suid Afrika, 'n onveilige land? [boodskap #58313 is 'n antwoord op boodskap #58302] Sa, 09 Maart 2002 06:56 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Annette  is tans af-lyn  Annette
Boodskappe: 11114
Geregistreer: Augustus 2003
Karma: 1
Senior Lid
Haai Rico - dankie dat jy my herinner aan Emmy - vertel tog vir haar dat die
mense van distrik 6 nou al betoog omdat daar nog steeds, na 2 jaar, niks
deur die regering gedoen is om hulle te laat terugkeer nie.
:)))
Annette

Rico skryf in boodskap news:a6bjer$246$1@news1.xs4all.nl...
>
> "Davie Davis" schreef in bericht
> news:7s4i8uckl5re0jd3nkrlhno7qhbjc2q9k6@4ax.com...
>> On Fri, 08 Mar 2002 19:20:26 GMT, sterre...@skynet.be
>> (*Sterrenkijker*) wrote:
>>
>>> Hallo, elkeen,
>>>
>>> Ek het 'n vraagjie vir die Afrikaners hier...
>>
>>> Wanneer is die onveiligheid in die land gekom? Is dit deur
>>> die afskaffing van die Apartheid gekom of is dit 'n fenomeen wat altyd
>>> bestaan het?
>>>
>>> Die groete van
>>>
>>> Norbert (uit Vlaanderen)
>>
>> Norbert, jy sal eers moet besluit of jy deur Suid Afrikaners of
>> Kanadese beantwoord wil word. Al het jy duidelik gesê dat jy deur
>> Suid Afrkaners beantwoord wil word, gaan jy nou 'n klomp liegstories
>> uit Kanada hoor (wat as antwoord moet
> dien.)
>>
> Dalk gaan Emmy ook nog antwoord gee :-)))
>
> Gr.Rico
>> Feit.
>> In Suid Afrika sterf meer mense geweldadig as in enige ander land wat
>> nie in 'n oorlog gewikkel is nie.
>>
>> Kom ons toets die reaksie op jou vraag.
>
Re: Suid Afrika, 'n onveilige land? [boodskap #58314 is 'n antwoord op boodskap #58300] Sa, 09 Maart 2002 08:39 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Hantamkind  is tans af-lyn  Hantamkind
Boodskappe: 263
Geregistreer: Desember 2001
Karma: 0
Senior Lid
Norbert,

Trek jou skoolskoene aan ek kom sit gou in oom Hantam se klas ...

Jy kan se :

1. de krant - (nederlands) of
2. die koerant (afr)

maar "de koerant" gaan vir jou geen sterretjies op die voorkop verdien nie.

Groetnis !

"*Sterrenkijker*" > Dankie, Kaatjie, ek het de koerant gelees!
>
> Norbert (uit Vlaanderen)
Re: Suid Afrika, 'n onveilige land? [boodskap #58316 is 'n antwoord op boodskap #58311] Sa, 09 Maart 2002 09:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
kaatjie  is tans af-lyn  kaatjie
Boodskappe: 22
Geregistreer: Maart 2002
Karma: 0
Junior Lid
"Annette" skryf in boodskap news:a6cbtb$dbmn1$2@ID-92016.news.dfncis.de...
> As jou vriendin in PE jou vertel sy bly agter doringdraad, dan moet ek jou
> ongelukkig inlig dat sy 'n gevangene is:))
> Die mense wat hulself inhok doen dit met smaak :)
>
> Annette

Hoewel dit vroeër die week in die nuus was dat 'n Kapenaar doringtakke
gebruik met groot sukses!

: )

>
>
> *Sterrenkijker* wrote in message
> news:3c891825.6958843@news.skynet.be...
>> Hallo, Dave,
>>
>> Ek wil gaarne 'n antwoordjie vanweë die Afrikaners.
>> Ek weet daar is ook Afrikaners wat nie meer in hulle
>> land woon nie en hulle het daarvoor hulle redens gehad
>> om uit te wyk.
>> Maar dese keer sou ek die mening van die Afrikaners self
>> wou geweet het. As ek so die verhaaltjies lees en hoor oor
>> wat almal in SA gebeur dan dink ek by meself: die ganse
>> bevolking daar moet dringend in die psigiatrie gaan. Dis nie
>> meer normaal soos mense daar hulle eie agter doringdraad
>> wat rondom die huis gespan is moet verskans nie. Ek
>> verstaan nie hoe julle so wil bly leef nie.
>>
>> Norbert (uit Vlaanderen)
>>
Re: Suid Afrika, 'n onveilige land? [boodskap #58317 is 'n antwoord op boodskap #58312] Sa, 09 Maart 2002 09:05 Na vorige boodskapna volgende boodskap
kaatjie  is tans af-lyn  kaatjie
Boodskappe: 22
Geregistreer: Maart 2002
Karma: 0
Junior Lid
Ek doen dit ook, maar dankie vir die wenk. Probeer jy dalk sê ek openbaar
'n ongebalanseerde uitkyk? : )

"Annette" skryf in boodskap news:a6cc0l$cveu1$2@ID-92016.news.dfncis.de...
> Kaatjie, soos jy miskien sal weet, is dit nie goed om net een koerant te
> lees nie - vir 'n gebalanseerde uitkyk en mening behoort jy 'n
> Suid-Afrikanse Engesle koerant ook te lees.
> Annette
>
>
> kaatjie wrote in message
> news:6D9i8.6103$kF6.400419@news-binary.blueyonder.co.uk...
>> Hallo Norbert
>>
>> Ek is een van die mense wat nie meer in SA woon nie, en ek probeer op
> hoogte
>> bly deur elke dag die Suid Afrikaanse nuus in Afrikaanse te lees op die
>> internet.
>>
>> Hier is 'n link na 'n Afrikaanse koerant, daar is vele meer, maar dis die
>> een wat ek gewoonlik lees. Ek is seker ander kan nog byvoeg as jy
>> belangstel?
>>
>> http://www.news24.co.za/Die_Burger/Home/
>>
>> Groete
>>
>>
>> "*Sterrenkijker*" wrote in message
>> news:3c890a9d.3494892@news.skynet.be...
>>> Hallo, elkeen,
>>>
>>> Ek het 'n vraagjie vir die Afrikaners hier...
>>> Suid Afrika is nou bekend as 'n baie onveilige land met baie misdaad
>>> daarin. Ek het gister nog 'n praatjie gehad met my vriendin in Port
>>> Elizabeth via 'n webchat en sy het gesê dis waar.
>>> Maar nou sou ek tog wou geweet het of dit in vroeër jare ook altyd so
>>> gewees het. Wanneer is die onveiligheid in die land gekom? Is dit deur
>>> die afskaffing van die Apartheid gekom of is dit 'n fenomeen wat altyd
>>> bestaan het? Ek hoor van me vriendin sy kan daarmee leef en sy sê
>>> ook dat die meeste mense in SA daar eintlik nou al nie meer van opkyk
>>> nie. Nou, neen, egt: ek sou dit nie wou geweet het nie! Ek wil slegs
>>> leef in 'n land waar ek vry oor die straat kan wandel en waar ek my
>>> gerus voel soos in me eie land. Me vriendin sê sy woon slegs 800 meter
>>> van haar werk vandaan maar sy stap elke môre snel door totdat sy
>>> haar werk bereik. Hm.., dit sou ek nie wou geweet het nie! Hier in
>>> Vlaanderen kan ek kilometers deur die strate kuier sonder dat ek deur
>>> iemand lastig geval word.
>>>
>>> Die groete van
>>>
>>> Norbert (uit Vlaanderen)
>>>
>>
>
Re: Suid Afrika, 'n onveilige land? [boodskap #58320 is 'n antwoord op boodskap #58310] Sa, 09 Maart 2002 12:48 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Davie Davis  is tans af-lyn  Davie Davis
Boodskappe: 1013
Geregistreer: November 2001
Karma: 0
Senior Lid
On Sat, 9 Mar 2002 08:49:12 +0200, "Annette" wrote:
> Ons het nooit misdaad hier gehad nie.
> Die misdaad het begin op 27/4/1994 om 11.30nm..:))))))))
>
> Annette
>

Daar was dit nou weer my beurt om skade te kry. Vanmôre het
die woonstelopsigter geskakel om my in te lig dat daar in my
vakansiewoonstel gesteel is. Vir die oomblik het ek slegs bevestiging
dat my TV gesteel is. Die feit dat die mikrogolfoond steeds daar is
gee my hoop dat dit slegs die splinternuwe TV is. Tussen die opsigter
en myself het ons bevestig dat die enigste mens wat in die woonstel
was sedert ons na die Des/Jan vakansie teruggekeer het, die swart
werker is wat sy (die opsigter) in my woonstel toegelaat het om die
vensters te was.

So gaan dit nou al Norbert, dat ons bly is dat daar minder gesteel is
as wat kon gesteel word.

Gloudina, jy is 'n hopelose teleurstelling vir die groep. Almal sit in
spanning en wag om te hoor op watter manier jy aan Norbert gaan
verduidelik dat die rede vir die misdaad apartheid is. Dat ons
witmense indirek (of selfs meer direk!) die rede is dat ons eiendom so
getseel word.
Speel jou liberalistiese rol verder soos dit hoort antietjie. :(((
Re: Suid Afrika, 'n onveilige land? [boodskap #58322 is 'n antwoord op boodskap #58310] Sa, 09 Maart 2002 14:23 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Anoniem
Oorspronklik gepos deur: @rogers.com

Annette wrote:

> Die misdaad het begin op 27/4/1994 om 11.30nm..:))))))))

O, hoor die ylings van 'n ou wit tannie.
wat lieg totdat sy blou in die tande is.
Wonder hoekom ons so versigtig was in sekere
dele van Kaapstad wanneer ons studente op
'n Saterdagmôre grootskaals uit Stellenbosch
na Kaapstad toe gegaan het vir die dag.

Tant Hessie van Jonkerskloof.
Re: Suid Afrika, 'n onveilige land? [boodskap #58323 is 'n antwoord op boodskap #58314] Sa, 09 Maart 2002 14:27 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Anoniem
Oorspronklik gepos deur: @rogers.com

Hantamkind wrote:

> Jy kan se :
>
> 1. de krant - (nederlands) of
> 2. die koerant (afr)
>
> maar "de koerant" gaan vir jou geen sterretjies op die voorkop verdien nie.

Ek dink nie jy moet so gou praat nie.
Aangesien die woord "koerant" van die
Franse "courant" vandaan kom, het die
Belge heelwaarskynlik dié woord ook in
hulle woordeskat.

Gloudina
Re: Suid Afrika, 'n onveilige land? [boodskap #58325 is 'n antwoord op boodskap #58317] Sa, 09 Maart 2002 14:48 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Annette  is tans af-lyn  Annette
Boodskappe: 11114
Geregistreer: Augustus 2003
Karma: 1
Senior Lid
Ek het jou nog nie ontbloot gesien nie nie, so ek kan nog nie weet presies
wat jy openbaar nie;)))
Annette

kaatjie skryf in boodskap news:Sfki8.9974$kF6.511977@news-binary.blueyonder.co.uk...
> Ek doen dit ook, maar dankie vir die wenk. Probeer jy dalk sê ek openbaar
> 'n ongebalanseerde uitkyk? : )
>
>
> "Annette" wrote in message
> news:a6cc0l$cveu1$2@ID-92016.news.dfncis.de...
>> Kaatjie, soos jy miskien sal weet, is dit nie goed om net een koerant te
>> lees nie - vir 'n gebalanseerde uitkyk en mening behoort jy 'n
>> Suid-Afrikanse Engesle koerant ook te lees.
>> Annette
>>
>>
>> kaatjie wrote in message
>> news:6D9i8.6103$kF6.400419@news-binary.blueyonder.co.uk...
>>> Hallo Norbert
>>>
>>> Ek is een van die mense wat nie meer in SA woon nie, en ek probeer op
>> hoogte
>>> bly deur elke dag die Suid Afrikaanse nuus in Afrikaanse te lees op die
>>> internet.
>>>
>>> Hier is 'n link na 'n Afrikaanse koerant, daar is vele meer, maar dis
> die
>>> een wat ek gewoonlik lees. Ek is seker ander kan nog byvoeg as jy
>>> belangstel?
>>>
>>> http://www.news24.co.za/Die_Burger/Home/
>>>
>>> Groete
>>>
>>>
>>> "*Sterrenkijker*" wrote in message
>>> news:3c890a9d.3494892@news.skynet.be...
>>>> Hallo, elkeen,
>>>>
>>>> Ek het 'n vraagjie vir die Afrikaners hier...
>>>> Suid Afrika is nou bekend as 'n baie onveilige land met baie misdaad
>>>> daarin. Ek het gister nog 'n praatjie gehad met my vriendin in Port
>>>> Elizabeth via 'n webchat en sy het gesê dis waar.
>>>> Maar nou sou ek tog wou geweet het of dit in vroeër jare ook altyd so
>>>> gewees het. Wanneer is die onveiligheid in die land gekom? Is dit deur
>>>> die afskaffing van die Apartheid gekom of is dit 'n fenomeen wat altyd
>>>> bestaan het? Ek hoor van me vriendin sy kan daarmee leef en sy sê
>>>> ook dat die meeste mense in SA daar eintlik nou al nie meer van opkyk
>>>> nie. Nou, neen, egt: ek sou dit nie wou geweet het nie! Ek wil slegs
>>>> leef in 'n land waar ek vry oor die straat kan wandel en waar ek my
>>>> gerus voel soos in me eie land. Me vriendin sê sy woon slegs 800 meter
>>>> van haar werk vandaan maar sy stap elke môre snel door totdat sy
>>>> haar werk bereik. Hm.., dit sou ek nie wou geweet het nie! Hier in
>>>> Vlaanderen kan ek kilometers deur die strate kuier sonder dat ek deur
>>>> iemand lastig geval word.
>>>>
>>>> Die groete van
>>>>
>>>> Norbert (uit Vlaanderen)
>>>>
>>>
>>
>
Re: Suid Afrika, 'n onveilige land? [boodskap #58328 is 'n antwoord op boodskap #58325] Sa, 09 Maart 2002 14:57 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Davie Davis  is tans af-lyn  Davie Davis
Boodskappe: 1013
Geregistreer: November 2001
Karma: 0
Senior Lid
On Sat, 9 Mar 2002 16:48:28 +0200, "Annette" wrote:

> Ek het jou nog nie ontbloot gesien nie nie, so ek kan nog nie weet presies
> wat jy openbaar nie;)))
> Annette
>
lol...
O hemel Kaatjie, jy's geboelie van dat jy hier by die deur ingestap
het. Praat met my, ek's die nice ou hier rond. :-)))
Re: Suid Afrika, 'n onveilige land? [boodskap #58332 is 'n antwoord op boodskap #58323] Sa, 09 Maart 2002 16:21 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Arthur  is tans af-lyn  Arthur
Boodskappe: 609
Geregistreer: September 2001
Karma: 0
Senior Lid
Gloudina schreef...
> Hantamkind wrote:
>> Jy kan se :
>>
>> 1. de krant - (nederlands) of
>> 2. die koerant (afr)
>>
>> maar "de koerant" gaan vir jou geen sterretjies op die voorkop verdien
nie.
>
> Ek dink nie jy moet so gou praat nie.
> Aangesien die woord "koerant" van die
> Franse "courant" vandaan kom, het die
> Belge heelwaarskynlik dié woord ook in
> hulle woordeskat.

Nederlanders ook. Ek lees ondermeer die Haagsche Courant en die Delftsche
Courant. Vanweë die spelling van Haagse en Delftse kan jy waarskynlik al
vermoed dat die spelling 'Courant' ook baie ouerwets is.

Hier in Nederland kan ons dus sê: "De spelling 'courant' voor een krant is
niet langer courant" :)

Groete(n),
Arthur
Re: Suid Afrika, 'n onveilige land? [boodskap #58333 is 'n antwoord op boodskap #58328] Sa, 09 Maart 2002 16:28 Na vorige boodskapna volgende boodskap
kaatjie  is tans af-lyn  kaatjie
Boodskappe: 22
Geregistreer: Maart 2002
Karma: 0
Junior Lid
Ja wat, ek dink sal maar vir my 'n ander kuierplek soek! Ek is nie 'n
sucker vir punishment nie, en ek kan geen rede sien hoekom ek hoef te wees
nie.

Hoekom is (omtrent) almal so bitsig?? (O aarde nou gaan ek nog meer geboelie
word)

: )

"Davie Davis" skryf in boodskap news:2i8k8usl072ctol2q3ad515m9e7favd93p@4ax.com...
> On Sat, 9 Mar 2002 16:48:28 +0200, "Annette"
> wrote:
>
>> Ek het jou nog nie ontbloot gesien nie nie, so ek kan nog nie weet presies
>> wat jy openbaar nie;)))
>> Annette
>>
> lol...
> O hemel Kaatjie, jy's geboelie van dat jy hier by die deur ingestap
> het. Praat met my, ek's die nice ou hier rond. :-)))
>
Re: Suid Afrika, 'n onveilige land? [boodskap #58334 is 'n antwoord op boodskap #58333] Sa, 09 Maart 2002 17:36 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Davie Davis  is tans af-lyn  Davie Davis
Boodskappe: 1013
Geregistreer: November 2001
Karma: 0
Senior Lid
On Sat, 09 Mar 2002 16:28:15 GMT, "kaatjie" wrote:

> Ja wat, ek dink sal maar vir my 'n ander kuierplek soek! Ek is nie 'n
> sucker vir punishment nie, en ek kan geen rede sien hoekom ek hoef te wees
> nie.
>
> Hoekom is (omtrent) almal so bitsig?? (O aarde nou gaan ek nog meer geboelie
> word)
>
> : )
>

Nòu, net na jou ontgroening afgehandel is wil jy hardloop?
En onthou dat jy gesê het 'omtrent' almal is lelik met jou. Ek's bly
jy het my uitgesonder. Bly net hiersô. Einlik is ons 'n heel ôraait
mop. En jy gaan my hulp nodig hê onmiddelik na die Tannie jou raak
geien het. Op die oomblik kruip sy weg want sy's vrek bang vir my so
staan maar so half agter my.
Re: Suid Afrika, 'n onveilige land? [boodskap #58335 is 'n antwoord op boodskap #58334] Sa, 09 Maart 2002 18:05 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Waaierstertmuis  is tans af-lyn  Waaierstertmuis
Boodskappe: 1592
Geregistreer: Oktober 2001
Karma: 0
Senior Lid
On Sat, 09 Mar 2002 19:36:00 +0200, Davie Davis wrote:

> geien het. Op die oomblik kruip sy weg want sy's vrek bang vir my so
> staan maar so half agter my.

LOL! En ...um sê nou maar net dat Kaatjie is 'n mannetjie mens, DD?
Sal jou aanbod nog dieselfde wees?
Re: Suid Afrika, 'n onveilige land? [boodskap #58338 is 'n antwoord op boodskap #58335] Sa, 09 Maart 2002 19:25 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Davie Davis  is tans af-lyn  Davie Davis
Boodskappe: 1013
Geregistreer: November 2001
Karma: 0
Senior Lid
On Sat, 09 Mar 2002 13:05:55 -0500, Streepmuis
wrote:

> On Sat, 09 Mar 2002 19:36:00 +0200, Davie Davis wrote:
>
>
>> geien het. Op die oomblik kruip sy weg want sy's vrek bang vir my so
>> staan maar so half agter my.
>
> LOL! En ...um sê nou maar net dat Kaatjie is 'n mannetjie mens, DD?
> Sal jou aanbod nog dieselfde wees?

Ek's vrek bang daarvoor dat shy dalk is. :-)))))))))
Dan stuur ek hom terug na die ander groep
ek skuld die beeld outjie een :-)
Re: Suid Afrika, 'n onveilige land? [boodskap #58339 is 'n antwoord op boodskap #58338] Sa, 09 Maart 2002 19:39 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Davie Davis  is tans af-lyn  Davie Davis
Boodskappe: 1013
Geregistreer: November 2001
Karma: 0
Senior Lid
On Sat, 09 Mar 2002 21:25:54 +0200, Davie Davis wrote:

> Ek's vrek bang daarvoor dat shy dalk is. :-)))))))))
> Dan stuur ek hom terug na die ander groep
> ek skuld die beeld outjie een :-)

maar ek bly wonder oor die 'me' gedeelte
en ek is nie lus om VisualRoute te installeer nie.
(so by myself dink ek dat dit die vroumens is wat
my gisteraand gevra het of ek getroud is:-))))))) )
Re: Suid Afrika, 'n onveilige land? [boodskap #58340 is 'n antwoord op boodskap #58339] Sa, 09 Maart 2002 21:28 Na vorige boodskapna volgende boodskap
kaatjie  is tans af-lyn  kaatjie
Boodskappe: 22
Geregistreer: Maart 2002
Karma: 0
Junior Lid
Ok, ek oortree my eie voorneme, hier sê ek weer iets! (Moet seker die
rooiwyn wees)

Sal dit julle laat beter voel as ek my e-mail verander?? Die rede dat dit
iets so belaglik is is die feit dat die enigste ding wat ek weet van
nuusgroepe is dat dit erg onveilig is om jou regte e-mail adres te gebruik.
Spammers se droom! En ook dat die domain deel daarvan nie iets geldig moet
wees nie, anders word een of ander domain-eienaar bebombardeer vir geen
goeie rede nie.

Wat dink julle van die nuwe een?

: )

"Davie Davis" skryf in boodskap news:egok8ugj88mt81fke0fpiicl4khv8231hl@4ax.com...
> On Sat, 09 Mar 2002 21:25:54 +0200, Davie Davis wrote:
>
>> Ek's vrek bang daarvoor dat shy dalk is. :-)))))))))
>> Dan stuur ek hom terug na die ander groep
>> ek skuld die beeld outjie een :-)
>
> maar ek bly wonder oor die 'me' gedeelte
> en ek is nie lus om VisualRoute te installeer nie.
> (so by myself dink ek dat dit die vroumens is wat
> my gisteraand gevra het of ek getroud is:-))))))) )
>
Re: Suid Afrika, 'n onveilige land? [boodskap #58341 is 'n antwoord op boodskap #58294] Sa, 09 Maart 2002 21:29 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Sterrenkijker[1]  is tans af-lyn  Sterrenkijker[1]
Boodskappe: 393
Geregistreer: November 2000
Karma: 0
Senior Lid
Hallo, elkeen,

Ek het gister die koerant gelees op die Internet (Die Burger)..
Ek weet nie... Ek het so'n gevoel dis gedaan met Suid-Afrika,
afgelope, fini. Die Apartheid was 'n skande vir die land maar julle
het die demokrasie te vlug ingevoer. Die swartmense is nog nie
ryp vir hierdie staatsvorm nie. Dit gaan kom maar ek sien eerst
nog die land heeltemal te gronde gaan, soos dit in Zimbabwe
nou aan die gang is.

Die groete van

Norbert (uit Vlaanderen)

(Verskoning vir die spellings- en andere taalfoute!)
Welkom Kaatjie [boodskap #58342 is 'n antwoord op boodskap #58340] Sa, 09 Maart 2002 21:37 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Waaierstertmuis  is tans af-lyn  Waaierstertmuis
Boodskappe: 1592
Geregistreer: Oktober 2001
Karma: 0
Senior Lid
On Sat, 09 Mar 2002 21:28:15 GMT, "kaatjie" wrote:

> Ok, ek oortree my eie voorneme, hier sê ek weer iets! (Moet seker die
> rooiwyn wees)

Jy is dan in goeie geselskap hier. Miskien sal Davie jou later
voorstel aan al die karakters wat hier leef. Maar net vinnig wil ek
sê dat ons 'n rooiwynliefhebber het met die naam van Annette - sy is
ongelukkig besig met haar Kanadees op die oomblik. Ons het ook 'n
ander Kaatjie hier - sy is Kaatjie Kekkelbek.
So, baie welkom! :-)

> Sal dit julle laat beter voel as ek my e-mail verander?? Die rede dat dit
> iets so belaglik is is die feit dat die enigste ding wat ek weet van
> nuusgroepe is dat dit erg onveilig is om jou regte e-mail adres te gebruik.
> Spammers se droom! En ook dat die domain deel daarvan nie iets geldig moet
> wees nie, anders word een of ander domain-eienaar bebombardeer vir geen
> goeie rede nie.

Absoluut! Baie wys van jou!

> Wat dink julle van die nuwe een?

Dis oulik. Soos ek gesê het - nou het ons twee Kaatjies. :-)
Re: Suid Afrika, 'n onveilige land? [boodskap #58343 is 'n antwoord op boodskap #58341] Sa, 09 Maart 2002 21:41 Na vorige boodskapna volgende boodskap
kaatjie  is tans af-lyn  kaatjie
Boodskappe: 22
Geregistreer: Maart 2002
Karma: 0
Junior Lid
Hallo Norbert

Ek wil regtig nie betrokke raak in politieke gesprekke nie, maar ons het
Suid Afrika verlaat oor die geweld en misdaad. En ek moet byvoeg dat ons in
die Wes Kaap gewoon het wat beskou word as een van die veiliger plekke in
die land. Het wel onlangs na 'n paar jaar teruggegaan vir vakansie, en as
mens gaan as 'n toeris is die gevoel 'n bietjie anders, veral as jy nie elke
dag die koerante lees en bewus is (of probeer vergeet) van wat gebeur nie.
Ek moet bieg, ons was steeds ERG versigtig, maar ons kon tog die vakansie
geniet, iets wat ek nie so seker van was vooraf nie. Maar ek kan my nie
ophou bekommer oor my ouers wat nog daar woon nie!

Kan ek nou my onkunde meer duidelik maak, is jou taal Vlaams? Is daar enige
dagblaaie/koerante op die internet in jou taal wat ek dalk sal verstaan?

Groete
Kaatjie

"*Sterrenkijker*" skryf in boodskap news:3c8a7bd1.1111060@news.skynet.be...
> Hallo, elkeen,
>
> Ek het gister die koerant gelees op die Internet (Die Burger)..
> Ek weet nie... Ek het so'n gevoel dis gedaan met Suid-Afrika,
> afgelope, fini. Die Apartheid was 'n skande vir die land maar julle
> het die demokrasie te vlug ingevoer. Die swartmense is nog nie
> ryp vir hierdie staatsvorm nie. Dit gaan kom maar ek sien eerst
> nog die land heeltemal te gronde gaan, soos dit in Zimbabwe
> nou aan die gang is.
>
> Die groete van
>
> Norbert (uit Vlaanderen)
>
> (Verskoning vir die spellings- en andere taalfoute!)
Re: Welkom Kaatjie [boodskap #58344 is 'n antwoord op boodskap #58342] Sa, 09 Maart 2002 21:45 Na vorige boodskapna volgende boodskap
kaatjie  is tans af-lyn  kaatjie
Boodskappe: 22
Geregistreer: Maart 2002
Karma: 0
Junior Lid
'n Positiewe boodskap, dankie!! Maar ek wil nie iemand anders se naam gryp
nie, moet ek liewer 'n ander alias kies?

; )

"Streepmuis" skryf in boodskap news:etvk8ucmoaifv4buat69staq479hi1nqn4@4ax.com...
> On Sat, 09 Mar 2002 21:28:15 GMT, "kaatjie"
> wrote:
>
>> Ok, ek oortree my eie voorneme, hier sê ek weer iets! (Moet seker die
>> rooiwyn wees)
>
> Jy is dan in goeie geselskap hier. Miskien sal Davie jou later
> voorstel aan al die karakters wat hier leef. Maar net vinnig wil ek
> sê dat ons 'n rooiwynliefhebber het met die naam van Annette - sy is
> ongelukkig besig met haar Kanadees op die oomblik. Ons het ook 'n
> ander Kaatjie hier - sy is Kaatjie Kekkelbek.
> So, baie welkom! :-)
>
>> Sal dit julle laat beter voel as ek my e-mail verander?? Die rede dat dit
>> iets so belaglik is is die feit dat die enigste ding wat ek weet van
>> nuusgroepe is dat dit erg onveilig is om jou regte e-mail adres te gebruik.
>> Spammers se droom! En ook dat die domain deel daarvan nie iets geldig moet
>> wees nie, anders word een of ander domain-eienaar bebombardeer vir geen
>> goeie rede nie.
>
> Absoluut! Baie wys van jou!
>
>> Wat dink julle van die nuwe een?
>
> Dis oulik. Soos ek gesê het - nou het ons twee Kaatjies. :-)
>
Re: Welkom Kaatjie [boodskap #58345 is 'n antwoord op boodskap #58344] Sa, 09 Maart 2002 21:51 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Waaierstertmuis  is tans af-lyn  Waaierstertmuis
Boodskappe: 1592
Geregistreer: Oktober 2001
Karma: 0
Senior Lid
On Sat, 09 Mar 2002 21:45:19 GMT, "kaatjie" wrote:

> 'n Positiewe boodskap, dankie!! Maar ek wil nie iemand anders se naam gryp
> nie, moet ek liewer 'n ander alias kies?

Jy is welkom. :-) Nee, jy hoef nie 'n ander alias te kies nie.
Shannon skryf gewoonlik as Kekkelbek, so dis alles in orde. Elkgeval,
jy mag hier wees net wie jy wil en/of waarmee jy gemaklik voel. Ek
sal later meer gesels - moet nou eers hardloop. Lekker kuier! :-)

Danielle (een van die muise)
Re: Welkom Kaatjie [boodskap #58346 is 'n antwoord op boodskap #58345] Sa, 09 Maart 2002 21:58 Na vorige boodskapna volgende boodskap
kaatjie  is tans af-lyn  kaatjie
Boodskappe: 22
Geregistreer: Maart 2002
Karma: 0
Junior Lid
Bye Danielle!

Geniet jou aand, en dankie vir die verwelkoming, dit beteken baie!

: )

"Streepmuis" skryf in boodskap news:jp0l8uo99kq42j6ou666ss2a4ihobjrlcs@4ax.com...
> On Sat, 09 Mar 2002 21:45:19 GMT, "kaatjie"
> wrote:
>
>> 'n Positiewe boodskap, dankie!! Maar ek wil nie iemand anders se naam gryp
>> nie, moet ek liewer 'n ander alias kies?
>
> Jy is welkom. :-) Nee, jy hoef nie 'n ander alias te kies nie.
> Shannon skryf gewoonlik as Kekkelbek, so dis alles in orde. Elkgeval,
> jy mag hier wees net wie jy wil en/of waarmee jy gemaklik voel. Ek
> sal later meer gesels - moet nou eers hardloop. Lekker kuier! :-)
>
> Danielle (een van die muise)
>
Re: Suid Afrika, 'n onveilige land? [boodskap #58347 is 'n antwoord op boodskap #58343] Sa, 09 Maart 2002 23:29 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Sterrenkijker[1]  is tans af-lyn  Sterrenkijker[1]
Boodskappe: 393
Geregistreer: November 2000
Karma: 0
Senior Lid
> Kan ek nou my onkunde meer duidelik maak, is jou taal Vlaams? Is daar enige
> dagblaaie/koerante op die internet in jou taal wat ek dalk sal verstaan?
>
> Groete
> Kaatjie
>
>
Verskoning, Kaatjie, ek glo daar is inderdaad koerante uit Vlaanderen
wat publiseer op die Internet maar hulle is, glo ek, baie bondig. Ek
sal volgende week daar eens vir op soek gaan. Ek sal jou daaromtrent
'n e-pos opstuur!

Norbert (uit Vlaanderen)
Re: Suid Afrika, 'n onveilige land? [boodskap #58348 is 'n antwoord op boodskap #58347] Sa, 09 Maart 2002 23:40 Na vorige boodskapna volgende boodskap
kaatjie  is tans af-lyn  kaatjie
Boodskappe: 22
Geregistreer: Maart 2002
Karma: 0
Junior Lid
Norbert, baie dankie, maar my e-pos gaan nie werk nie, dis 'n alias! Ek is
maar so sku, so as jy hier kan laat weet daarvan sal dit fantasties wees!

Dankie

"*Sterrenkijker*" skryf in boodskap news:3c8a99d4.268447@news.skynet.be...
>
>> Kan ek nou my onkunde meer duidelik maak, is jou taal Vlaams? Is daar enige
>> dagblaaie/koerante op die internet in jou taal wat ek dalk sal verstaan?
>>
>> Groete
>> Kaatjie
>>
>>
> Verskoning, Kaatjie, ek glo daar is inderdaad koerante uit Vlaanderen
> wat publiseer op die Internet maar hulle is, glo ek, baie bondig. Ek
> sal volgende week daar eens vir op soek gaan. Ek sal jou daaromtrent
> 'n e-pos opstuur!
>
> Norbert (uit Vlaanderen)
Re: Suid Afrika, 'n onveilige land? [boodskap #58351 is 'n antwoord op boodskap #58333] So, 10 Maart 2002 00:06 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Annette  is tans af-lyn  Annette
Boodskappe: 11114
Geregistreer: Augustus 2003
Karma: 1
Senior Lid
Ag sjeim man, jy is darem verskriklik kleinserig, en ons kan jou nie boelie
nie - jy sit dan glo ver weg?:))
Ek kan jou nie dwing om hier te bly nie, maar ons is 'n gawe klomp hier as
jy hare op jou tande het;)))
Annette

kaatjie skryf in boodskap news:yKqi8.11925$kF6.615624@news-binary.blueyonder.co.uk...
> Ja wat, ek dink sal maar vir my 'n ander kuierplek soek! Ek is nie 'n
> sucker vir punishment nie, en ek kan geen rede sien hoekom ek hoef te wees
> nie.
>
> Hoekom is (omtrent) almal so bitsig?? (O aarde nou gaan ek nog meer geboelie
> word)
>
> : )
>
> "Davie Davis" wrote in message
> news:2i8k8usl072ctol2q3ad515m9e7favd93p@4ax.com...
>> On Sat, 9 Mar 2002 16:48:28 +0200, "Annette"
>> wrote:
>>
>>> Ek het jou nog nie ontbloot gesien nie nie, so ek kan nog nie weet
> presies
>>> wat jy openbaar nie;)))
>>> Annette
>>>
>> lol...
>> O hemel Kaatjie, jy's geboelie van dat jy hier by die deur ingestap
>> het. Praat met my, ek's die nice ou hier rond. :-)))
>>
>
Re: Suid Afrika, 'n onveilige land? [boodskap #58352 is 'n antwoord op boodskap #58335] So, 10 Maart 2002 00:08 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Annette  is tans af-lyn  Annette
Boodskappe: 11114
Geregistreer: Augustus 2003
Karma: 1
Senior Lid
Of wat gaan Kaatjie doen as haar/sy beskermheer sy naamsteeltrieks op haar
begin uithaal?:))
Annette

Streepmuis skryf in boodskap news:vljk8uc15tfujccdj69823pj0a75m5cq8n@4ax.com...
> On Sat, 09 Mar 2002 19:36:00 +0200, Davie Davis wrote:
>
>
>> geien het. Op die oomblik kruip sy weg want sy's vrek bang vir my so
>> staan maar so half agter my.
>
> LOL! En ...um sê nou maar net dat Kaatjie is 'n mannetjie mens, DD?
> Sal jou aanbod nog dieselfde wees?
>
Re: Suid Afrika, 'n onveilige land? [boodskap #58355 is 'n antwoord op boodskap #58341] So, 10 Maart 2002 00:17 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Annette  is tans af-lyn  Annette
Boodskappe: 11114
Geregistreer: Augustus 2003
Karma: 1
Senior Lid
Ag foeitog Norbert, jy is eintlik hopeloos verkeerd.
Ons is eintlik baie trots daarop dat ons nog baie lekker hier lewe.
Jy moet tog nie vir my vertel dat jy nou nog nie weet dat koerante nie
eintlik goeie nuus skrywe nie.
Annette

*Sterrenkijker* skryf in boodskap news:3c8a7bd1.1111060@news.skynet.be...
> Hallo, elkeen,
>
> Ek het gister die koerant gelees op die Internet (Die Burger)..
> Ek weet nie... Ek het so'n gevoel dis gedaan met Suid-Afrika,
> afgelope, fini. Die Apartheid was 'n skande vir die land maar julle
> het die demokrasie te vlug ingevoer. Die swartmense is nog nie
> ryp vir hierdie staatsvorm nie. Dit gaan kom maar ek sien eerst
> nog die land heeltemal te gronde gaan, soos dit in Zimbabwe
> nou aan die gang is.
>
> Die groete van
>
> Norbert (uit Vlaanderen)
>
> (Verskoning vir die spellings- en andere taalfoute!)
Re: Welkom Kaatjie [boodskap #58356 is 'n antwoord op boodskap #58342] So, 10 Maart 2002 00:19 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Annette  is tans af-lyn  Annette
Boodskappe: 11114
Geregistreer: Augustus 2003
Karma: 1
Senior Lid
Die bleddie Kanadees hou van Vaaljapie!!.
Ek skop hom Maandag uit:))
Annette

Streepmuis skryf in boodskap news:etvk8ucmoaifv4buat69staq479hi1nqn4@4ax.com...
> On Sat, 09 Mar 2002 21:28:15 GMT, "kaatjie"
> wrote:
>
>> Ok, ek oortree my eie voorneme, hier sê ek weer iets! (Moet seker die
>> rooiwyn wees)
>
> Jy is dan in goeie geselskap hier. Miskien sal Davie jou later
> voorstel aan al die karakters wat hier leef. Maar net vinnig wil ek
> sê dat ons 'n rooiwynliefhebber het met die naam van Annette - sy is
> ongelukkig besig met haar Kanadees op die oomblik. Ons het ook 'n
> ander Kaatjie hier - sy is Kaatjie Kekkelbek.
> So, baie welkom! :-)
>
>> Sal dit julle laat beter voel as ek my e-mail verander?? Die rede dat dit
>> iets so belaglik is is die feit dat die enigste ding wat ek weet van
>> nuusgroepe is dat dit erg onveilig is om jou regte e-mail adres te gebruik.
>> Spammers se droom! En ook dat die domain deel daarvan nie iets geldig moet
>> wees nie, anders word een of ander domain-eienaar bebombardeer vir geen
>> goeie rede nie.
>
> Absoluut! Baie wys van jou!
>
>> Wat dink julle van die nuwe een?
>
> Dis oulik. Soos ek gesê het - nou het ons twee Kaatjies. :-)
>
Re: Suid Afrika, 'n onveilige land? [boodskap #58367 is 'n antwoord op boodskap #58323] So, 10 Maart 2002 10:30 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Hantamkind  is tans af-lyn  Hantamkind
Boodskappe: 263
Geregistreer: Desember 2001
Karma: 0
Senior Lid
Norbert, skuif so bietjie op om vir Dina plek te maak hier in die klas. So
ja.
(En hou op om haar hare te trek en as jy weer vir haar gesigte maak dan klop
ek vir jou.)

Goed so. Dina, as jy in die Afrikaanse toets skryf "die man het de courant
afgelewer" dan gaan meneer 'n groot rooi kruis daardeur trek. Of daar nou so
'n Belgiese woord bestaan of te not.

Daar lui die klok. Toe, gaan speel julle twee ... : )

Meneer Hantam met die kweperlat

skryf in boodskap news:3C8A1C00.70709@rogers.com...
>
> Hantamkind wrote:
>
>
>> Jy kan se :
>>
>> 1. de krant - (nederlands) of
>> 2. die koerant (afr)
>>
>> maar "de koerant" gaan vir jou geen sterretjies op die voorkop verdien
nie.
>
>
> Ek dink nie jy moet so gou praat nie.
> Aangesien die woord "koerant" van die
> Franse "courant" vandaan kom, het die
> Belge heelwaarskynlik dié woord ook in
> hulle woordeskat.
>
> Gloudina
>
Re: Suid Afrika, 'n onveilige land? [boodskap #58368 is 'n antwoord op boodskap #58294] So, 10 Maart 2002 10:59 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Hein...  is tans af-lyn  Hein...
Boodskappe: 13
Geregistreer: November 2001
Karma: 0
Junior Lid
> Ek het 'n vraagjie vir die Afrikaners hier...
> Suid Afrika is nou bekend as 'n baie onveilige land met baie misdaad
> daarin. Ek het gister nog 'n praatjie gehad met my vriendin in Port
> Elizabeth via 'n webchat en sy het gesê dis waar.
> Maar nou sou ek tog wou geweet het of dit in vroeër jare ook altyd so
> gewees het. Wanneer is die onveiligheid in die land gekom? Is dit deur
> die afskaffing van die Apartheid gekom of is dit 'n fenomeen wat altyd
> bestaan het?

Apartheid het die gemors apart gehou. Nou is die gemors orals.
Re: Suid Afrika, 'n onveilige land? [boodskap #58369 is 'n antwoord op boodskap #58296] So, 10 Maart 2002 11:00 Na vorige boodskapNa vorige boodskap
Hein...  is tans af-lyn  Hein...
Boodskappe: 13
Geregistreer: November 2001
Karma: 0
Junior Lid
> Feit.
> In Suid Afrika sterf meer mense geweldadig as in enige ander land wat
> nie in 'n oorlog gewikkel is nie.

Meer mense sterf persentasie gewys in RSA as in die Israel-Palenstynse oorlog.
Vorige onderwerp: ek skud van die lag!
Volgende onderwerp: Vir Annette (vanweë Norbert)
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Wo Mei 29 06:31:27 MGT 2024