Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Algemeen » Koeitjies & kalfies » DS: [AFRIKAANS:5850] Re: Radikalis
DS: [AFRIKAANS:5850] Re: Radikalis [boodskap #5533] Di, 30 Januarie 1996 00:00
Robert Wagenaar  is tans af-lyn  Robert Wagenaar
Boodskappe: 385
Geregistreer: Januarie 1996
Karma: 0
Senior Lid
----------
Van: Freek Eek[SMT...@knersus.nanoteq.co.za]
Verzonden: dinsdag 30 januari 1996 17:37
Aan: Multiple recipients of list
Onderwerp: [AFRIKAANS:5850] Re: Radikalis

> Ek het nie nou die HAT byderhand nie, maar die tweetalige woordboek
> ondersteun jou mening. Verskonings. Daar bestaan wel "radikalisme" en
> "radikaliseer".
>
> Is mens 'n radikaal, of bloot radikaal? M.a.w. word die onbepalende
> lidwoord gebruik?

Ek het ook nie nou die woordeboeke byderhand nie, maar ek vermoed die
HAT en Kritzinger gee radikaal ook as selfstandige naamwoord en nie
net as byvoeglike naamwoord nie. In Engels se jy ook "He is a
radical". Miskien moet die taalkundiges maar weer help.
=======================================================
Freek Eek
DS: [AFRIKAANS:5850] Re: Radikalis [boodskap #5534 is 'n antwoord op boodskap #5533] Di, 30 Januarie 1996 00:00 Na vorige boodskap
Robert Wagenaar  is tans af-lyn  Robert Wagenaar
Boodskappe: 385
Geregistreer: Januarie 1996
Karma: 0
Senior Lid
----------
Van: Freek Eek[SMT...@knersus.nanoteq.co.za]
Verzonden: dinsdag 30 januari 1996 17:37
Aan: Multiple recipients of list
Onderwerp: [AFRIKAANS:5850] Re: Radikalis

> Ek het nie nou die HAT byderhand nie, maar die tweetalige woordboek
> ondersteun jou mening. Verskonings. Daar bestaan wel "radikalisme" en
> "radikaliseer".
>
> Is mens 'n radikaal, of bloot radikaal? M.a.w. word die onbepalende
> lidwoord gebruik?

Ek het ook nie nou die woordeboeke byderhand nie, maar ek vermoed die
HAT en Kritzinger gee radikaal ook as selfstandige naamwoord en nie
net as byvoeglike naamwoord nie. In Engels se jy ook "He is a
radical". Miskien moet die taalkundiges maar weer help.
=======================================================
Freek Eek
DS: [AFRIKAANS:5845] Re: Radikalis [boodskap #5540 is 'n antwoord op boodskap #5533] Di, 30 Januarie 1996 00:00 Na vorige boodskap
Robert Wagenaar  is tans af-lyn  Robert Wagenaar
Boodskappe: 385
Geregistreer: Januarie 1996
Karma: 0
Senior Lid
----------
Van: Reinier de Vos[SMTP:...@aqua.ccwr.ac.za]
Verzonden: dinsdag 30 januari 1996 15:25
Aan: Multiple recipients of list
Onderwerp: [AFRIKAANS:5845] Re: Radikalis

Freek skryf:

> Jy is dalk 'n radikaal maar nie 'n radikalis nie. Ek het so 5 jaar
> gelede deur alle woordeboeke gegaan om vas te stel wat die media nou
> bedoel as hulle my 'n radikalis noem. Dit kan egter nie eers 'n
> anglisisme wees nie, die woord "radicalist" bestaan ook nie. Die
> woord radikaal kom van die Latynse "radicus", wat wortel beteken, af.
> Dit beteken glad nie iets vreesliks net - net dat jou opinie in die
> wortel van ander s'n verskil. Ek reken dat geweldig baie van die
> opinies wat hier uitgespreek is, op radikale denke dui.
>
> Asseblief net, moenie weer die nie-woord "radikalis" gebruik nie.

Ek het nie nou die HAT byderhand nie, maar die tweetalige woordboek
ondersteun jou mening. Verskonings. Daar bestaan wel "radikalisme" en
"radikaliseer".

Is mens 'n radikaal, of bloot radikaal? M.a.w. word die onbepalende
lidwoord gebruik?
--
Reinier de Vos Internet: de...@aqua.ccwr.ac.za
Computing Centre for Water Research Tel: Int+27 331 260-5179
c/o University of Natal, P/Bag X01 Fax: Int+27 331 61896
Scottsville, South Africa, 3200 http://www.ccwr.ac.za/
------------------------------------------------------------ -----------
Ons spaar die duiwel baie moeite
- C J Langenhoven
DS: [AFRIKAANS:5844] Re: Radikalis [boodskap #5544 is 'n antwoord op boodskap #5533] Di, 30 Januarie 1996 00:00 Na vorige boodskap
Robert Wagenaar  is tans af-lyn  Robert Wagenaar
Boodskappe: 385
Geregistreer: Januarie 1996
Karma: 0
Senior Lid
----------
Van: Freek Eek[SMT...@knersus.nanoteq.co.za]
Verzonden: dinsdag 30 januari 1996 14:56
Aan: Multiple recipients of list
Onderwerp: [AFRIKAANS:5844] Re: Radikalis

Reinier skryf:

> Ek het darem my uitlatings gekwalifiseer deur dit voorop te stel dat ek
> 'n radikalis is :-)

Jy is dalk 'n radikaal maar nie 'n radikalis nie. Ek het so 5 jaar
gelede deur alle woordeboeke gegaan om vas te stel wat die media nou
bedoel as hulle my 'n radikalis noem. Dit kan egter nie eers 'n
anglisisme wees nie, die woord "radicalist" bestaan ook nie. Die
woord radikaal kom van die Latynse "radicus", wat wortel beteken, af.
Dit beteken glad nie iets vreesliks net - net dat jou opinie in die
wortel van ander s'n verskil. Ek reken dat geweldig baie van die
opinies wat hier uitgespreek is, op radikale denke dui.

Asseblief net, moenie weer die nie-woord "radikalis" gebruik nie.
=======================================================
Freek Eek
Vorige onderwerp: DS: [AFRIKAANS:5716] Vertaalde woordspelings
Volgende onderwerp: DS: [AFRIKAANS:5806] Re: Leendert word besigtig -Reply
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Di Mei 14 10:13:47 MGT 2024