Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Prosa & poësie » " Blom van die Baaierd" 2 deur D.J. OPPERMAN
" Blom van die Baaierd" 2 deur D.J. OPPERMAN [boodskap #58244] Do, 07 Maart 2002 13:31
Anoniem
Oorspronklik gepos deur: @rogers.com

BLOM VAN DIE BAAIERD (vervolg)

Oor duin na duin in gange krag- en doringdraad
kraak deur landskulpe elke duisend voet
grys stewels van woestynkonstabels wat paraat
onder die Suiderkruis of kalkerige gloed
dié oerbewoonde kamp met karabyn bewaak.

Ovambo's pas daarbuite karakoele op en skree
van bult tot bult 'n boodskap oor
na Brakfontein, 'n dorp soos elke dorp geleë
met sy lokasie, blikkiesbuurt en poskantoor,
rooi petrolpompe en die S.A.P.

'n Kampwag slenter deur die onderdorp en draai
'n rukkie in waar "Die Blink Skoen"
roeserig in die duinwind piep en swaai,
en fluister vir die boggelman ou Skewe Koen
wat rympies maak terwyl hy bandoliere naai.

(word vervolg)
Vorige onderwerp: " Egipte " deur FERDI GREYLING
Volgende onderwerp: "Blom van die Baaierd" (3) deur D.J. OPPERMAN
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Sa Mei 11 09:31:06 MGT 2024