Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Prosa & poësie » " Muezzen " deur FERDI GREYLING
" Muezzen " deur FERDI GREYLING [boodskap #57216] So, 10 Februarie 2002 14:20 na volgende boodskap
Anoniem
Oorspronklik gepos deur: @rogers.com

MUEZZEN
Kensington, Johannesburg

Pers jakarandas in die geel lente
onder 'n lug vol purper wolke.

Voor dit reën
hardloop die wind
soos kinders in die pad af.

Laatmiddag spoel die son
oranje oor die stad
en vroeg in die aand
dryf die moskee se klanke
soos lig na bo
om God hoog in die sterre te soek.
Re: " Muezzen " deur FERDI GREYLING [boodskap #57217 is 'n antwoord op boodskap #57216] So, 10 Februarie 2002 14:48 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Arthur  is tans af-lyn  Arthur
Boodskappe: 609
Geregistreer: September 2001
Karma: 0
Senior Lid
Gloudina schreef...
> en vroeg in die aand
> dryf die moskee se klanke
> soos lig na bo
> om God hoog in die sterre te soek.

Ek het 'n bietjie moeite om die aanroep van die muëzzin as die klanke van
die moskee wat na God soek te sien. Die letterlike vertaling van muëzzin is
'omroeper'; sy roep is niet gerig op God daarbowe, maar op die mense beneë.

Groete,
Arthur
Re: " Muezzen " deur FERDI GREYLING [boodskap #57218 is 'n antwoord op boodskap #57217] So, 10 Februarie 2002 15:27 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Anoniem
Oorspronklik gepos deur: @rogers.com

Arthur Hagen wrote:

>
>> en vroeg in die aand
>> dryf die moskee se klanke
>> soos lig na bo
>> om God hoog in die sterre te soek.

>
> Ek het 'n bietjie moeite om die aanroep van die muëzzin as die klanke van
> die moskee wat na God soek te sien. Die letterlike vertaling van muëzzin is
> 'omroeper'; sy roep is niet gerig op God daarbowe, maar op die mense beneë.

In digwerk, Arthur, word die strenge
reëls van die MENSGEMAAKTE logika
opgehef. Die siening van die heelal
as 'n materialistiese maaksel word
ook opgehef. Dit is dan dat mens kan
praat van 'n klank wat " soos lig"
kan word. Ek neem aan dat die titel
nie net verwys na die letterlike
betekenis van "muezzin" nie, maar dat
die hele gedig wil aandui dat alles,
letterlik alles, dit wat jy sien en
dit wat jy hoor en dit wat jy nie
sien of hoor nie, alles deelneem aan
die "soeke na God."
In hierdie gedig is dit ook belangrik
om te verstaan dat die digter die moskee
waarvan gepraat word, aandui as gesetel
in Kensington, Johannesburg. Dus binne
'n groot en besoedelde wêreldstad wat soos
'n Babylon nie onmiddellik vir mens sal laat
dink dat dit daar is dat jy 'n "soeke na" en
'n "aanroep van" God sal vind nie. Dit maak
die gedig dus nog meer ontroerend.
En, vir mense wat Johannesburg se
atmosfeer en klimaat daar op die hoëveld
ken, roep hierdie beskrywing van die wind
en die wolke en die kwaliteit van die lug
en die lig ook diep assosiasies op. Mens kan
alleen hoop dat die verwysing na die wind en
die lig en die hoë lug vir iemand wat nie vir
Johannesburg ken nie, toeganklik gemaak word
deur die manier waarop dit in die gedig beskryf
word.

Gloudina
Re: " Muezzen " deur FERDI GREYLING [boodskap #57226 is 'n antwoord op boodskap #57218] So, 10 Februarie 2002 17:00 Na vorige boodskap
Jonas  is tans af-lyn  Jonas
Boodskappe: 1070
Geregistreer: September 2001
Karma: 0
Senior Lid
Arthur - moet nie met Antie Tottie redekawel nie. Sy het die patentereg op
"insig" en die "waarheid" ...

En Ferdi Greyling is haar agter(uit)ryer ....

skryf in boodskap news:3C669281.2080409@rogers.com...
>
> Arthur Hagen wrote:
>
>
>>
>>> en vroeg in die aand
>>> dryf die moskee se klanke
>>> soos lig na bo
>>> om God hoog in die sterre te soek.
>
>>
>> Ek het 'n bietjie moeite om die aanroep van die muëzzin as die klanke van
>> die moskee wat na God soek te sien. Die letterlike vertaling van muëzzin is
>> 'omroeper'; sy roep is niet gerig op God daarbowe, maar op die mense beneë.
>
>
> In digwerk, Arthur, word die strenge
> reëls van die MENSGEMAAKTE logika
> opgehef. Die siening van die heelal
> as 'n materialistiese maaksel word
> ook opgehef. Dit is dan dat mens kan
> praat van 'n klank wat " soos lig"
> kan word. Ek neem aan dat die titel
> nie net verwys na die letterlike
> betekenis van "muezzin" nie, maar dat
> die hele gedig wil aandui dat alles,
> letterlik alles, dit wat jy sien en
> dit wat jy hoor en dit wat jy nie
> sien of hoor nie, alles deelneem aan
> die "soeke na God."
> In hierdie gedig is dit ook belangrik
> om te verstaan dat die digter die moskee
> waarvan gepraat word, aandui as gesetel
> in Kensington, Johannesburg. Dus binne
> 'n groot en besoedelde wêreldstad wat soos
> 'n Babylon nie onmiddellik vir mens sal laat
> dink dat dit daar is dat jy 'n "soeke na" en
> 'n "aanroep van" God sal vind nie. Dit maak
> die gedig dus nog meer ontroerend.
> En, vir mense wat Johannesburg se
> atmosfeer en klimaat daar op die hoëveld
> ken, roep hierdie beskrywing van die wind
> en die wolke en die kwaliteit van die lug
> en die lig ook diep assosiasies op. Mens kan
> alleen hoop dat die verwysing na die wind en
> die lig en die hoë lug vir iemand wat nie vir
> Johannesburg ken nie, toeganklik gemaak word
> deur die manier waarop dit in die gedig beskryf
> word.
>
> Gloudina
>
Vorige onderwerp: Die nuwe Groot Verseboek
Volgende onderwerp: " Ek vra jou mos" deur DAVID KRAMER
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Sa Mei 11 16:42:08 MGT 2024