Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Algemeen » Koeitjies & kalfies » PADANG -- C. Louis Leipoldt
PADANG -- C. Louis Leipoldt [boodskap #5793] Wo, 14 Februarie 1996 00:00
Izak Bouwer  is tans af-lyn  Izak Bouwer
Boodskappe: 465
Geregistreer: Januarie 1996
Karma: 0
Senior Lid
PADANG
C. Louis Leipoldt

Dis Padang hier. Waar die hibiskus ophou,
daar word die veld 'n wilde wereld, vol
met fyn-geblaarde bossies, vyf duim hoog,
die hele helling van die berge op
tot boontoe. Snaakse bossies, hierdie, snaaks --
want as jy net 'n blaartjie aanraak, tril’t
die hele helling van die berge op,
en elke blaartjie vou hom toe en slaap,
om na 'n rukkie wakker weer te word
en weerom toe te gaan as jy hom raak.
Ek wonder, is dit net so met die land
en met sy mense? Moet jy vrinde maak
versigtig en geduldig -- nie te stoor
die fyngevoeligheid van elke vent
voordat jy hom kan hand gee as 'n vrind?
Dis Padang hier, en kruidjie-roer-my-nie
die hele helling van die berge op.
Vorige onderwerp: [AFRIKAANS:6113] Re: Private diskriminasie
Volgende onderwerp: boring
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Ma Mei 13 23:15:56 MGT 2024