Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Algemeen » Koeitjies & kalfies » DS: [AFRIKAANS:5806] Re: Leendert word besigtig -Reply
DS: [AFRIKAANS:5806] Re: Leendert word besigtig -Reply [boodskap #5479] So, 28 Januarie 1996 00:00 na volgende boodskap
Robert Wagenaar  is tans af-lyn  Robert Wagenaar
Boodskappe: 385
Geregistreer: Januarie 1996
Karma: 0
Senior Lid
----------
Van: G P L Van der Linde[SMTP:V...@alpha.unisa.ac.za]
Verzonden: zaterdag 27 januari 1996 9:45
Aan: Multiple recipients of list
Onderwerp: [AFRIKAANS:5806] Re: Leendert word besigtig -Reply

1) watter twee Dopper-privaatskole bedoel jy Leendert?
2) Bengu het nou weer gese dat model C op pad uit is - hoe presies gaan
hy die skole kelder?
3) is Huisgenoot die regte plek om die tuisonderwysgedagte te bevorder?
ek weet dit het 'n hoe lesertal, maar vir my word iets se geloofwaardigheid
aangetas as dit in die Huisgenoot verskyn tussen al die bisarre stories oor
babas met twee koppe ens ens.
Gerhard.
DS: [AFRIKAANS:5802] Re: Leendert word besigtig [boodskap #5492 is 'n antwoord op boodskap #5479] So, 28 Januarie 1996 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Robert Wagenaar  is tans af-lyn  Robert Wagenaar
Boodskappe: 385
Geregistreer: Januarie 1996
Karma: 0
Senior Lid
----------
Van: Reinier de Vos[SMTP:...@aqua.ccwr.ac.za]
Verzonden: vrijdag 26 januari 1996 11:19
Aan: Multiple recipients of list
Onderwerp: [AFRIKAANS:5802] Re: Leendert word besigtig

Marlise skryf:

> Ja, ek sien toe ook vir Leendert gisteraand toevallig vir die eerste keer op
> die kassie. Ek het hom jonk met blonde wimpers en rooi wange voorgestel. En
> daar is hy toe veel ouer maar moerse aantreklik. Fifty-something seker.

Oppas, Leendert! Dis nie net Calvyn wat om die hoek loer nie! Hier
kom nou 'n moerse gemors. Ek hoop jou vrou lees nie die poslys nie :-)

Maar goed ek verskyn nie op die kassie nie .... :-)
--
Reinier de Vos Internet: de...@aqua.ccwr.ac.za
Computing Centre for Water Research Tel: Int+27 331 260-5179
c/o University of Natal, P/Bag X01 Fax: Int+27 331 61896
Scottsville, South Africa, 3200 http://www.ccwr.ac.za/
------------------------------------------------------------ -----------
Ons spaar die duiwel baie moeite
- C J Langenhoven
DS: [AFRIKAANS:5803] Re: Leendert word besigtig [boodskap #5496 is 'n antwoord op boodskap #5479] So, 28 Januarie 1996 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Robert Wagenaar  is tans af-lyn  Robert Wagenaar
Boodskappe: 385
Geregistreer: Januarie 1996
Karma: 0
Senior Lid
----------
Van: Leendert van Oostrum[SMTP:O...@scientia.up.ac.za]
Verzonden: vrijdag 26 januari 1996 15:40
Aan: Multiple recipients of list
Onderwerp: [AFRIKAANS:5803] Re: Leendert word besigtig

On 26 Jan 96 at 10:19, Reinier de Vos wrote:

> Marlise skryf:
>
>> Ja, ek sien toe ook vir Leendert gisteraand toevallig vir die
>> eerste keer op die kassie. Ek het hom jonk met blonde wimpers en
>> rooi wange voorgestel. En daar is hy toe veel ouer maar moerse
>> aantreklik. Fifty-something seker.
>
> Oppas, Leendert! Dis nie net Calvyn wat om die hoek loer nie! Hier
> kom nou 'n moerse gemors. Ek hoop jou vrou lees nie die poslys nie
> :-)

Man, dis juis die ding - dis vroumense wat mens so laat lyk dat mense
jou ouderdom later met 'n dekade misskat (sê nie watter kant toe
nie!)
>
> Maar goed ek verskyn nie op die kassie nie .... :-)

Wel, ek weet nie. Ek het nou self nie meer 'n kassie wat werk nie,
maar dit lyk my Afrikaners kyk tog nog TV :-)

Ek moet sê, as die mense so tevrede is met _my_ gevreet moet daar
iets ergs wees aan die gewone spyse wat daar opgedis word.

Miskien moet ek en jy die SAUK 'n aanbod maak om iets aan hulle
kykergetalle te doen :-))

Dankie vir die kompliment Marlise, op my ouderdom waardeer mens dit!
Ander lede van die gesin sal moontlik Sondag in Rapport te besigtig
wees, saam met ander fratsgevalle. Huisgenoot/You se volgende
uitgawe "doen" ook tuisonderwys, maar daar gee ons weer ander ouens
kans om vir mammie te wuif :-)

Tot dusver is ek erg dankbaar vir die positiewe beriggewing wat ons
kry. In die verlede was tuisskole 'n slagoffer van die ergste vorm
van slagterjoernalistiek. Die beriggie oor die "Profeet"-kinders in
die voorlaaste Rapport was 'n oorspoelsel daaruit.

Ek moet sê, ek het met die tyd so 'n kykie gekry in die dinamika
wat die nuus dryf. Nog een van die "magte en kragte" wat daar is vir
enigeen, en nie net vir die regering nie. Hierdie een is nie so
manipuleerbaar soos party ander nie, maar mens let op tydsberekening
en konteks is 'n belangrike faktor. Daar sit 'n hele dampkring van
agendas agter die plasing van 'n berig, die benadering daarvan, ens.

Ons slaag byvoorbeeld doodeenvoudig nie om deur te breek in die
Engelse media nie, ten spyte daarvan dat die meerderheid tuisskole in
die Engelse gemeenskap voorkom.

Daarvan gepraat, so met die taaldinge saam. My vrou maak gister die
opmerking dat, in teenstelling met die persepsies wat mens dikwels
het, dit lyk asof daar meer beginselvaste mense (in die sin van
fundamentele "gereformeerde" beginsels - party sou sê
fundamentalisties) onder die SA Engelse is as onder die Afrikaners.
Ek sou nou nie self die vergelyking tref nie, maar ek moes toegee
dat ek meer sulke Engelse as sulke Afrikaners leer ken het, ten
spyte daarvan dat ons in 'n "konserwatiewe" Afrikaanse buurt met twee
Dopper-privaatskole woon.

Op sigself is haar waarneming heel moontlik vals, maar dit het my
laat dink oor verskille tussen die twee kulture, oor die rol wat
die skyn speel in ons mense se besluitneming, e.d.m. - soos Reinier
se artikel oor "links" en "regs", "liberaal" en "konservatief", ens.

Dit is inderdaad waar dat die Engelse 'n skyn van liberale waardes
kan voorhou terwyl hulle inderdaad 'n sterk streep vooroordeel kan
verberg. Die Afrikaner, daarenteen, neig om "eerlik" te wees, soos
verskeie ANC-politici al opgemerk het. Maar dit lyk vir my asof
hierdie "eerlikheid" so ver gaan dat ons ons eie propaganda glo.
Mense wat tien jaar gelede "rassiste" en sosiaal/godsdienstig
konservatief was, het oe"nskynlik saam met hul "rassisme" ook hul
konservatiewe sosiale en godsdienstige waardes en leefwyse afgeskud.

Daarmee wil ek nie sê die wêreld vergaan nou in die NSA nie. Dit
laat mens net weer wonder oor hoe eerlik die vorige "konservatiewe"
waardestelsel was. Merkwaardig wat tydens so 'n sosiale revolusie
alles "in die was uitkom" - soos die Ingelsman sê.

Groete, Leendert


Leendert van Oostrum Telephone: +27-12-4203656
UNIVERSITY OF PRETORIA Fax: +27-12-432863
(Which does not neces- e-mail oos...@scientia.up.ac.za
sarily endorse opinions experessed here)
DS: [AFRIKAANS:5838] Re: Leendert word besigtig -Reply [boodskap #5545 is 'n antwoord op boodskap #5479] Di, 30 Januarie 1996 00:00 Na vorige boodskap
Robert Wagenaar  is tans af-lyn  Robert Wagenaar
Boodskappe: 385
Geregistreer: Januarie 1996
Karma: 0
Senior Lid
----------
Van: Leendert van Oostrum[SMTP:O...@scientia.up.ac.za]
Verzonden: dinsdag 30 januari 1996 10:19
Aan: Multiple recipients of list
Onderwerp: [AFRIKAANS:5838] Re: Leendert word besigtig -Reply

Haai Gerhard,

On 27 Jan 96 at 8:45, G P L Van der Linde wrote:

> 1) watter twee Dopper-privaatskole bedoel jy Leendert?

Wil nou nie so in die openbaar name noem nie!

> 2) Bengu het nou weer gese dat model C op pad uit is - hoe presies
> gaan hy die skole kelder?

Die basiese ding daar is dat "alle skole word model C skole". Soos
Beeld vandag sê: "Model C-skole verdwyn net in naam".

Die punt is dat die oorgrote meerderheid skole, waar daar nog nooit
enige ouerinspraak was nie, nou ouerinspraak kry. Maar as jy die
funskrif lees, beteken dit - vir alle skole - dat ouers 'n magtelose
minderheid word in 'n tandelose beheerliggaam.

3) is Huisgenoot die regte plek om die
> tuisonderwysgedagte te bevorder? ek weet dit het 'n hoe lesertal,
> maar vir my word iets se geloofwaardigheid aangetas as dit in die
> Huisgenoot verskyn tussen al die bisarre stories oor babas met twee
> koppe ens ens. Gerhard.

Ek sou nie weet nie - ek lees nooit Huisgenoot nie. Maar dit is dan
ook so dat die meeste beswaarmakers teen tuisonderwys met die storie
kom dat die OK is vir mense met grade of onderwyskwalifikasies om hul
kinders self te onderrig - maar tog nie die hoi-polloi nie.
atsepe-Casaburri (toe sy nog net Casaburri was :-) se weergawe was
dat dit bloot 'n esoteriese tydverdryf kan wees vir verveelde
voorstedelike vrouens wat deur hul mans in luukse onderhou word.

Die (onbestrede) navorsingsresultate is dit egter eens dat selfs
mense met net matriek se kinders in tuisonderwys steeds ten minste
net so goed doen as die in institusionele skole. Om die waarheid te
sê, onbevestigde resultate dui daarop dat enige persoon met standerd
ses en die bestuurvaardighede wat nodig is om 'n huishouding te
bestuur dit met sukses kan doen.

Dit is dus juis noodsaaklik om nie 'n elitistiese beeld na te streef
nie.

Of wil jy beweer dat skoolbiblioteke Die Huisgenoot boikot?

Groete, Leendert


Leendert van Oostrum Telephone: +27-12-4203656
UNIVERSITY OF PRETORIA Fax: +27-12-432863
(Which does not neces- e-mail oos...@scientia.up.ac.za
sarily endorse opinions experessed here)
Vorige onderwerp: DS: [AFRIKAANS:5850] Re: Radikalis
Volgende onderwerp: DS: [AFRIKAANS:5854] Re: Menser
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Di Mei 14 06:15:04 MGT 2024