Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Algemeen » Koeitjies & kalfies » Ethekwini??
Ethekwini?? [boodskap #55526] Wo, 16 Januarie 2002 09:56 na volgende boodskap
Sakkie[4]  is tans af-lyn  Sakkie[4]
Boodskappe: 383
Geregistreer: November 2001
Karma: 0
Senior Lid
Sien nou net op my elektrisiteit rekening dat die Durban Metro
munisipaliteit nou bekend staan as "Ethekwini Municipality". Siende dat ek
hier so af en toe my belasting en goed betaal, sou 'n ou nou dink dat daar
iewers 'n bespreking sou wees waar almal hul opinie kon opper. Nou-ja, ons
ouens wat betaal is in die minderheid so jy moet seker maar jou bek hou.

"Ag pleeeze deddy" sal nie werk sonder Duhban nie. Jeremy sal maar sukkel.

Ek wonder wat so 'n naamsverandering kos en hoe regverdig 'n ou dit terwyl
ons ekonomie nou nie juis opslae maak nie.
Re: Ethekwini?? [boodskap #55534 is 'n antwoord op boodskap #55526] Wo, 16 Januarie 2002 12:57 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Threeships 'did you s  is tans af-lyn  Threeships 'did you s
Boodskappe: 200
Geregistreer: November 2001
Karma: 0
Senior Lid
On Wed, 16 Jan 2002 11:56:11 +0200, "Sakkie" sent the
following message to space station Earth:

> Sien nou net op my elektrisiteit rekening dat die Durban Metro
> munisipaliteit nou bekend staan as "Ethekwini Municipality". Siende dat ek
> hier so af en toe my belasting en goed betaal, sou 'n ou nou dink dat daar
> iewers 'n bespreking sou wees waar almal hul opinie kon opper. Nou-ja, ons
> ouens wat betaal is in die minderheid so jy moet seker maar jou bek hou.
>
> "Ag pleeeze deddy" sal nie werk sonder Duhban nie. Jeremy sal maar sukkel.
>
> Ek wonder wat so 'n naamsverandering kos en hoe regverdig 'n ou dit terwyl
> ons ekonomie nou nie juis opslae maak nie.
>

ek hoor oor die draadloos nou die dag dat hulle wil kyk daarna om van
die provinsies, wat nog nie etniese name het nie, se name te verander.
dis nou goeters met `n windrigting as deel van die naam. vir wat nou
sal net hulle weet. ek wonner ook maar wie nou eintelik hiervoor gaan
betaal, o sorry amper vergeet ek, ons natuurlik. dis dieselfde storie
met die straat name wat almal links en regs verander. plaas daarvan
dat hulle maar vir madiba sy eie splinternuwe paaitjie gee word een
herdoop. dit lyk vir my asof iemand vasbeslote is om die geskiedenis
te probeer uitwis. geskiedenis is geskiendenis, die goed en die sleg,
regardless.

Threeships 'did you see that?' McDuck
www.mothership.co.za
Re: Ethekwini?? [boodskap #55539 is 'n antwoord op boodskap #55534] Wo, 16 Januarie 2002 14:18 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Anoniem
Oorspronklik gepos deur: @rogers.com

Threeships 'did you see that?? ' Mcduck wrote:

dit lyk vir my asof iemand vasbeslote is om die geskiedenis
> te probeer uitwis. geskiedenis is geskiendenis, die goed en die sleg,
> regardless.

Ek neem aan dat jy dink dat Adam en Eva betrokke
was in die benoeming van plekke in Suid-Afrika, en
dat hulle nie vantevore ander name gehad het nie.
Johannesburg was maar altyd Egoli in die "volksmond"
- daardie tagtig persent van die SA bevolking wat
nie "die regte kleur" in die ou dae gehad het nie.
Hoekom is Johannesburg nog Johannesburg vandag? Dis
bloot om die sensibilities van die wit mense in ag
te neem. Terloops, wie was die Johannes in Johannesburg?
Ethekwini is die naam wat Durban in dieselfde
volksmond gehad het. Ek weet. Ek het dertig myl van
Durban af gebly en het mense dit gedurig hoor gebruik.
Hulle maak nou offisieel wat vir baie jare onoffisieel
in die volksmond bestaan het.

Gloudina
Re: Ethekwini?? [boodskap #55543 is 'n antwoord op boodskap #55526] Wo, 16 Januarie 2002 14:48 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Annette  is tans af-lyn  Annette
Boodskappe: 11114
Geregistreer: Augustus 2003
Karma: 1
Senior Lid
Sakkie - ek sien jy het alweer 'n bietjie huiswerk:)))
Blykbaar het Durban al bestaan voordat ons daarvan geweet het, en toe was
dit die naam:))
Die SA Nasionale Museum het ook 'n nuwe naam. Iziko.
Binnekort is ons die langverwagte toeristemekka met miljoene toeriste wat
doelloos rondwaal - geen idee waarna hulle moet gaan nie:)))
Annette

Sakkie skryf in boodskap news:3c454f41$0$234@hades.is.co.za...
> Sien nou net op my elektrisiteit rekening dat die Durban Metro
> munisipaliteit nou bekend staan as "Ethekwini Municipality". Siende dat ek
> hier so af en toe my belasting en goed betaal, sou 'n ou nou dink dat daar
> iewers 'n bespreking sou wees waar almal hul opinie kon opper. Nou-ja, ons
> ouens wat betaal is in die minderheid so jy moet seker maar jou bek hou.
>
> "Ag pleeeze deddy" sal nie werk sonder Duhban nie. Jeremy sal maar sukkel.
>
> Ek wonder wat so 'n naamsverandering kos en hoe regverdig 'n ou dit terwyl
> ons ekonomie nou nie juis opslae maak nie.
>
Re: Ethekwini?? [boodskap #55544 is 'n antwoord op boodskap #55539] Wo, 16 Januarie 2002 14:50 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Threeships 'did you s  is tans af-lyn  Threeships 'did you s
Boodskappe: 200
Geregistreer: November 2001
Karma: 0
Senior Lid
On Wed, 16 Jan 2002 14:18:24 GMT, "@rogers.com" sent the
following message to space station Earth:

> Ek neem aa%%@#%#$%#$%$#%#$%#$%#$%#$%#$ trokke
> was in die benoeming &*&^%^$#@$%%$&&&%a, en
> dat hulle nie vantevore ander name gehad het nie.
> Johannesbur &^%$#@%^&*(&&^%^&^*&(&^ "volksmond"
> - daardie tagtig persent van die SA bevolking wat
> nie "die ))(*&^%$#@#$%^&)(*&^$%#$%^& ad het nie.
> Hoekom is Johannesburg nog Johannesburg vandag? Dis
> bloot om die s(&^%$##%^^&(*(*&%$^%&& in ag

sorry handdoekie, jou post het bietjie gescramble geraak. seker omdat
jy so veeeeeeeeeeeeer is. kom so bietjie nader, sodat ek beter kan
hoor, dan kan ons oor die land waar ekke bly praat.

btw niemand beweer dat die etniese naampies niks beteken nie, ek noem
slegs dat dit `n moerse mors van geld en resources is wat meer wys
aangewend kan word. dit nou in tyde wat ons groter issues het om mee
te deal as gister se 12 duim sneeu val en nou is die donnerse snow
shovel weg.

Threeships 'did you see that?' McDuck
www.mothership.co.za
Re: Ethekwini?? [boodskap #55545 is 'n antwoord op boodskap #55539] Wo, 16 Januarie 2002 15:01 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Sakkie[4]  is tans af-lyn  Sakkie[4]
Boodskappe: 383
Geregistreer: November 2001
Karma: 0
Senior Lid
skryf in boodskap news:3C458C7C.7030701@rogers.com...
>
> Threeships 'did you see that?? ' Mcduck wrote:
>
>
> dit lyk vir my asof iemand vasbeslote is om die geskiedenis
>> te probeer uitwis. geskiedenis is geskiendenis, die goed en die sleg,
>> regardless.
>
>
>
> Ek neem aan dat jy dink dat Adam en Eva betrokke
> was in die benoeming van plekke in Suid-Afrika, en
> dat hulle nie vantevore ander name gehad het nie.
> Johannesburg was maar altyd Egoli in die "volksmond"
> - daardie tagtig persent van die SA bevolking wat
> nie "die regte kleur" in die ou dae gehad het nie.
> Hoekom is Johannesburg nog Johannesburg vandag? Dis
> bloot om die sensibilities van die wit mense in ag
> te neem. Terloops, wie was die Johannes in Johannesburg?
> Ethekwini is die naam wat Durban in dieselfde
> volksmond gehad het. Ek weet. Ek het dertig myl van
> Durban af gebly en het mense dit gedurig hoor gebruik.
> Hulle maak nou offisieel wat vir baie jare onoffisieel
> in die volksmond bestaan het.
>
> Gloudina
>
Ai Ta G, jy weet, as jou benadering net bietjie sagter was sou almal hier
baie meer van jou gehou het. In beginsel stem ek heeltemal met jou saam.
My bekommernis is dat hierdie tipe goed ongelooflik baie geld kos en ek weet
ons kon die geld beter gebruik het elders.
Ek dink jy wou "sensitivities" hier bo gebruik het en nie sensibilities nie.
Ek sou ook dink dat jy weet dit is nie Ethekwini nie maar eThekwini.
Re: Ethekwini?? [boodskap #55546 is 'n antwoord op boodskap #55544] Wo, 16 Januarie 2002 15:32 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Anoniem
Oorspronklik gepos deur: @rogers.com

Threeships 'did you see that?? ' Mcduck wrote:

> On Wed, 16 Jan 2002 14:18:24 GMT, "@rogers.com" sent the
> following message to space station Earth:

Tot tyd en wyl jy jou pennaam Afrikaans
maak en die res van jou gebrabbel in
Afrikaans skryf, dink ek nie dat ek enig-
sins tyd op jou hoef te verspil nie.
Jy is 'n totale hanskakie, wat dink dis
chic om jou pennaam en al die ander
gebrabbel in Engels te gebruik. Nou veg
jy al vir Durban ook. Weet jy waar kom
daardie naam vandaan? Van 'n Engelse
offisier wie se naam nie Durban was nie,
maar D'Urban. ( En ek neem aan dat hulle
nie die stad se naam verander nie. Net die
groter munisipale omgewing, waar die nie-
blanke bevolking seker meer as 95% van die
inwoners uitmaak.)

Tant Hessie van die strydkomitee teen die
hanskakies wat 'n bedreiging is vir die
welstand van die Derde Republiek wat ontstaan
het na die Derde Vryheidsoorlog.
Re: Ethekwini?? [boodskap #55547 is 'n antwoord op boodskap #55545] Wo, 16 Januarie 2002 15:43 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Anoniem
Oorspronklik gepos deur: @rogers.com

Sakkie wrote:

In beginsel stem ek heeltemal met jou saam.
> My bekommernis is dat hierdie tipe goed ongelooflik baie geld kos en ek weet
> ons kon die geld beter gebruik het elders.
> Ek dink jy wou "sensitivities" hier bo gebruik het en nie sensibilities nie.
> Ek sou ook dink dat jy weet dit is nie Ethekwini nie maar eThekwini.

Ek hoop jy (of jou ouers) het geobjekteer teen
die ongelooflik baie geld wat daar deur die
apartheidsregime uitgegee is om hulle bantustans
tot stand te bring?
En ek het bedoel om "sensibilities" te gebruik.
Gaan kyk in die woordeboek. Dit beteken, onder
andere, " mental or emotional responsiveness
towards something, as the feelings of another."

Tant Hessie D'Urban
Re: Ethekwini?? [boodskap #55553 is 'n antwoord op boodskap #55545] Wo, 16 Januarie 2002 17:31 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Anoniem
Oorspronklik gepos deur: @rogers.com

Sakkie wrote:

> Ek sou ook dink dat jy weet dit is nie Ethekwini nie maar eThekwini.

Nou hoekom het jy dit oorspronklik met 'n
hoofletter E gespel? Het jy nou skielik
besluit om die sensibiliteite van die Zoeloes
in aanmerking te neem?

Tant Hessie van Helsdingen-Mtuli
Re: Ethekwini?? [boodskap #55554 is 'n antwoord op boodskap #55539] Wo, 16 Januarie 2002 17:43 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Jonas  is tans af-lyn  Jonas
Boodskappe: 1070
Geregistreer: September 2001
Karma: 0
Senior Lid
En wat het "hulle" Egoli genoem voordat goud ontdek is, O Wyse Antie Tottie?
Asseblief - ons is nie almal dom en onnosel nie ....
skryf in boodskap news:3C458C7C.7030701@rogers.com...
>
> Threeships 'did you see that?? ' Mcduck wrote:
>
>
> dit lyk vir my asof iemand vasbeslote is om die geskiedenis
>> te probeer uitwis. geskiedenis is geskiendenis, die goed en die sleg,
>> regardless.
>
>
>
> Ek neem aan dat jy dink dat Adam en Eva betrokke
> was in die benoeming van plekke in Suid-Afrika, en
> dat hulle nie vantevore ander name gehad het nie.
> Johannesburg was maar altyd Egoli in die "volksmond"
> - daardie tagtig persent van die SA bevolking wat
> nie "die regte kleur" in die ou dae gehad het nie.
> Hoekom is Johannesburg nog Johannesburg vandag? Dis
> bloot om die sensibilities van die wit mense in ag
> te neem. Terloops, wie was die Johannes in Johannesburg?
> Ethekwini is die naam wat Durban in dieselfde
> volksmond gehad het. Ek weet. Ek het dertig myl van
> Durban af gebly en het mense dit gedurig hoor gebruik.
> Hulle maak nou offisieel wat vir baie jare onoffisieel
> in die volksmond bestaan het.
>
> Gloudina
>
Re: Ethekwini?? [boodskap #55556 is 'n antwoord op boodskap #55547] Wo, 16 Januarie 2002 17:48 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Sakkie[4]  is tans af-lyn  Sakkie[4]
Boodskappe: 383
Geregistreer: November 2001
Karma: 0
Senior Lid
skryf in boodskap news:3C45A06E.2000705@rogers.com...
>
> Sakkie wrote:
>
>
> In beginsel stem ek heeltemal met jou saam.
>> My bekommernis is dat hierdie tipe goed ongelooflik baie geld kos en ek weet
>> ons kon die geld beter gebruik het elders.
>> Ek dink jy wou "sensitivities" hier bo gebruik het en nie sensibilities nie.
>> Ek sou ook dink dat jy weet dit is nie Ethekwini nie maar eThekwini.
>
>
> Ek hoop jy (of jou ouers) het geobjekteer teen
> die ongelooflik baie geld wat daar deur die
> apartheidsregime uitgegee is om hulle bantustans
> tot stand te bring?
Nee tannie, ons het nie, waarom sou ons. Ons is van kindsbeen af
grootgemaak en die hele stelsel was daarop ingestel om ons te laat verstaan
dat dit is hoe dinge behoort te wees. Dit is eers later jare wat 'n ou
persoonlik met die buiteland kontak gemaak het en daar rondbeweeg dat jy
agterkom dinge is mos nie soos dit altyd vir jou voorgehou is nie. Noudat
ons ons bes probeer om iets daaromtrent te doen sit jy in Kanada, Emmy en
andere en gooi net klippe na alles wat blank is in Suid-Afrika. Beskuldig
jy nou nog al wat 'n Duitser is dat hy 'n Nazi is? Maggies Tannie G, wat
gaan jou laat besef dat die dinge waaroor jy ons beskuldig jare gelede agter
die rug is en dat die situasie nie genormaliseer het nie, maar dat dit nou
net mooi die teenoorgestelde situasie is. Ons verdiende loon? Seker maar,
"two wrongs make a right" Al waar ek dit nog sien werk het was in algebra,
maar nou-ja. Ek en jy het al hierdie gesprek voorheen gehad en ons het
nêrens gekom nie. Hoekom sal dit nou anders wees. Jy het jou bronne in
Suid-Afrika. Glo maar wat jy wil.

> En ek het bedoel om "sensibilities" te gebruik.
> Gaan kyk in die woordeboek. Dit beteken, onder
> andere, " mental or emotional responsiveness
> towards something, as the feelings of another."
>
> Tant Hessie D'Urban

Nuwe een vir my. Ek moet hom onthou.
Re: Ethekwini?? [boodskap #55559 is 'n antwoord op boodskap #55526] Wo, 16 Januarie 2002 17:55 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Didi  is tans af-lyn  Didi
Boodskappe: 36
Geregistreer: Januarie 2003
Karma: 0
Volle Lid
On Wed, 16 Jan 2002 11:56:11 +0200, "Sakkie" wrote:

> Sien nou net op my elektrisiteit rekening dat die Durban Metro
> munisipaliteit nou bekend staan as "Ethekwini Municipality".
ens
ens
ens
> Ek wonder wat so 'n naamsverandering kos en hoe regverdig 'n ou dit terwyl
> ons ekonomie nou nie juis opslae maak nie.

en dan:
> Ethekwini nie maar eThekwini.

Van die Walvis op die Dolfyn Sakkie :-) (of te wel van eThekwini op
uShaka) vertel my wat dink jy van die uShaka ontwikkeling. Ek het
twee jaar gelede na die beoogde ontwikkeling gekyk en nie in dieselfde
pessimistise bui as baie van die Durbaniete (wat al lankal daarvoor
wag!) beland nie. Ek het die potensiaal daarin gesien en eiendom
gekoop op Suidstrand. Ek het nou so pas vyf weke in Durban
gespandeer en weer eiendom op Suidstrand gekoop. Albei kere reg langs
Bellstreet maw by Bell's Beach. Soos jy reeds in die Metro sou sien,
beweeg die stootskrapers in wanneer die vakansiegangers uit beweeg.
(Inderwaarheid 01 Mrt)
Aan die ander op die groep, skuus dat ek iets vra wat in privaatpos
gevra kon word maar julle sal dit miskien ook interessant vind om te
weet dat op "Point' 'n begroting van 657 000 000 goedgekeur is en ook
word 'n Casino op Noordstrand gebou.

Graag sou ek jou mening wou hoor Sakkie, oor uShaka Island.

Didi
Re: Ethekwini?? [boodskap #55561 is 'n antwoord op boodskap #55553] Wo, 16 Januarie 2002 18:02 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Sakkie[4]  is tans af-lyn  Sakkie[4]
Boodskappe: 383
Geregistreer: November 2001
Karma: 0
Senior Lid
skryf in boodskap news:3C45B9D2.6060605@rogers.com...
>
> Sakkie wrote:
>
>
>> Ek sou ook dink dat jy weet dit is nie Ethekwini nie maar eThekwini.
>
>
> Nou hoekom het jy dit oorspronklik met 'n
> hoofletter E gespel? Het jy nou skielik
> besluit om die sensibiliteite van die Zoeloes
> in aanmerking te neem?
>
> Tant Hessie van Helsdingen-Mtuli

Nee, dit is hoe dit op al die posstukke gedruk word :-)))))
Dit is eers toe ek bietjie oplees dat ek die flater agtergekom het.
Re: Ethekwini?? [boodskap #55564 is 'n antwoord op boodskap #55556] Wo, 16 Januarie 2002 18:54 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Anoniem
Oorspronklik gepos deur: @rogers.com

Sakkie wrote:

>> En ek het bedoel om "sensibilities" te gebruik.
>> Gaan kyk in die woordeboek. Dit beteken, onder
>> andere, " mental or emotional responsiveness
>> towards something, as the feelings of another."

>> Tant Hessie D'Urban

>
> Nuwe een vir my. Ek moet hom onthou.

Dit sal so 'n goeie idee wees as jy eers
dink, en dan ook nog na jou woordeboek gaan,
voordat jy ander mense kritiseer oor hulle
woordkeurses.
Maar mens verwag noual hierdie soort
kritiek van jou oor alles en nog wat. As dit
nie oor dit is nie, is dit oor dat. Wat skeel
jou? Of is jy maar ook een van die langs-die-
vorige-vleespot-sitters wat nou aanhoudend
kritiseer oor alles en nog wat.

Gloudina
Re: Ethekwini?? [boodskap #55565 is 'n antwoord op boodskap #55556] Wo, 16 Januarie 2002 18:56 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Annette  is tans af-lyn  Annette
Boodskappe: 11114
Geregistreer: Augustus 2003
Karma: 1
Senior Lid
Sakkie - jy praat strooi. Ons het geen verdiende loon om te kry nie.
Annette.

Sakkie skryf in boodskap news:3c45bde7$0$225@hades.is.co.za...
>
> skryf in boodskap news:3C45A06E.2000705@rogers.com...
>>
>> Sakkie wrote:
>>
>>
>> In beginsel stem ek heeltemal met jou saam.
>>> My bekommernis is dat hierdie tipe goed ongelooflik baie geld kos en
ek
> weet
>>> ons kon die geld beter gebruik het elders.
>>> Ek dink jy wou "sensitivities" hier bo gebruik het en nie
sensibilities
> nie.
>>> Ek sou ook dink dat jy weet dit is nie Ethekwini nie maar eThekwini.
>>
>>
>> Ek hoop jy (of jou ouers) het geobjekteer teen
>> die ongelooflik baie geld wat daar deur die
>> apartheidsregime uitgegee is om hulle bantustans
>> tot stand te bring?
> Nee tannie, ons het nie, waarom sou ons. Ons is van kindsbeen af
> grootgemaak en die hele stelsel was daarop ingestel om ons te laat verstaan
> dat dit is hoe dinge behoort te wees. Dit is eers later jare wat 'n ou
> persoonlik met die buiteland kontak gemaak het en daar rondbeweeg dat jy
> agterkom dinge is mos nie soos dit altyd vir jou voorgehou is nie. Noudat
> ons ons bes probeer om iets daaromtrent te doen sit jy in Kanada, Emmy en
> andere en gooi net klippe na alles wat blank is in Suid-Afrika. Beskuldig
> jy nou nog al wat 'n Duitser is dat hy 'n Nazi is? Maggies Tannie G, wat
> gaan jou laat besef dat die dinge waaroor jy ons beskuldig jare gelede agter
> die rug is en dat die situasie nie genormaliseer het nie, maar dat dit nou
> net mooi die teenoorgestelde situasie is. Ons verdiende loon? Seker maar,
> "two wrongs make a right" Al waar ek dit nog sien werk het was in algebra,
> maar nou-ja. Ek en jy het al hierdie gesprek voorheen gehad en ons het
> nêrens gekom nie. Hoekom sal dit nou anders wees. Jy het jou bronne in
> Suid-Afrika. Glo maar wat jy wil.
>
>> En ek het bedoel om "sensibilities" te gebruik.
>> Gaan kyk in die woordeboek. Dit beteken, onder
>> andere, " mental or emotional responsiveness
>> towards something, as the feelings of another."
>>
>> Tant Hessie D'Urban
>
> Nuwe een vir my. Ek moet hom onthou.
>
Re: Ethekwini?? [boodskap #55567 is 'n antwoord op boodskap #55556] Wo, 16 Januarie 2002 18:58 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Anoniem
Oorspronklik gepos deur: @rogers.com

Sakkie wrote:

> Nee tannie, ons het nie, waarom sou ons. Ons is van kindsbeen af
> grootgemaak en die hele stelsel was daarop ingestel om ons te laat verstaan
> dat dit is hoe dinge behoort te wees. Dit is eers later jare wat 'n ou
> persoonlik met die buiteland kontak gemaak het en daar rondbeweeg dat jy
> agterkom dinge is mos nie soos dit altyd vir jou voorgehou is nie. Noudat
> ons ons bes probeer om iets daaromtrent te doen sit

Luister, ou Sakkie, jy draai niemand die rad
voor die oë nie. ( Ja, Wouter, rad.) Wat doen
jy nou om "iets daaromtrent te probeer doen."
Jy sit net die hele dag en kritiseer. Komaan,
vertel ons wat jy daaraan doen?

Tant Hessie van Umbumbulu
Re: Ethekwini?? [boodskap #55569 is 'n antwoord op boodskap #55561] Wo, 16 Januarie 2002 19:02 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Annette  is tans af-lyn  Annette
Boodskappe: 11114
Geregistreer: Augustus 2003
Karma: 1
Senior Lid
Sakkie - jy sal die knaap by die poskantoor oor daardie verkeerde spelling
moet vasvat!! More, oormore word ons vertel dit is 'n wit vark wat dit
aspris verkeerd gedoen het;)))
Annette

Sakkie skryf in boodskap news:3c45c142$0$239@hades.is.co.za...
>
> skryf in boodskap news:3C45B9D2.6060605@rogers.com...
>>
>> Sakkie wrote:
>>
>>
>>> Ek sou ook dink dat jy weet dit is nie Ethekwini nie maar eThekwini.
>>
>>
>> Nou hoekom het jy dit oorspronklik met 'n
>> hoofletter E gespel? Het jy nou skielik
>> besluit om die sensibiliteite van die Zoeloes
>> in aanmerking te neem?
>>
>> Tant Hessie van Helsdingen-Mtuli
>
> Nee, dit is hoe dit op al die posstukke gedruk word :-)))))
> Dit is eers toe ek bietjie oplees dat ek die flater agtergekom het.
>
Geen raad met rad [boodskap #55580 is 'n antwoord op boodskap #55567] Wo, 16 Januarie 2002 21:53 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Wouter Plaasvark  is tans af-lyn  Wouter Plaasvark
Boodskappe: 1004
Geregistreer: Mei 2006
Karma: 0
Senior Lid
Luister, ou Sakkie, jy draai niemand die rad
voor die oë nie. ( Ja, Wouter, rad.)

Wouter
Jou rad my skat, dis al lankal net rat. :-)
Re: Geen raad met rad [boodskap #55591 is 'n antwoord op boodskap #55580] Do, 17 Januarie 2002 02:14 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Anoniem
Oorspronklik gepos deur: @rogers.com

Wouter Plaasvark wrote:

> Jou rad my skat, dis al lankal net rat. :-)

My rad is mooi sirkelvormig, groot genoeg om vir
jou om en om te draai terwyl ek jou martel. Hoe
lyk jou rat? Sukkel jy om dit van eerste na tweede
versnelling te kry? Ek wed geen Afrikaanse kind sien
voor hom 'n sirkelvormige ding as hulle die woord "rat"
hoor nie. Al wat hulle weet is dat hulle pa die langerige
rat in sy hand vat terwyl hy sy voertuig bestuur.

Tant Hessie Datsun
Re: Geen raad met rad [boodskap #55595 is 'n antwoord op boodskap #55591] Do, 17 Januarie 2002 03:26 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Annette  is tans af-lyn  Annette
Boodskappe: 11114
Geregistreer: Augustus 2003
Karma: 1
Senior Lid
Jy is nou so lekker deurmekaar Gloudina, dat jy nie eers meer weet waarvan
jy praat nie.
Die " lang rat" wat jy van praat is eintlik 'n rathefboom .
Nog nooit ooit en nooit as te nimmer ooit 'n lang rat genoem nie.
Annette

skryf in boodskap news:3C463450.1020103@rogers.com...
>
> Wouter Plaasvark wrote:
>
>
>> Jou rad my skat, dis al lankal net rat. :-)
>
>
> My rad is mooi sirkelvormig, groot genoeg om vir
> jou om en om te draai terwyl ek jou martel. Hoe
> lyk jou rat? Sukkel jy om dit van eerste na tweede
> versnelling te kry? Ek wed geen Afrikaanse kind sien
> voor hom 'n sirkelvormige ding as hulle die woord "rat"
> hoor nie. Al wat hulle weet is dat hulle pa die langerige
> rat in sy hand vat terwyl hy sy voertuig bestuur.
>
> Tant Hessie Datsun
>
Re: Geen raad met rad [boodskap #55600 is 'n antwoord op boodskap #55591] Do, 17 Januarie 2002 04:54 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Annette  is tans af-lyn  Annette
Boodskappe: 11114
Geregistreer: Augustus 2003
Karma: 1
Senior Lid
Tannie G - sulke ooglopende pogings tot virtuele seks moet jy asseblief tot
private epos beperk.
Jy plaas arme Wouter in 'n vreeslike posisie:))
Annette

skryf in boodskap news:3C463450.1020103@rogers.com...
>
> Wouter Plaasvark wrote:
>
>
>> Jou rad my skat, dis al lankal net rat. :-)
>
>
> My rad is mooi sirkelvormig, groot genoeg om vir
> jou om en om te draai terwyl ek jou martel. Hoe
> lyk jou rat? Sukkel jy om dit van eerste na tweede
> versnelling te kry? Ek wed geen Afrikaanse kind sien
> voor hom 'n sirkelvormige ding as hulle die woord "rat"
> hoor nie. Al wat hulle weet is dat hulle pa die langerige
> rat in sy hand vat terwyl hy sy voertuig bestuur.
>
> Tant Hessie Datsun
>
Re: Ethekwini?? [boodskap #55602 is 'n antwoord op boodskap #55567] Do, 17 Januarie 2002 06:02 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Threeships 'did you s  is tans af-lyn  Threeships 'did you s
Boodskappe: 200
Geregistreer: November 2001
Karma: 0
Senior Lid
On Wed, 16 Jan 2002 18:58:39 GMT, "@rogers.com" sent the
following message to space station Earth:

> Luister, ou Sakkie, jy draai niemand die rad
> voor die oë nie. ( Ja, Wouter, rad.) Wat doen
> jy nou om "iets daaromtrent te probeer doen."
> Jy sit net die hele dag en kritiseer. Komaan,
> vertel ons wat jy daaraan doen?
>

oo veraf stemmetjie in die bose, ag ekke bedoel bosse, die feit dat hy
HIER (check die hoofletters!)[lees suid afrika] bly gee hom seker die
reg om te kritiseer. en die feit dat hy hier bly beteken dat hy
actually iets in hierdie land se ekonomie insit anders as...., laat ek
nou dink, wag, wag ek gaan hom nou kry. ag toemaar. now that's a
thought hey. punt is, jy't die longdrop heeltemal mis gesit. die
objeksie het gegaan oor kostes nie ras of kleur nie. maar be it as it
may ek kan seker vir durbs ook fight aangesien ek HIER [lees suid
afrika] bly. soos van die os op die hanskakie, wat vir `n ding is
rogers. agge nee man kry vir jou `n ordentlike eenekie by `n suid
afrikaanse isp. local is lekker.

Threeships 'did you see that?' McDuck
www.mothership.co.za
Re: Geen raad met rad [boodskap #55604 is 'n antwoord op boodskap #55600] Do, 17 Januarie 2002 06:06 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Waaierstertmuis  is tans af-lyn  Waaierstertmuis
Boodskappe: 1592
Geregistreer: Oktober 2001
Karma: 0
Senior Lid
On Thu, 17 Jan 2002 06:54:45 +0200, "Annette" wrote:

> Tannie G - sulke ooglopende pogings tot virtuele seks moet jy asseblief tot
> private epos beperk.
> Jy plaas arme Wouter in 'n vreeslike posisie:))

LOL! Stout Annetta - STOUT!!!
:-)
(En as jy weet hoeveel keer ek moes "backspace" en "delete" om net
daai paar woordjies oor te hou, sal jy simpatie hê!)
Thank goodness die Pompdonkie is nie hier nie!!
:-))))
Re: Geen raad met rad [boodskap #55606 is 'n antwoord op boodskap #55604] Do, 17 Januarie 2002 06:30 Na vorige boodskapna volgende boodskap
T de Wet  is tans af-lyn  T de Wet
Boodskappe: 446
Geregistreer: April 2000
Karma: 0
Senior Lid
Rat is die woord Gloudina. Rat, Rad was dalk in 1947 in afr-/ned hier aan
Maties voorgehou, maar toe had hulle julle as eerstejaars 'n vet rat voor
die ogies gedraai...

Thys oppie Bos

"Danielle" skryf in boodskap news:66qc4u4hd1tl0hgq0hem1km553i1nmvu0i@4ax.com...
> On Thu, 17 Jan 2002 06:54:45 +0200, "Annette"
> wrote:
>
>> Tannie G - sulke ooglopende pogings tot virtuele seks moet jy asseblief tot
>> private epos beperk.
>> Jy plaas arme Wouter in 'n vreeslike posisie:))
>
> LOL! Stout Annetta - STOUT!!!
> :-)
> (En as jy weet hoeveel keer ek moes "backspace" en "delete" om net
> daai paar woordjies oor te hou, sal jy simpatie hê!)
> Thank goodness die Pompdonkie is nie hier nie!!
> :-))))
>
Re: Ethekwini?? [boodskap #55610 is 'n antwoord op boodskap #55564] Do, 17 Januarie 2002 06:59 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Sakkie[4]  is tans af-lyn  Sakkie[4]
Boodskappe: 383
Geregistreer: November 2001
Karma: 0
Senior Lid
skryf in boodskap news:3C45CD30.7090003@rogers.com...
>
> Sakkie wrote:
>
>
>>> En ek het bedoel om "sensibilities" te gebruik.
>>> Gaan kyk in die woordeboek. Dit beteken, onder
>>> andere, " mental or emotional responsiveness
>>> towards something, as the feelings of another."
>
>>> Tant Hessie D'Urban
>
>>
>> Nuwe een vir my. Ek moet hom onthou.
>
>
> Dit sal so 'n goeie idee wees as jy eers
> dink, en dan ook nog na jou woordeboek gaan,
> voordat jy ander mense kritiseer oor hulle
> woordkeurses.

In alle eerlikheid tannie G, ek het eerlikwaar gedink dat jy onbewustelik 'n
fout gemaak het en ek het nie probeer sarkasties wees in my poging om jou
reg te help nie.
> Maar mens verwag noual hierdie soort
> kritiek van jou oor alles en nog wat. As dit
> nie oor dit is nie, is dit oor dat. Wat skeel
> jou?

Tot hier toe kan ek jou nog heel maklik antwoord. Om foute raak te sien is
deel van my daaglikse werk. Ek beskou myself as besonders goed daarin al
moet ek dit self sê. Verder het ek genoeg karakter om my sê te sê en dan my
standpunt te stel. Nog nie geleer om die seile te span soos die wind waai
nie.

> Of is jy maar ook een van die langs-die-
> vorige-vleespot-sitters wat nou aanhoudend
> kritiseer oor alles en nog wat.

Nou sien jy nou. Hoe op dees aarde antwoord ek jou op hierdie
stelling/vraag sonder om jou ook te probeer beledig nie. Dit is 'n groot
swakheid in my karakter, ek draai nie die ander wang nie, so ek gaan jou nie
antwoord nie. Jy moet maar jou eie opinie opmaak.
Re: Ethekwini?? [boodskap #55611 is 'n antwoord op boodskap #55567] Do, 17 Januarie 2002 07:08 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Sakkie[4]  is tans af-lyn  Sakkie[4]
Boodskappe: 383
Geregistreer: November 2001
Karma: 0
Senior Lid
Nou goed tannie G.
Om maar een te noem sit ek met 'n land vol aanlegte waar ek op hierdie
oomblik net duskant twee doesyn swart aspirant bestuurders grootmaak vir
posisies wat ek baie maklik met blankes kon gevul het. Ek sê weer
grootmaak, en nie indruk soos wat baie maatskappye maak en dan weet die arme
drommel nie die eerste ding omtrent wat hy in sy nuwe pos behoort te doen
nie. Dink jy ek behoort te bedank en 'n onderwyser word onder die swartes.

Wat doen jy tannie G, behalwe om ons met kranse te bestook. Dink jy nie
Kanada lê bietjie vér om 'n verskil te maak nie.

skryf in boodskap news:3C45CE29.7020808@rogers.com...
>
> Sakkie wrote:
>
>
>> Nee tannie, ons het nie, waarom sou ons. Ons is van kindsbeen af
>> grootgemaak en die hele stelsel was daarop ingestel om ons te laat verstaan
>> dat dit is hoe dinge behoort te wees. Dit is eers later jare wat 'n ou
>> persoonlik met die buiteland kontak gemaak het en daar rondbeweeg dat jy
>> agterkom dinge is mos nie soos dit altyd vir jou voorgehou is nie. Noudat
>> ons ons bes probeer om iets daaromtrent te doen sit
>
>
> Luister, ou Sakkie, jy draai niemand die rad
> voor die oë nie. ( Ja, Wouter, rad.) Wat doen
> jy nou om "iets daaromtrent te probeer doen."
> Jy sit net die hele dag en kritiseer. Komaan,
> vertel ons wat jy daaraan doen?
>
> Tant Hessie van Umbumbulu
>
Re: Geen raad met rad [boodskap #55616 is 'n antwoord op boodskap #55591] Do, 17 Januarie 2002 08:07 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Wouter Plaasvark  is tans af-lyn  Wouter Plaasvark
Boodskappe: 1004
Geregistreer: Mei 2006
Karma: 0
Senior Lid
Wouter Plaasvark wrote:
> Jou rad my skat, dis al lankal net rat. :-)

Tant Hessie Datsun
My rad is mooi sirkelvormig, groot genoeg om vir
jou om en om te draai terwyl ek jou martel.

Wouter
Datsun is 'n anachronisme, uit de oude doos, verby.
Nes rad

H
Hoe lyk jou rat? Sukkel jy om dit van eerste na tweede versnelling te kry?

W
'n Rat is 'n ronde dinge met tande. 'n Versnelling is 'n meer
abstrakte begrip, soos 'n verhouding. In sommige kontekste
is hulle uitruilbaar, dikwels nie.

H
Ek wed geen Afrikaanse kind sien voor hom 'n sirkelvormige
ding as hulle die woord "rat" hoor nie.

W
Jy is verkeerd, hoor. Verkeerd. En as hulle die woord rad
sou sien, sal hulle dit glad nie verstaan nie. Die slimmeres sal
dit as 'n spelfout herken.

H
Al wat hulle weet is dat hulle pa die langerige
rat in sy hand vat terwyl hy sy voertuig bestuur.

W
Weer verkeerd, hoor. Dit word nie 'n rat genoem nie, dis
'n rathefboom of ratarm. Of 'n lat.
Durban Suidstrand [boodskap #55623 is 'n antwoord op boodskap #55559] Do, 17 Januarie 2002 09:38 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Sakkie[4]  is tans af-lyn  Sakkie[4]
Boodskappe: 383
Geregistreer: November 2001
Karma: 0
Senior Lid
"Didi" skryf in boodskap news:tjeb4ucovjqo434h5jn24er1psappnaten@4ax.com...
[knip]
> weet dat op "Point' 'n begroting van 657 000 000 goedgekeur is en ook
> word 'n Casino op Noordstrand gebou.
>
> Graag sou ek jou mening wou hoor Sakkie, oor uShaka Island.
>
> Didi

Hi DD
uShaka Island?, is dit wat dit deesdae genoem word. Jong ek is nie so heel
op hoogte van sake oor die vordering van die "Durban Waterfront"
ontwikkeling nie. My opinie? Ek is heel ten gunste van enige verbetering.
Dit sal werksgeleenthede skep en die omgewing oor die algemeen beter laat.
Ek hoop net nie hulle gaan dieselfde roete volg as die Kaapse Waterfront
nie. Dit is definitief nie ingestel op die gemiddelbe stadsburger nie.

Weet jy dat Point rd. jare lank al die plek is waar ouens hoere gaan optel.
Ek sien eThekwini het baie gedoen om die omgewing "skoon" te maak. Daardie
area van Durban, dit is nou die suidstrand gedeelte, was vroeër jare baie
bekend vir vakansiewoonstelle. Deesdae is dit maar die slumps van die stad.
Ek glo die nuwe ontwikkeling sal dit weer terugplaas waar dit lank gelede
was. Heelwat van die ou woonstelblokke in daardie area het ook weer einde
laas jaar 'n bietjie verf gesien. 'n Ou behoort nou daar te koop. Jy
behoort eiendom relatief goedkoop te kry en na die ontwikkeling sal dit goud
werd wees.

Jy hoef nie om verskoning te vra oor die "onverwante" navraag nie. Almal
behoort op die uitkyk te wees vir 'n goeie beleggingsgeleentheid :-)))
Re: Durban Suidstrand [boodskap #55625 is 'n antwoord op boodskap #55623] Do, 17 Januarie 2002 09:43 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Annette  is tans af-lyn  Annette
Boodskappe: 11114
Geregistreer: Augustus 2003
Karma: 1
Senior Lid
Sakkie - daar is niks verkeerd met ons Waterfront nie - die toeriste baljaar
daar, ons mense werk daar, en ons gewone mense gaan na die ander plekke om
geld uit te gee.
Annette

--
Groetnis,
Annette. ann...@ctnet.co.za
Happiness is a state of Mind.
Sakkie skryf in boodskap news:3c469ca9$0$227@hades.is.co.za...
>
> "Didi" wrote in message
> news:tjeb4ucovjqo434h5jn24er1psappnaten@4ax.com...
> [knip]
>> weet dat op "Point' 'n begroting van 657 000 000 goedgekeur is en ook
>> word 'n Casino op Noordstrand gebou.
>>
>> Graag sou ek jou mening wou hoor Sakkie, oor uShaka Island.
>>
>> Didi
>
> Hi DD
> uShaka Island?, is dit wat dit deesdae genoem word. Jong ek is nie so heel
> op hoogte van sake oor die vordering van die "Durban Waterfront"
> ontwikkeling nie. My opinie? Ek is heel ten gunste van enige verbetering.
> Dit sal werksgeleenthede skep en die omgewing oor die algemeen beter laat.
> Ek hoop net nie hulle gaan dieselfde roete volg as die Kaapse Waterfront
> nie. Dit is definitief nie ingestel op die gemiddelbe stadsburger nie.
>
> Weet jy dat Point rd. jare lank al die plek is waar ouens hoere gaan optel.
> Ek sien eThekwini het baie gedoen om die omgewing "skoon" te maak. Daardie
> area van Durban, dit is nou die suidstrand gedeelte, was vroeër jare baie
> bekend vir vakansiewoonstelle. Deesdae is dit maar die slumps van die stad.
> Ek glo die nuwe ontwikkeling sal dit weer terugplaas waar dit lank gelede
> was. Heelwat van die ou woonstelblokke in daardie area het ook weer einde
> laas jaar 'n bietjie verf gesien. 'n Ou behoort nou daar te koop. Jy
> behoort eiendom relatief goedkoop te kry en na die ontwikkeling sal dit goud
> werd wees.
>
> Jy hoef nie om verskoning te vra oor die "onverwante" navraag nie. Almal
> behoort op die uitkyk te wees vir 'n goeie beleggingsgeleentheid :-)))
>
Re: Ethekwini?? [boodskap #55627 is 'n antwoord op boodskap #55546] Do, 17 Januarie 2002 10:21 Na vorige boodskapna volgende boodskap
lou[2]  is tans af-lyn  lou[2]
Boodskappe: 279
Geregistreer: Oktober 2001
Karma: 0
Senior Lid
"@rogers.com" wrote:
>
> Threeships 'did you see that?? ' Mcduck wrote:
>
>> On Wed, 16 Jan 2002 14:18:24 GMT, "@rogers.com" sent the
>> following message to space station Earth:
>
> Tot tyd en wyl jy jou pennaam Afrikaans
> maak en die res van jou gebrabbel in
> Afrikaans skryf, dink ek nie dat ek enig-
> sins tyd op jou hoef te verspil nie.

OHOPOHO!!!! Lekker @rogers - wat is jou nick nou weer?
Re: Ethekwini?? [boodskap #55629 is 'n antwoord op boodskap #55543] Do, 17 Januarie 2002 10:26 Na vorige boodskapna volgende boodskap
lou[2]  is tans af-lyn  lou[2]
Boodskappe: 279
Geregistreer: Oktober 2001
Karma: 0
Senior Lid
Annette wrote:
>
> Sakkie - ek sien jy het alweer 'n bietjie huiswerk:)))
> Blykbaar het Durban al bestaan voordat ons daarvan geweet het, en toe was
> dit die naam:))
> Die SA Nasionale Museum het ook 'n nuwe naam. Iziko.
> Binnekort is ons die langverwagte toeristemekka met miljoene toeriste wat
> doelloos rondwaal - geen idee waarna hulle moet gaan nie:)))
> Annette

Dit is nou soos om een van die land se hooftoeriste provinsies
Mpumalanga te noem. Mooi naam - mooi betekenis - maar kry nou 'n
Amerikaner of Duitser om dit uit te spreek Mpoomalooma!!!

Natuurlik is die Noordelike provinsie - dit is nou die ouens wat amper
hulle registrasie nommer in NP laat eindig het - ook besig om hulle naam
te verander. Kanse is goed dat dit nie iets wat met 'n N eindig sal wees
nie. Dit is ook die provinsie wat reeds hulle motor registrasie nommer
plate drie keer in die lasste ses jaar verander het. Dit is die plek om
'n registrasie plaat winkel oop te maak!
Re: Ethekwini?? [boodskap #55636 is 'n antwoord op boodskap #55610] Do, 17 Januarie 2002 12:22 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Anoniem
Oorspronklik gepos deur: @rogers.com

Sakkie wrote:


> Nou sien jy nou. Hoe op dees aarde antwoord ek jou op hierdie
> stelling/vraag sonder om jou ook te probeer beledig nie. Dit is 'n groot
> swakheid in my karakter, ek draai nie die ander wang nie, so ek gaan jou nie
> antwoord nie. Jy moet maar jou eie opinie opmaak.

Ou Sakkie, bloot deur te begin positief wees
oor baie van die dinge wat om jou aangaan, sal
jy wys dat jy "verander" het. Op die oomblik sit
jy daar in Amanzimtoti en kritiseer alles in
die huidige SA asof die hele nuwe bedeling 'n
katastrofe is. En jy weet eintlik so min van
die land waarin jy lewe, want vir 'n groot deel
van jou lewe het jy blinkers op gehad. Wereld,
jy sit sewe myl van 'n beroemde ou sendingstasie
en skool af, en het nie eens daarvan geweet totdat
ek jou aandag daarop gevestig het nie.

Gloudina
Re: Ethekwini?? [boodskap #55638 is 'n antwoord op boodskap #55636] Do, 17 Januarie 2002 12:26 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Annette  is tans af-lyn  Annette
Boodskappe: 11114
Geregistreer: Augustus 2003
Karma: 1
Senior Lid
Sakkie, tel nou mooi stadig tot by tien en smaail:))))
Annette

skryf in boodskap news:3C46C2E0.5000200@rogers.com...
>
> Sakkie wrote:
>
>
>
>> Nou sien jy nou. Hoe op dees aarde antwoord ek jou op hierdie
>> stelling/vraag sonder om jou ook te probeer beledig nie. Dit is 'n groot
>> swakheid in my karakter, ek draai nie die ander wang nie, so ek gaan jou nie
>> antwoord nie. Jy moet maar jou eie opinie opmaak.
>
>
> Ou Sakkie, bloot deur te begin positief wees
> oor baie van die dinge wat om jou aangaan, sal
> jy wys dat jy "verander" het. Op die oomblik sit
> jy daar in Amanzimtoti en kritiseer alles in
> die huidige SA asof die hele nuwe bedeling 'n
> katastrofe is. En jy weet eintlik so min van
> die land waarin jy lewe, want vir 'n groot deel
> van jou lewe het jy blinkers op gehad. Wereld,
> jy sit sewe myl van 'n beroemde ou sendingstasie
> en skool af, en het nie eens daarvan geweet totdat
> ek jou aandag daarop gevestig het nie.
>
> Gloudina
>
Re: Ethekwini?? [boodskap #55639 is 'n antwoord op boodskap #55627] Do, 17 Januarie 2002 12:33 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Anoniem
Oorspronklik gepos deur: @rogers.com

Lou wrote:

> OHOPOHO!!!! Lekker @rogers - wat is jou nick nou weer?

Rogers is die naam van my bediener, ou
Lou.

Tant Hessie van Kandahar en Jallalabad
Re: Ethekwini?? [boodskap #55641 is 'n antwoord op boodskap #55629] Do, 17 Januarie 2002 12:36 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Anoniem
Oorspronklik gepos deur: @rogers.com

Lou wrote:

Dit is ook die provinsie wat reeds hulle motor registrasie nommer
> plate drie keer in die lasste ses jaar verander het. Dit is die plek om
> 'n registrasie plaat winkel oop te maak!

Of kom na Kanada waar nommerplate sommer elke
hawerklaps verander word. Jy kry nie dieselfde
nommer vir die res van jou karlewe nie.

Gloudina
Re: Durban Suidstrand [boodskap #55645 is 'n antwoord op boodskap #55623] Do, 17 Januarie 2002 13:11 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Jonas  is tans af-lyn  Jonas
Boodskappe: 1070
Geregistreer: September 2001
Karma: 0
Senior Lid
Sakkie - vertel my meer van vordering van die Point Waterfront... Laas het
ek verstaan Maleiers sou daarin belê ?

"Sakkie" skryf in boodskap news:3c469ca9$0$227@hades.is.co.za...
>
> "Didi" wrote in message
> news:tjeb4ucovjqo434h5jn24er1psappnaten@4ax.com...
> [knip]
>> weet dat op "Point' 'n begroting van 657 000 000 goedgekeur is en ook
>> word 'n Casino op Noordstrand gebou.
>>
>> Graag sou ek jou mening wou hoor Sakkie, oor uShaka Island.
>>
>> Didi
>
> Hi DD
> uShaka Island?, is dit wat dit deesdae genoem word. Jong ek is nie so heel
> op hoogte van sake oor die vordering van die "Durban Waterfront"
> ontwikkeling nie. My opinie? Ek is heel ten gunste van enige verbetering.
> Dit sal werksgeleenthede skep en die omgewing oor die algemeen beter laat.
> Ek hoop net nie hulle gaan dieselfde roete volg as die Kaapse Waterfront
> nie. Dit is definitief nie ingestel op die gemiddelbe stadsburger nie.
>
> Weet jy dat Point rd. jare lank al die plek is waar ouens hoere gaan optel.
> Ek sien eThekwini het baie gedoen om die omgewing "skoon" te maak. Daardie
> area van Durban, dit is nou die suidstrand gedeelte, was vroeër jare baie
> bekend vir vakansiewoonstelle. Deesdae is dit maar die slumps van die stad.
> Ek glo die nuwe ontwikkeling sal dit weer terugplaas waar dit lank gelede
> was. Heelwat van die ou woonstelblokke in daardie area het ook weer einde
> laas jaar 'n bietjie verf gesien. 'n Ou behoort nou daar te koop. Jy
> behoort eiendom relatief goedkoop te kry en na die ontwikkeling sal dit goud
> werd wees.
>
> Jy hoef nie om verskoning te vra oor die "onverwante" navraag nie. Almal
> behoort op die uitkyk te wees vir 'n goeie beleggingsgeleentheid :-)))
>
Re: Ethekwini?? [boodskap #55648 is 'n antwoord op boodskap #55638] Do, 17 Januarie 2002 14:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Sakkie[4]  is tans af-lyn  Sakkie[4]
Boodskappe: 383
Geregistreer: November 2001
Karma: 0
Senior Lid
1-2-3.....dit werk nie!!!
Dink jy nie ook ek was uiters diplomaties gewees nie :-)))

"Annette" skryf in boodskap news:a26ghj$uunb5$2@ID-92016.news.dfncis.de...
> Sakkie, tel nou mooi stadig tot by tien en smaail:))))
> Annette
>
>
> skryf in boodskap news:3C46C2E0.5000200@rogers.com...
>>
>> Sakkie wrote:
>>
>>
>>
>>> Nou sien jy nou. Hoe op dees aarde antwoord ek jou op hierdie
>>> stelling/vraag sonder om jou ook te probeer beledig nie. Dit is 'n
> groot
>>> swakheid in my karakter, ek draai nie die ander wang nie, so ek gaan
jou
> nie
>>> antwoord nie. Jy moet maar jou eie opinie opmaak.
>>
>>
>> Ou Sakkie, bloot deur te begin positief wees
>> oor baie van die dinge wat om jou aangaan, sal
>> jy wys dat jy "verander" het. Op die oomblik sit
>> jy daar in Amanzimtoti en kritiseer alles in
>> die huidige SA asof die hele nuwe bedeling 'n
>> katastrofe is. En jy weet eintlik so min van
>> die land waarin jy lewe, want vir 'n groot deel
>> van jou lewe het jy blinkers op gehad. Wereld,
>> jy sit sewe myl van 'n beroemde ou sendingstasie
>> en skool af, en het nie eens daarvan geweet totdat
>> ek jou aandag daarop gevestig het nie.
>>
>> Gloudina
>>
>
Re: Durban Suidstrand [boodskap #55649 is 'n antwoord op boodskap #55645] Do, 17 Januarie 2002 14:03 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Sakkie[4]  is tans af-lyn  Sakkie[4]
Boodskappe: 383
Geregistreer: November 2001
Karma: 0
Senior Lid
Ek het nie vaagste benul wie die ontwikkelaars is nie. Ek sal vir jou
uitvind.

"Jonas" skryf in boodskap news:a26iia$i5$1@ctb-nnrp1.saix.net...
> Sakkie - vertel my meer van vordering van die Point Waterfront... Laas het
> ek verstaan Maleiers sou daarin belê ?
> "Sakkie" wrote in message
> news:3c469ca9$0$227@hades.is.co.za...
>>
>> "Didi" wrote in message
>> news:tjeb4ucovjqo434h5jn24er1psappnaten@4ax.com...
>> [knip]
>>> weet dat op "Point' 'n begroting van 657 000 000 goedgekeur is en ook
>>> word 'n Casino op Noordstrand gebou.
>>>
>>> Graag sou ek jou mening wou hoor Sakkie, oor uShaka Island.
>>>
>>> Didi
>>
>> Hi DD
>> uShaka Island?, is dit wat dit deesdae genoem word. Jong ek is nie so
> heel
>> op hoogte van sake oor die vordering van die "Durban Waterfront"
>> ontwikkeling nie. My opinie? Ek is heel ten gunste van enige
> verbetering.
>> Dit sal werksgeleenthede skep en die omgewing oor die algemeen beter laat.
>> Ek hoop net nie hulle gaan dieselfde roete volg as die Kaapse Waterfront
>> nie. Dit is definitief nie ingestel op die gemiddelbe stadsburger nie.
>>
>> Weet jy dat Point rd. jare lank al die plek is waar ouens hoere gaan
> optel.
>> Ek sien eThekwini het baie gedoen om die omgewing "skoon" te maak.
> Daardie
>> area van Durban, dit is nou die suidstrand gedeelte, was vroeër jare baie
>> bekend vir vakansiewoonstelle. Deesdae is dit maar die slumps van die
> stad.
>> Ek glo die nuwe ontwikkeling sal dit weer terugplaas waar dit lank gelede
>> was. Heelwat van die ou woonstelblokke in daardie area het ook weer einde
>> laas jaar 'n bietjie verf gesien. 'n Ou behoort nou daar te koop. Jy
>> behoort eiendom relatief goedkoop te kry en na die ontwikkeling sal dit
> goud
>> werd wees.
>>
>> Jy hoef nie om verskoning te vra oor die "onverwante" navraag nie. Almal
>> behoort op die uitkyk te wees vir 'n goeie beleggingsgeleentheid :-)))
>>
>
Re: Ethekwini?? [boodskap #55651 is 'n antwoord op boodskap #55648] Do, 17 Januarie 2002 14:13 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Annette  is tans af-lyn  Annette
Boodskappe: 11114
Geregistreer: Augustus 2003
Karma: 1
Senior Lid
Ek gee jou 'n goue sterretjie!!:))))
Annette

Sakkie skryf in boodskap news:3c46da15$0$225@hades.is.co.za...
> 1-2-3.....dit werk nie!!!
> Dink jy nie ook ek was uiters diplomaties gewees nie :-)))
>
> "Annette" wrote in message
> news:a26ghj$uunb5$2@ID-92016.news.dfncis.de...
>> Sakkie, tel nou mooi stadig tot by tien en smaail:))))
>> Annette
>>
>>
>> skryf in boodskap news:3C46C2E0.5000200@rogers.com...
>>>
>>> Sakkie wrote:
>>>
>>>
>>>
>>>> Nou sien jy nou. Hoe op dees aarde antwoord ek jou op hierdie
>>>> stelling/vraag sonder om jou ook te probeer beledig nie. Dit is 'n
>> groot
>>>> swakheid in my karakter, ek draai nie die ander wang nie, so ek gaan
> jou
>> nie
>>>> antwoord nie. Jy moet maar jou eie opinie opmaak.
>>>
>>>
>>> Ou Sakkie, bloot deur te begin positief wees
>>> oor baie van die dinge wat om jou aangaan, sal
>>> jy wys dat jy "verander" het. Op die oomblik sit
>>> jy daar in Amanzimtoti en kritiseer alles in
>>> die huidige SA asof die hele nuwe bedeling 'n
>>> katastrofe is. En jy weet eintlik so min van
>>> die land waarin jy lewe, want vir 'n groot deel
>>> van jou lewe het jy blinkers op gehad. Wereld,
>>> jy sit sewe myl van 'n beroemde ou sendingstasie
>>> en skool af, en het nie eens daarvan geweet totdat
>>> ek jou aandag daarop gevestig het nie.
>>>
>>> Gloudina
>>>
>>
>
Re: Geen raad met rad [boodskap #55655 is 'n antwoord op boodskap #55604] Do, 17 Januarie 2002 17:14 Na vorige boodskapNa vorige boodskap
Piet Pompdonkie  is tans af-lyn  Piet Pompdonkie
Boodskappe: 126
Geregistreer: Oktober 2001
Karma: 0
Senior Lid
>> Annette
>> Tannie G - sulke ooglopende pogings tot virtuele seks moet jy
>> asseblief tot private epos beperk.
>> Jy plaas arme Wouter in 'n vreeslike posisie:))

> Danielle
> LOL! Stout Annetta - STOUT!!! :-)
> (En as jy weet hoeveel keer ek moes "backspace" en "delete" om
> net daai paar woordjies oor te hou, sal jy simpatie hê!)
> Thank goodness die Pompdonkie is nie hier nie!! :-))))

Ek is net hier om die hoek
Het julle my gesoek?
Alles gaan nog wel
Waar's Kinky en Tinkerbell?

Piet Pompdonkie
Vorige onderwerp: Nie so lekker nie...
Volgende onderwerp: Tinkerbell
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Wo Mei 15 01:44:49 MGT 2024