Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Algemeen » Koeitjies & kalfies » Re: RP en die Broeders
Re: RP en die Broeders [boodskap #5542] Di, 30 Januarie 1996 00:00
Frederick Peter Eek  is tans af-lyn  Frederick Peter Eek
Boodskappe: 14
Geregistreer: Januarie 1996
Karma: 0
Junior Lid
fe...@is.co.za (Koos) wrote:
>
>
> namens alle mense in Gauteng, is hy verkeerd.
> As die Roodepoortse rugbyklub verklaring aan die president faks
> waarin hy se hy praat names alle rugby-spelers in die land en hy het
> nie alle rugby-spelers eers probeer raadpleeg nie en agter geslote
> deur besluit om die faks te stuur, is hy verkeerd.
>
> Verstaan jy?
> Jy kan behoort aan die klub wat jy wil. Dis een ding.
> Jou klub praat dan egter net NAMENS SY LEDE. Dis 'n ander ding. Dis
> die ding waaroor ek praat.
> Die Rapportryers reik nie verklaring uit "namens al ons lede" nie,
> maar sê hulle praat namens "die Afrikaner".
> Ek het hulle nie my segsman gemaak nie.
> Hulle praat nie namens my nie.
> Hulle kan my uitnooi om saam met hulle te stem of nie, maar hulle kan
> nie namens my praat nie.
> Ek behoort nie aan hulle nie.

Om eerlik te wees, ek het nog nooit veel ooghare vir die Broeders en
die Ridders gehad nie. Ek weet ook dat hulle nie namens die Afrikaner
kan praat nie. Hulle kan wel se "Ons as Afrikaners..". Dit het egter
nog niks te make met of hulle "oop" is nie.

Oor die Broeders se geheime agendas ens. Wat maak dit saak as hulle
geheime agendas het. As hulle dit tot uitvoer bring, se dit nie maar net
hoe onnosel die res van ons is nie. As broeders mekaar onregverdiglik
bevoordeel deur van hulle lede voor ander aan te stel en poste. Beteken
dit nie maar net dat die res van ons maar teen hulle kan diskrimineer
nie. Wat ek probeer se, ek dink hulle het die reg om hulle geheime
agendatjies op te stel. Die res van ons kan hulle mos maar heeltemaal
ignoreer.
Re: RP en die Broeders [boodskap #5543 is 'n antwoord op boodskap #5542] Di, 30 Januarie 1996 00:00 Na vorige boodskap
Koos[1]  is tans af-lyn  Koos[1]
Boodskappe: 746
Geregistreer: Januarie 1996
Karma: 0
Senior Lid
Frederick Peter Eek wrote:

geheime agendas het. As hulle dit tot uitvoer bring, se dit nie maar net[/color]
> hoe onnosel die res van ons is nie. As broeders mekaar onregverdiglik
> bevoordeel deur van hulle lede voor ander aan te stel en poste. Beteken
> dit nie maar net dat die res van ons maar teen hulle kan diskrimineer
> nie. Wat ek probeer se, ek dink hulle het die reg om hulle geheime
> agendatjies op te stel. Die res van ons kan hulle mos maar heeltemaal
> ignoreer.>>>

Die land le vol verhale van goeie mense wat nie poste gekry het nie
omdat hulle nie Broeders was nie en Broeders wat poste gekry het omdat
hulle Broeders is.
Omdat hulle geheim was, het nie-broeders nie geweet wie onder hulle
Broeders is nie.
Daaruit het 'n beheer en 'n stuur van sake gevloei.
Vra bietjie rond om jou oor sulke verhale.
Vorige onderwerp: Afrikaanse betaalkanaal
Volgende onderwerp: Afrikaans versus Nederlands
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Di Mei 14 04:34:42 MGT 2024