Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Algemeen » Koeitjies & kalfies » Al is dit laat...
Al is dit laat... [boodskap #55710] Vr, 18 Januarie 2002 07:56 na volgende boodskap
Drom[1]  is tans af-lyn  Drom[1]
Boodskappe: 333
Geregistreer: November 2001
Karma: 0
Senior Lid
... ek graag alle lesers van en possers op die ng alles van die beste
toewens vir hierdie jaar.

Ek was lanklaas hier omdat
a) ek teen die einde van laasjaar in 'n soort van "oorgangsfase" :))
in my lewe was
b) tydens ons vakansie in Riversdal het ek net toegang tot 'n klomp
Macs gehad, wat aan soveel drukkers, snyers, scanners ens. gekoppel is
dat ek bang was om die any key te druk
c) by ons terugkoms was daar bietjie hardeware probleme met my huis PC
d) ek het eers gister gehoor ek is weer aangestel en sit nou hier en
mors "amptelike" tyd omdat hier absoluut niks aangaan nie.

Tobie, ek sou graag wou kontak maak daar op Riversdal maar as ek mos
nou daar aanland is ek dadelik faktotum, handlanger, pakdier, bode,
bestuurder, noem dit, met die gevolg dat my agterent selde met rubber,
plank of vere kennis maak. Boonop was daar familie in Takkieskloof en
was ons 'n paar dae na Thys se plek toe. Ek het jou darem gesien. Op
Saterdag 5 Jan het ons op George (!) gaan fliek en toe ons so teen 8
uur die oggend die steilte die dorp uitgaan toe sien ek 'n fikse jong
man wat met lang tree die bult afkom met 'n ewe fikse jong dame wat
agter hom aanhuppel :))

(Het "Lord of the Rings" gaan kyk met ons seun. Lang pad, lang fliek)

Groete, Drom
Re: Al is dit laat... [boodskap #55711 is 'n antwoord op boodskap #55710] Vr, 18 Januarie 2002 08:07 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Annette  is tans af-lyn  Annette
Boodskappe: 11114
Geregistreer: Augustus 2003
Karma: 1
Senior Lid
Welkom Drom, dankie, en geluk dat jy weer is waar jy moet wees:)
Annette

Drom skryf in boodskap news:1e507c17.0201172356.60389dba@posting.google.com...
> ... ek graag alle lesers van en possers op die ng alles van die beste
> toewens vir hierdie jaar.
>
> Ek was lanklaas hier omdat
> a) ek teen die einde van laasjaar in 'n soort van "oorgangsfase" :))
> in my lewe was
> b) tydens ons vakansie in Riversdal het ek net toegang tot 'n klomp
> Macs gehad, wat aan soveel drukkers, snyers, scanners ens. gekoppel is
> dat ek bang was om die any key te druk
> c) by ons terugkoms was daar bietjie hardeware probleme met my huis PC
> d) ek het eers gister gehoor ek is weer aangestel en sit nou hier en
> mors "amptelike" tyd omdat hier absoluut niks aangaan nie.
>
> Tobie, ek sou graag wou kontak maak daar op Riversdal maar as ek mos
> nou daar aanland is ek dadelik faktotum, handlanger, pakdier, bode,
> bestuurder, noem dit, met die gevolg dat my agterent selde met rubber,
> plank of vere kennis maak. Boonop was daar familie in Takkieskloof en
> was ons 'n paar dae na Thys se plek toe. Ek het jou darem gesien. Op
> Saterdag 5 Jan het ons op George (!) gaan fliek en toe ons so teen 8
> uur die oggend die steilte die dorp uitgaan toe sien ek 'n fikse jong
> man wat met lang tree die bult afkom met 'n ewe fikse jong dame wat
> agter hom aanhuppel :))
>
> (Het "Lord of the Rings" gaan kyk met ons seun. Lang pad, lang fliek)
>
> Groete, Drom
Re: Al is dit laat... [boodskap #55740 is 'n antwoord op boodskap #55711] Vr, 18 Januarie 2002 17:44 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Drom[1]  is tans af-lyn  Drom[1]
Boodskappe: 333
Geregistreer: November 2001
Karma: 0
Senior Lid
"Annette" skryf in boodskap news:...
> Welkom Drom, dankie, en geluk dat jy weer is waar jy moet wees:)
> Annette
>

Baie dankie Annette. Dis net dat die koorspennetjie al vroeer begin bars.

Goed gaan, Drom

(It's hard to soar like an eagle if you're working with turkeys.
Sommer van 'n koffiebeker af.)
Re: Al is dit laat... [boodskap #55763 is 'n antwoord op boodskap #55710] Vr, 18 Januarie 2002 20:33 Na vorige boodskap
®Tobie©  is tans af-lyn  ®Tobie©
Boodskappe: 379
Geregistreer: September 2001
Karma: 0
Senior Lid
"Drom
: ... ek graag alle lesers van en possers op die ng alles van die beste
: toewens vir hierdie jaar.
~~
ook aan jou en joune ..... mag jou drom die oerwoud en sy inwoners laat bewe
van angs.
~~
: Ek was lanklaas hier omdat
: a) ek teen die einde van laasjaar in 'n soort van "oorgangsfase" :))
: in my lewe was
~~
soos Dani sê, Salusa 90 sit weer die skop terug in die lewe :-)
~~
: b) tydens ons vakansie in Riversdal het ek net toegang tot 'n klomp
: Macs gehad, wat aan soveel drukkers, snyers, scanners ens. gekoppel is
: dat ek bang was om die any key te druk
~~
net ommie draai en nie ver van Takkieskloof nie, is daar 'n doodgewone PC
wat jy kon gebruik het met die grootste liefde.
~~
: c) by ons terugkoms was daar bietjie hardeware probleme met my huis PC
~~
iets soos die volgende op die skerm vertoon? "Do not detect HD" nadat jy
sulke metaalklanke gehoor het wat klink soos 'n teelepel wat teen 'n leë
koppie se rand getik word.
~~
: d) ek het eers gister gehoor ek is weer aangestel en sit nou hier en
: mors "amptelike" tyd omdat hier absoluut niks aangaan nie.
~~
as dit is wat jy wil hê, baie geluk.
~~
: Tobie, ek sou graag wou kontak maak daar op Riversdal maar as ek mos
: nou daar aanland is ek dadelik faktotum, handlanger, pakdier, bode,
: bestuurder, noem dit, met die gevolg dat my agterent selde met rubber,
: plank of vere kennis maak.
~~
Hmmm ..... 'n ou wat so lieg, steel ook. :-) Ek kon ook seker daar 'n draai
kom maak het.
Maar om die waarheid te sê het dit my ontgaan dat jy hierheen sou kom. So ek
is ook maar skuldig.
~~
Boonop was daar familie in Takkieskloof en
: was ons 'n paar dae na Thys se plek toe.
~~
Thys vannie Bos?
vrek eerder voor ek vra waar Thys se plek is.
~~
Ek het jou darem gesien. Op
: Saterdag 5 Jan het ons op George (!) gaan fliek en toe ons so teen 8
: uur die oggend die steilte die dorp uitgaan toe sien ek 'n fikse jong
: man wat met lang tree die bult afkom met 'n ewe fikse jong dame wat
: agter hom aanhuppel :))
~~
Ja, jy's reg, ek was Jakkalsnek uit daardie oggend met ma. Opdraend is ek
agter, probleem met my gewig. Afdraend is ek voor, voordeel van gewig :-)
Ek hou van die beskrywing 'fikse jong', wonderlike Afrikaanse woordeskat wat
jy gebruik. :-)
~~
:
: (Het "Lord of the Rings" gaan kyk met ons seun. Lang pad, lang fliek)
:
: Groete, Drom
~~
groete aan jou ook Snaardrom.
--
------------------------------------------------
Our attitude always tells others what we expect
in return.
------------------------------------------------
Vorige onderwerp: Re: Future Advice for: Conditions of Entry Initiative
Volgende onderwerp: Lees - BELANGRIK!!!
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Di Mei 21 13:22:55 MGT 2024